AFDELING 6f

DIE GERT FRANS TAK (a2.b7.)

Geskiedenis van die Tak

Al Gert Frans se nasate, tot aan die einde van die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902, was boere, en almal het hulle in die Aliwal-Noord- en omliggende distrikte soos Wodehouse (Dordrecht), Jamestown, Lady Grey, Maclear en Middelburg Kaap, waarnatoe hulle met verloop van tyd uitgewyk het, gevestig. Hierdie tak kan dus met reg die Aliwal-Noord Hennings genoem word.

Die geskiedenis van die Gert Frans tak is ten nouste ingeweef in die geskiedenis van die Noord-Oos Kaap en meer spesifiek Aliwal-Noord. Gert Frans se oudste seun, a2.b7.c1. Pieter Hendrik was die eerste Henning wat sy intrek in hierdie geweste geneem het. Hy vestig hom tussen die jare 1830 en 1833 in die Kramberge, Suid van Aliwal-Noord. Sy vader volg hom gedurende 1841. Hy gaan woon ook in die Kramberge en noem sy plaas Damfontein — 'n plaas wat vir meer as 100 jaar in Gert Frans se nasate se besit gebly het, en waar 'n groot hoeveelheid geskiedenis van die Aliwal-Noord Hennings vandag nog gevind kan word. 'n Foto van die tweede huis wat Gert Frans teen ongeveer 1850 op Damfontein gebou het, en wat tot ongeveer 1940 in gebruik was, word in die foto-album gevind.

Gedurende hierdie vroegste jare was hierdie geweste nog “woes en leeg”. Slegs enkele blanke gesinne het reeds in die Kramberge gewoon. Hoewel die Boesmans, wat groot gevare vir die blankes ingehou het, reeds verdryf was, het talle rowers — wit en swart — in die berge skuil gehou1. Selfs die swart stamme van die omgewing het hierdie gebied vermy. Die winters was baie koud; daar was baie min oppervlakte water, soos fonteine en lopende water; geen timmer- of brandhout nie2. Daar was ook nog baie wilde diere. Gert Frans het op 'n keer 'n luiperd ('n tier in daardie dae genoem) in die diep klowe op sy plaas vasgekeer en geskiet. Hierdie deel van sy plaas is later afgesny en Tierhoek genoem. Al hierdie gevare het die lewe vir die blankes baie onveilig gemaak. Daar was ook geen infrastruktuur — paaie, dorpe, skole, kerke — en hulle moes sonder enige geriewe vir hulle 'n lewe en toekoms uitkap.

Al Gert Frans se ander seuns het met verloop van tyd vir hulle plase in die omgewing van Aliwal-Noord bekom: a2.b7.c2. Marthinus Christoffel gaan woon op Driefontein — 'n buurplaas van Dam­fon­tein; a2.b7.c5. Gert Frans is die enigste uitsondering deurdat hy terug trek Cradock toe; a2.b7.c7. Philippus Arnoldus gaan woon op die plaas Waterval, op die pad na Lady Grey; a2.b7.c8. Olivier Johannes Gerhardus Cornelis bly aan op Damfontein en neem die boerdery mettertyd by sy vader oor; a2.b7.c13. Johannes Lodewyk gaan boer op 'n plaas in die omgewing van Sterkspruit.

Hierdie vroegste Aliwal-Noord Hennings was ware trekboere. Gert Frans en sy oudste seun, Pieter Hendrik, het geleidelik vanaf Cradock, die binneland ingetrek op soek na beter weiding vir hulle vee. Toe hulle die Kramberge bereik, het hulle hul daar gevestig en die res van hulle lewens daar gebly. Hulle het slegs 'n plaasgebonde bestaansekonomie bedryf en hulle nie veel aan al die bedrywighede op die dorp, wat teen 1849 tot stand gekom het, gesteur nie.

Omdat die meeste lede van die Gert Frans tak hulle redelik gou op een of ander plaas gevestig het, waar hulle dan hulle hele lewe lank gewoon het, het dit meegebring dat verskeie van hierdie Hennings redelike welvarende boere geword het — kyk veral na a2.b7.c1. Pieter Hendrik Henning en a2.b7.c8. Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning. Een of meer van die seuns het dan gewoonlik met verloop van tyd die boerdery by hulle vader oorgeneem. Droogtes, die onderverdeling van plase en/of swak bestuur, het met verloop van tyd al hierdie rykdomme wat versamel is, verteer.

Daar is ook in alle gevalle aanvaar dat al die seuns ook sou gaan boer. As gevolg hiervan het baie min van hierdie Hennings veel skoolopvoeding ontvang. Hulle het geen begeerte gehad om enigiets anders te doen as om te boer nie. Hulle liefde vir die grond en hulle vee het gemaak dat hulle aan geen ander beroep gedink het nie. Dit het meegebring dat geen lid van hierdie tak gedurende die negentiende eeu in die openbare lewe in die kollig gekom het nie.

Anders as die Boere van die Vrystaat, wat beslis nie onder die Britse juk wou staan nie, het baie van die inwoners van Aliwal-Noord (en ook enkele van die Aliwal-Noord Hennings) tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902 getrou aan die regering van die Kaapkolonie gebly. Die meerderheid van die Henning mans van die Gert Frans tak is egter tydens of net na die oorlog aan hoogverraad skuldig bevind, weens hulle simpatie met en die hulp wat hulle aan die Boeremagte tydens die oorlog verleen het. Dit is dus duidelik dat hulle lojaliteit teenoor hule mede-volksgenote in die Vrystaat, baie swaarder geweeg het as hulle verpligtinge teenoor die Brits-georiënteerde Kaapse regering. Hier word veral gedink aan a2.b7.c7. Philippus Arnoldus Hen­ning en drie van sy seuns, Jan Jacobus, Cornelis Hermanus en Philippus Arnoldus — die Waterval Hennings; dan was daar ook a2.b7.c2.d4. Johannes Benja­min Frans Henning en drie van sy seuns, Marthinus Chrstoffel, Jacobus Nicolaas en Johan­nes Benjamin Frans. 'n Vierde seun, Hans Jacob, het gedurende die oorlog by die slag van Labuscagnesnek in die Wodehouse distrik gesneuwel.

Soos die geval met al die ander Henning takke, asook alle ander Afrikaner families, het die meer­der­heid lede van die Gert Frans tak na die Anglo-Boere-oorlog begin wegtrek van hulle plase af, omdat hulle nie meer 'n bestaan kon maak nie. Die trek na die stede, en veral die Witwatersrand het momentum begin kry. Vandag vind ons baie meer van die Gert Frans tak Hennings op die Wit­waters­rand as in die Noord-Oos Kaap — die bakermat van hierdie mense.

Geslagsregister

> a2.b7. GERT FRANS (gedoop GERRIT FRANS) *April 1785, ≈ Tulbach 3-12-1786, †Water­val, Aliwal-Noord 18-10-1873,χ Graaff-Reinet 20-8-1809 DOROTHEA MARIA VORSTER, *1791, ≈ 25-12-1791, D/v Marthinus Christoffel Vorster *1741 en Hester Helena Lubbe; χχ Cradock 21-9-1828 GERBREG LEVIENA OLIVIER *Vreesfontein, Brak­rivier Wyk — vandag Middel­burg Kaap 26-2-1812, †Damfontein, Aliwal-Noord 3-1-1880, D/v Philippus Arnoldus Olivier *1764 en Hester Venter *1782, haar voorouers verder terug word hieronder verstrek. Foto 141 en 142

Gert Frans word gedurende April 1785, vermoedelik op die plaas Alleengelaten naby die teenswoordige Pearston, gebore. Met sy doop op 3-12-1786 in die kerk op Tulbach (Land van Waveren), word sy naam Gerrit Frans gespel. By die doop van een van sy kinders, is sy naam aangeteken as Gert Francois, terwyl sy naam aangedui word as Gerhardus Francois op die sterfkennis van sy seun Marthinus Christoffel. Verskillende algemene genealogiese werke gee sy naam aan as Gerrit Francois. Daar bestaan egter onteenseglike bewyse dat hyself en sy ouers te alle tye sy naam as Gert Frans geskryf het.

In die belastingopgawes (Opgaafrolle) van die jare 1802 - 1804 word vir die eerste keer van Gert Frans as 'n belastingpligtige melding gemaak. Hy was toe tussen 17 en 19 jaar oud. Hoewel hy nog ongetroud was en by sy ouers gewoon het, het hy op daardie stadium reeds die volgende besit: een ryperd, 16 aanteelbeeste, 50 skape en 86 bokke. Die opgawe is in die wyk Achter de Rhenosterberg opgeneem, wat daarop dui dat weiding op hulle plase in die Achter de Sneeuwberg wyk skraps was en hulle vir 'n tydlank na 'n ander plek moes uitwyk.

Teen 1809, die jaar toe hy die eerste keer in die huwelik getree het, het sy bates aangegroei tot drie ryperde, vyf aanteelperde, 28 beeste, 650 skape en 130 bokke. Hy en sy jong vroutjie woon by sy ouers op die plaas Elandskraal in die wyk Achter de Sneeuwberg.

Vyf jaar later, gedurende 1814, woon nog net Gert Frans en sy jongste broer, Daniel Stephanus, en hul eggenotes saam met hulle ouers op Elandskraal. Hoewel sy skaapgetalle tot 830 aangegroei het, het sy bokke na slegs 38 verminder. Die jare 1813, 1814 en 1815 was geweldige droë jare.

Gedurende 1818 was Gert Frans se pa ongeveer 78 jaar oud en het hy besluit om heeltemal op te hou boer. Hy het die plaas Elandskraal tussen sy seuns Gert Frans en Daniël Stephanus verdeel. Elkeen het dus nou sy eie plaas gehad en het op sy eie geboer. Gert Frans het nou ook gesaaides begin verbou. Gedurende 1819 het hy byvoorbeeld 2 mud tarwe (koring) en 1/2 mud gars gesaai en 41 mud tarwe en 11 mud gars ge-oes. Al sy vee getalle het ook drasties toegeneem — sekerlik toe te skryf aan sy pa se staking van sy boerdery.

1820 was nog 'n beter jaar vir gesaaides, want Gert Frans het in hierdie jaar weer 2 mud tarwe gesaai en bykans 57 mud ge-oes. Die droogte het nou egter begin toeslaan. Die 1821 oes was bykans 'n mislukking. Van die 2 mud tarwe wat gesaai is het hy slegs 7 mud ge-oes.

Die belastingopgawes van 1823, die jaar toe Pieter Hendrik Henning, die stamvader, oorlede is, dui aan dat Gert Frans steeds op Elandskraal boer en die volgende besit: Hottentot mans bo 16 jaar - 3; Hottentot vroue bo 14 jaar - 3; Hottentot dogters - 1; Ryperde - 3; Aanteelperde - 16; Trekosse - 16; Aanteelbeeste - 42; Skape - 1132; Bokke - 92.

Hy kon die voorafgaande twee jaar niks saai nie.

Twee jaar later, in 1825, vind ons dat Gert Frans en sy gesin ook uit Achter Sneeuwberg weggetrek het. Die dood van sy pa gedurende 1823, die groot droogte van 1820 tot 1823 en die trekbokke wat gedurende 1822 en 1823 deur die wyke aan die Noord-Oosgrens getrek het, moes hom skynbaar daartoe beweeg het. In 1825 het dit egter goed gereën. Die veld was pragtig en water volop. Ons vind dat Gert Frans, sy vrou Maria Dorothea Vorster en hul twee seuns en twee dogters op die plaas De Keur in die Brakrivier Veldkornetskap woon. De Keur lê ongeveer 43 kilometers Oos-Suid-Oos van Middelburg. Op die pad tussen Middelburg en Steynsburg draai mens regs by die Schoombee treinhalte. Brakrivier was gedurende daardie jare nog buite die Koloniale grense.

Gert Frans het op daardie stadium die volgende besit: Twee Hottentot mans, twee Hottentot vroue, een slavin, drie ryperde, 14 aanteel perde, 16 osse, 32 aanteel beeste, 1025 skape, 100 bokke en heelwat gesaaides.

Sy eggenote ontval hom gedurende 1827, skynbaar met of kort na die geboorte van hulle vyfde kind, Gert Frans. Daar word vermoed dat Gert Frans meer as vyf kinders by Maria Dorothea Vorster gehad het, omdat die ouderdomsverskil van nege jaar tussen hulle eerste en tweede kinders uitsonderlik groot vir daardie dae was. Vermoedelik is daar babas in hierdie tyd gebore wat baie vroeg oorlede is. Op 21-9-1828 tree hy op 43-jarige ouderdom weer in die huwelik met die jong sestienjarige nooientjie, Gerbreg Leviena Olivier. Sy was jonger as sy oudste seun, Pieter Hendrik. Pieter Hendrik, wat self kort tevore getrou het, het dus kinders gehad wat ouer as sy eie half broers en susters was.

Gerbreg Leviena Olivier is op Vreesfontein, 'n buurplaas van De Keur, gebore en het daar groot geword. Die Schoombee treinhalte, waarna hierbo verwys word, lê op die plaas Vreesfontein. Haar voorsate was die volgende: Haar ouers was Philippus Arnoldus Olivier * 1764 en Hester Venter * 1782; haar grootouers was Philip Arnold Olivier * 1731 en sy vrou Anna Catharina Putter * 1728 en Jan Venter * 1744 en sy vrou Johanna Catharina van der Walt * 1754

Gert Frans en sy huisgesin woon tot ongeveer 1837 op De Keur, toe hy, soos die trekboere van sy tyd, sy wa pak en in 'n Noord-Oostelike rigting dieper die binneland intrek. Dit was sekerlik weer toe te skryf aan die droogte wat tussen die jare 1834 tot 1838 geheers en die sprinkaantroppe wat by vier geleenthede gedurende hierdie jare deur hierdie gebied getrek het. Op die titelakte van hierdie plaas (in besit van Fred - en Rosemarie Jordaan, in 2014 die eienaar van De Keur) word aangedui dat hy die plaas nie verkoop het nie, maar een of ander tyd gedurende 1837/38 sommer net laat lê het.

Hy trek in 'n Noord-Oostelike rigting tot in die gebied Oos van die Sterrenbergspruit (vandag Stormberspruit), wat in daardie dae "niemandsland" en buite die grense van die Kolonie was. Hierdie is een van die mees onherbergsame dele van Suid-Afrika. Dit is bitterlik koud gedurende die winter. Die vyf heel laagste temperature wat ooit in Suid-Afrika gemeet is, is in hierdie geweste gemeet. Hier is geen oppervlakwater of brandhout nie en die gebied word gereeld deur uitmergelende droogtes geteister. Tot op daardie stadium kon slegs Boesmans hier in die Stormberge en Kramberge in grotte oorleef . Toe die Kaapse Goewerneur dit vir Mapassa (die groot moeilikheidmaker onder die swart stamme) aangebied het, wou nie eens hy dié gebied gehad het nie.

Ons tel Gert Frans en sy gesin se spoor op in 'n holkrans op die plaas Kraaifontein, in die distrik Burgersdorp (naby Witkop) waar onleesbare voorletters en die van "Henning", asook die datum 27 Julie 1837 uitgekrap is. Daar is ook rye strepies in groepies bymekaar om tydsverloop aan te dui. Die strepies dui op ongeveer drie jaar. Hierdie Henning gesin oorleef vir drie jaar in die mees onherbergsame deel van Suider-Afrika, onder 'n holkrans. Mens kan aanvaar dat hulle waens sekerlik so naby as moontlik aan die holkrans getrek is om ook as huisvesting gebruik te word.

Dit blyk of hierdie staanplek met sorg uitgekies is, want vanaf die holkrans het mens in alle rigtings bykans 'n onbeperkte uitsig vir baie kilometers, maar die staanplek kan nie gesien word voordat mens amper op dit is nie. Mens kan dus nie maklik onverhoeds deur enige aanvaller betrap word nie.

Gedurende hierdie drie jaar het Gert Frans sekerlik besef dat dit nie die plek vir hom en sy gesin was nie en het hy na 'n geskikte plek gesoek waar hy 'n plaas sou kon uitlê. So het hy teen 1841 ongeveer 20 -25 kilometers verder, Oos van die Sterrenberspruit 'n plaas begin uitlê, wat hy die naam Damfontein gegee het. Hier skrop hy 'n dam (wat sy plaas se naam sou dra) wat sou verseker dat hy nie weer deur droogtes verdryf sou word nie. Hierdie plaasdam funksioneer na meer as 170 jaar nog net so goed as toe dit gebou is. Gert Frans en sy nasate woon vir meer as 100 jaar op hierdie plaas, totdat dit in 1950 verkoop is. Hy en sy eggenote woon die res van hulle lewens op Damfontein, hoewel hy teen die einde van sy lewe, toe hy begin blind word het, tussen Damfontein, waar sy seun Olivier Johannes Gerhardus Cornelis (a2.b7.c8.) intussen die boerdery by hom oorgeneem het en die plaas Waterval (tussen Aliwal-Noord en Lady Grey) waar sy seun Philippus Arnoldus geboer het, beweeg het.

Hierdie bewegings tussen Damfontein en Waterval was heel komies. Volgens oorlewering het Gert Frans en sy eggenote wel by hulle seun Olivier gewoon, dog wanneer laasgenoemde dorp toe- of vir lang rukke weggegaan het , het Philippus Arnoldus sy vader kom "steel". Met Olivier se terugkeer, het hy dan weer sy vader op Waterval gaan "steel". Hierdie oor en weer "stelery" het op 'n dag in 1868 ontwikkel in 'n oor en weer skietery tussen die twee broers. 'n Brief wat Gert Frans se eggenote, Gerbreg Leviena, op 9 November 1868 in hierdie verband aan haar seun Olivier geskryf het, is vandag nog in besit van die skrywer - 'n agterkleinseun van gemelde Olivier.

Volgens oorlewering was Gert Frans se plaas, Damfontein, aanvanklik ongeveer 10 000 morge groot. Gedurende 1850 is groot dele van die plaas egter afgesny, om die plase Driefontein, Magdalena, Venus, Tierhoek te vorm. Damfontein was hierna slegs 3 800 morge groot. Die oorspronklike transportakte van die plaas, soos wat die grense gedurende 1850 getrek is, en wat op 20 Junie 1850 deur die Kaapse Goewerneur, Sir Henry George Wakelynn Smith uitgereik is, is tot vandag toe in besit van die skrywer.

Gert Frans was geseën met vyftien kinders - vyf by sy eerste vrou en tien by sy tweede vrou. Hy en sy tweede eggenote, Gerbreg Leviena, lê begrawe op die plaas Waterval. Ongelukkig is daar nie grafstene op die grafte nie, gevolglik kan dit nie meer opgespoor word nie.

> a2.b7.c1. PIETER HENDRIK *Achter de Sneeuwberg, Graaff-Reinet (Cradock) 16-1-1811, ≈Graaff-Reinet 3-2-1811, †Sterkfontein, Aliwal-Noord 4-9-1875, χCradock 7-4-1828 ELIZABETH CATHARINA HENNING (b1.c4.) *Cradock 23-4-1809, †Sterkfontein, Aliwal-Noord 8-9-1875

Pieter Hendrik is met sy eie niggie getroud. Kort na hulle troue gedurende 1828 het hulle reeds vanaf die Brakrivierwyk weggetrek, dieper die binneland in. Tussen die jare 1830 en 1833 vestig hulle hul in die Kramberge, Oos van die Sterrenbergspruit (latere Stormbergspruit) — die gebied wat op daar­die stadium niemandsland was — waar slegs enkele blanke trekboere reeds gewoon het. Hierdie gebied sou mettertyd deel van die Aliwal-Noord distrik word en is naby die teenswoordige Jamestown geleë. Hulle was die eerste Hennings in hierdie geweste en het op die plaas Sterkfontein gewoon. Hulle was besonder welvarende boere. Met Pieter Hendrik en sy vrou se dood — hulle is slegs vier dae na mekaar oorlede — het hulle 'n geweldige groot boedel nagelaat. Die oorspronklike afskrif van hulle laaste testament, wat gedurende 1874 opgestel is, is in skrywer se besit. 'n Artikel wat in “The Friend” van 21 Oktober 1875 verskyn het, word hier onder aangehaal:

“OVERLYDEN VAN EEN VERMOGEND AFRIKAANSCH ECHTPAAR. Onder dit hoofd leest men in de Frontier Guardian het volgende: De meeste inwoners van en reizingers in deze streken zullen welbekend zyn geweest met den heer Piet Henning, beter bekend by den naam van mooie Piet, wonende op Zuurpoort naby Modderpoort op de grenscheiding tusschen de distrikten Aliwal en Wodehouse. De oude heer is in de vorige week eenigzins plotseling overleden aan een aanval van beroerte, terwyl zyne vrouw een paar dagen later het leven heeft afgelegd. De vaste en losse goederen tot hun boedel behoorende zyn overgegaan in handen van eene talryke familie, die zich daardoor eensklaps vry wat verrykt vindt. In hun huis werd alleen aan kontanten (gouden souvereinen) een bedrag gevonden van £7,500, behalve eene menigte promessen en securiteitten, uitmakende verschei­dene duizenden ponden, door sommigen berekend op £20,000 door andere op £30,000. Onder deze kontanten was £1,200 uitsluitend toebehoorende aan Mej Henning, die dat geld byeenverzameld had door het verkoopen van zeep, vellen, enz., alsmede twee trommels (huis apotheeken) die verondersteld worden groote sommen gelds te bevatten, die men zegt vermist te zyn en die men vermoedt dat de oude dame voor haar overlyden zou hebben begraven. Onder gevonden goederen waren 56 span riemen, geen waarvan nog ooit gebruikt was en sommige waarvan door den heer Henning in de dagen zyner jeugd lang voor zyn huwelyk gemaakt en bereid waren. Geen van de familie durfde tydens het leven van den ouden heer een van die riemen aanraken, onverschillig hoe dringend hy die mocht noodig hebben.200 steenen zeep en tallooze koeken vet, zakken met okkernooten, rozynen en gedroogde vruchten werden mede gevonde, zynde de zeep en de vruchten gedurende de laaste 15 jaren door Jufv. Henning zelve opgezameld.”12

> a2.b7.c1.d1. DOROTHEA MARIA *23-10-1831, ≈Cradock 15-1-1832, †Hekpoort 13-3-1918, χ PAUL BESTER ENGELBRECHT *15-10-1833, †25-8-1922

Sy sterf tydens die groot Spaanse griepepidemie van 1918.

> a2.b7.c1.d2. JOHANNES GERHARDUS *Kramberge, Aliwal-Noord 29-4-1833 ≈Cradock 8-9-1833, †Modderpoort Aliwal-Noord 28-6-1914, χMARIA MAGDALENA DU PLESSIS *Albert 8-12-1835, †Vaalbank, Aliwal-Noord 27-7-1871, D/v Jacobus Francois Du Plessis en Maria Magdalena De Klerk; χχAliwal-Noord 25-3-1872 CATHARINA HELENA NAUDE *Colesberg Jun 1850, †Aliwal-Noord 7-11-1922, D/v Francois Alwyn Naude

Johannes Gerhardus is skynbaar op die plaas Braamfontein, bo in die Kramberge, Suid van Aliwal-Noord gebore. Hy boer egter mettertyd op die plaas Modderpoort, naby die grens tussen die Aliwal-Noord en Wodehouse distrikte, digby die latere Jamestown. Hy is hier begrawe.

> a2.b7.c1.d2.e1. MARIA MAGDALENA SUSANNA (χ) *Modderpoort, Aliwal-Noord 29-8-1856, ≈Burgersdorp 23-11-1856, † Trianon, Wepener 2-11-1889, χAliwal-Noord 6-7-1874 JACOBUS FRANCOIS VAN TONDER * 19-2-1855, † Wepener 20-10-1923, S/v Henning Willem Jacobus van Tonder en Martha Sophia Aletta Du Plessis

> a2.b7.c1.d2.e2. ELIZABETH CATHARINA (χ) *Dordrecht 26-11-1857. Jonk oorlede

> a2.b7.c1.d2.e3. ALIDA HENDRINA MARGARETHA (χ) *Jamestown 15-4-1861, ≈Aliwal-Noord 30-6-1861, †Rouxville 28-10-1906, χAliwal-Noord 26-11-1879 PETRUS NICOLAAS VAN PLETZEN; χχBarkly-Oos ANDRIES GUSTAVUS ERLANK

> a2.b7.c1.d2.e4. ELIZABETH CATHARINA (χ) *Aliwal-Noord 29-7-1862, χAliwal-Noord 30-11-1881 FREDERICK JACOBUS WEPENER

> a2.b7.c1.d2.e5. MARIA ALETTA SUSANNA (χ) *Aliwal-Noord 1865, χAliwal-Noord 1-2-1885 FREDERIK JACOBUS WEPENER

> a2.b7.c1.d2.e6. JOHANNA FRANCINA (χ) *28-10-1868, ≈Aliwal-Noord 13-12-1868, †Pietermaritzburg 4-1-1941, χAliwal-Noord JOHAN DANIËL RAUBENHEIMER (b1.c13.d2.e1. in die Raubenheimer-geslagsregister13) *Noordhoek 30-9-1869

> a2.b7.c1.d2.e7. PIETER HENDRIK (χ) ≈Aliwal-Noord 15-11-1871, †Aliwal-Noord 9-1-1872

> a2.b7.c1.d2.e8. FRANCOIS ALWYN (χχ) *Aliwal-Noord 8-3-1873, †Modderpoort, Jamestown 20-2-1950, χAliwal-Noord 6-6-1903 ALIDA HENDRINA MARGARETHA VENTER *Ventersrus, Rouxville 28-12-1885, D/v Daniël Frans Venter en sy vrou Martha Christina Schoeman, Foto 101 en 102

As burgers van die Kaap van Goeie Hoop, word Francois Alwyn en sy broer Johannes (e9.) op 15-5-1902 deur 'n spesiale kommissie wat deur die Kaapse Regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Hulle skuldigbevinding spruit voort uit hul simpatie en hulpverlening aan die Boere­magte van de Vrystaatse Republiek tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902. Hulle vonnis was dat hulle vir 'n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word, of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. In hoofstuk 13 word alle Hennings wat so gevonnis is, gelys. Hy is op die plaas Modderpoort, distrik Jamestown begrawe.

Sy eggenote, Alida, is gedurende 1929 verkies tot die eerste voorsitter van die Vrouetak van die Nasio­nale Party wat te Jamestown gestig is. Sy het die Nasionale Party ook as afgevaardigde na Kongresse verteenwoordig. Die egpaar het net een seun, Frans Johannes, gehad14.

> a2.b7.c1.d2.e8.f1. FRANS JOHANNES *Jamestown 6-11-1904, †Jamestown 1976, χCATHRINA MARIA MAGDALENA POTGIETER *22-3-1900, †Aliwal-Noord 28-7-1986, Foto 104

> a2.b7.c1.d2.e8.f1.g1. FRANCOIS GERHARDUS *Modderpoort, Jamestown 5-12-1925, †Aliwal-Noord 10-10-1980, χTHELMA HOWARD ÷; χχDordrecht 31-8-1963 ELIZABETH JOHANNA WILHELMINA CATHARINA GROBLER

> a2.b7.c1.d2.e8.f1.g1.h1. CORNELIA MARIA (χχ) *Aliwal-Noord 3-8-1964

> a2.b7.c1.d2.e8.f1.g1.h2. FRANS JOHANNES (χχ) *Aliwal-Noord 11-4-1966

> a2.b7.c1.d2.e8.f1.g1.h3. CATHARINA JOHANNA (χχ) *Aliwal-Noord 5-3-1968

> a2.b7.c1.d2.e9. JOHANNES GERHARDUS (χχ) *Modderpoort, Jamestown 28-1-1875, ≈Aliwal-Noord 14-4-1875, †Vrede 16-6-1940, χAliwal-Noord ALIDA MARGRIETHA VILJOEN *Swellendam 22-10-1874, †Jamestown 5-5-1934 (b4.c2.d5.e1.f6.g5.h2. in die Viljoen geslags­regis­ter15) D/v Hendrik Christoffel Viljoen en Maria Eliza­beth van Eeden, Foto 103

Al hulle kinders word op die plaas Modderpoort, distrik Jamestown gebore, waar hulle 'n tyd lank geboer het. As burgers van die Kaap van Goeie Hoop, word hy en sy broer Francois (e8.) op 15-5-1902 deur 'n spesiale kommissie wat deur die Kaapse Regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Hulle skuldigbevinding spruit voort uit hul simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte van die Vrystaatse Republiek tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902. Hulle vonnis was dat hulle vir 'n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. In hoofstuk 13 word alle Hennings wat so gevonnis is, gelys.

