Joseph Johannes Philippus Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b5.c1.d3.e1.f1.g3.h1.
Voorname  Joseph Johannes Philippus
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Barend Johannes Hendrikus Henning
Moeder  Anna Johanna Maria Barry
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Joppie
Geboortedatum  1939-9-19
Geboorteplek  Bloemfontein
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  
Sterfplek  
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Maria Johanna Naude  1963-6-15  Reitz   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Alida Maria Henning Vroulik  Maria Johanna Naude  1969-6-27  
2 Barend Johannes Henning Manlik  Maria Johanna Naude  1973-9-15  
Geskiedenis
Hy matrikuleer in 1957 aan die destydse Hoërskool Shannon, oos van Bloemfontein. Met buitemuurse studie behaal hy die B.Com-graad aan die UOVS in 1964 en sy B.Com Honneurs in Ekonomie in 1982 aan die Universiteit van Pretoria. Hy begin sy loopbaan in 1957 as klerk by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens in Bloemfontein. In 1961 word hy aangestel as administratiewe beampte by ’n oliemaatskappy in Bloemfontein. Aan die einde van 1964 word hy verplaas na die maatskappy se hoofkantoor in Johannesburg. In 1966 word hy aangestel as Hoof Administratiewe Beampte by Suidelike Olie-Eksplorasie Korporasie (SOEKOR) in beheer van veldkantore waar hy vanaf Johannesburg, Beaufort Wes, Middelburg KP, Mosselbaai en Port Elizabeth opereer. Aan die begin van 1974 aanvaar hy die pos as Hoof Administratiewe Beampte by ’n maatskappy wat plastiese pype vervaardig en vestig hom in Pretoria. In Januarie 1980 word hy aangestel as Hoof Vakkundige Beampte by die destydse Raad op Mededinging van die Departement van Handel en Nywerheid in Pretoria waar hy ekonomiese ondersoeke en verslae doen. Hy dien ex officio op verskeie rade, komitees en organisasies en bring besoeke aan die buiteland gedurende sy ampstermyn. Hy tree af op 30-04-1997 as Adjunk-Direkteur by die Direktoraat: Kleinsake-Ontwikkeling en vestig hom vanaf 01?08?1998 op Stilbaai waar hy saam met sy eggenote ’n vakansiewoonstel bedryf en betrokke is by die bestuur van die Stilbaai Toerismeburo. Miemie matrikuleer aan die Tweespruit Landbouskool in 1958. Sy verwerk haar LPOD aan die Onderwyserskollege in Bloemfontein in 1960. Sy gee onderwys aan die Laerskool Verkeerdevlei, Laerskool Hoëveld, Florida en Gustav Preller Laerskole in Roodepoort. Vanaf 1966 tot 1969 tree sy as sekretaresse op vir haar eggenoot en vanaf 1974 tot middel 1998 bedryf sy ’n speelgroep vir kleuters vanaf hul huis. Sy dien ook op die kerkraad van die NG Kerk.
Voorgeslagte
/¯¯ Jan Andries Henning
/¯¯ Jozeph Johannes Phillippus Henning
\__ Johanna Elizabeth Jacobs
/¯¯ Barend Johannes Hendrikus Henning
/¯¯ Barend Johannes Hendrikus Jacobs
\__ Johanna Helena Maria Jacobs
\__ Elizabeth Maria Grobbelaar
Joseph Johannes Philippus Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Jan Gerson Eleazer Barry
\__ {mvmName}
\__ Anna Johanna Maria Barry
/¯¯ {mmvName}
\__ Johanna Sophia Marais
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Joseph Johannes Philippus Henning a2.b5.c1.d3.e1.f1.g3.h1.
    Alida Maria Henning  a2.b5.c1.d3.e1.f1.g3.h1.i1.
        Johannes Christiaan Van Eeden  
        Etienne Rudolf Van Eeden  
    Barend Johannes Henning  a2.b5.c1.d3.e1.f1.g3.h1.i2.