Gert Frans Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b5.c5.d9.e2.f2.g1.
Voorname  Gert Frans
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Stephanus Johannes Henning
Moeder  Aletta Susanna Croukamp
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Gert
Geboortedatum  1936-7-5
Geboorteplek  Dealesville
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2015-5-3
Sterfplek  Hartenbos
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Hester Salomina Kleynhans  1962-2-23  Stellenbosch   
2 Margaretha Eleonora Van Dalen  1984-12-15  Pretoria   
3 Beryl Amelia Müller  2003-9-8  Kemptonpark   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Alphonso Henning Manlik  Hester Salomina Kleynhans  1966-3-18  
2 Stephné Henning Manlik  Hester Salomina Kleynhans  1968-8-24  
3 Francois Henning Manlik  Hester Salomina Kleynhans  1971-5-26  2012-10-8
Geskiedenis
Ds Gert Frans Henning is gebore 5 Julie 1936 as oudste seun van Stephanus Johannes Henning [Fanie] en Aletta Susanna [Lettie] nee Croucamp. Gert Henning het gematrikuleer met onderskeiding in Latyn en toe gestudeer vir predikant, eers vir BA aan die Vrystaatse Universiteit en toe het hy sy opleiding as predikant aan die Kweekskool aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy bedien die NG gemeentes van Venterstad, Vioolsdrift, Bloemhof en die Lugmaggimnasium in Pretoria.
Hy tree in die huwelik met Hester Salamina Kleinhans van distrik Riversdale. Die egpaar het drie seuns gehad: Alphonso [Fonnie], Stephne [Stef] en Francois. Ongelukkig het hy sy eerste en tweede eggenotes verloor deur egskeiding, maar sy derde vrou Beril Amelia gebore Muller was uiteindelik die groot liefde van sy lewe. Hy was met Tannie Beril, ‘n afgetrede onderwyseres, getroud tot en met sy dood op 3 Mei 2015.
Gert Henning het gewerk as predikant, en hierdie was eintlik sy lewensroeping. Met sy eerste egskeiding in 1984 het hy sy predikante-status verloor. Hy begin werk as eiendomsagent by die destydse Currie-eiendomsagentskap, destyds die oudste agentskap in Pretoria. Hierna begin hy werk by Sanlam as verteenwoordiger vir ongeveer 6 jaar voordat hy ‘n onafhanklike makelaar word. Die hunkering om weer predikant te word was egter steeds baie sterk. Tot en met sy dood was hy bekend as Doominee Henning.
Een van sy sterkste eienskappe was sy nederigheid en sagmoedigheid, kwaliteite wat van hom die ideale berader gemaak het. Daar was min mense wat met soveel empatie en deernis na ‘n medemens se probleem kon luister as juis Gert Henning.
Voorgeslagte
/¯¯ Stephanus Johannes Henning
/¯¯ Gert Frans Henning
\__ Isabella Paulina Frederica Hermina Kleynhans
/¯¯ Stephanus Johannes Henning
/¯¯ {vmvName}
\__ Anna Franscina Van Den Berg
\__ {vmmName}
Gert Frans Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Aletta Susanna Croukamp
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Gert Frans Henning a2.b5.c5.d9.e2.f2.g1.
    Alphonso Henning  a2.b5.c5.d9.e2.f2.g1.h1.
        Gert Frans Henning  a2.b5.c5.d9.e2.f2.g1.h1.i1.
        Ansunet Henning  a2.b5.c5.d9.e2.f2.g1.h1.i2.
    Stephné Henning  a2.b5.c5.d9.e2.f2.g1.h2.
        Franz Waldemar Henning  a2.b5.c5.d9.e2.f2.g1.h2.i1.
        Ivan Stephné Henning  a2.b5.c5.d9.e2.f2.g1.h2.i2.
    Francois Henning  a2.b5.c5.d9.e2.f2.g1.h3.
Fotos

b5.c5.d9.e2.f2.g1. Gert Frans Henning *5-7-1936 en sy derde vrou, Beryl Amelia (gebore Müller) *12-10-1936
Beskou lys van mense op foto