> a2.b7.c1.d2.e9.f1. MARIA ELIZABETH *Modderpoort, Jamestown 30-5-1897, ≈25-7-1897, χJULIUS LOUS BRAACK

> a2.b7.c1.d2.e9.f2. JOHANNES *Modderpoort, Jamestown 30-9-1898, χSUSANNA CAROLINA DE KLERK *Steynsburg 23-7-1896

> a2.b7.c1.d2.e9.f2.g1. DE KLERK *Steynsburg 8-1-1929, χHertzogville 29-8-1959 MARIA DOROTHEA MARGA RETHA NIEUWOUDT *Christiana 6-1-1939, ÷

> a2.b7.c1.d2.e9.f2.g1.h1. CEDRIC JOHANNES *Frankfort 19-10-1966, χ Bethlehem 1-8-1992 CAROL-ANN ELISE SCHOLTZ *Bethlehem 14-10-1967, D/v Theodorus Lambertus Scholtz en Irma Strashoon

> a2.b7.c1.d2.e9.f2.g1.h1.i1. RUAN KLERK *Pretoria 1-1-1993

> a2.b7.c1.d2.e9.f2.g1.h1.i2. HEINRICH THEO *Pretoria 6-11-1997

> a2.b7.c1.d2.e9.f2.g2.h2. ANISCA *Frankfort 26-4-1968, χ California, VSA 19-8-2000 DAVID O'CONNEL

> a2.b7.c1.d2.e9.f3. HENDRIK *Modderpoort, Jamestown 2-2-1901, †Rawsonville 1987, χQueenstown 9-4-1935 WILHELMINA PETRONELLA HUMAN *Paterson 30-3-1901, †Rawsonville 6-7-1983

> a2.b7.c1.d2.e9.f3.g1. ALDA ESTELLE *Dordrecht 31-8-1936, χMosselbaai 11-1-1961 JAN BETASDA SMIT *Carnarvon 22-9-1936

> a2.b7.c1.d2.e9.f3.g2. WILMA ANTOINETTE *Carnarvon 2-8-1943, χJOHANNES HENDRIK VAN DER WALT *Port Elizabeth 17-3-1944

> a2.b7.c1.d2.e9.f4. CATHARINA HELENA χERNST LOURENS WEPENER

> a2.b7.c1.d2.e9.f5. ALIDA MARGRIETHA χR JOOSTE

> a2.b7.c1.d2.e9.f6. BARBARA MARYNA *Jamestown 7-5-1913, χBENJAMIN DE KLERK

> a2.b7.c1.d2.e10. CATHARINA HELENA (χχ) *Modderpoort, Jamestown 10-7-1877, ≈Aliwal-Noord 24-8-1877, Ongetroud oorlede

> a2.b7.c1.d2.e11. MAGDALENA CATHARINA (χχ) *Modderpoort, Jamestown 25-7-1879, ≈Aliwal-Noord 3-9-1879, χROBERT CHARLES ORR

> a2.b7.c1.d2.e12. SUSANNA JOHANNA (χχ) *Modderpoort, Jamestown 15-7-1886, ≈Aliwal-Noord 5-9-1886, χSYDNEY HUMPHREY

> a2.b7.c1.d2.e13. MARIA DOROTHEA (χχ) *Modderpoort, Jamestown 20-10-1892, ≈Aliwal-Noord 18-12-1892, χHORRIS HILL

> a2.b7.c1.d3. GERT HENDRIK FRANTZ *Kramberge, Aliwal-Noord 25-1-1838, ≈ Cradock 15-5-1838, †Patrysheuwel, Aliwal-Noord 14-7-1890,χ LUCASSINA SUSARA MEYER *Jan 1840, †Patrysheuwel, Aliwal-Noord 10-6-1888, D/v Lucas Cornelius Meyer en Anna Johanna Jacoba Smit; χχ HESTER JOHANNA CATHARINA KRUGER *18-4-1857, †Patrysheuwel, Aliwal-Noord 16-5-1939, D/v Hendrik Lodewyk Kruger en Hester Johanna Catharina van Heerden

Hy was 'n redelik welgestelde boer. Met sy dood het hy onder andere die volgende in sy boedel nagelaat: Die plase Patrysheuwel, Grootkraal en Klipfontein, 'n huis te Dordrecht en 2 400 skape.

> a2.b7.c1.d3.e1. PIETER HENDRIK ADRIAAN (χ) *Dordrecht 7-10-1859/60, †Dordrecht Okt 1947, χCHRISTINA ELIZABETH HELENA BEKKER *2-12-1865, D/v Marthinus Johannes Bekker en Cecilia Johanna Strydom, †Dordrecht Des 1946, Foto D097

> a2.b7.c1.d3.e1.f1. GERT HENDRIK FRANS *Aliwal-Noord 17-1-1888, ≈4-3-1888, †La France, Dordrecht 4-5-1960, χDordrecht 30-5-1921 MARIA FRANCINA CICILIA VAN DER WALT *Dordrecht 1-10-1900, †Dordrecht 20-11-1968, D/v Jan Harm Steenkamp van der Walt *1859 en Maria Elizabeth van Heerden, Foto's D098, D145 en D147

Hy boer op die plaas La France in die Dordrecht distrik.

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1. PIETER HENDRIK ADRIAAN *Dordrecht 27-10-1922, †Pretoria 6-7-1962, χDordrecht 30-3-1948 ELIZABETH LOUISA VAN ZYL BROOKS *13-8-1920, †22-2-2014, D/v Joseph William Brooks *1867 en Elizabeth Louisa van Zyl *29-6-1887, Foto's D100, D121 , D144 , D146 en D147

Pieter het die plaasskool Brakpan in die Dordrecht distrik bygewoon. Agt van die twaalf kinders in hierdie skooltjie was kleinkinders van Pieter se oupa — ook Pieter Hendrik Adriaan Henning *7-10-1859. Hierdie skool was nie ver van sy ouers se plaas, La France geleë nie, daar sy neefs en niggies Botha en Boucher, asook sy suster Marie Henning hierdie skool bygewoon het.

In 1936 gaan hy na die Dordrechtse Hoërskool. Hy matrikuleer in 1940 en begin sy opleiding in die destydse Suid Afrikaanse Polisie Kollege te Pretoria-Wes in 1941.

Na basiese opleiding word hy by die Berede Afdeling van die SAP ingedeel. Die Berede Afdeling het tydens Staatsparades, soos die Parlementsopening, saam met Weermag komponente opgetree.

Ons tel sy spoor weer in 1946 op , toe hy na Port Noloth verplaas is. Hier ry hy kamele op patrollies in die diamant Spergebied. Hy ontmoet sy toekomstige vrou, Elizabeth Brooks hier in Port Noloth. Sy was 'n onderwyseres. Hulle trou egter gedurende 1948 te Dordrecht.

Pieter en Elizabeth vestig hulle te Sunnyside, Pretoria toe hy oorgeplaas word na die Suid Afrikaanse Kriminele Buro, Pretoria waar hy opgelei is as vuurwapendeskundige. Daardie jare was daar net twee van hulle wat die ballistiese eenheid beman het. Hy en ene Cromhout.

Pieter het hom onderskei as 'n uiters bekwame wetenskaplike. Die twee van hulle het destyds die hele Unie van Suid-Afrika, Suidwes Afrika en die Britse Protektorate bedien. Vanweë die sensitiwiteit van die sake en sy beroepsetiek is die detail van hierdie sake nooit aan huis bespreek nie.

'n Saak in die Hooggeregshof Bloemfontein dien as voorbeeld. Die advokaat vir die verdediging het Pieter vir ongeveer twee ure onder kruisverhoor geneem. Pieter het uit verskillende gesaghebbende boeke aangehaal, met spesifieke verwysing na naam, outeur, bladsy, paragraaf, ens en dan die hele toepaslike gedeelte verbatum weergee. Dit het die Regter so beindruk dat hy spesiale erkennig aan Pieter gegee het. Selfs die FBI het hom op 'n keer skriftelik bedank vir sy insette in 'n saak wat hulle hanteer het.

Drie prominente sake waarin hy betrokke was, is:

1. Duncan Donald Moodie: Het sy vrou gedurende 1961 geskiet. Hy is skynbaar die enigste Suid-Afrikaner wat twee keer vir dieselfde misdaad verhoor is.

2. Marthinus Rossouw. Hy vermoor Baron Dieter Von Schauroth, Maart 1961.

3. David Pratt. Aanslag op Dr Verwoerd se lewe. Hy het nooit in die hof verskyn vir hierdie aanslag op Dr Verwoerd se lewe nie omdat hy in 'n psigiatriese hospitaal opgeneem is. Pieter het al die forensiese balistiese toetse gedoen ter voorbereiding van die Staat se saak.

Kollegas van Pieter het hom onthou vir sy uitstekende geheue vir detail, sy besondere netjiese handskrif en nougesetheid in die uitvoering van sy werk. Hy was ook pynlik netjies. Pieter het ook ander mooi eienskappe gehad: Hy het baie mooi en kunstig geskilder en gehou van klassieke musiek. Hy was 'n kranige tennisspeler.

Hy was maar net nege-en dertig jaar oud toe hy gesterf het en is met volle militêre eerbewys begrawe.

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h1. EUGENE *Pretoria 17-12-1948, χPretoria 1-1-1972 ANNA FREDERIKA ADENDORFF *Johannesburg 29-12-1947, D/v Frederik Benjamin Adendorff en Anna Wilhelmina Dorothea van Rooyen

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h1.i1. EUGENE *Pretoria 17-1-1975, χKAREN VAN LOGGERENBERG, χχANTOINETTE ELIZABETH HOLTZHAUSEN *13-12-1974

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h1.i1.j1. DEHAN EUGENE *23-2-2004

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h1.i1.j2. EWALD *6-7-2007

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h1.i2. ANTOINETTE *Pretoria 2-10-1978, ongetroud

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h2. ANDRÉ *Pretoria 24-9-1952, χMorgenzon 19-4-1975 ANNA SUSANNA CATHARINA HARMSE *12-11-1951, Foto D121

Tot en met sy vader se afsterwe gedurende 1962 woon hulle te Lyttelton, Verwoerdburg. Hulle verhuis na Standerton, waar hy matrikuleer. Aan die begin van 1971 begin hy met sy studies by die Normaalkollege, Pretoria. Hy verdien sy sakgeld deur troufoto’s te neem en te ontwikkel. Nadat hy sy onderwysdiploma verwerf het, begin hy in 1975 skoolhou by die Laerskool Fleur, Lyttelton. Die­selfde jaar trou hy en die verpleegster Ann Harmse. Hy verlaat die diens van die TOD en begin by die Oos-Transvaalse Koöperasie te Bethal werk. Op 1 April 1986 begin hy weer skoolhou by die Veldskool, Amsterdam, waar hy sy liefde vir die natuur uitleef.

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h2.i1 HEINO *Bethal 27-5-1976, Foto D121

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h2.i2. SURETTE *Bethal 1-3-1979, χBethal 2000 KEVIN BRUCE O’ BRIEN

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h2.i3. DRIAN *Bethal 19-9-1984, χPretoria 20-3-2015 MARITSA ERASMUS *Pretoria 17-9-1991, Foto D121, D122

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h2.i3.j1. MIRKE *Pretoria 29-6-2016

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g2. MARIA ELIZABETH *8-6-1925, χANDRIES PETRUS BURGER, *10-1-1917, †30-12-1985, Foto D100

> a2.b7.c1.d3.e1.f1.g3. CHRISTINA HELENA *31-5-1931, χALBERTUS PETRUS HANEKOM

> a2.b7.c1.d3.e1.f2. LUCASSINA SUSARA MEYER *Jamestown 3-11-1893, ≈Jamestown 28-1-1894, †Dordrecht 2-1-1960, χSIMON PETRUS BOTHA, Foto D100

> a2.b7.c1.d3.e1.f3. CHRISTINA ELIZABETH HELENA *Jamestown 1-4-1898, ≈Dordrecht 13-4-1898, †Komga 27-7-1959, χDANIEL BOUCHER (S/v Aaron Boucher en Ann Dandeleen van Eck), Foto,s D099, D100

Hulle boer op die plaas Sunkist in die Dordrecht distrik.

> a2.b7.c1.d3.e2. ANNA JOHANNA JACOBA (χ) * Patrysheuwel, Aliwal-Noord 1862, † Stormfontein, Wodehouse 11-9-1893, χDordrecht 11-11-1883 STEPHANUS PETRUS JOHANNES STRYDOM * 25-9-1856, † Stormfontein, Wodehouse

> a2.b7.c1.d3.e3. ELIZABETH CATHARINA (χ) *1864, χDordrecht 7-6-1886 WILLEM CHRISTOFFEL DEMPSEY *1866

Elizabeth Catharina en haar man het skynbaar 18 kinders gehad, waarvan die meeste gedurende die 1918 griepepidemie gesterf het. Nege kinders het skynbaar groot geword. Sy is begrawe op die plaas Bitterplaat, distrik Dordrecht.

> a2.b7.c1.d3.e4. MARTHA MARIA (χ) *15-3-1866, ≈Aliwal-Noord 30-5-1866, χJOHANNES JACOBUS HENDRIK WAGENAAR

> a2.b7.c1.d3.e5. LUCAS CORNELIUS (χ) gedoop LUIKES CORNELIS *1-5-1868, ≈Aliwal-Noord 21-7-1868, †Dordrecht 14-1-1948, χMARIA MAGDALENA SCHOEMAN *1-5-1871, †Dordrecht 2-10-1957, Foto 105

Hy en sy vrou is in die munisipale begraafplaas, Dordrecht begrawe.

> a2.b7.c1.d3.e5.f1. GERT HENDRIK FRANS *30-12-1890, ≈Dordrecht 8-2-1891, †Dordrecht 17-1-1960, χANNA DOROTHEA DEMPSEY *13-12-1905, †16-8-1979, Foto 107 en 108

Gert was jare lank 'n vooruitstrewende boer in die Wodehouse (Dordrecht) distrik, waar hy die plaas Bamboeshoek besit het. Al sy kinders word hier gebore. Hy was lid van die skoolraad op Dordrecht en direkteur van die Dordrechtse Koöperasie.

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g1. MARIA MAGDALENA *Dordrecht 13-11-1925, χDordrecht 24-6-1950 JACOB VAN WYK *Barkly-Oos 9-7-1926, †Pretoria 11-5-1978, Foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g2. ANNA DOROTHEA *Dordrecht 2-10-1927, χRICHARD HENRY ROSSOUW *16-11-1920, S/v Richard Henry Rossouw *8-1-1884 en Anna Susanna Schoeman *25-7-1892, Foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g3. LUCAS CORNELIUS *Dordrecht 2-2-1930, χPretoria 3-10-1970 CHRISTINA WILHELMINA VAN HEERDEN *Windhoek 3-4-1947, D/v Hermias Hendrik Van Heerden *18-5-1916 en Helena Maria Louw *6-1-1921, Foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g3.h1. GERHARD FRANCOIS *Dordrecht 5-1-1972

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g3.h2. MAARTEN CORNELIUS *Dordrecht 14-7-1975

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4. ANDRIES JOHANNES *Dordrecht, †13-10-1974, χANDRIENA FRANCINA ERASMUS *Cradock 22-11-?, Foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h1. RINTHEA DOROTHEA * 27-7-1954, χ WILLEM FREDERICK VAN DER VYVER.

Hulle het drie kinders

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h2. ANNE-MARIE * 13-6-1956, χ MICHAEL BISHOP.

Hulle het drie kinders.

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h3. GERT HENDRIK FRANS *Aliwal-Noord 9-11-1958, χLEE-ANN ISLENFELDT (sy het onder haar aangenome van, NIDDRIE grootgeword), χχCHRISTA DE JAGER *31-10-1964, Foto D108

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h3.i1. GERT ROBERT ANDRIES (χ) *Bloemfontein 3-7-1980, χKroonstad 6-11-2004 LIEZEL RAUTENBACH *Kroonstad 8-2-1982, D/v Hendrik Bartholomeus Rautenbach en Dinel Ludick, Foto D108

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h3.i1.j1. ZAYLIE *Bloemfontein 4-2-2010, Foto D108

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h3.i1.j2. ANDREW HENDRIK GERT *Bloemfontein 10-10-2012, Foto D108

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h3.i2. TAMARYN LEE (χ) *Kuruman 16-4-1982, χBloemfontein 29-11-2008 ANDRÈ VILJOEN SWANEPOEL *Koster 10-12-1983, S/v André Viljoen Swanepoel en Petronella Botha, Foto D108

Hulle het 'n seuntjie, Jonathan Viljoen Swanepoel *9-10-2012

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h3.i3. DWAYNE (χ) *Trichardt 30-8-1988, Foto D108

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h4. FRANCOIS STEFANUS * Oos-Londen 24-1-1964, χ SANDRA (van onbekend)

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h4.i1. NATASHA

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g4.h4.i2. CLARRISA

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g5. SUSANNA CATHARINA MARTINA *Dordrecht 12-3-1936, χTALJAARD, foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g6. HESTER EEUFESIA *Dordrecht 8-10-1938, χDordrecht 26-5-1965 WILLEM JACOBUS KEMP *Graaff-Reinet 18-6-1938, S/v Philippus Cornelius Kemp *26-6-1908 en Roelfina Petronella Serfontein *1-7-1913, Foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g7. PIETER WILLEM *Dordrecht 14-8-1941, χSteynsrus 2-5-1970 ELIZABETH CATHARINA GERMISHUIZEN *Kroonstad 24-1-1952, Foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g7.h1. GERT HENDRIK FRANS *Burgersdorp 6-5-1971, χBethlehem 27-9-1990 MAGRIETHA JOHANNA VENTER *Ficksburg 8-5-1968, D/v Daniel Johannes Venter *23-10-1923 en Pieter Hendrik Smith *12-8-1929, Foto's D170 en D171

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g7.h1.i1. CLARISSA *Bethlehem 4-10-2005 Foto D171

Clarissa is die dogter van Cheryl-Leen Crous *23-9-1989, die dogter van Magrietha Johanna Venter en haar eerste man, Crous. Gert Hendrik Frans Henning en sy vrou Magrietha het haar as hul dogter aangeneem. Gert is bestuurder by 'n firma in Bethlehem wat lamdbou chemikalië verkoop.

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g7.h2. COENRAAD LOURENS *Vereeniging 9-7-1972, ongetroud, Foto D170

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g7.h3. MARISSA *Aliwal-Noord 24-9-1975

> b1.c1.d3.e5.f1.g8. LUCASINA SUSARA *Dordrecht 18-5-1944, χBarkly-Oos GERT STEPHANUS NEL *Indwe 13-10-1941, Foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g9. CASPER JOHANNES SCHOEMAN *Dordrecht 31-10-1945, χHarrismith 1-12-1979 HESTER ANITA VAN WYK * Grahamstown 8-10-1956, Foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g9.h1. ISOLDE *Bloemfontein 25-6-1981

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g9.h2. HEINRICH CARL *Bloemfontein 15-1-1983

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g10. GERT FRANS DEMPSEY *Dordrecht 25-11-1946, χDealesville 24-3-1973 SALOMINA CATHERINA KOTZE *Petrusburg 9-5-1947, Foto 107

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g10.h1. ELANA *Bloemfontein 4-4-1976

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g10.h2. JOHANNES MATHEUS KOTZE *Bloemfontein 4-10-1979, χPetrusburg MARISA CROUS *Kaapstad 17-11-1978

> a2.b7.c1.d3.e5.f1.g10.h3. GERNÉ *Bloemfontein 7-9-1983

> a2.b7.c1.d3.e5.f2. CASPARUS JOHANNES SCHOEMAN *28-11-1892, ≈Dordrecht 20-2-1893, †Oorlede toe hy ongeveer 20 jaar oud was

> a2.b7.c1.d3.e5.f3. SUSANNA CATHERINA MARTHINA *17-11-1894, ≈Dordrecht 3-2-1895, χANDRIES GREYLING, Foto 106

> a2.b7.c1.d3.e5.f4. LUCASSINA SUSARA *13-3-1897, ≈Dordrecht 6-6-1897, †Dordrecht 2-8-1971, Foto 106

Sy is op 17 jarige ouderdom vir die eerste keer ge­kies as sekretaresse van die Nasionale Party tak Bam­boeshoek te Dordrecht — 'n pos wat sy vir 57 jaar lank beklee het. Daarbenewens was sy ook 28 jaar lank lid van die hoofraad van die NP. Die Jeug­tak van die NP op Dordrecht het sy met besondere ywer en welslae aan die gang gehou. Sy was ook 28 jaar lank Sondagskoolonderwyseres. Dr LAPA Mun­­nik en mnr J J Loots, beide Ministers, het haar begrafnis bygewoon.

> a2.b7.c1.d3.e6. GERT HENDRIK FRANZ (χ) gedoop HENDRIK FRANS *Aliwal-Noord 15-2-1870, χAliwal-Noord GERTRUIDA JACOBA ELIZABETH BOTHA *1873, †Jagersfontein 5-6-1925

Hy boer op die plaas Roodewal, distrik Wodehouse (Dordrecht). Op 8 Mei 1901 word hy aan Hoogverraad skuldig bevind en tot ses maande tronkstraf gevonnis weens sy simpatie met en hulpverlening aan die Boeremagte tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902. Hy is ook permanent gediskwalifiseer om vir enige openbare amp verkies te word, of in enige verkiesing te stem nie. In hoofstuk 13 word alle Kaapse Hennings wat tydens of na die Anglo-Boere-oorlog van hoogverraad aangekla is, gelys.

> a2.b7.c1.d3.e6.f1. ZACHARIA GERTRUIDA *5-4-1892, ≈Dordrecht 5-6-1892, χDANIËL JOSIAH HOFFMAN SPIES

> a2.b7.c1.d3.e6.f2. LUKASINA SUSARA *25-2-1894, ≈Dordrecht 29-4-1894

> a2.b7.c1.d3.e6.f3. GERT HENDRIK FRANS *19-6-1895, ≈Dordrecht 1-9-1895, †Springs 25-8-1950, χSprings ALETTA PETRONELLA VERMEULEN * 28-1-1896, † Springs 10-11-1963, D/v Abel Jacobus Vermeulen * 11-10-1862 en Maria Susanna Pienaar * 28-5-1868

Hy was 'n verkeersbeampte te Springs.Hy en sy suster, Gertruida Jacoba Elizabeth (f4) is met 'n broer en suster Vermeulen getroud

> a2.b7.c1.d3.e6.f3.g1.MARIA SUSANNA *27-1-1917, ≈Trompsburg 4-3-1917

> a2.b7.c1.d3.e6.f3.g2. GERT HENDRIK FRANS *Trompsburg 25-3-1918, †Springs 15-6-1948, χSprings JACOMINA MAGRIETA VAN VUUREN

Hy was 'n taxibestuurder te Springs.

> a2.b7.c1.d3.e6.f3.g2.h1 ALETTA ELIZABETH *30-7-1942

> a2.b7.c1.d3.e6.f3.g2.h2. ALETTA PETRONELLA *19-9-1944

> a2.b7.c1.d3.e6.f3.g2.h3. EUNICE *6-8-1947

> a2.b7.c1.d3.e6.f3.g3. GERTRUIDA JACOBA ELIZABETH *2-4-1920, ≈Trompsburg 2-5-1920, χHENRY GEORGE COLEMAN

> a2.b7.c1.d3.e6.f3.g4. ALETTA PETRONELLA χCOSTAS CONSTANTINIDES

> a2.b7.c1.d3.e6.f4. GERTRUIDA JACOBA ELIZABETH *15-11-1896, ≈Dordrecht 31-1-1897, χEdenburg 4-7-1916 PETRUS JAN HENDRIK VERMEULEN * 25-10-1891, † 13-5-1937, S/v Abel Jacobus Vermeulen * 11-10-1862 en Maria Susanna Pienaar * 28-5-1868

Sy en haar broer, Gert Hendrik Frans (f3) is met 'n broer en suster Vermeulen getroud

> a2.b7.c1.d3.e6.f5. ANNA JOHANNA χWILLEM CAREL DE SWART

> a2.b7.c1.d3.e6.f6. DOROTHEA MARIA χHENDRIK BERNARDUS KRUGER

> a2.b7.c1.d3.e6.f7. REGINA CATHARINA

> a2.b7.c1.d3.e6.f8. MARTHA MARIA

> a2.b7.c1.d3.e7. DOROTHEA MARIA (χ) *Aliwal-Noord 11-3-1872,≈Dordrecht 13-2-1890 EDMUND ZACHARIAS JOHANNES DE BEER STRYDOM * 1-11-1868, † Roodewal, Barkley-Oos 14-4-1915. χχDANIËL FRANCOIS ELLIS

> a2.b7.c1.d3.e8. SUSANNA CORNELIA MARGRIETA (χ) *Dordrecht 29-4-1874, χFREDERIK JACOBUS VAN HEERDEN

> a2.b7.c1.d3.e9. PETRONELLA MARGARITHA (χ) *29-11-1876, ≈Aliwal-Noord 24-1-1877, †Jonk oorlede

> a2.b7.c1.d3.e10. LUCASSINA SUSARA (χ) *19-7-1879, ≈Aliwal-Noord 4-11-1879

> a2.b7.c1.d3.e11. JANETTA WILHELMINA ELIZABETH (χ) *17-2-1881, ≈Dordrecht 1-5-1881

> a2.b7.c1.d3.e12. JAN ANTONIE MEYER (χ) *12-2-1883, ≈Aliwal-Noord 25-3-1883

> a2.b7.c1.d4. MARTHA MAGDALENA CATHARINA *18-6-1836, ≈Cradock 23-10-1836, Skynbaar jonk oorlede

> a2.b7.c1.d5. MARTHA MAGDALENA CATHARINA *7-12-1840, ≈Colesberg 20-1-1841, χAliwal-Noord 22-4-1861 NICOLAAS JOHANNES STEYN *27-7-1843, S/v Hermanus Johannes Steyn * 11-12-1819 en Magdalena Sophia Maria Swanepoel * 21-6-1822

Haar man, Nicolaas Steyn se suster, Heiltjie Johanna Steyn is ook met 'n Henning jongman getroud, nl b1.c3.d7. Daniël Stephanus Albertus Henning

> a2.b7.c1.d6. PIETER HENDRIK GIDEON DAVID *1-3-1842, ≈Cradock 26-3-1843, †Aliwal-Noord 25-8-1920, Ongetroud

> a2.b7.c1.d7. STEPHANUS PETRUS *Braamfontein, Aliwal-Noord 9-12-1843, ≈Over de Grenzen 25-12-1844, †Sterkfontein, Aliwal-Noord 22-3-1905,χ Burgersdorp 22-10-1866 CECILIA CATHARINA JOHANNA MOLLER *Jul 1849, †Meerwater, Aliwal-Noord 6-5-1919

Hy besit die plaas Sterkfontein. Die egpaar het net een dogter gehad.

> a2.b7.c1.d7.e1. ELIZABETH CATHARINA *Aliwal-Noord 17-8-1869, χAliwal-Noord 3-2-1885 PIETER GERHARDUS BOTHMA

> a2.b7.c1.d8. CATHARINA JOHANNA SUSANNAH *12-10-1846, ≈Cradock 17-1-1847, χAliwal-Noord 14-11-1864 BAREND JOHANNES CHRISTOFFEL GREYLING *1845

> a2.b7.c1.d9. CAROLINA LASYA (gedoop CORNELIA LASYA) *3-9-1847, ≈Burgersdorp 17-1-1848, †Jamestown 27-11-1933, χDordrecht 18-6-1866 JAN HARM STRYDOM * Klipfontein, Aliwal-Noord 1841, † Jamestown 25-3-1916, S/v Adriaan Johannes Strydom * 1814 en Johanna Hermina Jacoba Steenkamp * 1820

> a2.b7.c1.d10. PAULUS PETRUS (gedoop PETRUS PAULUS) *4-2-1850,≈Burgersdorp 9-6-1850, †Dor­drecht 27-7-1920, χLady Grey 8-4-1872 MAG­GIE ANNA SUSANNA SMIT *8-3-1854, †Sterk­fontein, Aliwal-Noord 23-8-1875, D/v Ja­co­bus Johannes Cornelius Smit en Agatha Petro­nella Johanna Grobbelaar; χχ Dordrecht HESTER JOHANNA HENNING (b6.c1.d5.e5.) *April 1859, †Sterkfontein 21-6-1940, Foto 109 en 112

Sy eerste eggenote sterf kort na die geboorte van hulle tweede kind. Hy tree kort hierna weer in die huwelik.

