Geskiedenis |
Izak en sy vrou, Emmerentia, het in Birchleigh-Noord, Kemptonpark gewoon. Voor sy aftrede het hy by die Poskantoor gewerk. Hy het sy loopbaan in Port Elizabeth begin, maar is mettertyd na Johannesburg verplaas waar hy tot assistent bestuurder gevorder het.
In sy jong dae het hy rugby gespeel. Hy het ook volkspele en toneelspel gedoen. Hy het in sy spaartyd, baie aande, bouplanne vir mense geteken.
Hy word deur sy kinders onthou as ‘n persoon wat baie hardwerkend was en alles vir sy kinders sou opoffer. As familie het hulle dikwels met ‘n karavaan gaan kamp. Hy sterf na 'n beroerte-aanval
|
|