Geskiedenis |
Hy is na sy oupa Lubbe vernoem. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 het Johannes Carel en sy gesin op die plaas Vaalklip, in die distrik Thaba Nchu gewoon. Dit word so aangedui op die sterfregisters van beide hulle kinders wat in die Springfontein Konsentrasiekamp oorlede is. Mettertyd het hulle egter op die plaas Weltevreden, in die Vredefort distrik gewoon. Hy is oorlede terwyl hy by een van sy kinders in Johannesburg gekuier het.
|
|