Geskiedenis |
Hy boer op die plaas Kleinplaats, wyk Vechtkop, distrik Rouxville. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 dien hy in die Rouxville Kommando van Kmdt (latere Genl) J H Olivier. Hy word op 27 Augustus 1900 krygsgevangene geneem en in die Diyatalawa Krygsgevangenekamp, Ceylon aangehou. Voordat hy kon terugkeer na sy vaderland, moes hy in 'n beëdigde verklaring sy onderdanigheid aan die Britse koning erken. Hy het hierdie verklaring eers op 13 Oktober 1902 in die Diyatalawakamp, Ceylon afgelê. Hy woon later en is begrawe te Hobhouse in die Vrystaat
|
|