Gedurende die Anglo Boere-oorlog gaan hy as sewentigjarige op kommando, maar word op 6-12-1900 op sy plaas, Vogelstruisfontein krygsgevangene geneem. Hy word nie na een van die buitelandse krygsgevangene kampe gestuur nie, maar word in die konsentrasiekamp by Bethulie gevange gehou. Hy sterf as gevolg van inflamasie in die Bethulie konsentrasiekamp. Die plaas Vogelstruisfontein lê regs van die pad tussen Bethulie en Springfontein, naby die Kirkham spoorweg sylyn