> a2.b7.c1.d10.e1. AGATHA PETRONELL JOHANNA (χ) *4-5-1873, ≈Lady Grey 18-5-1873, χNEL

> a2.b7.c1.d10.e2. MACHEL ANNA SUSANNA CATHARINA (χ) *16-8-1875, ≈Lady Grey 10-10-1875, χANDRIES STEPHANUS NEL

> a2.b7.c1.d10.e3. PIETER HENDRIK (χχ) *Sterkstroom 28-1-1877, †Oos-Londen 13-11-1941, χSterkstroom 20-12-1897 ELIZABETH JACOMINA HATTINGH *Tarkastad 4-9-1875, †Oos-Londen 12-4-1939, D/v Jacobus Hattingh en sy vrou Anna Sopha, Foto 110

> a2.b7.c1.d10.e3.f1. PAULUS PETRUS *Doringboom, Sterkstroom 28-1-1899, †Pretoria 28-6-1963, χ12-1-1925 ANNA MARIA VAN WYK, *22-3-1903, † Pretoria 2-4-1987, D/v Nicolaas Hendrik Salomon van Wyk en Helena Claudina Coetzer, Foto 111, 114 en 115

Hy was die eerste opsigter/superintendent by die Voortrekkermonument, Pretoria vanaf die inwyding van die monument gedurende 1949 tot 1956 en het as toergids deur die monument opgetree.

> a2.b7.c1.d10.e3.f1.g1. HELENA CLAUDINA *14-12-1925, χDENHAM, Foto 115

> a2.b7.c1.d10.e3.f1.g2. ELIZABETH JACOMINA *22-12-1929, χMcCOOK, Foto 115

> a2.b7.c1.d10.e3.f1.g3. ANNA MARIA *12-7-1939, Ongetroud, Foto 114 en 115

> a2.b7.c1.d10.e3.f2. JOHANNES JACOBUS *Sterkstroom 6-2-1902, †Oos-Londen 25-2-1964, χ27-6-1926 CHRISTINA MAGDALENA JOOSTE, Foto 111 en 113, D026

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g1. PIETER HENDRIK *Dordrecht 6-3-1928, †Bellville 11-2-1955, Ongetroud, Foto D026

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g2. HENDRIK STEFANUS *Dordrecht 20-11-1929, †Bulawayo Des 1958, χJOHANNA ELIZABETH WENTZEL, Foto D026

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g2.h1. EUGENE *Umtata 4-4-1952, χDIANNA MARGERET REIN

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g2.h1.i1. JULIE DIANNA *Durban 8-3-1974

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g2.h1.i2. CHRISTIE JOLEEN *Kaapstad 99-1976

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g2.h1.i3. GARETH EUGENE *Oos-Londen 1-3-1982

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g3. JOHANNES JACOBUS *Dordrecht 20-1-1931, †Johannesburg 28-11-1959, χStutterheim ELIZABETH VORSTER. Hulle het geen kinders gehad nie, Foto D026

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g4. GERHARDUS WILLEM *Oos-Londen 29-8-1940, χ1969 LORINE AUSTEN SMITH

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g4.h1. ADELE *Oos-Londen 12-10-1970

> a2.b7.c1.d10.e3.f2.g4.h2. ROSCH *Oos-Londen 18-6-1972

> a2.b7.c1.d10.e3.f3. ANNA SOPHIA *Sterkstroom 30-6-1905, †Sterkstroom 7-1-1907

> a2.b7.c1.d10.e3.f4. PIETER HENDRIK *Sterkstroom 27-9-1906, †Dordrecht 24-2-1933, Foto 116

> a2.b7.c1.d10.e3.f5. LEON ZIEGTFRIED *Dordrecht 5-12-1907, †Oos-Londen 25-3-1981, χ17-4-1933 MARY ELIZABETH MANN, Foto 111, Foto D110

Hy was 'n wa-bouer en grofsmid te Ugie, naby Maclear. Hy was ook die eienaar van die Ugie rollemeule en die plaas Sandwick op Kincaoline. Gedurende 1947 is hy as lid van die Springbok skietspan verkies, wat aan die Statebondspele van daardie jaar gaan deelneem het, waar al die lande om die Smythe Cup meegeding het. Hy het die Silwermedalje verower. Leon het dieselfde jaar ook die eersteplek losgeskiet in 'n kompetisie teen Indië om die Cawnpore Cup. Sy kleindogter Ingrid Rose Henning (D/v Leonard Henry) het ook Springbokkleure in Skyfskiet verower.

> a2.b7.c1.d10.e3.f5.g1. LEONARD HENRY *Ugie 26-3-1934, †Wilderis 19-1-2017, χ17-4-1957 GRETHE SEJR PETERSEN *Copenhagen, Denemarke 5-8-1938, †George 12-9-2004 D/v Christiaan Sejr Petersen *25-10-1913 en Rosa Gisela Elenora Edelheit Pedersen *2-2-1913, Foto D004, D027, D028, D029

Len matrikuleer aan die einde van 1950 aan die Cambridge Hoërskool, Oos-London. Hy sluit by die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan as 'n Graad IV klerk. Na drie jaar bedank hy en verhuis na Rhode­sië (tans Zimbabwe) waar hy vir twee jaar lank te Kariba werk as aankoper vir die Britse maatskappy, Costains.

Na afloop van sy twee jaar kontrak keer hy vir 'n vakansie na Suid-Afrika terug en om met 'n vriendin van sy suster, 'n Deense meisie Grethe Peterson in die huwelik te tree. Hulle keer terug na Noord-Rhodesië (Zambië) en woon vir 10 jaar lank te Lusaka. Onafhanklikheid en onrus in Zambië laat die familie besluit om na Suid-Afrika terug te keer.

Hulle vestig te Walkerville, halfpad tussen Johan­nes­burg en Vereeniging. Len werk as streeks­ver­koop­bestuurder vir 'n klipgroef en sement vervaardigingsmaatskappy.

Grethe is in Copenhagen, Denemarke gebore. Toe sy 14 jaar oud was besluit haar stiefpa, Helmer Jorgensen, wat 'n marine ingenieur was, om na Suid-Afrika te emigreer. Hulle vertrek gedurende Januarie 1953 vanaf Flekkefiord op 'n 15 meter lange vissersboot, die “Sandness” na Walvisbaai. Die boot beland in die berugte Noordsee storm wat die Nederlandse dyke ernstig beskadig het.Die res van die drie maande vaart was gevul met noue ontkominge en onplesierige wedervaringe — veral langs die Weskus van Afrika.

Len was die tweede voorsitter van die Peter Henrich Henning Familiebond vanf April 1995 tot September 1998.

Op sportgebied presteer hy, soos sy pa in Skyfskiet. Hy is in 1948 as lid van die Grens skole skietspan verkies. Dieselfde jaar word hy ook as lid van die Suid-Afrikaanse skole skietspan verkies. Daarna verteenwoordig hy Noord-Rhodesië (Zambia) as 'n senior op die skietbaan en het vanaf 1975 tot 1980 Transvaal in die Groot- en Kleingeweer afdelings verteenwoordig.

> a2.b7.c1.d10.e3.f5.g1.h1. INGRID ROSE *Oos-Londen 2-2-1958, χTHOMAS CHARLES CRONJE *7-11-1955, Foto D004, D030, Foto D111

Ingrid verwerf in 1975 as 'n sewentienjarige meisie haar Springbokkleure in Skyfskiet in 'n kompetisie waarin Suid-Afrika, Switserland, VSA en Rhodesië deelneem. Sy het 'n tweede plek verower. Haar oupa het ook Springbokkleure in Skyfskiet verower en haar pa provinsiale kleure.

> a2.b7.c1.d10.e3.f5.g1.h2. INGEBORG MAY *Lusaka, Zambië 18-5-1960, χFRANK SARDINI ÷; χχROGER KING †, χχχTHEODOR ALEXANDER FORNEFELD * Paderborn, Duitsland 5-6-1946; Foto D004

> a2.b7.c1.d10.e3.f5.g1.h3. SONJA ELIZABETH *Durban 8-6-1970, χCRAIG HEES ÷; χχALEXANDER BRENT GRIFFEN * 25-11-1971, Foto D004

Sy het haar getroude van amptelik verander na Henning-Griffen.Haar oudste seun, by haar eerste eggenoot, het sy van amptelik na Henning verander.

> a2.b7.c1.d10.e3.f5.g1.h3.i1. CHRISTIAN χEMMA CLARE FIELDING D/v Ian Fielding en Ruth Fraser

> a2.b7.c1.d10.e3.f5.g1.h3.i1.j1. LILLIAN JEAN *Engeland 19-12-2008

> a2.b7.c1.d10.e3.f5.g1.h4. ERIKA LEONORA *Pinetown 8-9-1972, χFRANCOIS VOSLOO, Foto D004, D031

> a2.b7.c1.d10.e3.f5.g2. LORRAINE ELIZABETH *Oos-Londen 7-6-1938, †Queenstown 17-3-1982, χMARRILLIER

> a2.b7.c1.d10.e3.f6. HESTER JOHANNA *Dordrecht 17-11-1910, χW H HARVEY

> a2.b7.c1.d10.e4. DOUW GERBRAND (χχ) *Aliwal-Noord April 1880, †Queenstown 7-10-1950, χQueenstown HERMINA FREDERIKA JACOMINA BOTHA *Queenstown Jun 1888, †Queenstown 20-10-1918

Sy vrou, Hermina, sterf tydens die groot Spaanse Griepepidemie van 1918

> a2.b7.c1.d10.e4.f1. PAULUS PETRUS *Queenstown 23-6-1910, χMARIA MAGDALENA BASSON *Zastron 8-6-1912

> a2.b7.c1.d10.e4.f1.g1.ENGELA HERMINA *Queenstown 3-4-1939, χGERALD THOMAS; χχDIGBY NICHOLS

> a2.b7.c1.d10.e4.f1.g2. DOUW GERT BRAND *Queenstown 18-3-1941, χOos-Londen 31-12-1964 JOAN ENID HOWARD *Oos-Londen 24-5-1943, D/v Reginald Dick Howard en Johanna Delport

> a2.b7.c1.d10.e4.f1.g2.h1. MICHELL MEGAN *Oos-Londen 10-2-1970

> a2.b7.c1.d10.e4.f1.g2.h2. CHANTELL MELANIE *Oos-Londen 5-2-1972

> a2.b7.c1.d10.e4.f1.g3. MINNIE MAGDALENA *Queenstown 22-12-1943, χRUDOLF SWAGEL

> a2.b7.c1.d10.e4.f1.g4. PAULUS PETRUS *Sterkstroom 23-5-1951, χOos-Londen 26-9-1973 LILIAN DOROTHY KITCHEN *30-11-1957, D/v Hendrik Johannes Kitchen en sy vrou Beatrice Lillian

> a2.b7.c1.d10.e4.f1.g4.h1. PAULUS PETRUS *4-3-1974

> a2.b7.c1.d10.e4.f1.g4.h2. SONJA *20-3-1977

> a2.b7.c1.d10.e4.f1.g4.h3. CORNÉ *9-10-1984

> a2.b7.c1.d10.e5. ALIDA HENDRINA MARGRETHA (χχ) χWILLIAM ALFRED TAYLOR * Port Alfred Jun 1883, † Sterkstroom 7-10-1918. Kinders: William Alexander, Norman Alfred, Edith Johanna, Alfreda Mabel en Mary

Haar man, William Taylor, sterf tydens die groot Spaanse griepepidemie van 1918.

> a2.b7.c1.d10.e6. ELIZABETH CATHARINA (χχ) χJOHANNES JACOBUS CLOETE, χχJOHANNES LODEWICUS PRETORIUS

> a2.b7.c1.d10.e7. PAULUS PETRUS *April 1897, †Wolwekloof, Dordrecht 21-3-1936, χDordrecht HESTER MARIA MAGDALENA COETZEE

> a2.b7.c1.d10.e7.f1. HESTER MARIA MAGDALENA *Dordrecht 21-2-1921, † Kimberley 8-5-2008, χJAMES HAROLD McGREGOR *Matatiele 27-4-1908, D066

> a2.b7.c1.d10.e7.f2. PAULUS PETRUS *Dordrecht 13-9-1927, χKimberley 6-4-1957 VALERIE UYS *10-9-1936

> a2.b7.c1.d10.e7.f2.g1. PAULUS PETRUS *Kimberley 19-11-1959, Foto D002

> a2.b7.c1.d10.e7.f2.g2. RENETTE ADA *Kleinzee 31-7-1962

> a2.b7.c1.d10.e7.f2.g3. MACHELLE *Kimberley 14-9-1969

> a2.b7.c1.d11. CHARLOTTA LODEWIKA *Aliwal-Noord 9-9-1853, ≈Burgersdorp 20-11-1853, †Ladybrand 22-11-1880

> a2.b7.c2. MARTHINUS CHRISTOFFEL Foto 101, *10-4-1820, ≈Cradock 2-10-1820, †Driefontein, Aliwal-Noord 5-9-1886, χHESTER MAGDALINA VAN ZYL *Cradock 15-3-1823, †Damfontein, Aliwal-Noord 9-10-1862, D/v Johannes Benjamin Van Zyl en Aletta Cecilia Petronella Vorster; χχAliwal-Noord 23-2-1863 CORNELIA JOHANNA CATHARINA BOTHA *Okt 1842, †Aliwal-Noord 29-1-1899, D/v Theunis Christoffel Botha.

Marthinus Christoffel is skynbaar in die Brakrivier Wyk van die distrik Cradock gebore — dit wil sê in die teenswoordige Middelburg distrik — terwyl sy ouers tydelik daar vertoef het. Sy ouers het gedurende 1824 Noordwaart begin trek. Hulle bly vir 14 jaar lank op die plaas De Keur, in die Brak­rivier Wyk, voordat hulle weer verder trek. Hulle vestig hulle gedurende 1841 op 'n plaas in die Kram­berge (in die teenswoordige Aliwal-Noord distrik) wat hulle Damfontein noem. Marthinus Chris­toffel was op hierdie stadium oud genoeg om op sy eie te begin boer. Kort na hulle aankoms sny sy pa 'n deel van Damfontein af en gee dit vir hom. Hy noem die plaas Driefontein en boer die res van sy lewe hier.

Sy eerste eggenote is op sy vader se plaas Damfontein oorlede en begrawe. Haar graf word vandag nog in stand gehou, hoewel die grafsteen al baie verweer het. Haar graf was een van die bydraende faktore wat die skrywer aangespoor het om met die opstel van die Henning geslagsregister te begin. Marthinus Christoffel se tweede eggenote het na sy afsterwe weer op 29-3-1887 te Aliwal-Noord in die huwelik getree met Petrus Gerhardus Bothma van Badspruit, Aliwal-Noord. Gedurende 1889 verkoop sy die plaas aan 'n Joubert.

> a2.b7.c2.d1. ALETTA CICILIA PETRONELLA (χ) *23-8-1839, ≈ Cradock 2-2-1840, χBurgersdorp 21-12-1857 PIETER FREDERIK GERHARDUS ANDERSON *11-10-1836, S/v Pieter Frederik Anderson *23-1-1810 en Susara Wilhelmina Petronella Havenga

Hulle het twee kinders gehad: Pieter Frederik Anderson *28-3-1863 en Hester Magdalena Anderson

> a2.b7.c2.d2. DOROTHEA MARIA (χ) *25-12-1840, ≈Cradock 13-1-1841, χAliwal-Noord 23-2-1863 BENJAMIN MOODIE *19-12-1837, †Rouxville 21-7-1907

> a2.b7.c2.d3. GERT FRANS JOHANNES (χ) *Driefontein, Aliwal-Noord 8-8-1843,≈Cradock 24-2-1844, †Bulawayo, Rhodesië (Zimbabwe) 8-5-1920, χSmithfield 4-3-1865 JANETTA ELIZABETH MOODIE *Doornhoek, Albert 9-12-1848, †Wintershoek, Petrusburg 25-2-1929, D/v James Moodie *25-5-1819 en Sara Maria Johanna van Zyl, Foto's 117, D126

Gert Frans Johannes word groot op sy ouers se plaas, Driefontein, 30 km Suid van Aliwal-Noord. Na sy troue vestig hy en sy vroutjie hulle op die plaas O’Lat in die Ladybrand distrik. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899-1902 word hy krygs­gevangene geneem en te Ceylon aangehou. Sy eggenote en twee van hulle dogters word in die Springfontein konsentrasiekamp aangehou. Na die oorlog vind hy dat alles op sy plaas afgebrand is. Hy verhuis hierna na die Bethulie distrik. Met behulp van sy skoonfamilie — die Moodies (wat met die geskiedkundige Moodie trek van 1891 na Suid-Rhodesië [Zimbabwe] getrek het) bekom hy teen ongeveer 1912 plase vir al drie sy seuns in die Headlands distrik in Rhodesië. Hy trek saam met sy seuns na Rhodesië, dog hulle keer kort hierna weer terug na die Vrystaat.

> a2.b7.c2.d3.e1. SARAH MARIA *2-3-1866, χMEYER

> a2.b7.c2.d3.e2. HESTER MAGDALINA *7-10-1867, χWILLIAMS

> a2.b7.c2.d3.e3. CORNELIA JOHANNA *26-10-1869, χPAGE

> a2.b7.c2.d3.e4. MARTHINUS CHRISTOFFEL *14-1-1873, †Petrusburg 10-4-1952, χMARTHA SOPHIA COETZEE *18-6-1885, †Petrusburg 8-7-1958, Foto's 118, D126

Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899-1902 dien hy in die Ladybrand Kommando, dog word op 23-12-1901 te Aliwal-Noord deur die Britse magte krygsgevangene geneem en na Indië weggevoer, waar hy tot aan die einde van die oorlog in die Ahmednagar kamp aangehou word. Gedurende 1912 trek hy saam met sy vader en twee broers na Suid-Rhodesië (Zimbabwe), dog hy keer kort hierna weer na die Vrystaat terug en gaan boer in die Bethulie distrik. Hy verhuis gedurende 1924 en gaan boer op die plaas Winterhoek, in die Petrusburg distrik.

> a2.b7.c2.d3.e4.f1. MARTHA SOPHIA *Bethulie 24-8-1907, †Triangle, Rhodesië (Zimbabwe) 1-4-1967, χ7-2-1937 CHARLES HERBERT PAGE *Thaba Nchu 19-1-1903, †Triangle, Rhodesië 25-8-1977

> a2.b7.c2.d3.e4.f2. JANET ELIZABETH *Bethulie 21-5-1909, †Bultfontein 25-5-2001, χWinterhoek, Petrusburg 17-12-1935 JOHN HENRY WRIGHT *Queenstown 11-5-1910, Foto 119

> a2.b7.c2.d3.e4.f3. GERT FRANS JOHANNES *Bethulie 11-6-1911,†Petrusburg 10-11-1973, χZastron 16-4-1960 HESTER MARGARETHA LE CLUS *Zastron 8-6-1923 (D/v Edward Le Clus en Regina Maria Cornelia Van Tonder), Foto 120

Hy boer saam met sy vader op die plaas Winter­hoek, in die Petrusburg distrik. Na sy dood, verhuis sy eggenote en hul seun gedurende Julie 1974 na Zastron.

> a2.b7.c2.d3.e4.f3.g1. REGINA MARIA CORNELIA *Bloemfontein 1-5-1961, †Bloemfontein 3-5-1961

> a2.b7.c2.d3.e4.f3.g2. MARTHINUS CHRISTOFFEL *Bloemfontein 15-11-1963, χVentersburg 9-12-1989 HENESIA ERIKA KLEYNHANS *23-8-1965, D/v Ernst Lodewyk Johannes Kleynhans en sy vrou Francina Magdalena, Foto D005

> a2.b7.c2.d3.e4.f3.g2.h1. ANINA *22-10-1993, χBloemfontein 23-9-2017 GEORG FREDERIK KLEYNHANS *Bloemfontein 6-10-1990, S/v Theodorus Philippus Kleynhans en Annelie Linde, Foto D005

Sy verwerf matriek aan die einde van 2011 met sewe onderskeidings en begin daarna medies studeer by die Universiteit van die Vrystaat. Aan die einde van 2017 verwerf sy die graad MB CHB en doen daarna haar twee jaar verpligte diens as huisdokter by die Bethlehem Staatshospitaal

> a2.b7.c2.d3.e4.f3.g2.h2. ESMARI *1-6-1998, Foto D005

> a2.b7.c2.d3.e4.f4. ANNA SUSANNA ELIZABETH *Bethulie 13-2-1916, †Ladysmith, Natal 1993, χWinterhoek, Petrusburg 17-12-1935 CHRISTOFFEL JOHANNES STEPHANUS LOMBAARD *Bergville, Natal 22-8-1899, †Ladysmith, Natal 6-9-1966

> a2.b7.c2.d3.e4.f5. SARAH MARIA *Bethulie 2-9-1920, χ1-10-1966 BAREND JAKOBUS DU TOIT *13-10-1913, †Bultfontein 2-2-1997

> a2.b7.c2.d3.e5. JAMES MOODIE *O’Lat, Ladybrand 31-12-1874, †Gwelo, Suid-Rhodesië (Zimbabwe) 1948, χCECELIA JOHANNA PETRONELLA DELPORT *Ladybrand 12-8-1881, †Suid-Rhodesië 1953, Foto 121 en 122

Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902 dien hy in die kommando van Kmdt Froneman, dog word gedurende Mei 1900 krygs­gevangene geneem en na St Helena weggevoer16. Teen 1912 bekom sy vader vir hom en sy twee broers elkeen 'n plaas in die Headlands distrik van Suid-Rhodesië (Zimbabwe) en hulle trek daarheen. Hulle keer egter kort daarna terug na die Vrystaat, dog gedurende 1919 besluit hy om na Noord-Rhodesië (Zambië) te verhuis. Hy kry werk te Wankie as 'n drywer/stoker waar hulle vir baie jare gewoon het. Hierna trek hy en sy gesin opeenvolgend na Livingstone, Ndola en Nkana, waar hy in saagmeulens werk en 'n spysenierings­besigheid bedryf het.

> a2.b7.c2.d3.e5.f1. GERT FRANS JOHANNES *Ladybrand 11-6-1906, †Lusaka, Zambië 21-5-1971, χLusaka 11-7-1935 ALBERTA MAGDALENA JOHANNA CATHARINA BEKKER *Lusaka, Noord-Rhodesië 13-6-1917, Foto 121

> a2.b7.c2.d3.e5.f1.g1. FRANCINA BARENDINA *Nkana, Noord-Rhodesië (Zambië) 3-9-1936, χLusaka, Zambië 26-11-1955 STEFANUS PETRUS BOTHA *Bulawayo, Suid-Rhodesië 24-6-1933

> a2.b7.c2.d3.e5.f1.g2. JAMES MOODIE *Nkana, Zambië 14-12-1938, χGent, België 12-3-1966 MONIQUE JEANNE MARCELLE RIEMS *Gent, België 7-8-1941

> a2.b7.c2.d3.e5.f1.g2.h1. KRISTINA MAGDALENA *Salisbury, Zimbabwe 6-2-1967

> a2.b7.c2.d3.e5.f1.g2.h2. LINDA JOANNE *Lusaka, Zambië 5-8-1969

> a2.b7.c2.d3.e5.f1.g2.h3. JAMES MOODIE *Salisbury, Zimbabwe 1-2-1973

> a2.b7.c2.d3.e5.f1.g2.h4. FRANCINA BARENDINA *Nelspruit 17-7-1974

> a2.b7.c2.d3.e5.f1.g3. JACOBUS ERNEST *Lusaka, Noord-Rhodesië (Zambië) 29-2-1944, χWitrivier 17-10-1983 SANDRA LILLIAN SULIN

> a2.b7.c2.d3.e5.f1.g4. GERT FRANS *Lusaka, Noord-Rhodesië (Zambië) 6-11-1947, †29-3-1974, Ongetroud

> a2.b7.c2.d3.e5.f2. PETRUS MATTHEUS JACOBUS *Ladybrand 18-9-1907, †George 7-8-1967, χGwelo, Suid-Rhodesië 15-6-1937 EMILY DORIS MATTHEWS *Aberfeldy 12-10-1911, †Gwelo 16-9-1947; χχGwelo 7-5-1949 ROELFINA VAN DER MOLEN *Beilen, Holland 26-2-1915, Foto 120

As jong seun trek hy gedurende 1919 saam met sy ouers na Suid Rhodesië, waar hy sy skool­op­voeding voltooi. Hy dien vanaf 1925 in die Rhodesiese spoorweë tot en met sy aftrede in 1962. As gevolg van die politieke situasie wat in Rhodesië ontwikkel het, verhuis hy en sy tweede eggenote kort na sy aftrede na George, waar hy tot en met sy afsterwe woon.

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1. JAMES MATTHEW *Livingstone, Noord-Rhodesië 27-11-1939, χQue Que, Suid-Rhodesië 16-2-1963 MAGDALENE ANN FRIEND *Bindura, Rhodesië 16-9-1941, Foto D068, D069, D070, D078

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h1. PIETER JAMES *Que Que, Rhodesië 27-7-1964, †29-12-2010, χ30-5-1987 BARBARA JUNE DAVIES *Gwelo, Rhodesië (Zimbabwe) 22-6-1966, Foto D069, D070

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h1.i1. MEAGEN LEE *Klerksdorp 3-9-1991, Foto D070, D071

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h1.i2. KERRY-LYN, Foto D070, D071

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h1.i3. MATTHEW, Foto D070

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h2. ANN DORIS *Gwelo, Rhodesië 17-5-1966, χ21-6-198 GAVIN CHARLES MARGRATE *Kitwe, Noord Rhodesië (Zambië) 20-3-1964, Foto D069, D070

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h3. JAMES MICHAEL *Gwelo, Rhodesië 21-7-1971,†Klerksdorp 29-3-2009, χ10-10-1992 ELAINE BRONWYN BURGER *Rustenburg 9-10-1969, Foto D069, D070, D078

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h3.i1. SAMANTHA ELAINE *Mafikeng 26-2-1994, Foto D070, D071, D078

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h3.i2. NICOLE JO-ANN *Klerksdorp 22-1-1996, Foto D070, D078

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h3.i3. JANINE MICHELLE * Klerksdorp 13-9-1999, Foto D070, D078

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g1.h3.i4. BRONWYN LEIGH * Klerksdorp 24-2-2001, Foto D078

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g2. ANTOINETTE CECILIA *Bulawayo, Rhodesië 25-1-1942, χGwelo, Rhodesië 10-11-1962 SELWYN WILHELM KRULL *Oos-Londen 10-11-1938, † Gonubie, Oos-Londen Julie 2007, D068

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g3. PIETER EMILE *Bulawayo, Rhodesië 18-6-1943, †Gonubie, Oos-Londen8-8-2021, χSalisbury, Rhodesië 2-1-1970 PATRICIA BYRNE DAVISON *Yateley, Surrey, England 5-1-1946, D060, D068

Pieter en sy eggenote, Pat, studeer onderwys. Hy verwerf 'n BA graad aan die Universiteit van Natal en 'n Sekondêre Onderwysdiploma aan die Univer­siteit van Stellenbosch. Pat verwerf 'n BA graad aan die Universiteit van London. Hulle ontmoet me­kaar terwyl hulle albei klas gee te Guinea Fowl­skool, 'n seuns kosskool net buite die dorpie Gwelo, Rhodesië. Gedurende Februarie 1981 ver­huis hulle na Suid-Afrika. Hy en sy vrou skei en sy sterf op 17 Augustus 2020 te Randburg

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g3.h1. MATTHEW EMILE DELPORT *Salisbury, Zimbabwe 9-9-1974

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g4. GIDEON PETRUS *Gwelo, Rhodesië 6-9-1947, χGeorge 13-5-1972 KATHRINA AMELIA MEYER *George 25-4-1948, D068, D101

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g4.h1. ESME MARELIEN *George 16-11-1975, χGeorge 19-8-2000 IAN ROBERT SPICER *Ipswich, Engeland, S/v Kenneth Spicer *24-11-1940 en Irene Grout *5-12-1941, Foto D101, D102

Sy verwerf 'n BSc graad in 1997, 'n Honneurs BSc (Geologie) in 1998, 'n MSc Geologie in 2001 en 'n PhD Geologie in 2011. Al hierdie grade word by die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is 'n Ontwikkelings-Chemikus by Richardsbay Minerals, Richardsbaai.

