Geskiedenis |
Philip matrikuleer in 1998 aan die Hoërskool Randburg. Hy studeer B.Comm Bemarking aan die UOVS waar hy vir die Shimlas, asook Vrystaat O/21 en Vrystaat Cheetahs rugby speel. Hy speel agtereenvolgens professionele Curriebeker rugby vir die Pumas (Mpumalanga), Arende (George) en die Cheetahs (Vrystaat), asook Super 14 rugby vir die Cheetahs. Gedurende 2005 verwerf hy Springbokkleure vir Sewes rugby. Aan die einde van die 2007 seisoen sluit hy 'n drie jaar kontrak met die Franse span Perpignan.
|
|