Geskiedenis |
Elise Magdalena Henning (geb. Vandenplas) is op 3 Desember 1951 te Lumbumbashe ( Elizabethville} Zaire ( Belgiese Kongo ) gebore.
Op vyfjarige ouderdom het haar ouers die Belgiese Kongo met hul gesin verlaat en in Durbanville gevestig. Elise het daar skoolgegaan en aan die Durbanville High School gematrikuleer. Daarna is sy na die Potchefstroomse Universitet waar sy in 1974 die graad B.Sc. Pharm In Aptekerswese ontvang.
Sy tree op 22 Jan.1977 in die huwelik met Vernon Charles Peeters, wat op 2 April 1981 oorlede is aan leukemia. Geen kinders is uit hierdie huwelik gebore nie.
Gedurende Oktober 1981 ontmoet sy vir Nico Henning (veearts) en hulle tree in die huwelik op 2 Oktober 1982. Net een dogter, Giselle is gebore op 13 Januarie 1984. Giselle is tans woonagtig in Australie en praktiseer as 'n tandarts.
As apteker was Elise baie bemind en gerespekteerd in die gemeenskap — veral in Doringkloof, waar haar apteek geleë was. Sy was baie lief vir die natuur, vir haar troeteldiere, wildtuine, voëls, vir klassieke musiek en opera, vir lees, wêreldreise, toere oorsee en bootvaarte. Sy was 'n merkwaardige intelligente en beminde persoon.
|
|