Geskiedenis |
Toe Joan twee jaar oud was, verhuis haar ouers na die George distrik, waar haar pa gaan boer. Na voltooiing van haar skoolopleiding te Oudtshoorn, begin sy werk by die Padvervoerraad te Oudtshoorn. Sy ontmoet haar toekomstige man, Bert, wat 'n lid van die Staande Mag was te Oudtshoorn. Hulle twee seuns, Bertram en Vincent word onderskeidelik in 1954 en 1957 gebore. Teen die einde van 1957 verlaat Bert die Staande Mag en hulle verhuis na Tsitsikama waar Bert saam met sy weduwee-moeder gaan boer. Mettertyd verhuis hulle na Port Elizabeth waar Bert by Pilkington Shatterproof gaan werk en Joan by 'n Dermatoloog
|
|