> a2.b7.c2.d3.e5.f2.g4.h2. JOHAN PIETER *George 14-7-1980, Foto D101

> a2.b7.c2.d3.e5.f3. MARIA SUSANNA ELIZABETH *Bethulie 13-7-1912, †Pretoria 16-8-1983, χBulawayo, Rhodesië 19-4-1941 ANTHONIE CHRISTIAAN FREDERICK BARNARD *Enkeldoorn, Rhodesië 30-8-1914, Foto 121

> a2.b7.c2.d3.e5.f4. JAMES MOODIE *Fairview, Headlands, Rhodesië 22-4-1921, χOtjiwarongo, SWA 20-12-1946 ELSIE CATHARINA VAN TONDER *Swartruggens 14-4-1920, †27- 11-1991

> a2.b7.c2.d3.e5.f4.g1. SUSANNA ELISABETH *Otji­warongo 1-9-1948, χOtjiwarongo SWA 3-7-1971 FREDERICK JOHANNES BRISLEY *13-12-1947

> a2.b7.c2.d3.e6. JANET ELIZABETH *13-1-1877, † Reitz 6-2-1956, χEWALD ERDMUTH WILHELM STARKER * Freistadt, Schlesien, Duitsland 27-3-1874, S/v Joseph Starker * Oostenryk 21-6-1812 en Marie Louise Küenze * Lessendorf, Duitsland 18-9-1840. χχPIETER JACOBUS VAN DER MERWE

> a2.b7.c2.d3.e7. ALETTA CECILIA *28-2-1879, χFRANS JOHANNES VAN DER MERWE. Sy en haar broer (e8.) is met 'n broer en suster getroud.

> a2.b7.c2.d3.e8. GERT ALWYN JOHANNES SMIT *15-12-1878, χJOHANNA FRANCINA VAN DER MERWE *Steynsburg 3-4-1870, †Queenstown 16-4-1955, D/v Frans Johannes van der Merwe en Anna Pretorius, Foto's 122, 123, D127, D128

Hy woon aanvanklik op die plaas O’Lat in die Ladybrand distrik. Mettertyd gaan boer hy in die Bethuliedistrik. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902 word hy op 27-2-1900, op 19 jarige ouderdom, tydens gevegte aan die Wesfront in die omgewing van Kimberley, tydens gevegte by Modderrivier in die keel gewond en krygs­gevangene geneem. Hy is op 3-3-1900 in die Kim­berley hospitaal opgeneem, van waar af hy na St Helena weggevoer is17.

Sy eggenote, Johanna, was 'n kleindogter van Kmdt-genl Andries Pretorius, Boereleier by die slag van Bloedrivier — 16 Desember 1838. Sy was egter 'n weeskind wat deur haar broers groot gemaak moes word, nadat sy op vroeë leeftyd haar ouers verloor het. Gert Alwyn Johannes se suster Aletta Cecilia (e7.) is met sy eggenote se broer getroud.

> a2.b7.c2.d3.e8.f1. GERT FRANS JOHANNES *Bethulie 4-2-1908, χHESTER CECILIA KELLERMAN †Middelburg Kaap 26-10-1961; χχCATHARINA WILHELMINA FERREIRA (gebore Croukamp) *16-1-1896 Hy het geen kinders nie, Foto 123

> a2.b7.c2.d3.e8.f2. FRANS JOHANNES *Bethulie 4-5-1911, χIndwe 10-4-1938 CORNELIA MAGDALENA PETRONELLA OELOFSE *Dordrecht 6-11-1905, Foto 123

> a2.b7.c2.d3.e8.f2.g1. GERT JOHANNES *Dordrecht 2-2-1942, χMARIA MAGDALENA VAN DER MERWE *Balfour 14-4-1938

> a2.b7.c2.d3.e8.f2.g1.h1. FRANS JOHANNES *Port Elizabeth 14-5-1972

> a2.b7.c2.d3.e8.f2.g1.h2. DEWALD *Port Elizabeth 16-5-1979

> a2.b7.c2.d3.e9. GERT FRANS JOHANNES.

Hy het skynbaar as Gert Riempies bekend gestaan en was twee keer getroud. By sy eerste vrou het hy een seun en drie dogters gehad. Na haar dood is hy met haar jonger suster getroud. Haar eerste voornaam was Martha. Ongelukkig kon geen verdere besonderhede van enige van hulle opgespoor word nie.

> a2.b7.c2.d4. JOHANNES BENJAMIN FRANS (χ) *Driefontein, Aliwal-Noord 22-2-1847, ≈2-4-1847, †Leeuwnek, Wodehouse 29-11-1918, χRACHEL MARIA ELIZABETH BEUKES *Uitenhage Aug 1842, †Aliwal-Noord 11-3-1894, D/v Jacobus Nicolaas Beukes en sy vrou Elsie Susanna; χχBurgersdorp 25-2-1895 MARIA GERTRUIDA MOLLER (weduwee van Andries Johannes Hendrik Steenkamp) *Middelburg,K 1845, †Luipertkop, Albert 18-8-1901, D/v Hendrik Marthinus Wolraad Möller en Johanna Carolina Wolhuter; χχχANNIE KOTZE †1909; χχχχSOPHIA HATTINGH

Gedurende die Anglo-Boere-oorlog dien hy en sy oudste seun, Marthinus Christoffel, en sy jongste broertjie, Marthinus Christoffel as Kaapse Rebelle in die Boeremagte in die Ooste van die ZAR. Terwyl hulle in die omgewing van Komatipoort voor die Britse magte uitvlug, vlug hulle oor die Mosambiek grens en soek skuiling by die Portugese owerhede in Mosambiek. Hier word die drie, saam met verskeie ander Boere en hulle gesinne deur die Portugese owerhede geïnterneer en mettertyd na Portugal oorgeplaas, waar hulle in die klooster te Alcobaca gehuisves word18.

Omdat hy 'n burger van die Kaap van Goeie Hoop was, word Johannes Benjamin Frans op 5-5-1902 deur 'n spesiale kommissie wat deur die Kaapse regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Sy skuldig­bevinding spruit voort uit sy simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902. Sy vonnis was dat hy vir 'n tydperk van vyf jaar nie vir enige open­bare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. Drie van sy seuns is aan soortgelyke oortredings skuldig bevind, nl Marthi­nus Christoffel (e1.), Jacobus Nicolaas (e4.) en Johannes Benjamin Frans (e6.). In Afdeling 10.d. word al die Hennings wat so gevonnis is, gelys. In die dokumente wat voor die kommissie gedien het, word sy adres gedurende hierdie tyd as die plaas Wonderpoort, distrik Albert aangegee.

Hy sterf tydens die groot Spaanse griepepidemie van 1918.

Sy negende kind, Hans Jacob, het gedurende die oorlog by die slag van Labuschagnesnek in die Wodehousedistrik op 4-3-1900 gesneuwel.

> a2.b7.c2.d4.e1. MARTHINUS CHRISTOFFEL *Dordrecht 16-3-1866, †Wildealspoort, Frankfort 29-1-1939, χAliwal-Noord 21-1-1890 REGINA BARBARA BEYLEVELDT *1869, Foto 124

Op 5 Mei 1903 word hy deur 'n spesiale kommissie van die Kaapse regering aan hoogverraad skuldig bevind weens sy simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte van die Vrystaatse Republiek gedu­rende die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902. Sy vonnis was dat hy vir 'n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. In hoof­stuk 13 is alle Hennings wat sodanig gevonnis is, gelys.

> a2.b7.c2.d4.e1.f1. MARIA ELIZABETH *12-8-1891, ≈ Aliwal-Noord 11-10-1891, χ CORNELIS IGNATIUS MAREE *21-1-1888

> a2.b7.c2.d4.e1.f2. JOHANNES BENJAMIN FRANS *Dordrecht 29-8-1892, ≈Aliwal-Noord 18-9-1892, †Wildealspoort, Frankfort 30-8-1934, χFrankfort 7-5-1918 RACHEL MARIA ELIZABETH SCHOOMBIE *Burgersdorp 24-9-1897, †Germiston 23-12-1976, D/v Jan Albertus Schoombie en Rachel Maria Elizabeth Henning, a2.b7.c2.d4.e3. Hy is met sy niggie getroud, Foto129

> a2.b7.c2.d4.e1.f2.g1. MARTHINUS CHRISTOFFEL *Klipfontein, Vrede 6-7-1919, χMoorreesburg 17-4-1954 JOHANNA ELIZABETH CHRISTINA LOCHNER *Moorreesburg 16-1-1922, Foto 129

> a2.b7.c2.d4.e1.f2.g1.h1. ANNA MARIA *Johannesburg 15-8-1955

> a2.b7.c2.d4.e1.f2.g1.h2. RACHEL MARIA ELIZABETH *Johannesburg 13-9-1956

> a2.b7.c2.d4.e1.f2.g1.h3. JOHANNES BENJAMIN FRANS *Johannesburg 12-2-1965

> a2.b7.c2.d4.e1.f2.g2. RACHEL MARIA ELIZABETH *Wildealspoort, Vrede 14-8-1926, χSMIT, χχRICHARD ROYFFE *18-2-1920, Foto 129

> a2.b7.c2.d4.e1.f2.g3. JAN ALBERTUS *Wildealspoort, Vrede 10-5-1933, χJOAN DOROTHY EATWELL * 13-4-1935

> a2.b7.c2.d4.e1.f2.g3.h1. MICHELLE ANN * 27-3-1958, χJAMES NEWLANDS ÷

> a2.b7.c2.d4.e1.f2.g3.h2. VANESSA LYNN *1-5-1960, χGARETH TAYLOR ÷

> a2.b7.c2.d4.e1.f3. RACHEL MARIA †1901

> a2.b7.c2.d4.e1.f4. REGINA BARBARA *Dordrecht 8-10-1903, χPIETER HAASBROEK VAN ZYL *21-1-1891

> a2.b7.c2.d4.e1.f5. HESTER MAGDALENA *Dordrecht 5-1-1909, χHENDRIK JOHANNES VALLENTGOED *9-4-1905, S/v Nicolaas Vallentgoed * 23-2-1872 en Agatha Gertruida Botha

> a2.b7.c2.d4.e2. HESTER MAGDALENA *Aliwal-Noord 21-9-1869, χJOHANNES HENDRIK ROODT

> a2.b7.c2.d4.e3. RACHEL MARIA ELIZABETH *Aliwal-Noord 24-12-1870, χJAN ALBERTUS SCHOOMBIE

Hulle dogter Rachel Maria Elizabeth is met haar neef a2.b7.c2.d4.e1.f2. Johannes Benjamin Frans Henning getroud.

> a2.b7.c2.d4.e4. JACOBUS NICOLAAS *Aliwal-Noord 6-12-1872, †Aliwal-Noord 21-11-1946, χAliwal-Noord ANNA SUSANNA ELIZABETH KOTZE *Aliwal-Noord 18-11-1877, †Aliwal-Noord 1-1-1971; χχMARTHA SOPHIA COETZEE *1885, D/v Gabriël Coetzee en sy vrou Martha Sophia

Anna Susanna Elizabeth se nooiensvan en geboortedatum is deur nasate as Kotze en 18-11-1877 opgegee, terwyl haar grafsteen haar nooiensvan as Coetzee en geboortedatum as 18-1-1877 aandui.

Hulle boer op die plaas Dwarsvlei, distrik Aliwal-Noord. As burger van die Kaap van Goeie Hoop, word hy op 15-5-1902 deur 'n spesiale kommissie wat deur die Kaapse Regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Sy skuldigbevinding spruit voort uit sy simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte van die Vrystaatse Republiek tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902. Sy vonnis was dat hy vir 'n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word, of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. In Afdeling 10.d.(Krygsgeskiedenis vasn die Henning Families: Anglo-Boere-oorlog) word alle Hennings wat so gevonnis is, gelys. Sy vader en sy broer Johannes (e6.) is aan soortgelyke oortredings skuldig bevind.

> a2.b7.c2.d4.e4.f1. MARTHA SOPHIA *Aliwal-Noord 30-10-1895, χAliwal-Noord 1918 ALBERTUS S CLOETE

> a2.b7.c2.d4.e4.f2. JOHANNES BENJAMIN FRANS *Aliwal-Noord 7-7-1897, †Aliwal-Noord 19-4-1969, χ30-3-1936 JOSEPHINA JOHANNA ADRIANA HECHTER *12-11-1902, †Aliwal-Noord 28-7-1980

> a2.b7.c2.d4.e4.f2.g1. JOSEPHINA JOHANNA ADRIANA *Jamestown 30-3-1938

> a2.b7.c2.d4.e4.f2.g2. JACOBUS NICOLAAS *Jamestown 11-9-1943

> a2.b7.c2.d4.e4.f3. RACHEL MARIA ELIZABETH *Aliwal-Noord 23-9-1899, χAliwal-Noord 1919 WILLIAM JOHN MULLINS *1893

> a2.b7.c2.d4.e4.f4. GABRIËL *Aliwal-Noord 15-8-1902, †Aliwal-Noord 22-5-1948, Ongetroud

> a2.b7.c2.d4.e4.f5. JACOBUS NICOLAAS *Aliwal-Noord 18-3-1909, †Vereeniging 27-1-1956, χErmelo HEILA MAGDALENA COETZER *Amsterdam Tvl Jan 1922, †Carolina 2-9-1953, D/v Gert Coetzer en Anna Jordaan.

Hy was 'n ploegbaas op die SA Spoorweë. Beide hulle kinders is jonk oorlede.

> a2.b7.c2.d4.e4.f5.g1. JACOBUS NICOLAAS *24-2-1940, †16-4-1940

> a2.b7.c2.d4.e4.f5.g2. MARGRIETA JOHANNA *8-11-1942. Jonk oorlede

> a2.b7.c2.d4.e4.f6. JOSEPH ADRIAAN *Aliwal-Noord 24-6-1912, †Pretoria 23-1-1975, χBethlehem 5-11-1938 GERTRUIDA ABRAHAMA COETZEE *Ladybrand 9-8-1912

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1. JACOBUS NICOLAAS *Bethlehem 11-5-1941, χPretoria 9-10-1965 HESTER HENDRINA PRETORIUS *Germiston 11-1-1947, D/v Jan Albert Pretorius *26-7-1923 en Hester Francina Coetzee *5-11-1925, D082,D083

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h1. ADRIAAN NICOLAAS *Bloemfontein 2-9-1966, χEdenvale 3-9-1988 ESMERELDE ERASMUS *Pretoria 14-8-1967, D/v Jacob Stephanus Erasmus en Petronella Sophia Calitz, D084, D086, D087

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h1.i1. LIANDRI *Germiston 6-1-1989, D084, D087

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h1.i2. LENISE *Edenvale 3-5-1993, D084, D087

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h2. JACOBUS ALBERT *Pretoria 29-10-1968, χPretoria 4-5-1996 FREDRIKA PETRONELLA EKSTEEN *Pretoria 28-2-1972, D/v Petrus Arnoldus Lourens Eksteen *18-6-1949 en Susanna Elizabeth Potgieter *25-6-1949, D084, D086, D088

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h2.i1. WERNICH *Pretoria 12-8-1999, D084, D088

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h2.i2. RHYNHARDT *Pretoria 30-9-2004, D084, D088

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h3. FRANCOIS GERHARDT *Pretoria 1-12-1970, χPretoria 14-4-2001 ALETTA PETRONELLA WILHELMINA VAN STRAATEN *Pretoria 14-8-1967, D/v Daniel Francois van Straaten *8-12-1946 en Jeanette Hilda Louise Bentley *4-10-1946, D084, D086

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h3.i1. GÉRHARDT *Pretoria 25-4-2003, D084

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h3.i2. CARLISE *Pretoria 12-5-2006, D084

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h4. ABRAHAM JOHANNES *Pretoria 11-7-1973, χPretoria 22-4-2006 PETRONELLA ADRIANA COERTSE *24-7-1977, †Honeydew 9-10-2008, D/v Hendrik Lambert Coertse en Martha Elizabetha Duvenage; χχPotchefstroom 27-11-2010 KATRIEN KOK *Potchefstroom 21-5-1982, D/v Frederik Johannes Kok *3-2-1950 en Sophia Wilhelmina Ferreira *6-11-1949, D076, D084, D085, D086

Sy eerste eggenote, Riana, sterf tydens 'n rooftog by Fisherman's Village, Honeydew, waar beide van hulle kort tevore as sendelinge begin werk het. Foto D076

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h4.i1. MARCELLE (χ) *Roodepoort 10-1-2007, Foto D076, D084

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g1.h4.i2. ANIKA (χ) *Roodepoort 19-12-2007, Foto D076, D084

> a2.b7.c2.d4.e4.f6.g2. SUSANNA ELIZABETH HERMINA *Oos-Londen 11-5-1945, χSTEPHANUS JACOBUS VAN DER SPUY *29-5-1950

> a2.b7.c2.d4.e4.f7. MARTHINUS CHRISTOFFEL *Aliwal-Noord 24-4-1921, χAdelaide 31-5-1947 JESSIE PIETER LOMBARD *Johannesburg 27-12-1926, †Cradock 14-3-1981

> a2.b7.c2.d4.e4.f7.g1. ALTA *Cradock 10-5-1949, χMARIUS BOTHA *Port Elizabeth 28-4-1949

> a2.b7.c2.d4.e4.f7.g2. CHRISTA *Cradock 28-3-1952, χPaarl 1-1-1977 CARL DE KOCK *Paarl 25-3-1925

> a2.b7.c2.d4.e4.f7.g3. DONNA *Cradock 20-6-1956, χ9-12-1974 DAVID ELPHERUS WILKEN ÷; χχ30-4-1982 TERTIUS DU TOIT *14-4-1956

> a2.b7.c2.d4.e5. ALETTA CECILIA PETRONELLA *Aliwal-Noord 8-12-1874, χCOLE

> a2.b7.c2.d4.e6. JOHANNES BENJAMIN FRANS *Aliwal-Noord 21-9-1876, ≈12-11-1876, †5-11-1961, χMARIA ELIZABETH JOHANNA ROODT *12-6-1877, Foto 126 en 127

Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899 - 1902 sluit hy as 'n Kaapse burger by een van die rebelle-kommando's aan, maar word krygsgevangene geneem. Sy nasate beweer dat hy te Ceylon aangehou is, hoewel sy naam nie op enige van die krygsgevangenelyste verskyn nie. 'n Horlosieketting en borsspeld wat hy van visbeen gemaak het tydens die tyd wat hy op Ceylon aangehou is, is deur sy nasate aan die Henning Familiebond geskenk vir uitstalling in die Kerkpleinmuseum, Aliwal-Noord. 'n Foto van hierdie twee items verskyn ook by sy rekord en in die foto-album. As burger van die Kaap van Goeie Hoop, word Johannes Benjamin Frans op 5-5-1902 deur 'n spesiale kommissie wat deur die Kaapse regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Sy skuldigbevinding spruit voort uit sy simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte van die Vrystaatse Republiek tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902. Sy vonnis was dat hy vir 'n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. In hoofstuk 13 word al die Hennings wat so gevonnis is, gelys. In die dokumente wat voor die kommissie gedien het, word sy adres gedurende hierdie tyd as die plaas Meerdewyk, in die Aliwal-Noord distrik aangegee. Sy vader is op 28-8-1901, en sy broer Jacobus (e4.) is op 15-5-1902 aan soortgelyke oortredings skuldig bevind.

> a2.b7.c2.d4.e6.f1. JOHANNES BENJAMIN FRANS *Jamestown 31-7-1900, ≈2-10-1900, †Pretoria 22-4-1982, χ4-4-1927 ROZINA JACOBA GREYLING *Aliwal-Noord 10-9-1901, †16-5-1972; χχJohannesburg AUGUSTA ELIZABETH STEYN, voorheen EPSTEIN, gebore ALBRECHT *18-10-1916, Foto 125 en 126

Hy sluit gedurende 1927 by die Suid-Afrikaanse Polisie aan en was in die Mag tot hy 72 jaar oud was. Hy was ook as 'n byeboer bekend.

> a2.b7.c2.d4.e6.f1.g1. ELLEN ELIZABETH *Pretoria 28-10-1929,†Roslynn, Pretoria 23-7-2010, χERIC MICHAEL NAUDE *11-7-1928, †Rosslyn, Pretoria 16-4-2010 Foto D001, D006

Ellen en haar eggenote ken mekaar sedert hulle albei kleuters was. Hy is een van 'n tweeling. Hulle het self tweeling dogters, Desireé (wat met Johan van Heerden getroud is) en René ( wat met Johann Vermaak getroud is).

Eric het in die Suid-Afrikaanse Weermag gedien en het met die rang Kommandant afgetree. Ellen was vir baie jare 'n tikster by die Departement Hospitaaldienste

> a2.b7.c2.d4.e6.f1.g2. JEAN ROSALINE *Pretoria 11-11-1932, χFELIX CALITZ * 13-3-1925

> a2.b7.c2.d4.e6.f1.g3. JOHANNES BENJAMIN *Pretoria 7-7-1936, χPretoria 25-9-1961 HUI­BRECHT MARIA STEYN *20-1-1932, ÷ 19-6-1968; χχPretoria 2-12-1968 HESTER JOHANNA VAN DER MERWE *Nelspruit 24-8-1934, ÷ 15-4-1982.

Hy het vir meer as 30 jaar lank by die veiligheids-afdeling van die Staatsdrukkery gewerk.

> a2.b7.c2.d4.e6.f2. CORNELIS HERMANUS *Klipfontein, Aliwal-Noord 5-11-1906, †Potchefstroom 15-1-1930, Ongetroud, Foto D157

Hy is op die plaas Klipfontein, distrik Aliwal-Noord gebore en sterf te Potchefstoom op 15 Januarie 1930 in 'n motorfietsongeluk. Hy was op skool by die Primêre skool Damfontein, in die distrik Aliwal-Noord.

> a2.b7.c2.d4.e7. CORNELIA JOHANNA *Aliwal-Noord 1878, χFRANS JOHANNES ROODT *Dordrecht 22-4-1872, †8-4-1954 S/v Hermanus Petrus Philippus Roodt en Hester Magdalena Henning (a2.b7.c2.d6)

> a2.b7.c2.d4.e8. JOHANNES NICOLAAS *Aliwal-Noord 1879

Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899 - 1902 woon hy in Boksburg en dien ook in die Boksburg Kommando. Hy word op 15 September 1900 te Krugersdorp krygsgevangene geneem. Daar kon nie vasgestel word waar hy krygsgevangene gehou is nie.

> a2.b7.c2.d4.e9. HANS JACOB *Driefontein, Aliwal-Noord 20-9-1880, ≈23-1-1881, †Wodehouse 4-3-1900, Ongetroud

Hy sneuwel by Labuschagnesnek in die distrik Wodehouse, tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899—1902. Gedurende Februarie 1900 het die Britse magte onder Brigadier-generaal Brabant in die Noord-Oos Kaap begin optree teen die Boeremagte en Kaapse Rebelle wat hulself daar bevind het. In Brabant se opmars na Jamestown het die rebellemagte stelling by Labuschagnesnek naby Dordrecht ingeneem19. Hans Jacob (en sy pa en broers) was lid van hierdie rebellekommando. Tydens die slag wat op 4 Maart 1900 plaasvind sneuwel Hans Jacob.

> a2.b7.c2.d4.e10. GERT FRANS JOHANNES *Aliwal-Noord 1-10-1882, ≈3-12-1882, †Dordrecht 21-11-1968, χDordrecht MARIA SUSANNA ADRIANA STRYDOM *Dordrecht Mei 1884, †Klipkop, Wodehouse 3-1-1918; χχDordrecht MARTHA CHRISTINA JOHANNA STRYDOM *Dordrecht Jan 1882, †Dordrecht 27-7-1957

Beide sy eggenotes was dogters van Daniël Magieles Christoffel Strydom en sy vrou Susanna Adriana. Sy eerste vrou, Maria, sterf tydens die groot Spaanse Griepepidemie van 1918. Na haar dood het hy met haar jonger suster getrou.

> a2.b7.c2.d4.e10.f1. SUSANNA ADRIANA (χ) *Dordrecht 17-11-1908, χCOETZEE

> a2.b7.c2.d4.e10.f2. RACHEL MARIA ELIZABETH (χ) *Dordrecht 15-11-1910

> a2.b7.c2.d4.e10.f3. MARIA (χ) *Dordrecht 16-11-1912, †1988, χJAN PETRUS ROSSOUW *1907, †1985

> a2.b7.c2.d4.e10.f4. JOHANNES BENJAMIN FRANS (χ) *Dordrecht 24-1-1916, †Dordrecht 8-3-1994, χMARIA CHRISTINA GERTRUIDA VAN DER MERWE *1-11-1924, †Dordrecht 28-3-2001

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g1. GERT FRANS JOHANNES *Dordrecht 14-7-1949, χPort Elizabeth 29-3-1980 LOUISE HERMINE DE KOCK *15-1-1955, D/v Servaas Daniel De Kock en Francina Louisa Kriel

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g1.h1. FRANS JOHAN *Dordrecht 28-6-1981

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g1.h2. HERMINE *Dordrecht 18-3-1984

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g1.h3. MARELISE *Dordrecht 1-1-1987

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g2. ANDRIES JOHANNES *Dordrecht 7-11-1950, χELIZABETH WHIRTAL; χχ5-4-1986 MARTHA ETRECIA GROENEWALD *30-1-1964

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g2.h1. CHALEEN(χ) *30-8-1975

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g2.h2. RHODA (χ) *27-4-1980

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g2.h3. ANDRIES JOHANNES (χχ) *26-8-1988

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g2.h4. YOLANDI (χχ) *14-2-1993

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g2.h5. SIMONÉ (χχ) *1-6-1996

> a2.b7.c2.d4.e10.f4.g3. ESTELLE ELIZABETH *Dordrecht 8-11-1957, χ14-4-1978 CASPER JOHAN WILKEN *19-12-1961

> a2.b7.c2.d5. MARTHINUS CHRISTOFFEL (χ) *Driefontein, Aliwal-Noord 1848

Vermoedelik jonk oorlede. Kyk d18., waar weer 'n seun met dieselfde name gedoop is.

> a2.b7.c2.d6. HESTER MAGDALENA (χ) *Driefontein Aliwal-Noord 18-9-1850, ≈ Burgersdorp 2-2-1851,χ Aliwal-Noord 18-7-1870 HERMANUS PETRUS PHILIPPUS ROODT *1848, »Cradock 27-2-1948, †Dordrecht 24-12-1880, S/v Francois Hohannes Roodt en Sara Maria Cronje

> a2.b7.c2.d7. ADRIAAN JACOBUS (χ) *Driefontein, Aliwal-Noord 16-2-1853, ≈Burgersdorp 20-3-1853. As baba oorlede

> a2.b7.c2.d8. ELIZABETH CATHARINA (χ) *Driefontein, Aliwal-Noord 24-9-1856, ≈4-1-1857, †Hillbury, Wodehouse 9-10-1877, χGERT FRANS HENNING *1855 (a2.b7.c7.d2)

Sy is met haar eie neef getroud en is tragies deur 'n mak boesman vermoor.

> a2.b7.c2.d9. SUSANNA MARGARETHA (χ) *Aliwal-Noord 13-11-1858, ≈25-11-1858

> a2.b7.c2.d10. ANNA SUSANNA ELIZABETH PETRONELLA (χ) *Aliwal-Noord 7-12-1859, ≈8-1-1860

> a2.b7.c2.d11. GERTINA FRANCINA (χ) *Aliwal-Noord 24-8-1861, ≈29-9-1861, χAliwal-Noord 13-10-1879 PIETER WILLEM VAN HEERDEN

> a2.b7.c2.d12. GERBREG LAVINA (χ) *Aliwal-Noord 9-10-1862, ≈21-12-1862

> a2.b7.c2.d13. GERTRUIDA JACOBA ELIZABETH (χχ) *Driefontein, Aliwal-Noord 27-11-1865, ≈31-12-1865, χAliwal-Noord 5-9-1881 PIETER WILLEM DEMPSEY *1860

> a2.b7.c2.d14. CORNELIA JOHANNA CATARINA (χχ) *Driefontein, Aliwal-Noord 5-12-1867, ≈12-1-1868, χBOTHA

> a2.b7.c2.d15. THEUNIS CHRISTOFFEL (χχ) *Driefontein, Aliwal-Noord 27-2-1870, †Boksburg 7-9-1949, χBarkly-Oos MARYNA JOHANNA THERON *Aliwal-Noord Mei 1870, †Johannesburg 19-2-1941, D/v Jan Abraham Theron en sy vrou Anna Sophia, Foto 130

Theunis Christoffel het op die goudmyne aan die Oos-Rand gewerk.

> a2.b7.c2.d15.e1. MARTHINUS CHRISTOFFEL *Dordrecht 6-4-1891, ≈Dordrecht 1-11-1891, †Krugersdorp 1-6-1948, χGK Johannesburg 11-4-1911 CATHARINA HENDRINA WEYER *21-9-1893, †Krugersdorp 24-11-1956, Foto 128

Marthinus Christoffel het, net soos sy vader, op die goudmyne gewerk.

