Johannes Marthinus Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c6.d3.e9.f7.
Voorname  Johannes Marthinus
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Johannes Stephanus Henning
Moeder  Hester Jacoba De Wet
# ste kind van vader  7
Noemnaam  Johannes Marthinus
Geboortedatum  1919-7-19
Geboorteplek  Rouxville
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2002-9-5
Sterfplek  Melkbosstrand
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Martha Maria Rykheer  1944-4-29  Pretoria  sterf 1992
2 Maatjé Visseria Van Niekerk  1994-3-6  Melkbosstrand   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Johannes Stephanus Henning Manlik  Martha Maria Rykheer  1946-2-5  
2 Daniël Antonius Henning Manlik  Martha Maria Rykheer  1948-10-18  1994-9-16
Geskiedenis
Hy het die bynaam Jood gekry. Jood begin gedurende 1937 as 'n klerk werk by die SA Spoorweë te Slurry (Wes-Transvaal). Hierna word hy opeenvolgend na Bloemfontein en Tweespruit verplaas. Hy bedank en begin gedurende Oktober 1943 by Yskor se Interne Oudit afdeling te Pretoria werk. Op 29 April 1944 trou Jood met Martha Rykheer, 'n verpleegster van Pretoria, wat oorspronklik van Kakamas gekom het. Sy was die derde oudste van 7 kinders. Uit Jood en Martha se huwelik is twee seuns gebore. Vanaf Pretoria het Jood en Martha 'n draai op Thabazimbi gemaak en 18 maande later op Vanderbijlpark gevestig, waar hy na 21 jaar uit Yskor se diens getree het. Toe hulle gedurende Oktober 1947 in Vanderbijlpark aangeland het, was die dorp skaars vier jaar oud. Hy neem aktief deel aan die gemeenskapslewe van Vanderbijlpark waar hy onder andere op die volgende komitees, rade en verenigings dien: Totius Laerskoolkomitee; Vanderbijlpark Afrikaans Hoërskoolkomitee; Vanderbijlpark Tegniese Hoërskoolkomitee; Vereeniging en distrik Skoolraad 1954 - 1964; lid van die raad van die Vaaldriehoekse Technicon; Vanderbijlpark Hospitaalraad 1954 - 1964; Vanderbijlpark Stadsraad 1958 - 1964 en Burgemeester 1959 - 1960; Voorsitter van die Bestuurskomitee 1961 - 1964. Hy ontvang ereburgerskap van Vanderbijlpark op 5-11-1981. Hy lei ook 'n vol lewe op politieke gebied, waar hy as volg presteer het: Hy was vir 12 jaar voorsitter van die Afdelingsbestuur van die Nasionale Party van Vanderbijlpark; vanaf 1960 - 1980 lid van die Hoof- en Dagbestuur van die Nasionale Party van Transvaal; Lid van die Volksraad vanaf 24-2-1964 tot 31-12-1980 vir die kiesafdeling Vanderbijlpark; vanaf 1974 tot 1979 tree hy op as sweep in die Volksraad; op 1-1-1981 word hy tot lid van die Presidentsraad verkies. Op 30 September 1986 tree Jood finaal af en hy en sy eggenote vestig hulle te Melkbosstrand.
Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Stephanus Henning
/¯¯ Pieter Hendrik Henning
\__ Maria Catharina Botha
/¯¯ Johannes Stephanus Henning
/¯¯ Cornelis Belthasar Naude
\__ Maartjie Elizabeth Jacoba Naude
\__ Elizabeth Catharina (Onbekend)
Johannes Marthinus Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Hester Jacoba De Wet
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Johannes Marthinus Henning a2.b1.c6.d3.e9.f7.
    Johannes Stephanus Henning  a2.b1.c6.d3.e9.f7.g1.
        Marelize Henning  a2.b1.c6.d3.e9.f7.g1.h1.
        Johannes Marthinus Henning  a2.b1.c6.d3.e9.f7.g1.h2.
        Johannes Stephanus Henning  a2.b1.c6.d3.e9.f7.g1.h3.
        Ta-Mari Henning  a2.b1.c6.d3.e9.f7.g1.h4.
    Daniël Antonius Henning  a2.b1.c6.d3.e9.f7.g2.
        Pieter Hendrik Henning  a2.b1.c6.d3.e9.f7.g2.h1.
Fotos

b1.c6.d3.e9.f7. Johannes Marthinus Henning * 29-7-1919. Eerste Henning lid van RSA parlement
Beskou lys van mense op foto