Geskiedenis |
Tot en met sy vader se afsterwe gedurende 1962 woon hulle te Lyttelton, Verwoerdburg. Hulle verhuis na Standerton, waar hy matrikuleer. Aan die begin van 1971 begin hy met sy studies by die Normaalkollege, Pretoria. Hy verdien sy sakgeld deur troufoto’s te neem en te ontwikkel. Nadat hy sy onderwysdiploma verwerf het, begin hy in 1975 skoolhou by die Laerskool Fleur, Lyttelton. Dieselfde jaar trou hy en die verpleegster Ann Harmse. Hy verlaat die diens van die TOD en begin by die Oos-Transvaalse Koöperasie te Bethal werk. Op 1 April 1986 begin hy weer skoolhou by die Veldskool, Amsterdam, waar hy sy liefde vir die natuur uitleef.
|
|