Anna Margaretha Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b6.c4.d3.e5.f2.g1.
Voorname  Anna Margaretha
Van  Henning
Geslag  Vroulik
Vader  Willem Frederik Henning
Moeder  Anna Susanna Van Wyk
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Ant Ous
Geboortedatum  1918-2-12
Geboorteplek  Frankfort
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2000-1
Sterfplek  Vanderbijlpark
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Isak Daniël Bosman       
Geskiedenis
Kinderloos. Haar broer, Andries se oudste dogter, Ansie (Anna Susanna) vertel dat Anna Margaretha baie saggeaard was. Wanneer haar man van haar teenoor haar broers gepraat het, het hy altyd van "jou ous" gepraat. Van daar haar noemnaam - Ant Ous. Ansie glo dat sy 'n wonderlike ma sou gewees het, as sy en haar man kinders gehad het. Ansie sê ook dat sy graag 'n dogter van Ant Ous sou wou gewees het.

Ansie en haar jonger suster, Rita het beurte gemaak om naweke by oom Isak en Ant Ous te gaan kuier. Dan het hulle op 'n enkelbedjie geslaap. Ant Ous se huis was altyd pynlik netjies met skoon vloere wat altyd blinkgevryf was. Tot die dreins by die buitekrane was rooi gepolitoer en blink gevryf.. Oom Isak het nie tuin gemaak nie. Die erf was wel skoon, maar geen blomme nie. Sy motorhuis was sy heiligdom. Hy het kaste vol gereedskap gehad. Elke stuk gereedskap het sy plek gehad.

Saterdag-oggende het ant Ous die kinders altyd met iets lekkers, soos koeksisters, bederf, terwyl hulle pa, Andries en oom Isak 'n brandwyntjie in die motorhuis gestaan en drink het. Dit was wonderlike dae vir die kinders.
Voorgeslagte
/¯¯ Pieter Jacob Henning
/¯¯ Pieter Jacob Henning
\__ Susara Wilhelmina De Klerk
/¯¯ Willem Frederik Henning
/¯¯ David Schalk Venter
\__ Maria Magdalena Venter
\__ Anna Sophia Buys
Anna Margaretha Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Andries Jacobus Van Wyk
\__ {mvmName}
\__ Anna Susanna Van Wyk
/¯¯ {mmvName}
\__ Anna Magrieta Rabie
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Fotos

Anna Susanna Henning (gebore van Wyk) vrou van b6.c4.d3.e5.f2. Willem Frederik Henning *19-4-1891 en haar twee dogters (voor), Maria Magdalena *24-3-1927 (g4) en Anna Margaretha *12-2-19?? (g1)
Beskou lys van mense op foto


Die twee dogters van b6.c4.d3.e5.f2. Willem Frederik Henning * 19-4-1891 en sy vrou Anna Susanna (gebore van Wyk): Links, Maria Magdalena (g4) * 24-3-1927 (getroud van Niekerk) en regs, Anna Margaretha (g1) * 12-2-1918 (getroud Bosman)
Beskou lys van mense op foto