Geskiedenis |
Ina voltooi haar skoolloopbaan te Utrecht, Natal. Sy is 'n kranige langafstand atleet wat die Comrades Marathon reeds agtien keer voltooi het en ook tien agtereenvolgende Washie Ultra Marathonne voltooi het. Die Washie Ultra Marathon word oor 100 myl/160 km gehardloop.
Ina is tans die vroue-atleet wat die meeste "Washie 100 mylers" voltooi het. en is die eerste damesatleet wat die "goueskoen" trofee verower het, met die voltooiing van haar tiende Washie wedloop Tot datum het sy reeds twaalf Washie wedlope voltooi.
Ina het ook aan verskeie ander marathonne deelgeneem, soos die Twee Oseane Marathon, City tot City Marathon en Karoo Marathon, wat sy reeds twee keer gewen het.
|
|