As jong seun het Gert Frans Johannes op die plaas Ezelshoek groot geword. Na sy huwelik woon hy en sy eggenote steeds op Ezelshoek. Al hulle kinders word hier gebore. Gedurende die jare 1892/93 was hy ouderling in die Middelburg gemeente van die NG Kerk. Teen die einde van sy lewe woon hy op die plaas Olievenboom, in die distrik Middelburg.
Voorgeslagte van Gert Frans Johannes Henning (*1855, †1941)