Francois Philippus Henning |
Voorgeslagte |
Nageslagte |
Foto(s)
|
Genealogiese no. |
|
a2.b5.c1.d5.e6.f1.g2. |
Voorname |
|
Francois Philippus |
Van |
|
Henning |
Geslag |
|
Manlik |
Vader |
|
Jan Andries Henning |
Moeder |
|
Hester Maria Du Plessis |
# ste kind van vader |
|
2 |
Noemnaam |
|
Frans |
Geboortedatum |
|
1918-11-16 |
Geboorteplek |
|
Smithfield |
Doopdatum |
|
|
Doopplek |
|
|
Sterfdatum |
|
1982-9-20 |
Sterfplek |
|
Bloemfontein |
|
|
|
Geskiedenis |
Gebore op die plaas Heldemoed distrik Smithfield . Skoolgegaan by ‘n plaassskool op die plaas Langkloof distrik Smithfield. Sy pa Jan Andries het toe as bywoner begin werk op die plaas Damfontein in die distrik Springfontein. Hulle was baie arm en moes winter en somer sonder warm klere of skoene skool toe loop. Hy het standerd 6 by ‘n ander plaasskool op Providence geslaag.
Hy is in 1937 na die Ambagskool te Bloemfontein waar hy vir kleremaker geleer het. Hy het in 1941 as bywoner op die plaas Slangfontein distrik Springfontein begin werk, en moes uiteraard alle werk doen wat op ‘n plaas gedoen word.
Na twee jaar het die eienaar van die plaas verkoop en hy moes werk soek tydens ‘n typerk wat werk baie skaars was.
Hy het na maande se gesoek uiteindelik werk by Opperman op die plaas Ebenhaeser gekry as bywoner. Die eienaar het na ‘n tydperk die plaas aan sy seun oorgedra en hy moes weer werk soek.
Na twee jaar het hy op die plaas Sooifontein van Oom Piet Louw as bywoner begin werk. Hy het in 1942 met Susanna Johanna Strydom van Kafferrivier in die huwelik getree.
Nadat Frans afgetree het, koop hy ‘n huis in Springfontein. Hy het toe koshuisvader geword, en later as faktotum by die skool begin werk .
|
|