Johannes Stephanus Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c6.d6.e1.
Voorname  Johannes Stephanus
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Jan Hendrik Rudolf Henning
Moeder  Baltrina Fredrika Botha
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Johannes Stephanus
Geboortedatum  1871-2-3
Geboorteplek  Stolskraal, Rouxville
Doopdatum  1871-4-2
Doopplek  Rouxville
Sterfdatum  1972
Sterfplek  Rouxville
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Petronella Aletta Smith    Wepener  sterf 1933
2 Francina Margaretha Roos      sterf 1948
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Jan Hendrik Rudolf Henning Manlik  Petronella Aletta Smith  1900-1-9  
2 Cornelis Francois Henning Manlik  Petronella Aletta Smith  1905-10-13  1982-2-15
3 Johannes Stephanus Henning Manlik  Petronella Aletta Smith  1908-8-27  1980-7-31
4 Hendrik Jacobus Henning Manlik  Petronella Aletta Smith  1913-3-18  
Geskiedenis
Vroeg in 1871 word Johannes Stephanus op die plaas Stolskraal, distrik Rouxville gebore. Hierdie klein Johannes Stephanus Henning was bestem om honderd jaar oud te word - die eerste Henning wat dit behaal het. Die honderdtal is opsigself al uniek vir die mens. Maar rondom oom Hansie Henning van Houtkop, Rouxville se honderdtal was nog meer wat hom uniek gemaak het, naamlik die manier waarop hy op honderd nog geleef en opgetree het. Hy het soos 'n sterk man in sy laat sestiger of vroeë sewentiger jare daaruit gesien toe hy die dag honderd jaar oud was. As sodanig was hy byna 'n "besienswaardigheid", werklik 'n genetiese wonder! Op sy honderdste verjaarsdag is 'n reuse verjaardagfees in die stadsaal van Rouxville vir hom gehou. Dit was geen "bejaarde ou oom" wat daar aangebring is en wat uit 'n motor gehelp en gedra is tot voor in die stadsaal nie; dit was 'n flink bewegende skralerige oompie wat self met sy eie motortjie daar aangekom het, flink uitgeklim het en net so flink die stadsaal se trappe bestyg het. Trouens oom Hansie en sy motortjie was 'n bekende gesig op pad vanaf die plaas, dorp toe om by sy kuierplekkies smiddae koffie te drink. In die stadsaal was alles in rep en roer. Die seremoniemeester, 'n kleinkind van 'n suster van oom Hansie en skoolhoof op Rouxville, Olof Henning (b1.c3.d10.e4.f6.g1.) was gereed met 'n vollengte program van heildronke, toesprake, sang en musiek. Daar was koek en tee en baie gaste; telegramme van Staatspresident Fouche en Eerste Minister Vorster. Een van die nommers op die program was die plegtige oorhandiging van oom Hansie se bestuurderslisensie aan die plaaslike verkeersbeampte. Op 'n gegewe oomblik het oom Hansie die seremoniemeester dringend nader gewink en hierdie oorhandiging van sy rybewys gekanselleer, omdat hy "nog 'n bietjie wou ry". Onvoorbereid het hy het hy 'n skitterende toespraak, uit die vuis, gelewer, wat so uniek, sprankelend en spitsvondig was, dat 'n mens eenvoudig nie jou ore kon glo nie, veral as in ag geneem was dat die spreker een hele eeu oud was. Met verbysterende behendigheid het hy erns afgewissel met sprankelende humor; hy het die meer as 200 gaste dan geboei, dan weer laat skater van die lag. Die strekking van sy toespraak was min of meer soos volg: "Ek is verheug om julle almal hier te sien. My lang lewe is in die eesrte plek te danke aan die genade van die Here". Hierop het hy 'n lang tyd uitgebrei en toe vervolg: "My lang lewe is ook daaraan te danke dat ek 'n kalm mens was. Ek kan nie mooi onthou of ek ooit 'n keer kwaad of baie opgewonde was nie. Daarby was ek altyd baie gesond en fiks. Ek het kort gelede nog van Houtkop af na my seun Jan se plaas Ebenhaezer gestap, sonder 'n kierie. (Die plase is ongeveer 6 km van mekaar). Ek het ook nie agter geraak by die tyd nie. Ek het die ossewa-tyd belewe en geniet, ek het in 'n Boeing gevlieg en ek glo die maanlanding van die ander dag. Ek sal hierdie kierie wat julle my vandag gegee het bêre en hom eendag gebruik, as ek oud is (geskater van die gehoor). Miskien kan ek hom maar solank vir my vier seuns leen. Kyk daar sit hulle al vier: grysaards!" (geskater van die gehoor). Hy het verder in sy toespraak oor die vreugde wat die boerdery hom besorg het, uitgewei en die gemeenskap van Rouxville geloof vir die gesonde gees van kameraadskap tussen die mense van die Suid-Oos Vrystaat, en weereens die erns van die godsdiens en erkenning teenoor die Skepper gestel. Aan die einde van sy toespraak het hy met 'n teatrale swaai van die hand gesê: "Weduvrouens! Hulle is my lewe!" (Groot geskater van die gehoor). In dieselfde jaar (1971) het oom Hansie 'n lenteloop van ongeveer 200 lede wat gestap het, gelei vir die eerste entjie. Toe sy broer Faan (b1.c6.d6.e5.) gedurende 1967 begrawe is, het hy gesê dat hyself nooit lank siek sal wees nie, maar sommer sal gaan lê en doodgaan. Nege maande na sy interessante 100-ste verjaardag het oom Hansie inderdaad effens siek gevoel, gaan lê, vinnig verswak en gesterf. Hy sal altyd onthou word as 'n genetiese wonder, wat tot op 100-jaar so merkwaardig sterk en gesond en flink gebly het.
Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Gerhardus Henning
/¯¯ Johannes Stephanus Henning
\__ Martha Magdalena Nienaber
/¯¯ Jan Hendrik Rudolf Henning
/¯¯ Jacobus Christoffel Botha
\__ Maria Catharina Botha
\__ Jacoba Fredrika Beatrix De Bruin
Johannes Stephanus Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Baltrina Fredrika Botha
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Johannes Stephanus Henning a2.b1.c6.d6.e1.
    Jan Hendrik Rudolf Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f1.
        Johannes Stephanus Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f1.g1.
        Catharina Elizabeth Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f1.g2.
        Petronella Aletta Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f1.g3.
        Elizabeth Magdalena Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f1.g4.
    Cornelis Francois Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f2.
        Johannes Stephanus Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f2.g1.
        Cornelia Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f2.g2.
        Petronella Aletta Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f2.g3.
    Johannes Stephanus Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f3.
    Hendrik Jacobus Henning  a2.b1.c6.d6.e1.f4.
Fotos

