Willem Lodewicus Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c5.d1.e1.f4.
Voorname  Willem Lodewicus
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Gerhardus Francois Henning
Moeder  Aletta Catharina Ferreira
# ste kind van vader  4
Noemnaam  Willem
Geboortedatum  1908-7-1
Geboorteplek  Middelburg, Kaap
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1983-1-14
Sterfplek  
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Sable Grace Stopforth       
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Edgar Frank Henning Manlik  Sable Grace Stopforth  1938-6-1  2019-5-19
Geskiedenis
Gerbore te Middelburg Kaap. Sy vader, ouer broer en suster sterf agv van die 1918 griep epidemie toe by 10 jaar oud was en moes sy moeder alleen die oorblywende kinders grootmaak. Hulle moes die plaas verlaat en dorp toe trek. Na matriek het hy begin werk by die plaaslike kragsentrale en geleer hoe om op diesel enjins te werk en pas en draai werk te doen. Hy begin verder studeer in ingenieurswese en kry ‘n pos in Knysna om tweede in bevel te wees van die kragsentrale. In die jare voor Eskom het elke dorp sy eie kragsentrale, gehad, wat gewoonlik met diesel enjins aangedryf is. In hierdie tyd ontmoet hy vir Sable Stopforth, raak later verloof en kry werk in Bredasdorp by hulle kragsentrale, maar sy verloofde bly aan in Knysna. In daardie dae kon hulle nie telefonies in verbinding tree nie. Die afstand raak te veel en hy trek toe later terug Knysna toe waar hulle getroud is, maar kry toe die pos in beheer van die Douglas krag sentrale. Hy trek toe Douglas toe en sy vrou moes 3 maande kennis werk voordat sy by hom kon aansluit. Oor die jare speel hy rugby vir Suid Westelike Distrikte en Griekwas. Sy enigste seun is op 1 Junie 1938 gebore. Met die uitbreek van die Tweede Wêreld oorlog sluit hy aan by die weermag maar die plaaslike munisipaliteit kry snuf in the neus en doen aansoek by the owerhede dat aangesien hy ‘n essensiele diens lewer hy as ‘n sleutel figuur beskou word en as sulks deur die weermag aangewys word om sy huidige pos te beklee tot verdere kennisgewing. Die gevolg is dat hy daar vasgevang is totdat die oorlog verby is, geen aanpassing in salaris vir bykans 6 jaar nie en dit nieteenstaande die feit dat soveel as drie skofwerkers op een dag bedank het om by die weermag aan te sluit. Toe die oorlog verby is kry hy die geleentheid om ‘n werkswinkel en motorhawe besigheid waar al die boere se landhou inplemente versien kon word te koop en in vennootskap te gaan met iemand anders in Smithfield. Aangesien hy op ‘n plaas groot geword het was hy altyd baie lief vir boerdery en jag. In die laat 50’s kry hy die geleentheid om Paarl toe te trek en die pos van meganiese superintendent vir die munisipaliteit te word en om verantwoordelik te wees vir al die instandhouding van al die meganiese toerusting soos pompe wat water en riool pomp vir the dorp, alle voertuie en ook vir die munisipale werkswinkel. Hy tree af op die ouderdom van 65 en trek King Williams Town toe waar sy seun woon en werk. Daar was min goed wat hy nie kon ontwerp en maak nie en hy was altyd besig in sy motorhuis met een of ander projek. Hy en sy eggenote het hier in hulle huis gewoon to sy dood.
Voorgeslagte
/¯¯ Gert Frans Henning
/¯¯ Gert Frans Johannes Henning
\__ Anna Jacoba Blom
/¯¯ Gerhardus Francois Henning
/¯¯ Willem Lodewicus Jansen Van Rensburg
\__ Magdalena Zacharijda Jansen Van Rensburg
\__ Anna Francina (Onbekend)
Willem Lodewicus Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Gert Thomas Ferreira
\__ {mvmName}
\__ Aletta Catharina Ferreira
/¯¯ {mmvName}
\__ Helena (Onbekend)
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Willem Lodewicus Henning a2.b7.c5.d1.e1.f4.
    Edgar Frank Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.
        Alan Frank Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1.
        Natalie Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h2.