Sy name is die Spaans vir Pieter Hendrik. Hy het vir baie jare gewerk by DairyBelle. Hy en sy gesin het dikwels by groot funksies skape op die Argentynse (Asado) manier van spitbraai gebraai. Hulle het altyd die hul eie Salmuera resep vir die sous wat op die skape gegooi word, gebruik. Dit het hom en sy vrou groot plesier verskaf as hulle Sondagmidae rondgery het om kos vir minder bevoorregte mense te vat.