Geskiedenis |
Frank word gebore in die Verre-Oos-Randhospitaal tussen Brakpan en Springs. Sy eerste werk was by Shoprite in Brakpan as stoorman. Hier werk hy ‘n hele paar jaar lank, maar studeer deeltyds meganiese ingenieurswese. Na Shoprite werk hy vir ‘n paar jaar by Temsa in Springs en aanvaar daarna ‘n pos by Alcatel, Altech Telecoms, waar hy vyftien jaar lank as produksiebestuurder werk. In 2001 kry hy ‘n geleentheid om ‘n hidroliese besigheid te Barberton te begin.
Gedurende Desember 1978 tree Frank in die huwelik met Anette Susan Pretorius. Die huwelik word voltrek in Boksburg, deur Ds Japie Venter van die Gereformeerde Kerk Brakpan terwyl die gesin op Brakpan woon. Na Frank se pa se dood,het sy ma, Elizabeth by hulle kom woon. Toe Frank die skuif maak Barberton toe, trek sy ma saam en hy bou vir haar ‘n woonstel in die agterplaas. Sy liewe vrou Anet sterf egter die jaar na hulle in Barberton aangekom het. Frank en sy seun Heinrich bly daarna alleen agter in hulle huis, met ouma Elizabeth wat in die woonstel woon.
Intussen het Frank se seun, Heinrich elke dag na skool , asook vakansies sy pa begin help en ook geleer van die besigheid. ‘n Paar maande na sy ma se dood word Frank met beenmurgkanker gediagnoseer. Hy sterf tragies op 17 Februarie 2016.
Die familiebesigheid wat hy teen 2002 tot stand gebring het, het voortgegaan na sy dood. Sy seun, Heinrich het voltyds aangesluit in 2014 nadat hy sy graad in bemarking verwerf het.
|
|