Gert Frans Henning (*1925, †1987)
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c8.d5.e2.f1.
Voorname  Gert Frans
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Hendrik Joachim Henning
Moeder  Hester Johanna Petronella Potgieter
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Gert Frans
Geboortedatum  1925-2-3
Geboorteplek  Rhodes
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1987-6-28
Sterfplek  Rhodes
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Stella Desire Herselman  1953-5-2    sterf 1998
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Hendrik Johan Henning Manlik  Stella Desire Herselman  1955-3-9  
2 Johan Hendrik Henning Manlik  Stella Desire Herselman  1957-1-24  2011-1-23
3 Gerrit Francois Henning Manlik  Stella Desire Herselman  1960-4-4  
Geskiedenis
Gert is gebore en word groot op die plaas Mertoun in die Rhodes distrik. Na sy huwelik boer hy en sy vrou op Mertoun. Hierdie plaas is in die Suidelike Drakensberge en slegs 10 kilometers van die Lesotho grens. Die harde koue winters met swaar sneeu, veldbrande, veediefstal en swak infrastruktuur, het hulle ook maar, soos hul voorsate gebrei om geharde en gesoute landbouers te word. Gert was ongelukkig die laaste 10 jaar van sy lewe nie ’n baie gesonde mens nie en sterf na 34 gelukkig getroude jare.
Op 4 Februarie 1933 het Jan Carel Herselman en sy vrou Florence Muriel Beatrice Henning ’n babadogtertjie ryker geword. Hulle het haar Stella Desire gedoop. Stella se oupa en ouma aan moederskant was albei Hennings, naamlik b7.c5.d7. Pieter Barend Henning en sy niggie b7.c8.d10. Susanna Magdalena Henning.
Stella is op haar oupa Pieter Hendrik Barend Henning se plaas Sunnydale, in die Rouxville distrik gebore en het daar groot geword. Van kleins af was sy ’n goeie atleet. Toe ontmoet sy vir Gert Henning van Rhodes en daarmee kry sy haar derde genealogiese nommer in die Henning geslagsregister.
Stella was ’n vrou uit een stuk. Vir lang rukke, terwyl haar man ernstig siek was en al haar seuns besig met Nasionale Diensplig in die Weermag, moes sy vrou alleen die boerdery behartig. Stella was baie kunssinnig. Sy het graag geskilder en het houtsneewerk gedoen. Sy het graag gesing en was baie lief vir musiek.
Na die afsterwe van Gert gedurende 1987, het Stella na Barkly-Oos verhuis, terwyl hul jongste seun Gerrit op Mertoun gaan boer het. Die nag van 2 Oktober 1998 word Stella in haar huis deur ’n swart booswig vermoor.
Voorgeslagte van Gert Frans Henning (*1925, †1987)
Generasies 2 3 4 5 6
/¯¯ Pieter Hendrik Henning (*1740, †1823)
/¯¯ Gert Frans Henning (*1785, †1873)
\__ Elizabeth Catharina Engelbrecht (*1753, †1845)
/¯¯ Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning (*1834, †1919)
/¯¯ Philippus Arnoldus Olivier (*1764)
\__ Gerbreg Leviena Olivier (*1812, †1880)
\__ Hester Venter (*1781)
/¯¯ Gert Frans Henning (*1864, †1916)
/¯¯ Gerhardus Dirk Kotze (*1761)
/¯¯ Jan Kotze (*1790)
\__ Emmarentia Frederika Potgieter (*1769)
\__ Cornelia Susanna Kotze (*1839, †1912)
/¯¯ Philip Daniël Ricker (*1782)
\__ Martha Johanna Elizabeth Riekert (*1804)
\__ Susanna Magdalena Jacobs (*1787)
/¯¯ Hendrik Joachim Henning (*1892, †1953)
\__ Susannah Catharina Maartens
 Gert Frans Henning (*1925, †1987)
\__ Hester Johanna Petronella Potgieter (*1898, †1959)
Nageslagte van Gert Frans Henning (*1925, †1987)
Gert Frans Henning (*1925, †1987) a2.b7.c8.d5.e2.f1.
    Hendrik Johan Henning (*1955)  a2.b7.c8.d5.e2.f1.g1.
        Frans Hendrik Henning (*1988)  a2.b7.c8.d5.e2.f1.g1.h1.
    Johan Hendrik Henning (*1957, †2011)  a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2.
        Gerrit Francois Henning (*1985)  a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2.h1.
        Maricia Henning  a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2.h2.
        Stella Desire Henning  a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2.h3.
    Gerrit Francois Henning (*1960)  a2.b7.c8.d5.e2.f1.g3.
        Amanda Henning  a2.b7.c8.d5.e2.f1.g3.h1.
        Bianca Henning  a2.b7.c8.d5.e2.f1.g3.h2.