Geskiedenis |
Jan is op die plaas Bellevue in die distrik Dordrecht gebore. In 1916 verhuis sy ouers na Brakpan, waar sy pa 28 jaar lank ’n Pastoor in die Apostoliese Geloofsending was. Hy trou gedurende 1932 met Magrietha Viviers van Rustenburg en al hul kinders word te Brakpan gebore. Hy word gedurende 1944 as voltydse Pastoor in die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika opgeneem en bedien die volgende gemeentes: Lydenburg tot September 1946, Primrose tot September 1949, Florida tot September 1954, Primrose tot Maart 1963, Witbank tot Maart 1967 en Bothaville tot Februarie 1971 toe hy emeriteer.
|
|