Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902 was hy slegs 14 jaar oud. Hy het egter saam met sy pa op kommando gegaan. Nadat die Britse soldate die Boere vrouens en kinders in konsentrasiekampe begin aanhou het, het sy jonger broer, Jan, wat slegs 12 jaar oud was die Engelse ontglip en by sy pa en broer op kommando aangesluit. Pa en sy twee seuns het hierna tot aan die einde van die oorlog saam geveg. Hulle dien onder Vdkt Eloff in die Rustenburg Kommando. Begrawe te Rashoop, Brits