Pieter Bernhard Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c6.d14.e2.f4.
Voorname  Pieter Bernhard
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Johannes Stephanus Henning
Moeder  Beatrice Cawood Smith
# ste kind van vader  4
Noemnaam  Pieter Bernhard
Geboortedatum  1940-5-5
Geboorteplek  Elim, Soutpansberg
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2020-11-28
Sterfplek  Louis Trichardt
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Moraig Margaret Mackinnon       
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Liezl Anne Henning Vroulik  Moraig Margaret Mackinnon  1967-12-7  
2 Greig Rudolf Henning Manlik  Moraig Margaret Mackinnon  1970-3-19  
3 Bronwyn Ilse Henning Vroulik  Moraig Margaret Mackinnon  1977-2-7  
Geskiedenis
Pieter Bernard Henning, gebore 5 Mei 1940, of Peter Henning soos hy genoem is, is in die Elim-hospitaal, Louis Trichardt gebore en het saam met sy ouer broers, Poek en John, op die plaas Sweetwaters, Louis Trichardt grootgeword.
Hy was in die Laerskool Louis Trichardt, waarna hy aan die St John's College in Johannesburg gematrikuleer het. Hy het die volgende drie jaar by Universiteir van Pretoria (Tuks) deurgebring en regte studeer. Hy staak sy studies om die melkery op Sweetwaters oor te neem.
Hy doen aansoek om een van die suikerplase in Rhodesië oor te neem. Sy aansoek was suksesvol en hy het in 1965 'n suikerboerdery ontvang met 'n waarborg van £ 8000 wat sy pa verskaf het. In November van daardie jaar is UDI (Eensydige Onafhanklkheidsverklaring) verklaar en is sy suikerkwota, weens die sanksies, verminder. In 1967 het hy die helfte van die nuwe suikerriet vir kontantgewasse omgeploeg. Vier jaar later het hy en sy broer, John in ‘n 50/50 vennootskap die bure se plaas gekoop.
In dieselfde jaar het die bosoorlog in die Suidoostelike Laeveld van Rhodesië versleg en in die laaste deel van 1977 is 'n groot gesamentlike operasionele bevelspos op Buffalo Range vliegveld opgestel. Peter word 'n vlugluitenant in beheer van die lugmagreserwemag.
In 1979 verhuis hy en sy gesin na Louis Trichardt om die Suid-Afrikaanse regering te probeer oortuig om nie die familieboerdery op Sweatwaters, Louis Trichardt te onteien nie. Hy koop terselfdertyd Masapas Ranch 80 km noord van Chiredzi (Zimbabwe) om met beeste te boer. Dit het daarna 'n wildplaas geword.
Na 'n droogte van twee jaar in die Laeveld en nadat die drie kinders hul skoolopleiding voltooi het, verhuis Peter in 1994 terug na Chiredzi, waar hy 'n belangrike rol gespeel het in die stigting en vroeë ontwikkeling van die "Save Valley Conservancy", aangesien hy die grootste private wildbewaringsgebied in die streek besit het.
In 2000 het die plaasaanvalle begin en uiteindelik is hy in 2004 deur ‘n groep plakkers verjaag. Na vele suksesvolle hofsake het die gesin daarin geslaag om tot 2009 in die opstal te bly, toe hulle gedwing is om na Suid-Afrika terug te keer of in hegtenis geneem te word, omdat hy en sy gesin “onwettig” in hul eie woning aangebly het.
Die gesin het na Louis Trichardt teruggekeer en van ver af vir regverdigheid geveg en elke ses weke drie keer na die landdroshof in Chiredzi teruggekeer om in die opstal te bly. In Desember 2012 is hy tot $100 of twee weke tronkstraf gevonnis.
Peter het onvermoeid voortgegaan om vir geregtigheid te veg en het tot en met sy dood gewag op die uitslag van 'n hofsaak wat boere, met die hulp van Afriforum teen die Suid-Afrikaanse regering (oor die onteiening van sy plaas in Zimbabwe) by die hooggeregshof in Pretoria gevoer het. Die uitslag is nog steeds hangende, en die gesin vertrou dat 'n gunstige uitspraak gelewer sal word.
Hy is Saterdagoggend 28 November 2020 in die vroeë oggendure vreedsaam oorlede, na 'n kort, hewige stryd met kanker van die pankreas.
Hy en sy broer Arthur (Poek) is met twee Mackinnon susters getroud



Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Stephanus Henning
/¯¯ Christiaan Rudolf Jacobus Henning
\__ Maria Catharina Fredrika Botha
/¯¯ Johannes Stephanus Henning
/¯¯ Hendrik Johannes Smith
\__ Anna Maria Gertruida Smith
\__ Rachel Susanna Elizabeth Odendaal
Pieter Bernhard Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Beatrice Cawood Smith
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Pieter Bernhard Henning a2.b1.c6.d14.e2.f4.
    Liezl Anne Henning  a2.b1.c6.d14.e2.f4.g1.
        Caitlin Anne Biehn  
    Greig Rudolf Henning  a2.b1.c6.d14.e2.f4.g2.
    Bronwyn Ilse Henning  a2.b1.c6.d14.e2.f4.g3.
Fotos

Twee broers en hul seuns: Links, b1.c6.d14.e2.f4.g2. Greig Rudolf Henning * 19-3-1970 en sy pa, Pieter Bernhard * 5-5-1940. Regs in die middel, b1.c6.d14.e2.f3. Arthur Smith (Poek) Henning * 14-2-1937 en sy twee seuns, Carl Arthur * 19-7-1964 en Rocco Johannes * 26-4-1966
Beskou lys van mense op foto


b1.c6.d14.e2.f4. Pieter Bernhard Henning * 5-5-1940 en sy gesin: V.l.n.r. Greig Rudolf * 19-3-1970 (g2) en sy vrou, Claire; Liezl Anne Biehn (gebore Henning)(g1) en haar dogter, Caitlin; pa Pieter Bernhard en sy vrou Moraig Margaret (gebore Mackinnon) en hul jongste dogter, Bronwyn Ilze * 7-2-1977
Beskou lys van mense op foto


Die broers, b1.c6.d14.e2.f3. Arthur Smith Henning * 14-2-1937 en Pieter Berhard * 5-5-1940 (f4) en hul families.Agterste ry: Jean Maureen Henning (gebore Mackinnon)Arthur se vrou, Ann Suzan Sneddon Mackinnon, Moraig Margaret Henning (gebore Mackinnon), vrou van Pieter Bernhard. Tweede ry: Caitlin Biehn, Rocco Johannes Henning * 26-4-1966 en sy vrou Janine (gebore Polley). Derde ry: Arthur (Poek) Henning * 14-2-1937, Pieter Bernhard Henning * 5-5-1940, Liezl Biehn, Karen Henning (gebore Wiid) vrou van Carl Arthur, Rebecca Henning, dogter van Carl en Karen, Greig Rudolf * 19-3-1970, Carl Arthur *19-7-1964. Voorste ry: Bronwyn Ilse * 7-2-1977, Pieter en Moraig se dogter, Joyce Cawood van der Merwe (Arthur Smith en Pieter Bernard se ma se jongste suster), Nicola (Arthur en Jean se jongste dogter) en Claire, vrou van Greig Rudolf
Beskou lys van mense op foto