Geskiedenis |
Daniel Wilhelmus trek as ’n jong seun saam met sy ouers na die Rand, waar hy vir ’n rukkie in die myne werk. Sy hunkering na die wêreld waar hy gebore is, maak dat hy teen 1917/18 vir hom ’n plaas in die Elliot distrik koop. Nadat sy kinders almal groot genoeg was om die huis te verlaat, verkoop hy die plaas en hy en sy eggenote gaan vestig hulle op die dorpie Indwe.
|
|