> a2.b7.c2.d15.e1.f1. MARTHA ALETTA *Greymont 6-7-1912, χPAUL J BURGER *2-2-1913, Foto128

> a2.b7.c2.d15.e1.f2. CHRISTIAAN MARTHINUS LODEWICUS *Johannesburg 27-7-1916, †Krugersdorp 2-2-1978, χKrugersdorp ANNA CATHARINA VAN WYK *19-7-1919, D/v Daniel Johannes van Wyk en Anna Catharina Pretorius, Foto 128

> a2.b7.c2.d15.e1.f2.g1. ANNA CATHARINA *1-5-1942, χHEYNS

> a2.b7.c2.d15.e1.f2.g2. CATHARINA HENDRINA *Kromdraai, Krugersdorp 6-11-1946, χKrugersdorp 10-9-1966 ALBERT EDUAN MARAIS *4-12-1943, †24-12-1988, S/v Marthinus Johannes Marais en Adelaide Mary Naude

> a2.b7.c2.d15.e1.f2.g3. MARTHINUS CHRISTOFFEL *4-3-1950

> a2.b7.c2.d15.e1.f2.g4. SUSANNA ELIZABETH *Kromdraai, distr Krugersdorp 18-5-1952, χKrugersdorp 27-6-1970 PHILLIPPUS JACOBUS WILHELMUS BOTHA *Johannesburg 27-9-1947, S/v Henning Petrus Cornelius Botha en Aletta Martha Catharina van Vuuren

> a2.b7.c2.d15.e1.f3. THEUNIS CHRISTOFFEL *Greymont 7-3-1917, Foto 128

> a2.b7.c2.d15.e1.f4. MARYNA JOHANNA *Greymont 4-4-1918, χWILLEM JACOBUS BREDENKAMP *5-9-19??

> a2.b7.c2.d15.e1.f5. MARTHINUS CHRISTOFFEL *Greymont 19-2-1920, †Greymont 4-1-1921

> a2.b7.c2.d15.e1.f6. MARTHINUS *Greymont 4-11-1921, χKrugersdorp 6-11-1953 WILHELMINA VAN NIEKERK *Greylingstad 27-11-1934

> a2.b7.c2.d15.e1.f6.g1. MARTHINUS CHRISTOFFEL *Kromdraai, Krugersdorp 15-4-1955, χKrugersdorp 5-7-1980 MARGARETHA ESTERHUIZEN *Krugersdorp 2-11-1958

> a2.b7.c2.d15.e1.f6.g1.h1. MARTINUS *Johannesburg 19-7-1982

> a2.b7.c2.d15.e1.f6.g2. RENIER *Kromdraai, Krugersdorp 25-8-1956, χKrugersdorp 11-3-1978 ALIDA SUSANNA VIVIERS *Ventersdorp 13-9-1955

> a2.b7.c2.d15.e1.f6.g2.h1. DEON *Springs 18-10-1979, χMiddelburg, Tvl 9-3-2002 ROWENA ANGELIQUE WEABER *14-9-1979

> a2.b7.c2.d15.e1.f6.g2.h1.i1. JAYDE *Middelburg,T 11-2-2005

> a2.b7.c2.d15.e1.f6.g2.h1.i2. OWEN *Middelburg, T 13-12-2006

> a2.b7.c2.d15.e1.f6.g2.h1.i3. ELJAY *Middelburg, T 15-6-2017

> a2.b7.c2.d15.e2. JAN ABRAHAM *27-1-1894, ≈Dordrecht 29-4-1894, †Johannesburg 19-7-1952, χJohannesburg AMELIA GWENDOLINE VAN NIEKERK

Gedurende die 1922 stakings was hy op 'n keer siek in die bed. Daar is toe beweer dat hy een van die stakers was en is hy in die tronk opgesluit. Hy was 'n suksesvolle en vooruitstrewende sakeman.

> a2.b7.c2.d15.e2.f1. CHRISTIAAN JACOBUS *Johannesburg 1-3-1916, †Johannesburg 3-8-1980, χBloemfontein 3-3-1941 SUSANNA ELIZABETH PRETORIUS *Dealesville 20-11-1919

Hy was hoofelektrisiën op die Rand Leases en Village goudmyne. Teen die einde van sy loopbaan het hy dikwels as mynbestuurder afgelos.

> a2.b7.c2.d15.e2.f1.g1. JAN ABRAHAM *Johannesburg 26-2-1944, χJohannesburg 25-2-1967 IONA HACK *Johannesburg 16-6-1946

> a2.b7.c2.d15.e2.f1.g1.h1. LOUSETTE *Johannesburg 12-2-1969; χJohannesburg 24-7-1997 MATTHEW ROBERT ASHTON *18-3-1966, S/v Robert Ashton en Susan Barber

Hulle het twee dogters, Simone Ashton *29-11-1997 en Hailey Ashton *23-9-2001

> a2.b7.c2.d15.e2.f1.g1.h2. JANINE *Johannesburg 5-11-1971, χPretoria 28-10-1995 FREDRIK JOHANNES DE BRUIN *Pretoria 26-3-1966, S/v Hendrik Petrus De Bruin en Antonetta Roberts

Hulle het 'n dogter en 'n seun: Cailin De Bruin *2-7-1997 en Darian De Bruin *22-1-2002

a2.b7.c2.d15.e2.f1.g2. FRANCOIS CHRISTIAN *Johannesburg 24-1-1954, χJohannesburg ALETTA CATHARINA RICHTER *Zastron 8-1-1956

> a2.b7.c2.d15.e2.f1.g2.h1. MARIE *Johannesburg 7-10-1976

> a2.b7.c2.d15.e2.f1.g2.h2. CHRISTIAN JACOBUS *Johannesburg 24-3-1979

> a2.b7.c2.d15.e2.f2. JAN ABRAHAM (of JOHN ABRAHAM) *Johannesburg 29-6-1920, †Potchefstroom 20-7-1977, χJohannesburg 30-1-1943 HESTER SOPHIA VAN DER WATH *2-12-1923

> a2.b7.c2.d15.e2.f2.g1. JAN ABRAHAM *Johannesburg 19-2-1944, †Vereeniging 28-3-1980, χCarletonville LORETTA CLERA JAMES *10-5-1946

> a2.b7.c2.d15.e2.f2.g1.h1. LORETTA CLERA *8-6-1964

> a2.b7.c2.d15.e2.f2.g1.h2. JAN ABRAHAM *19-9-1969

> a2.b7.c2.d15.e2.f2.g1.h3. FRANK ERIC*4-9-1970

> a2.b7.c2.d15.e2.f2.g2. ELSIE ROSINA *Johannesburg 26-1-1947, χCOMBRINCK

> a2.b7.c2.d15.e2.f2.g3. CORNELIUS *Carletonville 5-10-1953, †Oberholzer 9-12-1978, χCATHARINA JOHANNA TAYLOR ÷

> a2.b7.c2.d15.e2.f2.g3.h1. JOHN ABRAHAM *14-3-1976

> a2.b7.c2.d15.e2.f3. ANNIE EVELINE

> a2.b7.c2.d15.e2.f4. MARYNA JOHANNA

> a2.b7.c2.d15.e2.f5. AMELIA LEONA *16-11-1932, †Springs 27-7-2008, χFREDERICK WILLIAM PERKINS *Greymont, Johannesburg 9-6-1928, † Greymont, Johannesburg 9-6-1975

> a2.b7.c2.d15.e3. THOMAS THERON *Dordrecht 16-5-1898, †Krugersdorp 27-9-1952, χJohannesburg HESTER ANTONETTA VAN DER MERWE *Johannesburg 29-9-1902

> a2.b7.c2.d15.e3.f1. ELIZABETH MARGARET *Johannesburg 28-4-1921, χJACOBUS STRYDOM *5-7-1916

> a2.b7.c2.d15.e3.f2. THEUNIS CHRISTOFFEL *Krugersdorp 24-9-1922, †Johannesburg 10-5-1980, χBERTHA MAGRIETA VAN DER WALT *Johannesburg 25-9-1924, †29-10-1974; χχJohannesburg ISABELLA STAUDE (gebore Dickon) *14-9-1922

> a2.b7.c2.d15.e3.f2.g1. LINA *Krugersdorp 7-7-1944, χPETRUS JAKOBUS LUDICK *17-10-1940

> a2.b7.c2.d15.e3.f2.g2. THOMAS THERON *Krugersdorp 5-4-1946, χWestdene 1-5-1971 HESTER JOHANNA MARIA NIEMANN *Nigel 27-8-1948

> a2.b7.c2.d15.e3.f2.g2.h1. ETTIENE *Johannesburg 7-12-1973

> a2.b7.c2.d15.e3.f2.g2.h2. ADELE *Johannesburg 28-7-1975

> a2.b7.c2.d15.e3.f2.g3. ABRAHAM PETRUS *Krugersdorp 16-6-1947

> a2.b7.c2.d15.e3.f2.g4. HESTER ANTONETTA *27-9-1949, χALBERTUS HENDRIK MÖLLER *29-8-1946

> a2.b7.c2.d15.e3.f3. JOHANNES PETRUS *Krugersdorp 5-8-1924, χKrugersdorp 6-8-1947 HENDRIKA JACOBA SUSANNA NEL *Rustenburg 13-10-1927

> a2.b7.c2.d15.e3.f3.g1. THOMAS THERON *Krugersdorp 30-3-1949, †Krugersdorp 10-8-2022

> a2.b7.c2.d15.e3.f3.g2. LAMBERT ALBERTUS NICOLAAS *Krugersdorp 27-4-1953

> a2.b7.c2.d15.e3.f4. THOMAS THERON *Krugersdorp 26-9-1926, †Krugersdorp 4-11-1959, χKrugersdorp HELENA CLAUDINA ROETS *Waterberg 15-2-1928

Hy en sy vrou het hulle hele lewens lank vir die SA Spoorweë gewerk.

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g1. THOMAS EDWARD *Krugersdorp 28-1-1948, χJOHANNA MAGDALENA SMITH

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g2. JOHANNES PIETER *Krugersdorp 13-9-1949, †15-5-1988, χCHRISTINA JOHANNA ERASMUS *27-10-1953

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g2.h1. BELINDA * Krugersdorp 29-12-1969

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g2.h2. WAYNE * Krugersdorp 27-12-1974

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g2.h3. JACQUES * Krugersdorp 12-12-1978

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g3. THEUNIS CHRISTOFFEL *Krugersdorp 17-8-1950, χCHRISTINA MAGRITHA VOLSCHENK *26-5-1953

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g4. GERHARD *Krugersdorp 7-9-1953, †7-3-1988 Krugersdorp, χALIDA CORNELIA NEL * 29-5-1956

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g4.h1. DEAN FREDRIK * 16-4-1974 (gebore as Nel)

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g4.h2. NICO * 7-10-1976

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g4.h3. HELENA CLAUDINA * 19-2-1978, χANDRIES JACOBUS SWANEPOEL * Lichtenburg 14-3-1974. Hulle het 'n dogter, Abigail * 26-8-2004

> a2.b7.c2.d15.e3.f4.g5. JACOBUS DEON *Krugersdorp 13-6-1960, χKrugersdorp 15-2-1985 MARTHA LOUISA JOHANNA DU PREEZ *Pretoria 19-9-1955

Hy en sy vrou het nie saam kinders nie. Sy het egter vier kinders uit 'n vorige huwelik

> a2.b7.c2.d15.e3.f5. JOHANNA MARYNA *Krugersdorp 19-2-1929, χJAMES MARTIGNONE *14-6-1925

> a2.b7.c2.d15.e3.f6. JAN GEORGE (ook bekend as JOHN GEORGE) *Krugersdorp 23-12-1932, χMAGDALENA JOHANNA KEYS *25-10-1935,

> a2.b7.c2.d15.e3.f6.g1. THOMAS THERON *Krugersdorp 1-8-1955, †Pretoria 26-5-1972, Ongetroud

> a2.b7.c2.d15.e3.f7. MARTINUS CHRISTOFFEL *Krugersdorp 27-9-1935, χKrugersdorp 28-4-1955 MATHILDA LATITIA KEYS *Krugersdorp 21-7-1937, ÷ 3-11-1976, †Krugersdorp 1993; χχRandfontein 15-11-1976 MARIA CATHARINA DE KLERK (gebore DELPORT) *Luanshya, Zambië 10-4-1946

> a2.b7.c2.d15.e3.f7.g1. MAGDALENA JOHANNA (χ) *Krugersdorp 14-9-1955, χKrugersdorp 5-3-1977 CORNELIUS JOUBERT *Johannesburg 18-3-1955

> a2.b7.c2.d15.e3.f7.g2. ESTELLE (χ) *Krugersdorp 14-12-1961, χKrugersdorp 5-6-1982 ANTHONIE THEUNIS CHRISTOFFEL FOURIE *Mafeking 2-6-1957

> a2.b7.c2.d15.e3.f7.g3. MARTHINUS CHRISTOFFEL (χχ) *Randfontein 8-11-1976, χRandfontein 15-5-1999 CHARLOTTE RENÉ BERGH *Rustenburg 21-7-1978, D/v Peter Vincent Bergh en Martha Johanna Janse van Rensburg

> a2.b7.c2.d15.e3.f7.g3.h1. MARTINUS CHRISTOFFEL DONWINN * Krugersdorp 22-12-1999

> a2.b7.c2.d15.e3.f7.g3.h2. MATTHIAN * Randfontein 15-1-2005

> a2.b7.c2.d15.e3.f7.g3.h3. LUDICK *Pretoria 4-5-2009

> a2.b7.c2.d15.e3.f8. HESTER ANTONETTA *Krugersdorp 3-5-1942, χJOHANNES PAULSEN *21-4-1937

> a2.b7.c2.d15.e4. ANNA SOPHIA *Dordrecht 5-10-1900, ≈22-11-1900, χDU PLESSIS

> a2.b7.c2.d15.e5. CORNELIA JOHANNA χFREDERICK MULDER

> a2.b7.c2.d15.e6. ALETTA ELIZABETH χMARTHINUS OELOFSE

> a2.b7.c2.d16. HESTER MAGDALENA MARGARITHA (χχ) *Aliwal-Noord 27-7-1872, χCASPER JOHANNES OELOFSE

> a2.b7.c2.d17. SUSARA JOHANNA (χχ) *Aliwal-Noord 5-8-1874, χJOHANNES PETRUS BOTHMA

> a2.b7.c2.d18. MARTHINUS CHRISTOFFEL (χχ) *Aliwal-Noord 27-10-1878, ≈8-12-1878, †Zuurbron, Aliwal-Noord 19-7-1916, χAliwal-Noord ALETTA SUSANNA VORSTER *Aliwal-Noord Okt 1876, †Treurfontein, Aliwal-Noord 27-6-1919, D/v Olof Abraham Vorster *18-11-1816 en sy derde vrou Anna Catharina Elizabeth van der Merwe *5-5-1838

Marthinus Christoffel verloor sy vader toe hy slegs agt jaar oud was. Sy moeder tree hierna weer in die huwelik met Petrus Bothma van die plaas Badspruit. Daar kan afgelei word dat Marthinus Christoffel saam met sy moeder en sy ouer broers en susters op Badspruit gaan woon het.

Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902 dien hy saam met sy oudste broer, Johannes Benjamin Frans as Kaapse Rebelle in die Boere magte in die Ooste van die ZAR. Terwyl hulle in die omgewing van Komatipoort voor die Britse magte uitvlug, vlug hulle oor die Mosambiek grens en soek skuiling by die Portugese owerhede in Mosambiek. Hy word saam met sy broer en talle ander Boere en hul gesinne geïnterneer en mettertyd na Portugal oorgeplaas, waar hulle in die klooster te Alcobaca gehuisves word18.

Omdat hy 'n burger van die Kaap van Goeie Hoop was, word hy op 5-5-1902 deur 'n spesiale kommissie wat deur die Kaapse regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Sy skuldigbevinding spruit voort uit sy simpatie en helpverlening aan die Boermagte tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902. Sy vonnis was dat hy vir 'n tydperk van vyf jaar nie vir enige open­bare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. In hoostuk 13 word alle Hennings wat so gevonnis is, gelys.

Hy gaan boer mettertyd op die plaas Zuurbron, in die Aliwal-Noord distrik. Sy eggenote, Aletta Susanna, was die suster van Willem Vorster, die vader van Sy Edele B J Vorster, Eerste Minister en Staatspresident van die RSA. Twee van haar ouer susters is ook met twee Henning broers getroud, nl b1.c3.d10. Christiaan Rudolf Henning en b1.c3.d12. Alwyn Petrus Henning.

> a2.b7.c2.d18.e1. MARTHINUS CHRISTOFFEL *Aliwal-Noord 16-1-1905

> a2.b7.c2.d18.e2. ANNA CATHERINA ELIZABETH *Aliwal-Noord 28-6-1908, †15-9-1981, χDIRK VAN ZYL

> a2.b7.c2.d18.e3. OLOF ABRAHAM *Aliwal-Noord 22-11-1911, χAliwal-Noord 7-7-1942 HESTER JACOBA OPPERMAN *Tarkastad 3-2-1923, †Bloemfontein 17-2-1980

> a2.b7.c2.d18.e3.f1. MARTHINUS CHRISTOFFEL *Bethlehem 4-2-1944, χBethlehem 7-6-1970 MAGDALENA CATHARINA CORNELIA VORSTER *4-7-1946

> a2.b7.c2.d18.e4. CORNELIA JOHANNA KATHERINA *Aliwal-Noord 24-10-1915, χWILLEM HENDRIK DE BRUYN *8-2-1910, †4-1-1958

> a2.b7.c3. ELIZABETH CATHARINA (χ) *Cradock 3-10-1822, ≈Cradock 13-10-1822, † Tygerhoek, Aliwal-Noord 5-1-1861, χCradock 2-2-1840 GERT JOHANNES CORNELIS STRYDOM * 9-9-1821, † Middelburg 3-10-1890, S/v Gerrit Cornelis Strydom * 22-12-1791 en Helena Johanna Olivier * 1797

> a2.b7.c4. HESTER MAGDALENA(χ) *Cradock 17-4-1825, ≈Cradock 3-10-1825, † Lemoenfontein, Aliwal-Noord 27-7-1885, χCradock 1-1-1843 PHILIPPUS ARNOLDUS OLIVIER, S/v Jan Hendrik Olivier en Judock Marianne Adriana Kleynhans

> a2.b7.c5. GERT FRANS *Brakrivierwyk, Cradock 30-5-1827, ≈23-12-1827, †Ezelshoek, Middelburg Kaap 21-9-1894, χCradock 30-1-1853 ANNA JACOBA BLOM *Graaff-Reinet Okt 1835, †Klipplaat, Achter de Sneeuwberg, Cradock 14-4-1865, D/v Lambert Johannes Blom en Maria Aletta Vorster; χχCradock 4-9-1865 ELIZABETH MARGARETHA GROBBELAAR (weduwee Grobbelaar) *Middelburg Kaap 17-5-1841, †Ezelshoek, Middelburg 3-8-1897, D/v Willem Pieter Grobbelaar en Hendrina Magdalena Jansen

Daar kan aanvaar word dan Gert Frans as 'n jong seun saam met sy ouers vanaf Cradock, dieper die binneland ingetrek het, en hulle bo in die Kramberge (vandag Aliwal-Noord distrik) gevestig het. Na sy troue het hy egter weer Suidwaarts getrek na die gebied agter die Sneeuberg, tussen Cradock en Graaff-Reinet, waar hy en sy eggenote hulle op die plaas Klipplaat gevestig het. Al hulle kinders word hier gebore. Kort na die geboorte van hulle sesde kind, Pieter Barend, tree komplikasies in en beide moeder en baba sterf. Gert Frans tree hierna met die weduwee Grobbelaar (ook 'n gebore Grobbelaar) in die huwelik, en hierdie egpaar woon tot die tweede helfte van 1867 op Klipplaat. 'n Brief gedateer 15 April 1867, wat Gert Frans vanaf Klipplaat aan sy half broer Olivier geskryf het, wat tot vandag toe in besit van die skrywer is, bevestig dit. Gert Frans en sy gesin verhuis gedurende Junie 1868 na 'n plaas met die naam Kleinkloof (in 'n brief gebruik hy die spelling Klynkloof). Hulle woon egter nie lank hier nie, want teen Mei 1870 het hulle reeds hulle intrek op die plaas Ezelshoek, in die distrik Middelburg, geneem. Hy en sy tweede eggenote woon die res van hulle lewens op Ezelshoek.

> a2.b7.c5.d1. GERT FRANS JOHANNES (χ) *Achter de Sneeuwberg, Cradock 16-4-1855, ≈2-7-1855, †Olievenboom, Middelburg Kaap 26-3-1941, χMiddelburg MAGDALENA ZACHARIJDA JANSEN VAN RENSBURG *Middelburg Kaap Aug 1857, †Middelburg Kaap 13-2-1929, D/v Willem Lodewicus Jansen van Rensburg en sy eggenote Anna Francina

As jong seun het Gert Frans Johannes op die plaas Ezelshoek groot geword. Na sy huwelik woon hy en sy eggenote steeds op Ezelshoek. Al hulle kin­ders word hier gebore. Gedurende die jare 1892/93 was hy ouderling in die Middelburg gemeente van die NG Kerk. Teen die einde van sy lewe woon hy op die plaas Olievenboom, in die distrik Middel­burg.

> a2.b7.c5.d1.e1. GERHARDUS FRANCOIS *Ezelshoek, Middelburg Kaap 16-6-1878, ≈ 25-8-1878, †Middelburg Kaap 1-11-1918, χGraaff-Reinet 10-11-1900 ALETTA CATHARINA FERREIRA *Graaff-Reinet Des 1877, †Middelburg Kaap 27-6-1943, D/v Gert Thomas Ferreira en sy eggenote Helena, Foto 131

Gerhardus Francois en sy oudste seun, wat na hom vernoem is, sterf albei, binne enkele dae na mekaar tydens die groot Griep epidemie van 1918.

> a2.b7.c5.d1.e1.f1. ALETTA CATHARINA *Middelburg Kaap 27-6-1901

> a2.b7.c5.d1.e1.f2. GERHARDUS FRANCOIS *Middelburg Kaap 1903, †Middelburg Kaap 9-11-1918

Hy en sy vader sterf nege dae na mekaar aan Spaanse griep, tydens die groot griep epidemie van 1918.

> a2.b7.c5.d1.e1.f3. DIAZ FERREIRA *Middelburg Kaap 4-5-1906, χMiddelburg Kaap 22-3-1938 CATHARINA MARTHA SCHOLTZ *De Rust 26-12-1910, Foto 132

Hy het vir meer as vyftig jaar lank by Boere-Saamwerk Bpk gewerk.

> a2.b7.c5.d1.e1.f3.g1. ALMA CORNELIA *Middelburg Kaap 17-1-1939, †Middelburg Kaap 23-2-1975, χMiddelburg Kaap 1-10-1961 MANIE MARITZ GROBLER *Hanover 24-1-1938

> a2.b7.c5.d1.e1.f3.g2. MONICA *Middelburg Kaap 8-6-1943, χMiddelburg Kaap 12-1-1964 DIRK JACOBUS SUTHERLAND *De Aar 1-2-1943

> a2.b7.c5.d1.e1.f4. WILLEM LODEWICUS *Middelburg Kaap 1-7-1908, †14-1-1983, χSABLE GRACE STOPFORTH *Knysna 18-4-1910

Gerbore te Middelburg Kaap. Sy vader, ouer broer en suster sterf agv van die 1918 griep epidemie toe by 10 jaar oud was en moes sy moeder alleen die oorblywende kinders grootmaak. Hulle moes die plaas verlaat en dorp toe trek. Na matriek het hy begin werk by die plaaslike kragsentrale en geleer hoe om op diesel enjins te werk en pas en draai werk te doen. Hy begin verder studeer in ingenieurswese en kry 'n pos in Knysna om tweede in bevel te wees van die kragsentrale. In die jare voor Eskom het elke dorp sy eie kragsentrale, gehad, wat gewoonlik met diesel enjins aangedryf is. In hierdie tyd ontmoet hy vir Sable Stopforth, raak later verloof en kry werk in Bredasdorp by hulle kragsentrale, maar sy verloofde bly aan in Knysna. In daardie dae kon hulle nie telefonies in verbinding tree nie. Die afstand raak te veel en hy trek toe later terug Knysna toe waar hulle getroud is, maar kry toe die pos in beheer van die Douglas kragsentrale. Hy trek toe Douglas toe en sy vrou moes 3 maande kennis werk voordat sy by hom kon aansluit. Oor die jare speel hy rugby vir Suid Westelike Distrikte en Griekwas. Sy enigste seun is op 1 Junie 1938 gebore. Met die uitbreek van die Tweede Wêreld oorlog sluit hy aan by die weermag maar die plaaslike munisipaliteit kry snuf in the neus en doen aansoek by the owerhede dat aangesien hy 'n essensiele diens lewer hy as 'n sleutel figuur beskou word en as sulks deur die weermag aangewys word om sy huidige pos te beklee tot verdere kennisgewing. Die gevolg is dat hy daar vasgevang is totdat die oorlog verby is, geen aanpassing in salaris vir bykans 6 jaar nie en dit nieteenstaande die feit dat soveel as drie skofwerkers op een dag bedank het om by die weermag aan te sluit. Toe die oorlog verby is kry hy die geleentheid om 'n werkswinkel en motorhawe besigheid waar al die boere se landhou inplemente versien kon word te koop en in vennootskap te gaan met iemand anders in Smithfield. Aangesien hy op 'n plaas groot geword het was hy altyd baie lief vir boerdery en jag. In die laat 50’s kry hy die geleentheid om Paarl toe te trek en die pos van meganiese superintendent vir die munisipaliteit te word en om verantwoordelik te wees vir al die instandhouding van al die meganiese toerusting soos pompe wat water en riool pomp vir the dorp, alle voertuie en ook vir die munisipale werkswinkel. Hy tree af op die ouderdom van 65 en trek King Williams Town toe waar sy seun woon en werk. Daar was min goed wat hy nie kon ontwerp en maak nie en hy was altyd besig in sy motorhuis met een of ander projek. Hy en sy eggenote het hier in hulle huis gewoon tot sy dood.

Sable Grace is gebore in Knysna waar haar vader as hoefsmit en kleinboer en haar ma as onderwyseres by Zuurvlakte Primêre Skool naby Reenendal gewerk het en is een van 4 kinders. Sy verlaat skool in Std 8 en begin werk in 'n administratiewe hoedanigheid en later as boekhouer in Knysna. Haar ouers het na haar ma se aftrede na die dorp verhuis. Die storie word vertel dat hulle met ossewaens gaan kamp het en omdat daar geen yskste was nie hulle hoenders in hokke gehad wat onder die wa vasgemaak was, sodat hulle vars eiers en vleis kon hê vir die vakansie. Toe hulle deur 'n rivier gaan met die wa was die watervlak hoër as wat hulle gedink het en al die hoenders het versuip. In hierdie tyd het haar pa ook 'n model T Ford aangeskaf. Na sy die huis verlaat het, het sy en haar suster 'n kamer gehuur op die dorp. Sy was 'n uitstekende tennisspeler en baie musikaal en het graag klavier gespeel en gesing, maar kon nooit note lees nie en het alles op gehoor gedoen maar mens sou dit nooit kon sê nie. Sy het in the NG kerkkoor gesing en was op dieselfde tyd die orreliste van die Methodiste kerk en was die klavierspeler in 'n plaaslike orkes wat by danse opgetree het. In die dae voor daar klank was by die ou swart en wit rolprente het sy die klavier gespeel en moes musiek uitdink wat pas by wat op die beeld aangaan. Sy ontmoet haar man en hulle trou later en verhuis na Douglas waar haar eerste en enigste kind gebore is. Sy raak later betrokke by hul besigheid in Smithfield. Nadat hulle verhuis het na Paarl, werk sy by die Royal Bakpoeier Maatskappy tot haar aftrede toe sy en haar eggenoot King Williams Town toe trek, waar haar seun gewerk het. Na haar eggenoot se dood bly sy eers in 'n woonstel en sterf later in die ouetehuis op die dorp.

> a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1. EDGAR FRANK *Douglas 1-6-1938, †Oos-Londen 19-5-2019, χBloemfontein 13-4-1963 MARJORIE GOUS *Bloemfontein 18-6-1938, D/v Andries Stefanus Matteus Gous en Ethel Muriel Moss

Gebore te Douglas waar hy begin skoolgaan. Verhuis later saam met ouers na Smithfield. Hy matrikuleer in die eerste klas aan die Smithfield Hoërskool. Daar is nie geld om voltyds by 'n Universiteit te studeer nie en hy begin dadelik sy klerkskap by 'n prokureurs praktyk op die dorp. Hy begin regte studeer deur Unisa en voltooi sy eerste jaar. In sy tweede jaar word hy opgeroep vir diensplig en keer eers terug teen die middel van die jaar - te laat om die akademiese jaar te voltooi. Hy voltooi sy tweede jaar deur Unisa in die derde jaar van sy klerkskap. Na oorlegpleging met sy prinsipaal en ten einde meer ondervinding in 'n stadspraktyk op te doen word sy leerkontrak sedeer na 'n praktyk in Bloemfontein waar hy sy leerkontrak voltooi, terwyl hy sy studies by die Universiteit van die Oranje Vrystaat voltooi. In hierdie tyd ontmoet hy vir Marjorie Gous wat as sekretaresse werk by dieselfde praktyk. Hulle raak verloof en trou. In die tussentyd kwalifiseer hy as 'n prokureur. Hulle eerste kind, 'n seun, is gebore in Bloemfontein en hy besef dat daar geen vooruitsig om 'n vennootskap by die firma waar hy gekwalifiseer het, te word nie en kry 'n geleentheid om by 'n praktyk in King Williams Town aan te sluit waar daar twee ou vennote is wat iemand jonger soek om hulle te help.

