Geskiedenis |
Hoewel Olof hoofsaaklik in die Vrystaat skoolgegaan het, matrikuleer hy gedurende 1957 te Delmas. Hy verwerf die volgende grade en diplomas: BA - 1960; UOD - 1964; B Ed -1968; M Ed - 1972; D Ed - 1982. Hy vertrek gedurende 1965 met 'n Goethe-Instituur Beurs vir studie in Duitsland. In 1969 word hy op 30-jarige ouderdom aangestel as skoolhoof van die Hoërskool op Rouxville. Vanaf Julie 1983 is hy mede-professor in Wysgerige Pedagogiek van die fakulteit van Opvoedkunde van die Universiteit van die Oranje Vrystaat. Sy eggenote, Fransie, het op Stellenbosch en aan die UOVS studeer en is 'n departementshoof aan die Oranje Meisieshoërskool, Bloemfontein. Sy het bekendheid as netbalafrigter in die Vrystaat verwerf en was verskeie kere bestuurder van die provinsiale netbalspan. Die egpaar het geen kinders nie
|
|