Geskiedenis |
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902 was hy slegs 12 jaar oud. Sy pa en sy ouer broer, Willem (wat slegs 14 jaar oud was) het op kommando gegaan. Omdat sy ouers gevoel het dat hy nog te jonk was, moes hy by die huis bly. Op ’n dag het ’n groep Britse soldate op die plaas aangekom om die vrouens en kinders na die Krugersdorp konsentrasiekamp weg te voer. Hy het in ’n sloot weggekruip totdat die soldate vertrek het. Hierna het hy, net met die klere aan sy lyf, te voet na sy pa en broer gaan soek. Hulle was saam met die Rustenburg kommando. Nadat hy die kommando gevind het, het hy by sy pa hulle aangesluit. Omdat hy nie ’n perd gehad het nie, het hy aanvanklik maar aan sy pa se stiebeul vasgehou en saam gehardloop. Later het hulle darem vir hom ’n perd en geweer gekry en het hy tot aan die einde van die oorlog saam met hulle geveg. Hy boer op die plaas Zoutpansdrift in die distrik Brits.
|
|