Edgar Frank Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.
Voorname  Edgar Frank
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Willem Lodewicus Henning
Moeder  Sable Grace Stopforth
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Edgar Frank
Geboortedatum  1938-6-1
Geboorteplek  Douglas
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2019-5-19
Sterfplek  Oos-Londen
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Marjorie Gous  1963-4-13  Bloemfontein   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Alan Frank Henning Manlik  Marjorie Gous  1964-6-26  
2 Natalie Henning Vroulik  Marjorie Gous  1966-8-19  
Geskiedenis
Gebore te Douglas waar hy begin skoolgaan. Verhuis later saam met ouers na Smithfield. Hy matrikuleer in die eerste klas aan die Smithfield Hoërskool. Daar is nie geld om voltyds by ‘n Universiteit te studeer nie en hy begin dadelik sy klerkskap by ‘n prokureurs praktyk op die dorp. Hy begin regte studeer deur Unisa en voltooi sy eerste jaar. In sy tweede jaar word hy opgeroep vir diensplig en keer eers terug teen die middel van die jaar - te laat om die akademiese jaar te voltooi. Hy voltooi sy tweede jaar deur Unisa in die derde jaar van sy klerkskap. Na oorlegpleging met sy prinsipaal en ten einde meer ondervinding in ‘n stadspraktyk op te doen word sy leerkontrak sedeer na ‘n praktyk in Bloemfontein waar hy sy leerkontrak voltooi, terwyl hy sy studies by die Universiteit van die Oranje Vrystaat voltooi. In hierdie tyd ontmoet hy vir Marjorie Gous wat as sekretaresse werk by dieselfde praktyk. Hulle raak verloof en trou. In die tussentyd kwalifiseer hy as ‘n prokureur. Hulle eerste kind, ‘n seun, is gebore in Bloemfontein en hy besef dat daar geen vooruitsig om ‘n vennootskap by die firma waar hy gekwalifiseer het, te word nie en kry ‘n geleentheid om by ‘n praktyk in King Williams Town aan te sluit waar daar twee ou vennote is wat iemand jonger soek om hulle te help.

Hulle raak ‘n dogter ryker omtrent ‘n jaar na hulle in King Williamstown aankom. Hy doen intussen sy aktes en notariele eksamens en word kort daarna ‘n vennoot. In 1972 sterf die senior vennoot en die ander vennoot is amper reg om af te tree. Op ‘n jong ouderdom word hy senior vennoot en hulle groei die firma tot daar later 6 vennote is en omtrent 50 personeel. Toe die Ciskei in 1981 onafhankikheid kry, was hy nou betrokke by al die ontwikkeling en het hy namens die ontwikkelingskorporasie opgetree. In hierdie tyd het hulle ook ‘n tweede praktyk in Bisho begin om the staat se werk to hanteer. Hy was ook eksaminator vir die akte eksamen vir die Oos-Kaap gebied, lid van die Transkei se dorperaad en voorsitter van die Ciskei se dorperaad. Hy is baie lief vir houtwerk en sit al sy kaste in sy strandhuis in. Hy tree af op die ouderdom van 60 en werk daarna vir 5 jaar deeltyds as ‘n konsultant by sy ou firma en verhuis na Oos London waar sy dogter woon. Op 65 tree hy heeltemal af en woon nog steeds met sy eggenote in Oos London.
Voorgeslagte
/¯¯ Gert Frans Johannes Henning
/¯¯ Gerhardus Francois Henning
\__ Magdalena Zacharijda Jansen Van Rensburg
/¯¯ Willem Lodewicus Henning
/¯¯ Gert Thomas Ferreira
\__ Aletta Catharina Ferreira
\__ Helena (Onbekend)
Edgar Frank Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Sable Grace Stopforth
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Edgar Frank Henning a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.
    Alan Frank Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1.
        Tyla Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1.i1.
        Wesley Frank Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1.i2.
        Marcus John Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1.i3.
    Natalie Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h2.