Pieter Hendrik Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.
Voorname  Pieter Hendrik
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Jan Louis Henning
Moeder  Wilhelmina Jacoba Vermeulen
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Pieter Hendrik
Geboortedatum  1929-8-21
Geboorteplek  Krugersdorp
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1990-1-13
Sterfplek  Pretoria
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Maria Christina Elizabeth Olivier  1954-6-19  Pretoria   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Pieter Hendrik Henning Manlik  Maria Christina Elizabeth Olivier  1955-4-2  
2 Ignatius Wilhelm Henning Manlik  Maria Christina Elizabeth Olivier  1956-7-14  2017-5-28
3 Jan Louis Henning Manlik  Maria Christina Elizabeth Olivier  1958-12-15  
4 Ockert Jacobus Henning Manlik  Maria Christina Elizabeth Olivier  1960-6-26  
Geskiedenis
Pieter Hendrik word groot in Krugersdorp en matrikuleer aan die Monument Hoërskool. Na skool verwerf hy die MB ChB graad aan die universiteit van Pretoria. Hoewel hy en sy toekomstige eggenote op verskillende tye by 'n tannie Marx van Flowerstr, Capital Park tydens hulle studies gewoon het, was sy instrumenteel dat hulle mekaar wel ontmoet het. Maria het vir die graad B Sc (Huishoudkunde) aan die UP studeer. Pieter voltooi sy studies aan die einde van 1953 en hulle trou op 19 Junie 1954. Op daardie tydstip was Maria 'n lektrise aan die UP in die Departement Huishoudkunde en hyself 'n interngeneesheer te HF Verwoerd Hospitaal. Na voltooiing van sy huisdokterjaar begin Pieter spesialiseer in psigiatrie aan die Universiteit van die Witwatersrand en verwerf die DPM kwalifikasie. Later word dit opgevolg deur die LF (Psig) SA kwalifikasie van die Kollege van Geneeskunde. As psigiater het hy voltyds in die Staatsdiens aan verskeie hospitale in Transvaal en Natal diens gedoen, met spesiale belangstelling in geregtelike psigiatrie. In hierdie verband was sy mees belangrike taak gewees om as assessor deel te hê aan die verhoor van Tsafendas, die persoon wat die destydse Eerste Minister, Dr H F Verwoerd vermoor het. Vanaf 1973 is hy in Pretoria by die Departement Gesondheid in beheer van Psigiatriese Dienste. Later is hy aangestel as die Hoofdirekteur van Geestesgesondheid by die Departement van Gesondheid en Welsyn. Na Pieter en Maria se huwelik was sy voltyds huisvrou en moeder. Buite die huishouding het sy aktief by vroueverenigings ingeskakel waar kunsnaaldwerk, weefwerk en koorsang beoefen is. Vir persoonlike genot het sy die harp bespeel.
Voorgeslagte
/¯¯ Pieter Jacobus Henning
/¯¯ Pieter Hendrik Henning
\__ Philipina Maria Charlotte Venter
/¯¯ Jan Louis Henning
/¯¯ {vmvName}
\__ Jacoba Dalina Hendrika Venter
\__ {vmmName}
Pieter Hendrik Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Wilhelmina Jacoba Vermeulen
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Pieter Hendrik Henning a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.
    Pieter Hendrik Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h1.
        Rozanne Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h1.i1.
        Madeleine Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h1.i2.
    Ignatius Wilhelm Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h2.
        Lenise Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h2.i1.
        Pieter Hendrik Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h2.i2.
        Ignatius Wilhelm Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h2.i3.
    Jan Louis Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h3.
        Merissa Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h3.i1.
        Janneke Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h3.i2.
        Jan Louis Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h3.i3.
    Ockert Jacobus Henning  a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1.h4.
Fotos

a2.b5.c2.d13.e1.f3. Jan Louis Henning *27-4-1903, sy vrou, Wilhelmina Jacoba (gebore Vermeulen) *1-9-1903 (middel agter) en drie van hulle kinders: Pieter Hendrik *21-8-1929 (regs agter), Jacoba Dalina Hendrika *25-2-1934 (links agter) en Michael Johannes *19-12-1942 (regs voor)
Beskou lys van mense op foto


a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1. Pieter Hendrik Henning *21-8-1929 met sy nuwe trapfiets
Beskou lys van mense op foto


a2.b5.c2.d13.e1.f3.g1 Pieter Hendrik Henning *21-8-1929, sy vrou, Maria Christina Elizabeth (gebore Olivier) *6-12-1926 en hul vier seuns van links na regs: Jan Louis *15-12-1958, Ockert Jacobus *26-6-1960, Pieter Hendrik *2-4-1955 en Ignatius Wilhelm *14-7-1956
Beskou lys van mense op foto