Geskiedenis |
Yvonne het groot geword in Paulpietersburg. Sy het hoërskool toe gegaan in Vryheid en het daarna by Durban Onderwys Kollege onderwys studeer. Yvonne Sylvia Paul en Adriaan Louwrens Albertus Henning is op 10 Oktober 1980 in Vryheid getroud en hul eerste seun, Werner Louwrens Henning is op 1 Mei 1985 te Durban gebore. In 1986 het Rian en Yvonne na Northam verhuis, waar Rian en sy suster Susanna hul pa Louwrens Albertus Henning se besigheid uit die boedel gekoop het. 12 Augustes 1987 is Rian enYvonne se tweede kind, Anita Henning te Pretoria gebore en 13 Mei 1990 is Sandra Henning, Rian en Yvonne se derde kind ook in Pretoria gebore. Yvonne het oor die jare by Laerskool Northam asook Laerskool Platina skool gehou. Sy het ‘n groot passie vir kuns gehad en was ‘n uitstekende skilder. Rian en Yvonne het graag op 4x4 roetes gegaan en Afrika gaan verken saam hulle familie. Hulle het later jare ook die wêreld uit die lug verken saam hulle vriende wat jaarliks ‘n Jabiru vliegtoer gedoen het. In 2011 was Yvonne vir die eerste keer met kanker gediagnoseer. 28 Januarie 2013 is Yvonne se eerste klein kind, Louwrens Henning, in Pretoria gebore. Louwrens is die seun van Werner en Yolandi Henning. Alisa Schoeler, Yvonne se tweede kleinkind is 12 Januarie 2015 gebore. Alisa is die dogter van Hendrik en Anita Schoeler. Yvonne se derde kleinkind, Liam Henning, is 6 Julie 2015 in Pretoria gebore. Liam is Werner en Yolandi Henning se tweede seun. Sy was 'n vrou wat haar geloof oorgedra het in die manier wat sy geleef en gepraat het. Yvonne het in 2011 as onderwyseres bedank. Sy het ‘n baie groot liefde vir haar kleinkinders gehad en het hulle deur die dag opgepas en geleer. Op 4 November 2016 het haar familie afskeid geneem van haar. Met haar heengaan, het sy haar man, haar ouers, suster en twee broers, haar twee dogters, seun en drie kleinkinders nagelaat.
|
|