Hulle raak 'n dogter ryker omtrent 'n jaar na hulle in King Williamstown aankom. Hy doen intussen sy aktes en notariele eksamens en word kort daarna 'n vennoot. In 1972 sterf die senior vennoot en die ander vennoot is amper reg om af te tree. Op 'n jong ouderdom word hy senior vennoot en hulle groei die firma tot daar later 6 vennote is en omtrent 50 personeel. Toe die Ciskei in 1981 onafhankikheid kry, was hy nou betrokke by al die ontwikkeling en het hy namens die ontwikkelingskorporasie opgetree. In hierdie tyd het hulle ook 'n tweede praktyk in Bisho begin om the staat se werk to hanteer. Hy was ook eksaminator vir die akte eksamen vir die Oos-Kaap gebied, lid van die Transkei se dorperaad en voorsitter van die Ciskei se dorperaad. Hy is baie lief vir houtwerk en sit al sy kaste in sy strandhuis in. Hy tree af op die ouderdom van 60 en werk daarna vir 5 jaar deeltyds as 'n konsultant by sy ou firma en verhuis na Oos London waar sy dogter woon. Op 65 tree hy heeltemal af en woon nog steeds met sy eggenote in Oos London.

Marjorie is gebore in Bloemfontein en toe sy twee jaar oud was het haar vader in the Tweede Wêreld Oorlog in Oos-en Noord Afrika diens gedoen. Haar moeder moes alleen omsien na die gesin waarvan die jongste gebore is na haar man reeds in Afrika diens gedoen het. Sy is die middelste van drie kinders en het uitgeblink in sang. Sy het die skool in std 8 verlaat en begin werk as 'n tikster en het deeltyds haar handelsmatriek voltooi by die tegniese kollege in die aande. Sy ontmoet haar eggenoot by the prokureurs firma waar sy as 'n sekretaresse werk en raak verloof en trou later. Sy hou op om te werk na haar seun Alan se geboorte en maak daarna voltyds haar kinders groot tot hulle skool verlaat. Oor die jare is sy baie betrokke by die kerk se Vroue Werksgeselskap en raak bekend vir haar bak en brei vaardighede. Sy werk op 'n stadium oggende by die Christelike Maatskaplike Raad as sekretaresse en help uit as sekretaresse by haar kinders se skool per geleentheid. Sy raak baie bekend by die onthaal van mense en spyseniering vir funksies. Gedurende hierdie tydperk van haar lewe dien sy ondermeer as sekretaresse van die kankervereniging en voorsitster van die VLU tak. Na haar kinders universiteit toe is begin sy voltyds werk as skoolsekretaresse by Dale College op die dorp en tree af toe haar man aftree.

> a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1. ALAN FRANK *Bloemfontein 26-6-1964, χPort Elizabeth 3-7-1988 CARON CAMPTON *Benoni 18-4-1967, D/v Thomas Stuart Knight Campton *Leicester, Engeland 9-8-1928 en Valmay Vera Leibbrandt *27-7-1937

Gebore in Bloemfontein, maar sy ouers verhuis toe hy 9 maande oud was na King Williams Town, waar hy grootword. Hy gaan skool by De Vos Malan skool van Sub A tot Matriek in 1981. Hy verwerf B Pharm graad deur Universiteit van Port Elizabeth in 1988 en trou in daardie jaar met Caron Campton, Hulle verhuis na Oos Londen waar hy sy internskap doen by Kirkman en Wessels kleinhandel apteek in 1989. Hy werk as apteker vir 7 jaar by die Departement Gevangenisdiens en word vinnig bevorder na senior en later tot eerste apteker en kry rang van kaptein voordat die Gevangenisdiens gedemilitariseer het. Verwerf MBA graad deur Heriot Watt Universiteit in Edinburgh in Verenigde Koninkryk in 1995. Al drie hulle kinders is ook in hierdie tyd gebore. Koop eie apteek in 1997 en verkoop na 4 jaar. Werk by Klinimed, die besigste apteek in Port Elizabeth en verhuis na Worcester in 2004 om te werk by Quenets Apteek as apteker en bestuurder. Na veranderinge in die pryswetgewing vir apteke, verlaat hy Quenets apteek, wat 'n privaat apteek is en begin vir die Shoprite groep werk as apteekbestuurder by Medirite Mountain Mill in Worcester in 2008 waar hy tans nog in diens is.

Caron is gebore in Benoni, maar verhuis op jong ouderdom na Port Elizabeth. Gaan skool by Westleigh Primêre skool en matrikuleer by Alexanderweg Hoërskool in 1985. Sy is baie lief vir musiek en speel orrel en tromboon. Verwerf Nasionale Diploma in Diagnostiese Radiografie deur die Port Elizabeth Tegnikon aan die einde van 1988 en trou met Alan Henning. Werk vir een jaar in Oos Londen by Frere Hospitaal en vir 2 jaar in Uitenhage by Dr Vosloo en vennote as radiografis. Stop werk toe Tyla haar eerste kind gebore is en bly tuis om kinders groot te maak. Werk deeltyds in man se apteek van 1997 tot 2000 in administratiewe rol en later by Klinipharm apteek en doen deeltyds locum sessies as radiografis by Walmer Medicross se X- straal afdeling. Verhuis in 2004 na Worcester en begin in 2008 voltyds werk by Worcester Hospitaal as radiografis. Verwerf sertifikaat in Mammografie deur Cape Peninsula University of Technology in 2010. Is in beheer van kwaliteitsversekering in departement, asook die mammografie afdeling en werk tans nog as 'n senior radiografis by Worcester hospitaal.

> a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1.i1. TYLA *Port Elizabeth 17-12-1991, χRobertson 23-9-2018 IWAAN SCHELL *Wellington 16-3-1990, S/v Alex Schell *Dannenberg, Elbe, Duitsland 25-4-1967 en Cecelia Groenewald *24-3-1965

Gebore in Port Elizabeth en gaan skool by Sunridge Primêre skool. Verhuis na Worcester in 2004 en voltooi skoolloopbaan by Worcester Gimnasium en matrikuleer in 2010. Verwerf BA Grafiese Ontwerp graad van Midrand Graduate Institute in Durbanville in 2013. Begin dadelik werk by APL Kartonne, 'n firma wat riffelkartonverpakking vir verskeie bekende landbou- en ander industrieë voorsien en in Worcester gevestig is en word vinnig bevorder van assistent grafiese ontwerper na grafiese ontwerper en beklee tans nog die pos. Raak in Oktober 2017 verloof aan Iwaan Schell wat 'n B Ed graad deur UNISA verwerf aan einde van 2017 en begin werk het as onderwyser by Strand Hoërskool aan die begin van 2018. Hulle beplan om in September 2018 te trou. Tyla studeer tans deeltyds vir 'n BBA in Bemarkingsbestuur graad deur die Institute of Marketing Management en hoop om dit teen die einde van 2018 te voltooi. Sy hoop om die advertensiebedryf te betree. Sy is baie lief vir teken, skilder en lees.

> a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1.i2. WESLEY FRANK *Port Elizabeth 23-2-1994

Gebore in Port Elizabeth en gaan skool by Sunridge Primêre skool. Verhuis na Worcester in 2004 en voltooi skoolloopbaan by Worcester Gimnasium en matrikuleer in 2012. Verwerf B Com Bemarkingsbestuur graad cum laude by Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom aan einde 2015 en Honneursgraad in 2016. Werk by Cummins Afrika en Midde Ooste in gegradueerde ontwikkelingsprogram in Sandton gedurende 2017, in 'n marknavorsingshoedanigheid en kry permanente aanstelling vir 2018. Hy werk tans as verkoopsverteenwoordiger vir buurlande in Suider Afrika. Hy is entoesiasties oor liggaamsbou en oefen en kom eerste in sy kategorie in Mpumalanga liggaamsboukompetisie in 2017.

> a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h1.i3. MARCUS JOHN *Port Elizabeth 8-9-1995

Gebore in Port Elizabeth en gaan skool by Sunridge Primêre skool. Verhuis na Worcester in 2004 en voltooi skoolloopbaan by Worcester Gimnasium en matrikuleer in 2013 met 6 A’s. Hy behaal sy B Ing (Meganiese Ingenieurwese) graad aan die einde van 2018 aan die Universiteit van Stellenbosch en begin daarna werk as ontwerp-ingenieur by Wesant Manufacturing in Pinetown. Hulle ontwerp en vervaardig hysers.

> a2.b7.c5.d1.e1.f4.g1.h2. NATALIE *King Williamstown 19-8-1966, χBRIAN SYDNEY LAUBSCHER *9-1-1964, S/v Sydney Robert Laubscher *30-5-1938 en Aletta Sophia Meyer *19-6-1939

Gebore in King Williams Town en gaan skool by Hoërskool De Vos Malan van Sub A tot Matriek. Matrikuleer in 1983 met A gemiddeld en is hoof meisie. Verwerf B Pharm graad deur Universiteit van Port Elizabeth in 1988. Doen internskap by Frere Hospitaal in Oos Londen. Registreer as apteker aan einde 1989 en skuif later na St Dominiques privaathospitaal. Trou met Brian Laubscher. Hulle het 2 kinders, Russel en Sarah. Sy en haar man koop Cambridge Apteek in Oos Londen in Januarie 1994. Sy en haar man word deur Rite-Aid kleinhandel apteekgroep in Amerika gewerf en verhuis in Maart 2006 na hulle apteek verkoop is. Hulle woon in Grants Pass in Oregon, waar hulle albei as aptekers werk.

Brian is in Oos Londen gebore en matrikuleer by Cambridge Hoërskool in 1981. Verwerf B Pharm graad by Rhodes Universiteit in Grahamstad 1985. Baie lief om golf te speel en 'n groot rugby entoesias. Eerste deel van loopbaan as apteker gewerk by Frere Hospitaal in Oos Londen en werk later by Amalinda Kleinhandelapteek voor hy sy eie apteek koop. Verkoop apteek en verhuis na Amerika waar hy as apteker werk in Grants Pass in Oregon.

> a2.b7.c5.d1.e1.f5. MAGNUS ZACHARIAS *Middelburg Kaap 22-1-1912, †Ashton 19-9-1987, χGERTRUIDA JACOBA BADENHORST DELPORT *3-3-1917, †Ashton 11-8-1991

> a2.b7.c5.d1.e2. ANNA FRANCINA JOHANNA *Ezelshoek, Middelburg Kaap 20-7-1879, ≈3-8-1879, χIGNATIUS WILHELM OLIVIER

> a2.b7.c5.d1.e3. ANNA JAKOBA *Ezelshoek Middelburg Kaap 29-3-1881, ≈12-6-1881, χGraaff-Reinet 7-1-1902 JOHANNES HENDRIK VAN LINGEN *2-8-1875

> a2.b7.c5.d1.e4. WILLEM LODEWICUS JANSEN *Ezelshoek, Middelburg 24-12-1882, ≈25-2-1883, χMiddelburg ANNA MEYERS *Graaff-Reinet 2-5-1887, †11-4-1943, D/v Charles Meyers en sy vrou Christina Jacoba, Foto D142

> a2.b7.c5.d1.e4.f1. CHRISTINA JACOBA *Middelburg 12-12-1912, χJ L JOUBERT

> a2.b7.c5.d1.e4.f2. GERHARDUS FRANCOIS *Middelburg 15-11-1914

> a2.b7.c5.d1.e4.f3. MAGDALENA ZACHARYDA *Middelburg 11-11-1916, χANDRIES BISCHOFF

> a2.b7.c5.d1.e4.f4. CHARLES MEYERS *Middelburg 23-7-1917, †28-7-1970, χRiviersonderend 23-1-1943 JACOBA MARYNA JOHANNA VAN DYK *4-1-1913, † 19-2-2005, D/v Jacobus Johannes van Dyk en Lovina Elizabeth Groenewald

> a2.b7.c5.d1.e4.f4.g1. WILLEM JACOBUS *Middelburg, K 19-9-1952, χ31-5-1980 MARIA MAGDELENA LUBBE *28-7-1956, D/v Willem Jacobus van Wyk Lubbe *9-1-1930 en Lea Jacoba Fourie *15-5-1935, Foto's D143 en D167

> a2.b7.c5.d1.e4.f4.g1.h1. CHARLES MEYERS *8-3-1981, χPorterville 6-5-2017 CHANTELLE GRIFFITHS * Paarl 4-6-1986, Foto's D143, D167 en D168

> a2.b7.c5.d1.e4.f4.g1.h1.i1. CHARLES JACOBUS *23-8-2018, Foto D168

> a2.b7.c5.d1.e4.f4.g1.h1.i2. CHRISTE-LEE *16-7-2022

> a2.b7.c5.d1.e4.f4.g1.h2. WILLEM JACOBUS LUBBE *10-4-1983, Enkellopend, Foto's D143 en D167

> a2.b7.c5.d1.e4.f4.g1.h3. LEAMARIE *16-8-1985, χ16-7-2016 OWEN SAMUEL ACKERMANN *15-6-1986, Foto's D143 en D167

Lea-Marie en haar man Owen Samuel Ackermann het mekaar in Augustus 2015 by 'n 'Boeremusiek Gilde’ byeenkoms in Mosselbaai gesien. Drie maande later ontmoet hulle mekaar en op die 2de Februarie 2016 vra Owen haar om sy vrou te word. Vyf maande later, 16 Julie 2016 beloof hulle trou aan mekaar.

> a2.b7.c5.d1.e4.f4.g2. LOVINA ELIZABETH *Middelburg, K 13-3-1955, χHENDRIK JOHANNES FOURIE *7-7-1955

> a2.b7.c5.d1.e4.f5. WILLEM LOCEWICUS JANSEN *Middelburg 23-8-1921, χPearston 4-8-1945 JEANETTE JOHANNA CORNELIA BOTHA *Graaff-Reinet 18-3-1925; χχGraaff-Reinett 16-8-1975 MIRIAM HENNING *Cradock 30-3-1924, b10.c6.d3.e2.f1., Foto D109

> a2.b7.c5.d1.e4.f5.g1. JEANETTE ANNA *Middelburg 4-7-1946, χVAN DYK ÷

> a2.b7.c5.d1.e4.f5.g2. MEYRA *Middelburg 16-1-1951, χMiddelburg 4-12-1971 JOHAN ADRIAAN VENTER

> a2.b7.c5.d1.e4.f5.g3. WILMA LOUISE *Middelburg 29-3-1954, χBloemfontein 4-2-1972 ROBERT HENRY WIGGETT *30-4-1946

> a2.b7.c5.d1.e5. MAGDALENA ZACHARIJDA *Ezelshoek, Middelburg 6-9-1885, ≈25-10-1885, χP J FOUCHE

> a2.b7.c5.d1.e6. MARIA DOROTHEA SUSANNA *Ezelshoek, Middelburg 7-9-1891, ≈27-9-1891, χF CAMPHER

> a2.b7.c5.d1.e7. PETRUS JOHANNES *Ezelshoek, Middelburg 18-9-1898, ≈27-11-1898. Skynbaar baie klein oorlede

> a2.b7.c5.d2. LAMBERTUS JOHANNES (χ) *Achter de Sneeuwberg, Cradock 17-11-1856,≈ 26-12-1856, †Badfontein, Trompsburg 6-12-1929, χ Graaff-Reinet 21-2-1883 JOHANNA HENDRINA ROUSSOUW *Graaff-Reinet 1860, †Soetfontein, Middelburg 12-8-1889, D/v Petrus Adriaan Rossouw en Johanna Elizabeth Haarhoff; χχANNA SOPHIA VORSTER, Foto 133

> a2.b7.c5.d2.e1. JOHANNA ELIZABETH (χ) *Ezelshoek, Middelburg 25-1-1884, ≈9-3-1884, †Thaba Nchu 18-6-1950, ongetroud, Foto 133. Onderwyseres

> a2.b7.c5.d2.e2. GERT FRANS (χ) *Ezelshoek, Middelburg 20-1-1887, †Bloemfontein 18-8-1958, χ Wepener 5-11-1913 JOHANNA MACHEL PETRONELLA JACOBS *4-4-1889, Foto 133, 134

Hulle boer op die plaas Eureka, distrik Brandfort

> a2.b7.c5.d2.e2.f1. ADRIANA JOHANNA ELIZABETH *Edenburg 9-12-1914, ≈Trompsburg 7-2-1915, †Pretoria 20-11-1989, χ30-1-1943 JOHANNES PETRUS DREYER †31-5-1959

Adriana was vir meer as 30 jaar lank 'n vrywillige helper by die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens. Sy is een van 'n klein groepie mense wat meer as 200 liter bloed geskenk het

> a2.b7.c5.d2.e2.f2. LAMBERTUS JOHANNES HERTZOG *Edenburg 22-6-1917, ≈Trompsburg 2-9-1917, †Bloemfontein 10-9-1976, χBloemfontein 15-8-1954 MARIA ELIZABETH HENNING (b1.c3.d8.e1.f3.g3.) *Warden 14-3-1930, Foto 134

> a2.b7.c5.d2.e2.f2.g1. JOHANNA MARTHINA *Bloemfontein 12-11-1954, SIEGFRIED ERASMUS *27-1-1948

> a2.b7.c5.d2.e2.f2.g2. PETRO *Bloemfontein 3-2-1963, χBloemfontein 22-3-1986 PIETER GEORGE RUDOLPH STEYN *20-12-1962, S/v Hendrik J Steyn en Dorothy Thom

> a2.b7.c5.d2.e2.f2.g3. LAMBERTUS JOHANNES *Bloemfontein 24-10-1970

> a2.b7.c5.d2.e2.f3. JOHANNA ELIZABETH *27-6-1919, χCHRISTIAAN OLIVIER

> a2.b7.c5.d2.e3. ANNA JACOBA BLOM (χ) *Slootfontein, Middelburg 27-7-1889, ≈15-9-1889, †Middelburg 15-3-1890

> a2.b7.c5.d2.e4. LAMBERTUS JOHANNES (χχ) *De Poort, Middelburg 27-5-1892, ≈24-7-1892. Skynbaar jonk oorlede

> a2.b7.c5.d2.e5. MARIA MAGDALENA ELIZABETH (χχ) *De Poort, Middelburg 4-7-1894, ≈26-8-1894, χDIRK CORNELIS BADENHORST

> a2.b7.c5.d2.e6. BAREND JOHANNES (χχ) *De Poort, Middelburg 27-1-1897, ≈21-3-1897, †Badsfontein, Trompsburg 2-12-1940, χThaba Nchu JACOBA JOHANNA DU TOIT

> a2.b7.c5.d2.e6.f1. FRANCINA SUSANNA *24-6-1926

> a2.b7.c5.d2.e6.f2. ANNA SOPHIA *12-3-1929

> a2.b7.c5.d2.e7. PIETER BAREND (χχ) *De Hoek, Middelburg 6-9-1900, ≈16-9-1900. Skynbaar jonk oorlede

> a2.b7.c5.d2.e8. ANNA JACOBA (χχ) *12-3-1904, ≈Fauresmith 1-5-1904

> a2.b7.c5.d2.e9. ALIDA DOROTHEA (χχ) *27-9-1909, ≈Trompsburg 31-10-1909

> a2.b7.c5.d3. DOROTHEA MARIA (χ) *Achter de Sneeuwberg 5-9-1858, ≈4-10-1858, χKAREL THEODORUS MULLER WILCOCKS

> a2.b7.c5.d4. MARIA ALETTA (χ) *Achter de Sneeuwberg 27-8-1860, ≈7-10-1860

> a2.b7.c5.d5. DANIËL STEPHANUS (χ) *Achter de Sneeuwberg 26-4-1862, ≈29-6-1862

> a2.b7.c5.d6. PIETER BAREND (χ) *Klipplaat, Achter de Sneeuwberg, Cradock 27-3-1865, †Klipplaat, Cradock 25-10-1865

Sy moeder sterf kort na sy geboorte en hyself enkele maande later.

> a2.b7.c5.d7. PIETER BAREND (χχ) *Klipplaat, Achter de Sneeuwberg, Cradock 21-3-1867, ≈26-5-1867, †Sunnydale, Rouxville 25-8-1940, χAliwal-Noord Methodist Kerk 26-11-1897 SUSANNA MAGDALENA HENNING (a2.b7.c8.d10.) *Damfontein, Aliwal-Noord 14-4-1874, †Sunnydale, Rouxville 30-8-1938, Foto 136

Pieter Barend en sy eggenote was half neef en nig­gie. Hulle vaders was halfbroers — dieselfde vader, dog verskillende moeders. Voor sy huwelik woon hy by sy ouers op hulle plaas Ezelshoek in die Middelburg distrik en sy by haar ouers op die plaas Damfontein, Aliwal-Noord. Na hulle huwelik woon hulle 'n ruk lank in die Aliwal-Noord distrik. Kort na die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902 koop hul­le egter die plaas Sunnydale in die Rouxville distrik, waar hulle tot en met hulle dood woon.

> a2.b7.c5.d7.e1. MABEL *Aliwal-Noord Jun 1899, †25-5-1981, Ongetroud, Foto 136

> a2.b7.c5.d7.e2. CECIL REDVERS *Aliwal-Noord 18-10-1900, †Durban 26-4-1987, χUitenhage 8-4-1929 SYLVIA MAUD RUDMAN *Uitenhage 16-10-1902, †Uitenhage 14-8-1975, D/v Samual Rudman *29-10-1870 and Sarah johanna Coetzee *1870, Foto's 136, D161 en D164

Cecil Henning and his wife, Sylvia were hard working and had good business sense. They built an apartment building in Port Elizabeth and named it Grenville Mansions, after Cosmo Grenville Henning. Later they sold the apartment building and in the late 1940s started a transportation business out of Uitenhage. Cecil and his son Cosmo traveled to California, USA and bought a fleet of GMC buses. The buses were imported to Port Elizabeth but arrived in many pieces and without an owners instruction manual. Cecil therefore had to assemble each bus by hand using his mechanical knowledge. This is how Henning Bus Service came into being. The bus service also served Redhouse, Despatch and Port Elizabeth. Buses were always in waiting at the Uitenhage Railway Station and towns where the train stopped such as Swartzkop Station which was a major stop for Johannesburg and some of the eastern cities. The business operated successfully for many years under the ownership and management of Cecil and Sylvia and was regarded as being the first bus service in Uitenhage. The going concern was eventually sold in the late 1960s.

> a2.b7.c5.d7.e2.f1. COSMO GRENVILLE *Uitenhage 20-4-1932, †Vishoek 28-12-1999, χRotherham, Engeland 23-12-1961 JOYCE ROEBUCK *Rotherham, Engeland 6-3-1933, D/v Charles Edward Roebuck *5-5-1905 en Annie Gertrude Clayton *1904, Foto D162

Prof Cosmo Grenville Henning verwerf verskeie akademiese kwalifikasies, waarvan die belangrikstes die D Phil (UP), M Mus (UP) en F.T.C.L. is. Hy is 'n uit­ne­men­de kultuur-historikus, musikoloog en argivaris. Uit sy pen het onder andere die navorsingswerk “Graaff-Reinet 1786-1886 A Cultural History” ver­skyn. Hy lewer ook bydraes tot die Suid-Afrikaanse Musiekensiklopedie en die Suid-Afri­kaanse Biogra­fie­se Woordeboek. Hy dien as die Direkteur, Doku­men­tasie­sentrum van die Uni­ver­si­teit van Durban-Westville, waar hy verant­woor­delik was vir die stig­ting van 'n argief, doku­men­tasie­sentrum en museum vir die Suid-Afrikaanse Indiër gemeenskap.

Joyce, the wife of Cosmo was a teacher for children with special needs. She was also very active in the Methodist church. After Cosmo’s death in 1999, she married Clifford Smith in 2008.

> a2.b7.c5.d7.e2.f1.g1. PAUL ROEBUCK *Graaff-Reinett 9-4-1963, χSaratov, Rusland 19-2-2002 EKATERINA KOSMAENKO *Saratov, Rusland 19-4-1972, D/v Oleg Michailovich *3-11-1949 en Elena Anatolivna Garavo *Saratov, Rusland 10-1-1948 Foto's D166 en D169

Paul Roebuck Henning is Mede-Professor in Noodgeneeskunde by die Universiteit van Suid-Alabama in die Verenigde State van Amerika. Hy tree ook op as Mediese Direkteur by die "Orange Beach Fire Department".

Sy pa het hom reeds in die 1980’s beinvloed om sy studies in die VSA te behaal, omdat hy toe reeds voorspel het dat dinge in Suid-Afrika baie gaan versleg. Paul het dus by verskeie universiteite in die VSA aansoek vir toelating gedoen. Weens die verswakkende waarde van die Rand was meeste onbekostigbaar, maar hy is in 1986 by die Universiteit van Suid-Alabama in Mobile aanvaar om 'n Baccalaureus graad in Natuurwetenskappe, met paramediese studies te volg. In 1988 behaal hy die graad Baccalaureus in Natuurwetenskap (B.S) cum laude.

Hierna slaag hy in die kwalifiserende “EMT-Paramedics” eksamen in Alabama. Tydens sy voorgraadse studies het hy saam met Newmans Ambulance in Mobile, Alabama gewerk, totdat hy as paramedikus gegradueer het. Hy word toe as brandmedikus aanvaar en werk vanaf 1989 saam met Prichard Brandweer. Hy ondergaan verdere opleiding by Tuscaloosa Fire College.

In 1990 word hy oorgeplaas na Mobile Fire Rescue (MFR) en voltooi bykomende opleiding vir brandweerskole. Hy het tot 1992 as paramedikus en brandweerman gewerk. Tydens sy diens by MFR het hy in 1990 vir 'n M-graad (M.Sc.) ingeskryf en sy studies in 1992 voltooi met hoofvakke Biochemie en Fisiologie. In 1992 word hy by die St George's University School of Medicine (N.Y) aanvaar. In 1996 behaal hy sy doktorsgraad in geneeskunde (MD).

In 1995 word hy 'n Amerikaanse burger en word in 1997 aanvaar vir spesialisopleiding in noodgeneeskunde aan die Weill Medical University-Cornell, N.Y. Na vier jaar gradueer hy as 'n spesialis in noodgeneeskunde.

Hy is in 2002 'n akademiese pos aan die Universiteit van Inselspital, Bern, in Switserland aangebied as Noodoperasie-behandelende geneesheer. Hy bedank in 2005 en keer terug na die VSA.

Hy werk vir agt maande in Redding, Kalifornië en skuif daarna na die Sacred Heart Hospital, Pensacola, Florida as behandelende geneesheer in noodgeneeskunde. Hier werk hy tot 2018. Hy is ook aangestel as kliniese assistent-professor in noodgeneeskunde by die Florida State University (FSU) waar hy in 2017 bevorder word tot kliniese medeprofessor.

Afgesien van die Sacred Heart Hospital, is hy in 2015 aangestel as mediese direkteur vir openbare veiligheid vir Escambia County, mediese direkteur van Pensacola Fire Department en Medical Director vir Escambia Corrections.

In 2018 bedank hy om voltydse noodgeneeskunde aan die Universiteit van Suid-Alabama aan te bied. Sy posbenaming: Programdirekteur en medeprofessor van die Opleidingsprogram vir noodgeneeskunde by die Universiteit van Suid-Alabama.

Paul is 'n genoot van die American College of Emergency Physicians (FACEP) en 'n genoot van die American College of Academic Emergency Physicians (FAAEM). Hy is ook 'n lid van die American College of Health Care Executives (ACHE).

In 2002 besoek hy Rusland en trou op 19-2-2002 te Saratov, Rusland met Ekaterina Kosmaenko. Paul en sy vrou, Ekaterina het met hul terugkeer na die VSA hulle huwelik op 15-4-2002 te Little Rock, Arkansas herbevestig.

Paul se vrou, Kate is 'n doktorsgraad gekwalifiserde Psigiater. Sy werk voltyds by die Gulf Breeze Recovery Centre wat 'n herstelsentrum vir verslaafde pasiënte is. Sy is egter ook in privaat praktyk.

