Sable Grace Stopforth
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  
Voorname  Sable Grace
Van  Stopforth
Geslag  Vroulik
Vader  
Moeder  
# ste kind van vader  0
Noemnaam  Sable Grace
Geboortedatum  1910-4-18
Geboorteplek  Knysna
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  
Sterfplek  
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Willem Lodewicus Henning      sterf 1983
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Edgar Frank Henning Manlik  Willem Lodewicus Henning  1938-6-1  2019-5-19
Geskiedenis
Sable Grace is gebore in Knysna waar haar vader as hoefsmit en kleinboer en haar ma as onderwyseres by Zuurvlakte Primêre Skool naby Reenendal gewerk het en is een van 4 kinders. Sy verlaat skool in Std 8 en begin werk in ‘n administratiewe rol en later as boekhouer in Knysna. Haar ouers het na haar ma se aftrede na die dorp verhuis. Die storie word vertel dat hulle met ossewaens gaan kamp het en omdat daar geen yskste was nie hulle hoenders in hokke gehad wat onder die wa vasgemaak was, sodat hulle vars eiers en vleis kon hê vir die vakansie. Toe hulle deur ‘n rivier gaan met die wa was die watervlak hoër as wat hulle gedink het en al die hoenders het versuip. In hierdie tyd het haar pa ook ‘n model T Ford aangeskaf. Na sy die huis verlaat het, het sy en haar suster ‘n kamer gehuur op die dorp. Sy was ‘n uitstekende tennisspeler en baie musikaal en het graag klavier gespeel en gesing, maar kon nooit note lees nie en het alles op gehoor gedoen maar mens sou dit nooit kon sê nie. Sy het in the NG kerkkoor gesing en was op dieselfde tyd die orreliste van die Methodiste kerk en was die klavierspeler in ‘n plaaslike orkes wat by danse opgetree het. In die dae voor daar klank was by die ou swart en wit rolprente het sy die klavier gespeel en moes musiek uitdink wat pas by wat op die beeld aangaan. Sy ontmoet haar man en hulle trou later en verhuis na Douglas waar haar eerste en enigste kind gebore is. Sy raak later betrokke by hul besigheid in Smithfield. Nadat hulle verhuis het na Paarl, werk sy by die Royal Bakpoeier Maatskappy tot haar aftrede toe sy en haar eggenoot King Williams Town toe trek, waar haar seun gewerk het. Na haar eggenoot se dood bly sy eers in ‘n woonstel en sterf later in die ouetehuis op die dorp.
Nageslagte
Sable Grace Stopforth
    Edgar Frank Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.
        Alan Frank Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1.
        Natalie Henning  a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h2.