b1.c6.d6.e1. Johannes Stephanus Henning * 3-2-1871 en sy eggenote Petronella Aletta (gebore Smith). Eerste Henning wat 100 jaar oud geword het
Beskou lys van mense op foto


Kinders van b1.c6.d6. Jan Hendrik Rudolf Henning * 13-10-1844: e1. Johannes Stephanus * 1871; e3 Susara Wilhelmina * 1874 (getroud Henning); e5 Stephanus Jesaies * 1878. Agter: e10 Jacobus Christoffel * 1889; e7 Theunis Jacobus Petrus * 1882; e4 Jan Hendrik Roedolf * 1876
Beskou lys van mense op foto


b1.c6.d6.e1. Johannes Stephanus Henning * 3-2-1871 (Oom Hans) op sy honderdste verjaardag saam met sy seun Kerneels (Cornelis Francois * 13-10-1905)(f2) en skoondogter Trienie (Catharina Elizabeth, gebore Du Toit)
Beskou lys van mense op foto


b1.c6.d6.e1. Johannes Stephanus Henning * 3-2-1871 (Oom Hans) kom self met sy motor aangery by sy honderdste verjaardag partytjie in die Rouxville stadsaal
Beskou lys van mense op foto


Beriggie in die Volksblad van 4 Februarie 1971 oor die honderdste verjaardag-partytjie van b1.c6.d6.e1. Johannes Stephanus Henning (Oom Hans) die vorige dag, in die Rouxville stadsaal.
Beskou lys van mense op foto