> a2.b7.c5.d7.e2.f1.g1.h1. KAYLEN PAUL *Bern, Switzerland 19-1-2003

> a2.b7.c5.d7.e2.f1.g1.h2. WESLEY PAUL *Thun, Switzerland 20-8-2004

> a2.b7.c5.d7.e2.f1.g1.h3. EKATERINA OLGEVINA

> a2.b7.c5.d7.e2.f1.g2. MICHAEL ANTHONY *Graaff-Reinet 19-3-1964, χRichardsbaai 19-6-1993 ANNE ALICEN LIVINGSTONE *Germiston 5-10-1966, D/v Brian Livingstone *5-3-1937 en Dawn Schabe *26-9-1938, Foto D159

Mike was schooled in Pretoria and Westville - Grade 1 to 7 at Waterkloof Primary School, Grade 8 to9 at Pretoria Boys High and Grade 10 to 12 at Westville Boys High School.

He studied at the University of Natal from 1981 to 1989 and obtainee a PhD degree in Mathematics.

In athletics he ran provincial cross country, road running and on the track. He also played chess provincially.

He worked at the University of KwaZulu-Natal from January 1991 to April 2010 and then moved to the University of Johannesburg from May 2010 as a research professor in mathematics.

The South African National Research Foundation (NRF) has for the third time granted Prof Michael Henning of the University of Johannesburg Henning an A rating. This time in the much-coveted A1 category. The A1 rating is the highest rating of the NRF.

The NRF grants A1 ratings to researchers who are recognised internationally by all reviewers as leading scholars in their field for the high quality and wide impact of their recent outputs.

An A1 rating is a rare honour reserved for the most distinguished researchers.

> a2.b7.c5.d7.e2.f1.g2.h1. JOHN ANTHONY *Westville 8-5-1998, Foto D159

> a2.b7.c5.d7.e2.f1.g2.h2. ALISON JOY *Westville 23-8-2000, Foto D159

> a2.b7.c5.d7.e2.f1.g3. ADRIAN GRENVILLE *Pretoria 2-7-1971, χHilton, Natal 7-6-2008 JANICE LYN TURVEY *Pietermaritzburg 7-6-1978, D/v Derek Gush Turvey *2-1-1949 en Anita Meyer *1-8-1949, Foto's D160 en D163

They do not have children. Adrian attended Westville Junior and senior Primary Schools and matriculated from Westville Boys High School in 1990. After school he completed the following tertiary activities and studies: 1. He qualifid as an Electronic Engineer (majoring in Avionics) from the Tswane University of Tehnology; 2. Private pilot's licence; 3. Bachelor of Commerce Honours from University of Natal; 4. Chartered Accountancy (CA AUS, not active); Certified Public Accountant (CPA ASA NC Active).

He worked as an avionics engineer. He also worked in Public Accounting at Pricewaterhouse Coopers and Ernst & Young and at Wells Fargo Bank.

During 2005 Adrian and his wife, Janice (still unmarried) both worked for Pricewaterhouse Coopers and were seconded by their employer to branches in the USA. Janice was seconded to Charlotte, North Carolina and Adrian seconded to Minneapolis, Minnesota. During 2007 Adrian was transferred to Charlotte NC, where he and Janice met. They became citizens in 2018 and lived most of the time in Charlotte, NC. At present Adrian is a VP Audit at Wells Fargo bank, one of th largest banks in the USA.

At school Adrian played tennis, hockey, squash and participated in athletics.

> a2.b7.c5.d7.e2.f1.g4. SUSAN CLAIRE *Pretoria 24-12-1972, χ27-8-1999 LOUIS R KELMANSON *19-6-1965, S/v Larry Kelmanson and his wife Paula, ÷ 2011, Foto D165

Susan attended Westville Junior and Senior Primary school and matriculated in 1990 at Westville Girls high school.

She worked as a Board certified Surgical Technologist at various hospitals in Louisville, Kentucky, USA and surrounding areas and is currently working at Norton Audubon Hospital In Occupational Therapy rehabilitation department in intensive care unit.

As a hobby she do gym group exercise classes.

She and her children live in Louisville, Kentucky, USA.

> a2.b7.c5.d7.e3. FLORENCE MURIEL BEATRICE *Rouxville 6-3-1909, †15-1-1976, χJAN CAREL HERSELMAN, Foto 136

> a2.b7.c5.d8. JOHANNES JACOBUS (χχ) *Middelburg, KP April 1869, †Pinetown 25-12-1940, χMiddelburg, KP ELIZABETH SUSANNA NAUDE *Middelburg, KP Jul 1870, †Pinetown 13-3-1945, D/v Jozua Francois Naude en Louisa van der Berg

> a2.b7.c5.d8.e1. GERT FRANS *Ezelshoek, Middelburg 5-8-1894, ≈14-10-1894

> a2.b7.c5.d8.e2. LOUISA *Ezelshoek, Middelburg 13-10-1896, ≈10-1-1897, χJOHANNES PETRUS JORDAAN HUGO

> a2.b7.c5.d8.e3. JOZUA FRANCOIS *Ezelshoek, Middelburg 15-4-1901, ≈18-8-1901

> a2.b7.c5.d8.e4. ONSTAAL *Brandfort Mrt 1905, †Nkana, Zambië 14-10-1938, χJohannesburg JOHANNA THERON JANSEN VAN VUUREN *2-8-1909

As gevolg van die stryd om Afrikaans net na die Anglo-Boere-oorlog, word so 'n mooi naam aan Onstaal gegee. Hy was in lewe 'n sendeling in Rhodesië (Zimbabwe) en Zambië.

> a2.b7.c5.d8.e4.f1. JOHANNES ONSTAAL *Parys 1-2-1937, †Brakpan 28-1-1966, χBrakpan 29-6-1957 SAHRA MARIA SMIT *Bonnyvale 15-9-1937

> a2.b7.c5.d8.e4.f1.g1. JOHAN ONSTAAL *Brakpan 8-5-1958

> a2.b7.c5.d8.e4.f1.g2. HILGARD PETRUS *Brakpan 28-6-1959, χBrakpan 12-9-1980 PETRO JANSEN VAN VUUREN *Brakpan 12-3-1963, D/v Jacobus Jeremia Jansen van Vuuren en Cornelia Maria van Niekerk

> a2.b7.c5.d8.e4.f1.g2.h1. HILGARD PETRUS *Springs 17-9-1989, χ MADRI NELL *Middelburg, Tvl 21-7-1991, D/v Diederik Johannes Nell en Marie Snyman

> a2.b7.c5.d8.e4.f1.g3. PAULIDA *Brakpan 26-2-1963, χBrakpan 2-4-1983 GEORGE PHILIPPUS HUTTON *13-12-1960

> a2.b7.c5.d8.e4.f2. JOHANNA THERON *Parys 20-4-1939

> a2.b7.c5.d8.e5. ELIZABETH χBAREND KAPP

> a2.b7.c5.d8.e6. JOHANNA JACOBA*6-4-1927, χJAN WALTERS VERMEULEN

> a2.b7.c5.d9. HENDRINA MAGDALINA (χχ) *Ezelshoek, Middelburg 30-10-1875

> a2.b7.c5.d10. ELIZABETH MARGARETHA (χχ) *Ezelshoek, Middelburg 7-2-1882, ≈9-4-1882

> a2.b7.c6. HESTER GERBREGTA MARIA (χχ) *Cradock 29-8-1829, ≈Cradock 21-3-1830, χJOHANNES L VAN WYK

> a2.b7.c7. PHILIPPUS ARNOLDUS (χχ)*Brakrivier, Cradock 22-5-1831, ≈Cradock 24-7-1831, †Waterval, Aliwal-Noord 27-5-1902, χPETRONELLA CHRISTINA DEMPSEY *Wodehouse 8-8-1836, †Waterval, Aliwal-Noord 23-6-1910, D/v Johan James Dempsey en Elizabeth Petronella De Beer, Foto 135

Philippus Arnoldus het op 10 jarige ouderdom saam met sy ouers op die plaas Damfontein (kyk fotos in foto-album), in die Barnardspruit Wyk (latere Aliwal-Noord) aangekom. Hy bring die res van sy kinderjare hier deur. Na sy troue gaan woon hy op die plaas Waterval, waar hy en sy vrou tot en met hulle dood woon.

As burgers van die Kaap van Goeie Hoop, word hy en drie van sy seuns (d6., d8. en d10.) op 15-5-1902 deur 'n spesiale kommissie wat deur die Kaapse Regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Hulle skuldigbevinding spruit voort uit hulle simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte van die Vrystaatse Republiek tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899—1902. Hulle vonnis was dat hulle vir 'n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. In Afdeling 10.d (op die hoofkeuselys) word alle Hennings wat so gevonnis is, gelys.

> a2.b7.c7.d1. ELIZABETH MARGARETHA ALETTA *Aliwal-Noord 21-6-1853, ≈Burgersdorp 7-8-1853, †Jonk oorlede

> a2.b7.c7.d2. GERHARDUS FRANCOIS (ook as GERT FRANCOIS bekend) *Aliwal-Noord 24-10-1855, χELIZABETH CATHARINA HENNING (a2.b7.c2.d7.) *Driefontein, Aliwal-Noord 24-9-1856, †Hillbury, Wodehouse 9-10-1877; χχBurgersdorp 24-1-1883 SUSANNA LASEYA PELSER *1864, ÷1893; χχχPietersburg 1-8-1895 MARIA SUSANNA VORSTER, † Pietersburg 23-5-1897

Hy was ook as Gert Francois bekend. Gerhardus boer op die plaas Hillbury, naby Dordrecht. Sy eerste eggenote, wat sy eie niggie was, word op 21 jarige ouderdom deur ’n mak Boesman vermoor. Gedurende 1892 vertrek hy met twee waens vol mielies na Suid-Rhodesië (Zimbabwe). Op ’n stadium het hy £400 (pond) vanaf Bulawayo na sy broer Jan (d6.) gestuur. Die laaste wat van hom gehoor is, was dat hy steenkool vanaf Umtali na Bulawayo gery het. Na twee jaar is hy vermis en is daar nooit weer iets van hom gehoor nie.

Volgens oorlewering het Gert ’n horlosie van sy broer Jan (d6.) gekry. Baie jare nadat hy vermis geraak het, het ’n afgetrede Vrederegter van Rhodesië aan Gert se dogter Petronella (e4.) vertel van ’n horlosie wat hy by ’n swart stamkaptein gekry het. Die voorletters J.J.H. was daarop gegrafeer. Dit is die voorletters van Gert se broer Jan (d6.) wat die horlosie aan hom gegee het. Die familie het vermoed dat Gert Frans in Rhodesië vermoor is.

'n Jaar nadat hy in 1892 na Rhodesië vertrek het, het sy vrou Susanna in 1893 egter van hom geskei.

Weens sy omswerwinge as 'n transportryer het hy bevriend geraak met Maria Susanna Vorster van Pietersburg. 'n Baba word vir hulle gebore op 20 Junie 1895 en hulle trou op 1 Augustus 1895 in die Landdroshof op Pietersburg. Hy sterf egter op 23 Mei 1897 te Pietersburg.

> a2.b7.c7.d2.e1. HESTER MAGDALINA (χ) *Damfontein, Aliwal-Noord 1-3-1873, †Waterval, Aliwal-Noord 4-8-1880

Sy en haar jonger sustertjie sterf kort na mekaar gedurende 1880 — minder as drie jaar na hulle moeder.

> a2.b7.c7.d2.e2. PETRONELLA CHRISTINA (χ) *Waterval, Aliwal-Noord 1-1-1876, †Waterval, Aliwal-Noord 22-6-1880

> a2.b7.c7.d2.e3. ANNA MARTHA (χχ) *14-10-1883, ≈Lady Grey 13-1-1884, χCAREL PAUL VAN NIEKERK, Foto 137

> a2.b7.c7.d2.e4. PETRONELLA CHRISTINA (χχ) *26-6-1885, ≈Lady Grey 25-7-1885, χPC VAN RENSBURG

> a2.b7.c7.d2.e5. PHILIPPUS ARNOLDUS (χχ) *Lady Grey 24-10-1887, †Klerksdorp 12-9-1977, χPort Elizabeth MARTHA CHRISTINA VAN BLOMMENSTEIN *Bethulie 29-1-1899, †Bellville 18-6-1955, Foto 137 en 139

Hy boer aanvanklik vir sy oom Jan (a2.b7.c7.d6.) dog dit het blykbaar nie uitgewerk nie. Hy sluit hierna by die Weermag aan, waar hy eers na Duits-Wes-Afrika (latere SWA en tans Namibië) toe is met die Suid-Wes Veldtog en later gedurende die Eerste Wêreldoorlog na Europa. Na die oorlog begin hy as drukker werk by “The Star” in Johannesburg. Hy verhuis op 'n stadium na Port Elizabeth en gedu­rende 1929 na Kaapstad. Tot en met sy aftrede was hy hoof van die drukkersafdeling van die “Argus” in Kaapstad. Na sy aftrede woon hy by sy dogter Susanna (f3.) tot en met sy dood.

> a2.b7.c7.d2.e5.f1. HESTER GERTRUIDA *Bethulie 10-8-1922, χGoodwood 27-6-1942 JACOBUS BENJAMIN DE BRUYN *Pretoria 10-8-1916, †Witsand 30-4-1978, Foto 139

> a2.b7.c7.d2.e5.f2. GERHARDUS FRANCOIS *Port Elizabeth 17-7-1925, †Napels, Italië 6-10-1944, Ongetroud

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog sluit hy by die S A Lugmag aan en word by 31 Eskader ingedeel. Vanaf Januarie 1944 doen hy diens in die Midde-Ooste en word op 3-7-1944 na Italië oor­geplaas. Terwyl hy met amptelike verlof was verdrink hy in die see by die baai van Napels20.

> a2.b7.c7.d2.e5.f3. SUSANNA LASYA HENDRIKA *3-8-1929, χHENDRIK JONATHAN VAN NIEKERK *8-5-1923

> a2.b7.c7.d2.e5.f4. CHRISTIAAN LOURENS VAN BLOMMENSTEIN *9-8-1934, †Strand 9-8-2011, χN.N.; χχADRIANA BEATRIX LUBBE (gebore Pretorius) *Koringberg 1-11-1943, †Bellville 31-3-2019, Foto D103

> a2.b7.c7.d2.e5.f4.g1. FRANCOIS GERHARDUS (χ) *24-6-1973, χWorcester 7-3-2009 JUDITH FERREIRA * Kroonstad 19-7-1980, D/v Matthys Hoffman Ferreira en Joan Ada Wilcken, ÷2012, Foto's D106, D123

> a2.b7.c7.d2.e5.f4.g2. WILLEM STERRENBERG (χχ) *11-8-1977, Foto D124

> a2.b7.c7.d2.e5.f4.g3. CHRISTIAAN ARNOLD (χχ) *13-4-1980, χStrand 16-10-2010 CARLENE EVETTE CRONJE *Bellville 27-6-1984, D/v Frederik Cronje en Maureen Lucille Hamman, Foto D103, D104

> a2.b7.c7.d2.e5.f4.g3.h1. AMELIA DANIKA *Somerset-Wes 1-1-2012, Foto D105

> a2.b7.c7.d2.e5.f5. YVONNE MARIE χVAN DER LINDE

> a2.b7.c7.d2.e6. HENDRINA JOHANNA (χχ) *Lady Grey 3-10-1889, ≈10-10-1889, χLady Grey 2-10-1919 GIDEON JOUBERT *1889, Foto 137

> a2.b7.c7.d2.e7. PAULINA ELIZABETH (χχχ) *Pietersburg 20-6-1895, ≈Pietersburg18-6-1897, †Sydney, Australië 1963 χPietersburg 1916 WILLIAM TAYLOR MITCHELL, Foto D175

Paulina is skynbaar gebore op 'n plaas met die naam, Houtrivier in die Pietersburg distrik. Na hulle troue gaan woon hulle te Bandolierskop. Teen 1928-29 toe hulle vier kinders gehad het, besluit hulle om na Australië te emigreer en gaan woon in Sydney. Hulle sit egter hul oudste twee kinders, Gordon Henning Mitchell een Hector Taylor Mitchell in 'n kinderhuis in Johannesburg en neem sleg die ander twee kleiner seuntjies, Roy Kerr Breamer Mitchell en Kenneth Ross Mitchell saam. In Australië het hulle 'n verdere vier kinders: Maria Headrick Mitchell, Douglas Mitchell, Pauline Elizabeth Mitchell en Eric Mitchell

> a2.b7.c7.d3. JAN DEMPSEY *6-7-1857, ≈Aliwal-Noord 20-7-1858

> a2.b7.c7.d4. PHILIPPUS ARNOLDUS *Dordrecht 2-1-1860, †Jonk oorlede

> a2.b7.c7.d5. OLIVIER JOHANNES *Dordrecht 24-9-1864, †Jonk oorlede

> a2.b7.c7.d6. JAN JACOBUS *Aliwal-Noord 2-7-1867, ≈28-7-1867, †Waterval, Aliwal-Noord 24-8-1955, χCATHARINA HELENA POTGIETER *Aliwal-Noord 1873, †Waterval, Aliwal-Noord 21-8-1948, Foto 138

Hy is na die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902 saam met sy vader en twee van sy broers (d8. en d10.) aan Hoogverraad skuldig bevind, weens die hulp wat hulle aan die Boeremagte tydens die oorlog verleen het. Lees hulle lot, soos uiteengesit by sy vader.

> a2.b7.c7.d6.e1. CAHARINA HELENA *C 1894, †1926 (breingewas)

> a2.b7.c7.d6.e2. PETRONELLA CHRISTINA *23-12-1895, ≈Lady Grey 9-2-1896, †Uitvlug, Humansdorp 4-12-1970, χAliwal-Noord 14-6-1920 ANDRIES HERCULES DE BRUYN *Humansdorp 28-3-1881, †Uitvlug 1-9-1960

> a2.b7.c7.d6.e3. ELIZABETH CAROLINA χGERT PETRUS BENJAMIN VAN DER MERWE

> a2.b7.c7.d6.e4. PHILIPPA GERTRUIDA χJACOBUS LOUIS JORDAAN

> a2.b7.c7.d6.e5. JOHANNA JACOBA *Aliwal-Noord 24-1-1909, †Bethulie 8-7-1985, χJOHANNES BENJAMIN BISSCHOFF

> a2.b7.c7.d7. ELIZABETH PETRONELLA CHRISTINA *Aliwal-Noord 1868, χLady Grey 9-8-1890 JACOBUS HENDRIK FOUCHÉ

> a2.b7.c7.d8. CORNELIS HERMANUS *Aliwal-Noord 19-12-1869, †Verdrukfontein, Lady Grey 8-8-1932, χLady Grey 31-5-1892 HESTER ISABELL JOHANNA MARAIS *1870

Hy is na die Anglo-Boere-oorlog 1899—1902 saam met sy vader en twee van sy broers (d6. en d10.) aan Hoogverraad skuldig bevind, weens die hulp wat hulle aan die Boeremagte tydens die oorlog verleen het. Lees hulle lot, soos uiteengesit by sy vader.

> a2.b7.c7.d8.e1.JOHANNA ELIZABETH FREDRIKA *25-4-1893, ≈Lady Grey 11-6-1893, †Lady Grey 10-9-1972, χLady Grey 10-8-1910 JOHANNES HENDRIK JACOBUS ANTHONIE HATTINGH *Lady Grey 13-11-1884, †Lady Grey 23-4-1946.

Hulle woon op die plaas Drizzly Hill, Lady Grey

> a2.b7.c7.d8.e2. PHILIPPUS ARNOLDUS *Lady Grey 17-6-1897, χBurgersdorp MARIA CECILIA ALBERTS (gebore van Pletzen) *1895, †Lady Grey 14-6-1932. Geen kinders.

> a2.b7.c7.d8.e3. JAN MARAIS *13-7-1899, ≈Lady Grey 20-8-1899

> a2.b7.c7.d8.e4. PETRONELLA CHRISTINA *Lady Grey 1901, χPIETER GERHARD DE WAAL

> a2.b7.c7.d9. JACOBUS *Aliwal-Noord 28-4-1872, †Jonk oorlede

> a2.b7.c7.d10. PHILIPPUS ARNOLDUS *21-9-1877, ≈Lady Grey 17-3-1878, †Mayfields, Rouxville 30-6-1920, χRouxville JOHANNA ELIZABETH HENNING (a2.b1.c6.d3.e10.) *Rouxville 11-9-1883, †Zastron 8-7-1921, Foto D112, D113

Johanna Elizabeth was as jong meisie saam met haar moeder in die Aliwal-Noord Konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boere-oorlog 1899 - 1902. Philip het as 'n Kaapse rebel aan die oorlog deelgeneem. Na die oorlog is hy saam met sy vader en twee van sy broers (d6. en d8.) aan Hoogverraad skuldig bevind, weens die hulp wat hulle aan die Boeremagte tydens die oorlog verleen het. Lees hulle lot, soos uiteengesit by sy vader. Hulle sterf 'n jaar na mekaar en laat vier kinders wees agter, waarvan die ouderdomme wissel tussen 15- en 6 jaar. Die kinders gaan woon eers vir 'n tydlank by hul oupa en ouma Henning, aan pa se kant en daarna by hul ma se broer, a2.b1.c6.d3.e9. Johannes Stephanus Henning van Rouxville.

> a2.b7.c7.d10.e1. PHILIPPUS DEMPSEY *Lady Grey 8-9-1905, †Pretoria 23-7-1979, χRobertson 11-7-1934 MARTHA ROSINA ELIZABETH FOUCHE *23-1-1904, Foto D114, D115, D116, D117

Sy ouers sterf kort na mekaar en hy word as 15-jarige seun, saam met sy jonger broers en suster wees gelaat. Hulle gaan woon eers, vir 'n rukkie, by hulle oupa en ouma Henning, aan pa se kant en daarna by hulle ma se broer, a2.b1.c6.d3.e9. Johannes Stephanus Henning van Rouxville.

Na sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy 'n Doktorsgraad in Landbouwetenskappe verwerf het, was hy dosent in landbouwetenskappe aan dieselfde universiteit. Hierna het hy 'n aanstelling by die Departement van Landbou ontvang en gevorder tot die direkteur van die winterreënstreek. In 1953 is hy bevorder tot Direkteur van Grondbewaring en voorligting by die hoofkantoor van die Departement van Landbou in Pretoria. Hierna is hy bevorder tot Hoofdirekteur-Beleid en daarna tot die eerste voorsitter van die Landboukredietraad. Hierdie pos het hy beklee tot met sy aftrede in 1970.

> a2.b7.c7.d10.e1.f1. HESTER ANNA *Stellenbosch 2-6-1936, χPETER HANS MULLER *9-10-1934

> a2.b7.c7.d10.e1.f2. JOHANNA ELIZABETH *Stellenbosch 20-8-1939, χLUKE GAWIE GERTENBACH *20-2-1943

> a2.b7.c7.d10.e1.f3. PHILIPPUS ARNOLDUS *Stellenbosch 27-10-1943 χPretoria 15-1-1972 MAGDALENA SOPHIA PRINS *Bellville 2-7-1947, Foto D007, D118

Hy is 'n landbou-ingenieur wat by die Direktoraat Landbou-Meganisasie van die Departement Land­bou werk

> a2.b7.c7.d10.e1.f3.g1. PHILIPPUS DEMPSEY *Pretoria 10-2-1975, χPretoria 16-9-2006 NONETTE FOURIE * Pretoria 6-10-1980, Foto D118

> a2.b7.c7.d10.e1.f3.g1.h1. PHILIPPUS ARNOLDUS *Pretoria 25-3-2009, Foto D118

> a2.b7.c7.d10.e1.f3.g1.h2. GERHARD *Pretoria 10-3-2012, Foto D118

> a2.b7.c7.d10.e1.f3.g2. JOSINA JOHANNA *Pretoria 18-2-1976, χRayton 1-12-2007 HERKLAAS PHILIPPUS THERON *Brits 21-1-1967, Een van 'n tweeling kyk g3., Foto D118

> a2.b7.c7.d10.e1.f3.g3. MARTHA ROSINA ELIZABETH *Pretoria 18-2-1976, χBrits 29-9-2012 DANIËL PETRUS DU PLESSIS *Pretoria 29-3-1974 Een van 'n tweeling kyk g2., Foto D118

Gedurende 1994, in haar matriekjaar, word sy as Presidentverkenner in die Voortrekkers aangewys.

> a2.b7.c7.d10.e1.f3.g4. MARTHINA JOHANNA *Pretoria 23-2-1979, Foto D118

> a2.b7.c7.d10.e2. MARTJIE ELIZABETH *Lady Grey 7-8-1907, χBloemfontein 28-3-1932 SALOMON JOHANNES KLOPPER *Dewetsdorp 21-2-1899, †Kaapstad 26-2-1965, Foto 140, D040, D114

Haar ouers sterf kort na mekaar en sy word saam met haar broers wees gelaat. Hulle gaan woon eers, vir 'n rukkie, by hulle oupa en ouma Henning, aan pa se kant en daarna by hulle ma se broer, a2.b1.c6.d3.e9. Johannes Stephanus Henning van Rouxville.

> a2.b7.c7.d10.e3. PIETER HENDRIK *Aliwal-Noord 20-1-1910, †Trompsburg 8-4-1987, χTrompsburg 7-3-1942 CHARLOTTE HENRIËTTE GROBBELAAR *Trompsburg 7-3-1919, †Bloemfontein 1964; χχKaapstad Okt 1965 HESTER ALETTA LOUW *Philippolis 29-12-1908, †Alberton 1-11-1977; χχχCeres 21-3-1981 JACOBA ISABELLA STOFFELINA JACOBS *Philippolis 7-12-1919, Foto D114

Sy ouers sterf kort na mekaar en hy word saam met sy broers en suster wees gelaat. Hulle gaan woon eers, vir 'n rukkie, by hulle oupa en ouma Henning, aan pa se kant en daarna by hulle ma se broer, a2.b1.c6.d3.e9. Johannes Stephanus Henning van Rouxville.

> a2.b7.c7.d10.e3.f1. PHILIPPUS ARNOLDUS (χ) *Trompsburg 18-11-1943, χVirginia 5-7-1969 ROSMÉ ESTELLE BOTHMA *Brakpan 22-4-1946, Foto's D054 en D139

Flip is 'n boer op die plaas Straussfontein in die Trompsburg distrik.

> a2.b7.c7.d10.e3.f1.g1. PIETER HENDRIK *Trompsburg 30-3-1970

Hy is 'n prokureur te Bloemfontein.

> a2.b7.c7.d10.e3.f1.g2. GERARD CAREL *Trompsburg 10-12-1971, χBloemfontein 1-4-1995 CARLIEN LIZE FICHARDT *1-1-1973, Foto,s D139 en D140

> a2.b7.c7.d10.e3.f1.g2.h1. PHILLIP BARRY *Bloemfontein 10-11-2000, Foto's D139, D140 en D141

Hy is 'n baie belowende tennisspeler wat vanaf sy Onder-12 speeldae al die Suid-Afrikaanse ouderdomstitels vir seuns verower het. Gedurende 2016 neem hy as 'n sestienjarige deel aan die Onder-18 Afrika kampioenskappe en vorder tot die kwarteindronde. Gedurende 2017 verower hy die Suid-Afrikaanse Onder-18 seunstitel terwyl hy nog sestienjaar oud was. Hy kry ook 'n uitnodiging om aan die Australiese ouderdomskampioenskappe deel te neem - 'n uitsonderlike prestasie vir 'n sestienjarige seun om na een van die "Grand Slam" toernooie uitgenooi te word.

> a2.b7.c7.d10.e3.f1.g2.h2. GERARD JOHN *Bloemfontein 26-3-2004, Foto's D139, D140 en D141

> a2.b7.c7.d10.e3.f2. CHARLOTTE HENRIETTE (χ) *Trompsburg 21-8-1948, χTrompsburg 13-12-1969 ABRAHAM ANDRÉ BRINK *20-10-1945

> a2.b7.c7.d10.e4. CHRISTIAAN BEYERS *Aliwal-Noord 20-1-1915, †Paarl 31-3-1973, χBarkly-Wes 15-1-1944 ALMA MATHILDÉ VAN WYK *Barkly-Wes 2-7-1919, † Strand 21-9-2004, Foto D114

Sy ouers sterf kort na mekaar en hy word as 6-jarige seun, saam met sy ouer broers en suster wees gelaat. Hulle gaan woon eers, vir 'n rukkie, by hulle oupa en ouma Henning, aan pa se kant en daarna by hulle ma se broer, a2.b1.c6.d3.e9. Johannes Stephanus Henning van Rouxville.

Hy het bekend gestaan as Beyers Henning en was Assistent-Hoofbestuurder van die KWV.

