Marthinus Christoffel Henning (*1878, †1916)
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c2.d18.
Voorname  Marthinus Christoffel
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Marthinus Christoffel Henning
Moeder  Cornelia Johanna Catharina Botha
# ste kind van vader  18
Noemnaam  Marthinus Christoffel
Geboortedatum  1878-10-27
Geboorteplek  Aliwal-Noord
Doopdatum  1878-12-8
Doopplek  Aliwal-Noord
Sterfdatum  1916-7-19
Sterfplek  Zuurfontein, Aliwal-Noord
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Aletta Susanna Vorster    Aliwal-Noord  sterf 1919
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Marthinus Christoffel Henning Manlik  Aletta Susanna Vorster  1905-1-16  
2 Anna Catherina Elizabeth Henning Vroulik  Aletta Susanna Vorster  1908-6-28  1981-9-15
3 Olof Abraham Henning Manlik  Aletta Susanna Vorster  1911-11-22  
4 Cornelia Johanna Katherina Henning Vroulik  Aletta Susanna Vorster  1915-10-24  
Geskiedenis
Marthinus Christoffel verloor sy vader toe hy slegs agt jaar oud was. Sy moeder tree hierna weer in die huwelik met Petrus Bothma van die plaas Bad­spruit. Daar kan afgelei word dat Marthinus Christoffel saam met sy moeder en sy ouer broers en susters op Badspruit gaan woon het.

Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899 - 1902 dien hy saam met sy oudste broer, Johannes Benjamin Frans as Kaapse Rebelle in die Boere magte in die Ooste van die ZAR. Terwyl hulle in die omgewing van Komatipoort voor die Britse magte uitvlug, vlug hulle oor die Mosambiek grens en soek skuiling by die Portugese owerhede in Mosambiek. Hy word saam met sy broer en talle ander Boere en hul gesinne geïnterneer en mettertyd na Portugal oorgeplaas, waar hulle in die klooster te Alcobaca gehuisves word.

Omdat hy ‘n burger van die Kaap van Goeie Hoop was, word hy op 5-5-1902 deur ’n spesiale kommissie wat deur die Kaapse regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Sy skuldigbevinding spruit voort uit sy simpatie en helpverlening aan die Boermagte tydens die Tweede Vry­heids­oorlog 1899 - 1902. Sy vonnis was dat hy vir ’n tydperk van vyf jaar nie vir enige open­bare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. In hoostuk 13 word alle Hennings wat so gevonnis is, gelys.

Hy gaan boer mettertyd op die plaas Zuurbron, in die Aliwal-Noord distrik. Sy eggenote, Aletta Susanna, was die suster van Willem Vorster, die vader van Sy Edele B J Vorster, Eerste Minister en Staatspresident van die RSA. Twee van haar ouer susters is ook met twee Henning broers getroud, nl b1.c3.d10. Christiaan Rudolf Henning en b1.c3.d12. Alwyn Petrus Henning


Voorgeslagte van Marthinus Christoffel Henning (*1878, †1916)
Generasies 2 3 4 5 6
/¯¯ Johannes Gerhard Henning (†1758)
/¯¯ Pieter Hendrik Henning (*1740, †1823)
\__ Anna Maria Kramer
/¯¯ Gert Frans Henning (*1785, †1873)
/¯¯ Gerrit (Gerd) Engelbrecht
\__ Elizabeth Catharina Engelbrecht (*1753, †1845)
/¯¯ Krelis Cornelisz De Jong
\__ Cataharina Elizabeth De Jong (*1727)
\__ Elizabeth Kops (Kobbesz)
/¯¯ Marthinus Christoffel Henning (*1820, †1886)
/¯¯ Jan Vorster (*1695, †1730)
/¯¯ Barend Vorster (*1726, †1794)
\__ Elizabeth Lubbe (*1702, †1770)
/¯¯ Marthinus Christoffel Vorster (*1771, †1819)
\__ Dorothea Maria Smit (*1730)
\__ Dorothea Maria Vorster (*1791, †1827)
/¯¯ Johannes Hendrik Lubbe
\__ Hester Helena Lubbe
\__ Elsie Burger
 Marthinus Christoffel Henning (*1878, †1916)
/¯¯ Theunis Christoffel Botha
\__ Cornelia Johanna Catharina Botha (*1842, †1899)
Nageslagte van Marthinus Christoffel Henning (*1878, †1916)
Marthinus Christoffel Henning (*1878, †1916) a2.b7.c2.d18.
    Marthinus Christoffel Henning (*1905)  a2.b7.c2.d18.e1.
    Anna Catherina Elizabeth Henning (*1908, †1981)  a2.b7.c2.d18.e2.
    Olof Abraham Henning (*1911)  a2.b7.c2.d18.e3.
        Marthinus Christoffel Henning (*1944)  a2.b7.c2.d18.e3.f1.
    Cornelia Johanna Katherina Henning (*1915)  a2.b7.c2.d18.e4.