Geskiedenis |
Chris word te Dundee, Natal gebore, waar sy pa tandarts was. Toe hy twee jaar oud is, trek hulle Pretoria toe, waar sy pa een van Pretoria se bekendste tandartse van daardie tyd word. Sy skooljare bring hy deur te Pretoria en Potchefstroom, en voltooi sy skoolloopbaan aan die Afrikaans Hoër Seunskool, Pretoria. Na skool gaan boer hy vir 'n rukkie saam met sy pa en jonger broer op Devon, maar die gesamentlike boerdery werk nie. Intussen trou hy met Winnie Serfontein van Boshof. Hulle vestig hulle op Bloemfontein, waar hy hom bekwaam as motorwerktuigkundige. Kort hierna bevorder sy werkgewer hom om as bestuurder 'n tak van die besigheid op Zastron te bestuur. Heerlike en genotvolle jare volg op Zastron, waarna hy met bevordering bestuurder word op Kroonstad. Elf goeie, suksesvolle jare op Kroonstad volg. Die besigheid op Kroonstad word verkoop en hy sluit gedurende 1970 by die bestuurspan van die Mercedes Benz Garage op Potchefstroom aan.
|
|