Geskiedenis |
Gideon Gerhardus Henning (noemnaam, Bill omdat hy sy so ‘n groot baba was met sy geboorte) was die tiende van elf kinders. Hy gaan skool by laerskool, De Deur en Dr Malan hoërskool te Meyerton.
Hy doen sy vakleerlingskap as passer en masjinis by Rand Waterraad se Zwartkopjes tak in 1968 en word later as Turbine Tegnikus aangewend.
Op 12 Mei 1973 ontmoet hy sy toekomstige eggenoot en die liefde van sy lewe Joey Le Roux.(Johanna Doretea) en hulle trou op 31 Augustus 1974 in die NG Kerk Vaalrivier.
Hy werk die grootste gedeelte van sy loopbaan by Elca engineering, Vanderbijlpark
Later tot sy aftrede in 2014 werk hy by SIEMENS, Wadeville. Daarna gaan boer hy met beeste en skape op Lindequesdrift.
Hy speel rugby vir Everite rugbyklub en was lief vir see visvang, wild jag, kosmaak, die natuur en sy plaasdiere.
Hy het graag deur Mauritius, Mosambiek, Botswana, Zimbabwe, Zambië en Namibië gereis.
Bill sterf 14 Mei 2022 vermoedelik aan ’n hartaanval terwyl hy bestuur het op die Vanderbijlpark - Potchefstroom pad.
Hy en sy vrou was 49 jaar onafskeidbaar.
|
|