Geskiedenis |
Andries se ma sterf in ‘n motorongeluk toe hy tien jaar oud was. Hy en sy jonger sussies het daarna by hul ouer suster, Janie (g2) en haar man gaan bly. Sy pa het hom vroeg uit die skool gehaal en hy en Janie se man het op die plaas van Genl Hertzog se familie gaan werk. Later het hy sy vakleerlingskap as grofsmid by Premiermyn gedoen. Nadat hy gekwalifiseer het, het hy saam met sy broer, Jan (g8) en sy pa as grofsmid gewerk. Later werk hy vir die spoorweë in Kimberley, terwyl sy vrou en kinders in Mafeking bly. Gedurende 'n storm waai die huis se dak af en toe hy verlof vra om die herstelwerk te doen, word sy verlof geweier. Hy bedank by die spoorweë en verhuis na Alberton.
Hy het by SASOL, Premiermyn en Rustenburg rugby gespeel as ‘n vleuel, haker en agtsteman. Omdat hy baie sterk was, het hy die bynaam Ysterman gekry.
|
|