> a2.b7.c7.d10.e4.f1. ANNA WILNA *Paarl 11-7-1945, χPaarl 18-3-1967 WILLEM JOHANNES LUBBE *29-4-1940, †Roodepoort 9-8-1982

> a2.b7.c7.d10.e4.f2. PHILIPPUS ARNOLD *Paarl 19-3-1948, χPaarl 9-12-1972 ANNA JOHANNA MARIA JOOSTE *Witrivier 1-12-1950, D/v Philip Johannes Mans Jooste en Margaretha Cecilia van Niekerk, Foto's D151 en D152

Philip voltooi sy skoolopleiding aan die einde van 1965 aan die Paarl HJS. Hierna dien hy vir 'n jaar lank as 'n vrywilliger in die destydse SA Leër­gim­nasium.

1967 begin hy met sy studies in geneeskunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Tydens sy studente-dae ontmoet hy die student-fisioterapeut Annatjie Jooste, wat vanaf Vredendal se wêreld is. Hulle haak die knoop deur op 9 Desember 1972.

Nadat hy as geneesheer kwalifiseer, spesialiseer Philip in kindergeneeskunde. Hy is as kinderarts verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se Mediese Skool en die Tygerberg Hospitaal.

Vroulief Annatjie vind groot genoegdoening in die ont­werp en maak van popklere, basaar-items, boek­skrywe en ander tuisteskeppings. Om vier spruite groot te maak het ook voltydse aandag geverg.

> a2.b7.c7.d10.e4.f2.g1. CHRISTIAAN BEYERS *Bellville 4-10-1974, χPretoria 1-5-2004 ELICIA COETZEE *Pretoria 22-4-1975, D/v Marten Jacobus Coetzee en Maria Elizabeth Pieterse, Foto D153

> a2.b7.c7.d10.e4.f2.g1.h1. PHILIP ARNOLD *Pretoria 24-7-2006, Foto D153

> a2.b7.c7.d10.e4.f2.g1.h2. STIAAN ROBERT *Panorama 31-5-2008, Foto D153

> a2.b7.c7.d10.e4.f2.g2. PHILIP JOHANNES *Bellville 19-7-1976, χPaarl 20-4-2002 NADIA GERBER *Vanderbijlpark 26-2-1980, D/v Jacobus Phillipus Daniel Gerber en Laetitia Talita Louw,

> a2.b7.c7.d10.e4.f2.g2.h1. AIDEN JOSHUA *Pretoria 4-12-2007

> a2.b7.c7.d10.e4.f2.g2.h2. EWEN MILAN *Pretoria 9-9-2011

> a2.b7.c7.d10.e4.f2.g3. CECELIA MARGARETHA *Bellville 29-10-1979, χBlouberg 18-12-2004 RUDI LOUW *Worcester 5-6-1978, S/v Ignatius Louw en Dalene Uys, Foto's D038 en D155

Sy en haar man het 'n dogter, Ava *Pretoria 25-7-2007 en 'n seun, Noah * Panorama 18-11-2013

> a2.b7.c7.d10.e4.f2.g4. ALMA MATHILDE *Bellville 18-11-1983, χDurbanville 18-1-2008 ERIC WILLEM VAN DEN BERG *Boksburg-Benoni 20-2-1983, S/v Eric Jan Philippus van den Berg en Elizabeth Catharina Visser, Foto D156

Hulle het 'n dogtertjie Maya *Panorama 29-7-2017

> a2.b7.c7.d10.e4.f3. PIETER HENDRIK *Paarl 30-10-1949, χWorcester 14-12-1974 JEANNE-MARIE RABIE *Worcester 2-12-1951, D/v Johannes Rabie en Sheila Mona Bosman, Foto D148

> a2.b7.c7.d10.e4.f3.g1. SHEILA *Roodepoort 26-2-1978, Foto D148

> a2.b7.c7.d10.e4.f3.g2. CHRISTIAAN BEYERS *Roodepoort 26-3-1981, Foto D148

Noemnaam Beyers

> a2.b7.c7.d10.e4.f3.g3. ALMA MATHILDE *Roodepoort 5-9-1984, χRoodepoort 6-4-2017 IGAR PEREZ *Odessa, Ukraine 9-8-1980, S/v Hector Perez en Zoia Ataraeva, Foto D148

Alma is 'n wynmaker soos haar oupa, Chistiaan Beyers Henning wat die Assistent Hoofbestuurder van die KWV was. Sy bemark Suid-Afrikaanse wyne in Spanje, tewyl haar man 'n Sagterware-Ingenieur is. Soos die gebruik in Spanje is, word die moeder se van ook aan alle kinders oorgedra en geregistreer.

> a2.b7.c7.d10.e4.f3.g3.h1. MICHAEL PIETER PEREZ HENNING *Barcelona, Spanje 18-3-2018

> a2.b7.c7.d10.e4.f4. JEANNE ELIZABETH *Paarl 18-4-1959, χRUDOLPH ELS

> a2.b7.c7.d11. PIETER HENDRIK CHRISTIAAN *17-4-1880, ≈Lady Grey 9-5-1880, †Jonk oorlede

> a2.b7.c8. OLIVIER JOHANNES GERHARDUS CORNELIS *Brakrivierwyk, Cradock 1-12-1834, ≈Cradock 8-3-1835, †Damfontein, Aliwal-Noord 16-11-1919, χBurgersdorp 14-1-1856 CORNELIA SUSANNA KOTZE *Koesberg, Rouxville 1 Aug 1839, †Damfontein, Aliwal-Noord 3-3-1912, D/v Jan Kotze *27-8-1790 en Martha Johanna Elizabeth Riekert *1804, haar voorsate verder terug word hier onder verstrek. Foto 143 en 145

Olivier Henning word gebore op die dag wat die slawe aan die Kaap vrygestel is. Hy aanskou die eerste lewenslig op die plaas De Keur in die Brakrivier Wyk van die Cradock distrik (tans Middelburg, KP). De Keur lê ongeveer 43 km Oos-Suid-Oos van Middelburg. Hy was dus slegs ses jaar oud toe sy ouers hulle intrek neem op die plaas Damfontein in die Barnardspruit Wyk, 33 km Suid van die teenswoordige Aliwal-Noord. Hy word groot op die plaas Damfontein en neem die boerdery mettertyd by sy vader oor. Hy bou die plaas op tot een van die spogplase van die Noord-Oos-Kaap.

Olivier Henning was gedurende die sestiger jare van die negentiende eeu voorsinger in die gemeente van die Kaapse Kerk te Aliwal-Noord21,22. Hans Sauer23 skryf in sy outobiografie “Ex Africa” 24onder andere as volg oor hom:

“An uncle of mine, Olivier Henning, held the post of voor-singer at Aliwal. He had an enormous voice and easily obliterated any rivals who attempted to out-sing him. Every now and then, however, he was extended to the full by a Free State Boer named Rabbi (Rabie?) who occasionally attended our church. When the word went round that Rabbi was present, a pleasurable excitement pervaded the congregation and everybody was on the look-out. It was my uncle’s right to lead off, which he did in a moderate voice, gradually raising it to a thunderous roar. Presently to the listener the sound of another voice intruded itself, more and more loudly as the singing proceeded, and long before the psalm ended it was evident to all that the two men were trying to sing each other down. The volume of sound was enormous, and the marval was that their voices did not crack under the strain.”

Met die bou van 'n nuwe kerkgebou tussen die jare 1857 tot 1864 het Olivier die boumateriaal met sy wa vanaf Wepener aangery. Hierdie kerkgebou huisves vandag die Aliwal-Noord museum, waarin onder andere 'n uitstalling van die Henning familie opgeneem is.

As gevolg van 'n insident gedurende 1883 toe hy weens valse getuienis in die hof aangekla is dat hy sy vrou mishandel het en selfs die predikant teen hom getuig het25, het hy vir 'n paar jaar lank nie weer kerk toe gegaan nie. Nadat die nuwe predikant hom oortuig het dat hy moet vergewe en vergeet, het hy besluit om weer kerk toe te gaan. Hy het egter sy eie stoel saamgeneem kerk toe om op te sit omdat hy “nie weer in 'n kerkbank sou sit nie”. Bewaar enigiemand anders se siel as diè dit sou waag om op sy stoel te gaan sit26.

Olivier het groot vrugteboorde en groentelande op Damfontein gehad. Hy het dikwels wavragte groente en vrugte dorp toe geneem om te verkoop. Onderweg het hy van die groente en vrugte aan mense wat hy teegekom het uitgedeel. Dit het soms gebeur dat teen die tyd wat hy op die dorp aankom, daar nie meer groente oor was om te verkoop nie — hy het alles gratis uitgedeel. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902 het hy wavragte groente en vrugte vir die Boere vrouens en kinders wat deur die Britse magte in die Kraairivier Konsentrasiekamp aangehou is geneem.

Omdat sy plaas, Damfontein baie ver van enige dorp is, stel hy die Hollandse onderwyser, Hermanus Zurich aan om sy kinders op die plaas te onderrig. Sy oudste dogter, Martha, trou toe later met hierdie Hermanus Zurich.

Cornelia Susanna Kotze se voorsate was die volgende: Haar ouers was Jan Kotze *22-8-1790 en sy vrou Martha Johanna Elizabeth Riekert *1804. Haar grootouers was Gerhardus Dirk Kotze *1761 en sy vrou Emmarentia Frederika Potgieter *1769 en Philip Daniël Ricker *1782 en sy vrou Susanna Magdalena Jacobs *1787

Na 56 jaar en twee maande se getroude lewe, sterf sy eggenote Cornelia Susanna op 3 Maart 1912 as gevolg van kanker van die baarmoeder. Hyself is op 16 November 1919 in die ouderdom van amper 86 jaar oorlede. Ten tye van sy dood was hy by hulle dorpshuis te Smithstr, Aliwal-Noord. In sy tagtiger jare is hy deur 'n motorkar — een van die min wat daar was — raakgery. Hy het nooit werklik van hierdie beserings herstel nie. Hy volg dus sy vader en grootvader se voorbeeld deur ouer as 80 jaar oud te word en sy grootvader se voorbeeld deur langer as 55 jaar met een eggenote getroud te wees. Hy, sowel as sy eggenote, lê begrawe op die plaas Damfontein.

> a2.b7.c8.d1. MARTHA JOHANNA ELIZABETH *Damfontein, Aliwal-Noord 26-8-1857, †Melville, Johannesburg 26-12-1919 χAliwal-Noord 26-12-1877 HERMANUS ZURICH *8-1857, †Melville, Johannesburg 15-7-1936, S/v Willem Hendrik Zurich *9-12-1828(Nijmegen, Nederland) en Willemina Catharina Heyblom *Nijmegen, Oktober 1830, Foto G008

Nadat haar pa die Hollandse onderwyser, Hermanus Zurich, in diens geneem het om al die Henning kinders op die plaas te onderrig, trou sy en Hermanus Zurich.

Hulle het die volgende kinders gehad: 1. Cornelia Susanna Zurich, *1878, Riverside 1952, χ Philippus Arnoldus Olivier; 2. Wilhelmina Catharina Zurich *Jamestown 23-10-1880, ≈ Burgersdorp 3-5-1881, †Sydney Australië 10-10-1979, χ James FOWELS, S/v James Fowels en Adelaine Mathilda O'Connor, χχ Durban 6-4-1922 Michael Olaus Landmark * Elsteinvik, Noorweë 7-11-1870, oorlede 23-1-1930; 3. Anna Elizabeth Zurich *8-6-1882, †Oos-London 1-4-1969, χ Lady Grey 3-12-19?? George Baker *25-9-1868; 4. Amelia Zurich *31-10-1882, †St Catherine's, Kanada 1-1-1985 (102 jaar oud), χ 1905 Henry Clifton Foreman *Thingie, Suffolk, Engeland 1858, †Nov 1942; 5. Willem Hendrik Zurich *27-2-1884, ≈ Lady Grey 20-4-1884; 6. Maria Magdalena Zurich *Lady Grey 1887, †Blaauwkrantz, Oos-Londen 5-2-1911; 7. Herman Evers Zurich *Aliwal-Noord 17-7-1889, †1991 (in die ouderdom van 102 jaar tydens 'n motorongeluk), χ28-5-1914 Johanna Elizabeth Maria Du Toit *20-10-1888, †27-5-1975, χχ Helena Kööpke *18-2-1909; 8. Adelina Zurich *Lady Grey 17-11-1891, †Johannesburg 1919, χ Jack Kramer; 9. Martins Zurich *1892, †1899; 10. Clorinda Zurich *1894, †1918; 11. Mathilda Hermina Zurich *1896 χ Cecil Faria, χχLeo Mc Hugh

> a2.b7.c8.d2. GERBREG LEVINA *Damfontein, Aliwal-Noord 18-5-1859, †Damfontein, Aliwal-Noord 16-5-1861

> a2.b7.c8.d3. CORNELIA SUSANNA *Damfontein, Aliwal-Noord 26-6-1861, †Damfontein, Aliwal-Noord 21-4-1887, χAliwal-Noord 26-6-1883 JACOBUS JOHANNES SCHOOMBEE

> a2.b7.c8.d4. OLIVINA GERTINA FRANCINA (gedoop OLIVINA GEERTRUIDA) *Damfontein, Aliwal-Noord 22-2-1863, ≈19-4-1863, †Damfontein, Aliwal-Noord 14-5-1917, borskanker, Ongetroud, Foto D089

> a2.b7.c8.d5. GERT FRANS *Damfontein, Aliwal-Noord 10-9-1864, †Maclear 9-2-1916 kanker, χBarkly-Oos 3-6-1889 SUSANNAH CATHARINA MAARTENS, Foto's 147 en D120

Gert Frans word groot op die plaas Damfontein. As jong man het hy, soos sy voorsate, sy wa gepak en sy eie plaas dieper die binneland in gaan soek. Hy vestig hom op die plaas “Mertoun” in die Rhodes distrik. Mettertyd brei hy ook uit na die plaas “Risler” in die Maclear distrik. Hy en sy eggenote woon die res van hulle lewens hier. Beide plase is vandag nog in besit van sy nasate. Hy, sowel as sy eggenote is aan kanker oorlede.

Na sy vroeë dood in 1916 besluit sy vrou, Sannie om van Mertoun te verhuis na Risler, terwyl hul oudste seun, Olivier (Tok) op Mertoun agterbly. Sy was 'n klein, fyn vroutjie en moes alleen en in hierdie onherbergsame wêreld, hulle elf kinders grootmaak - wat sy met groot sukses gedoen het.

> a2.b7.c8.d5.e1. OLIVIER JOHANNES *Maclear 16-4-1890, †Risler, Maclear 21-8-1955, χUgie ANNA MARIA ELIZABETH JORDAAN *Elliot Jun 1892, †Risler, Maclear 12-11-1947; χχCedarville 1948 JOHANNA CHRISTINA MARIA MALAN (gebore Erasmus), Foto 149 en 150, Foto D120

Hy staan bekend as Tok Henning en het sy hele lewe lank op die plaas Risler geboer. Hy het 'n leidende rol in die gemeenskap op Maclear gespeel. Vir baie jare was hy lid van die plaaslike Afde­lingsraad. Hy was ook lid van die direksie van die Maclearse Koöperatiewe winkel en hy dien vir baie jare as ouderling en diaken in sy kerk. Vir sy kerk en die plaaslike skool het hy altyd 'n oop beursie gehad, en was 'n ware steunpilaar. Beide sy eggenotes was ware steunpilare vir hom. Hy en sy eerste eggenote het net een seun gehad.

> a2.b7.c8.d5.e1.f1. GERT FRANS (χ) *Maclear 20-7-1920, χMaclear 18-5-1951 GRACE MARTHA ZURICH *21-2-1922, D/v Herman Evers Zurich *17-7-1889 en Johanna Elizabeth Du Toit *20-10-1888, Foto D032

> a2.b7.c8.d5.e1.f1.g1. MARTHA ADELINE ELIZABETH *Maclear 14-2-1952, χMaclear 20-9-1972 GERT AUCAMP

> a2.b7.c8.d5.e1.f1.g2. ANNA MARIA ELIZABETH *Maclear 18-10-1953, χMaclear 27-7-1972 JOHN HENRY GLEN-LEARY *17-6-1951

> a2.b7.c8.d5.e1.f1.g3. OLIVIER JOHANNES *Maclear 2-5-1956, χSANDRA EILEEN BANKS *1-9-1955, Foto D008, D033

> a2.b7.c8.d5.e1.f1.g3.h1. KAREN LIZA * Oos-Londen 20-8-1989, Foto D034

> a2.b7.c8.d5.e1.f1.g3.h2. RIAAN FRANS * Oos-Londen 12-3-1992, Foto D035

> a2.b7.c8.d5.e2. HENDRIK JOACHIM *Rhodes 5-2-1892, †Aliwal-Noord 28-11-1953, χElliot HESTER JOHANNA PETRONELLA POTGIETER *4-10-1898, †Aliwal-Noord 24-3-1959, Foto 150, Foto D120

> a2.b7.c8.d5.e2.f1. GERT FRANS *Rhodes 3-2-1925, †Rhodes 28-6-1987, χ2-5-1953 STELLA DESIRE HERSELMAN *Rouxville 4-2-1933, †Barkley-Oos 2-10-1998 (gedurende die nag in haar huis vermoor deur swart booswigte), D/v Jan Carel Herselman en a2.b7.c5.d7.e3 Florence Muriel Beatrice Henning, Foto D009

Gert is gebore en word groot op die plaas Mertoun in die Rhodes distrik. Na sy huwelik boer hy en sy vrou op Mertoun. Hierdie plaas is in die Suidelike Drakensberge en slegs 10 kilometers van die Le­sotho grens. Die harde koue winters met swaar sneeu, veldbrande, veediefstal en swak infra­struktuur, het hulle ook maar, soos hul voorsate gebrei om geharde en gesoute landbouers te word. Gert was ongelukkig die laaste 10 jaar van sy lewe nie 'n baie gesonde mens nie en sterf na 34 gelukkig getroude jare.

Op 4 Februarie 1933 het Jan Carel Herselman en sy vrou Florence Muriel Beatrice Henning 'n baba­dog­tertjie ryker geword. Hulle het haar Stella Desire gedoop. Stella se oupa en ouma aan moe­ders­­kant was albei Hennings, naamlik a2.b7.c5.d7. Pieter Barend Henning en sy niggie a2.b7.c8.d10. Susanna Magdalena Henning.

Stella is op haar oupa Pieter Hendrik Barend Hen­ning se plaas Sunnydale, in die Rouxville distrik gebore en het daar groot geword. Van kleins af was sy 'n goeie atleet. Toe ontmoet sy vir Gert Henning van Rhodes en daarmee kry sy haar derde genealo­giese nommer in die Henning geslags­register.

Stella was 'n vrou uit een stuk. Vir lang rukke, terwyl haar man ernstig siek was en al haar seuns besig met Nasionale Diensplig in die Weermag, moes sy vrou alleen die boerdery behartig. Stella was baie kunssinnig. Sy het graag geskilder en het houtsneewerk gedoen. Sy het graag gesing en was baie lief vir musiek.

Na die afsterwe van Gert gedurende 1987, het Stella na Barkly-Oos verhuis, terwyl hul jongste seun Gerrit op Mertoun gaan boer het. Die nag van 2 Oktober 1998 word Stella in haar huis deur 'n swart booswig vermoor.

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g1. HENDRIK JOHAN *Rhodes 9-3-1955, χRhodes 5-12-1987 HENDRINA JACOBA MAGRIETHA SWANEPOEL *Opwag, Gordonia 22-4-1953

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g1.h1.FRANS HENDRIK *Barkly-Oos 20-9-1988

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2. JOHAN HENDRIK *Rhodes 24-1-1957, †Bloemhof 23-1-2011 (voertuigongeluk), χ22-2-1980 MARIÉ EMMARENCIA CRONJE *25-6-1961, †Pretoria-Noord 20-10-2004 (skietvoorval by haar ouers se huis), D/v Marthinus Johannes Cronje *31-5-1931 en Maria Emmarencia Isabella Schoeman *10-9-1934; χχLISSIE BARNARD, Foto D125

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2.h1. GERRIT FRANCOIS(χ) *Virginia 21-7-1985, Foto D125

Sy twee kinders is gebore uit 'n verhouding met Robyn Burger *22-11-1987, D/v Eugene Burger

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2.h1.i1. JOHAN *Potchefstroom 24-1-2011

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2.h1.i2. EUGENE * Potchefstroom 24-1-2011

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2.h2. MARICIA (χ)

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g2.h3. STELLA DESIRE (χχ)

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g3. GERRIT FRANCOIS *Rhodes 4-4-1960, χMARIAAN ROODT

Na die afsterwe van sy vader gedurende 1987 neem hy die boerdery op die plaas Mertoun, in die Rhodes distrik oor.

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g3.h1. AMANDA

> a2.b7.c8.d5.e2.f1.g3.h2. BIANCA

> a2.b7.c8.d5.e3. GERT FRANS *Maclear 9-1-1894, †Sterkstroom 4-9-1981, χMARTHA SOPHIA BUITENDAG *11-4-1895, †Sterkstroom 17-5-1965, Foto 150, Foto D120

> a2.b7.c8.d5.e3.f1. CECIL ANDREW *15-10-1920, χ12-7-1947 ISABELLA CORNELIA GREYLING *11-6-1917

> a2.b7.c8.d5.e3.f1.g1. MARGARETHA JOHANNA *6-6-1949, χ19-4-1973 STEPHANUS VENTER ÷

> a2.b7.c8.d5.e3.f1.g2. CECILY CORNELIA *30-6-1954, χ8-1-1977 JACOBUS PETRUS GRESSE

> a2.b7.c8.d5.e3.f1.g3. MARTHA SOPHIA *30-6-1954, χ7-1-1978 HENDRIK BURGER

> a2.b7.c8.d5.e3.f2. ELSIE CAROLINA *14-9-1922, χ1952 JOHAN CILLIERS

> a2.b7.c8.d5.e3.f3. ADRIAAN LOURENS ALBERTUS *14-11-1932, χ18-12-1955 EVANGELINA VILJOEN *17-9-1928, D/v Hercules David Jacobus Viljoen en Evangeline (gebore Viljoen)

> a2.b7.c8.d5.e3.f3.g1. GERRIT FRANS *14-9-1966

> a2.b7.c8.d5.e3.f3.g2. LOURETTE *13-4-1968

> a2.b7.c8.d5.e4. ADRIAAN LOUWRENS ALBERTUS *Rhodes 4-11-1895, †Woodstock, Maclear 25-9-1926, χMaclear 21-4-1925 ANNA SUSANNA ELIZABETH MARAIS *19-3-1893, Foto D120

> a2.b7.c8.d5.e4.f1. LOUWRENS ALBERTUS *Maclear 12-2-1926, χ29-12-1953 MARTHA MARIA CORNELIA LABUSCHAGNE *19-7-1930; χχ13-7-1973 JEANETTE MARGARETHA WOODS (gebore Zietsman) *23-1-1937, Foto D134

> a2.b7.c8.d5.e4.f1.g1. SUSANNA (χ) *Maclear 18-12-1954, χ12-7-1975 KENNETH JOHN ANLEY *28-9-1950

> a2.b7.c8.d5.e4.f1.g2. ADRIAAN LOUWRENS ALBERTUS (χ) *Maclear 14-11-1958, χVryheid 10-10-1980 YVONNE SYLVIA PAUL *Piet Retief 26-8-1960, †Pretoria 4-11-2016, D/v Victor Adolf Paul *4-11-1931 en Senta Minna Hanna Niebuhr *20-5-1936, Foto's D129, D130 en D133

Yvonne het groot geword in Paulpietersburg. Sy het hoërskool toe gegaan in Vryheid en het daarna by Durban Onderwys Kollege onderwys studeer. Sy het oor die jare by Laerskool Northam asook Laerskool Platina skool gehou. Sy het 'n groot passie vir kuns gehad en was 'n uitstekende skilder.

In 2011 was Yvonne vir die eerste keer met kanker gediagnoseer. Sy het ook in 2011 as onderwyseres bedank.

Sy was 'n vrou wat haar geloof oorgedra het in die manier wat sy geleef en gepraat het.

> a2.b7.c8.d5.e4.f1.g2.h1. WERNER LOUWRENS *Durban 1-5-1985, χNortham 25-4-2009 YOLANDI THORNHILL *Pretoria 25-3-1983, D/v Eugene David Thornhill en Carol Louise Loxton, Foto's D130 en D131

> a2.b7.c8.d5.e4.f1.g2.h1.i1. LOUWRENS *Pretoria 28-1-2013, Foto D130

> a2.b7.c8.d5.e4.f1.g2.h1.i2. LIAM *Pretoria 6-7-2015, Foto D130

> a2.b7.c8.d5.e4.f1.g2.h2. ANITA *Pretoria 12-8-1987, χBrits 27-7-2013 HENDRIK ADRIAAN SCHOELER *Witbank 8-8-1988, S/v Rudolph Schoeler en Johanna Dorothea Viviers, Foto D132

> a2.b7.c8.d5.e4.f1.g2.h3. SANDRA *Pretoria 13-5-1990, Foto D133

> a2.b7.c8.d5.e5. FILIPE DANIËL *Maclear 7-5-1898, †26-6-1965, χMIENA MARAIS, Foto 150, Foto D120

> a2.b7.c8.d5.e5.f1. PIETER *Maclear 3-2-1940, †Maclear 24-5-1967

> a2.b7.c8.d5.e5.f2. FILIPE *Maclear 25-10-1942, χCATHERINA BESSINGER *17-8-1943

> a2.b7.c8.d5.e5.f2.g1. CHARL FILIPE *13-5-1971

> a2.b7.c8.d5.e6. ROBERT MATHYS DANIËL *Maclear 22-6-1900, †Pretoria 7-6-1966, χKomga 3-3-1924 ESTELLA ALETTA DE KOCK, Foto 150, Foto D120

> a2.b7.c8.d5.e6.f1. GERTRUIDA JOHANNA *Warmbad 25-8-1925, †Pretoria 15-12-1980, χJACOBUS ABRAHAM ADRIAAN HENNING *4-5-1919 (b9.c3.d3.e2.f4.g1.)

> a2.b7.c8.d5.e6.f2. GERHARDUS JACOBUS *Warmbad 5-3-1927, χPretoria 1-11-1947 STELLA FREDRIEKA ERASMUS *Pretoria 8-2-1928

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g1. ANNET HESTER *Pretoria 25-2-1949, χMICHAEL JOHN STRATFORT *Pretoria 26-9-1948

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g2. ELAINE ELIZABETH *Pretoria 12-3-1950, χPretoria 9-12-1972 WILLEM J LOOTS

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g3. ROBERT GERHARDUS MARTINUS *Pretoria 29-11-1953, χJUNITA ALBERTS ÷; χχWANDA BOOYSENS *18-10-1957

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g3.h1. AROUSILLA (χ) *Pretoria 21-4-1973

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g3.h2. RONITA (χ) *Pretoria 9-8-1974

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g3.h3. ROBERT GERHARDUS MARTINUS (χχ) *Pretoria 25-2-1977

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g4. BARBARA VERONA *Pretoria 26-8-1956, χCLOETE

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g5. GERDA *Pretoria 1-3-1958, χKempton Park 4-6-1981 COENRAAD GROENEWALD

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g6. GERHARDUS JACOBUS *Pretoria 2-9-1963

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g7. CORNELIS BAKKER *Pretoria 10-11-1964, †Pretoria 8-5-2017 χPretoriaa 16-10-1987 ELIZABETH HELENA MARGARETHA LINDEQUE *Pretoria 26-9-1965, D/v Gert Johannes Lindeque *19-9-1942 en Maria Jacoba van Niekerk *9-6-1943, Foto D172

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g7.h1. JULIUS *Pretoria 29-12-1988, Foto D172

Julius isin 'n permanente verhouding met Natasha Jordaan en hulle het saam 'n dogterjie.

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g7.h1.i1. HAYLEY *Pretoria 13-6-2020

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g7.h2. ALEXCIN *Pretoria 8-12-1991, Foto D172

> a2.b7.c8.d5.e6.f2.g8. ANDREW RICHARD *Pretoria 3-11-1969

> a2.b7.c8.d5.e6.f3. CORNELIA SUSANNA *8-10-1933, χDANIËL BRINK

> a2.b7.c8.d5.e6.f4. SUSANNAH CATHRINA *Belfast 4-12-1936, χLESLIE JOHN ALBERTYN *24-1-1931

> a2.b7.c8.d5.e6.f5. ROBITA ESTELLA χSMITH

> a2.b7.c8.d5.e6.f6. JULIANA *Sabie 6-11-1947, χIAN ALEXANDER DAVIDSON *20-9-1943, Foto D075

> a2.b7.c8.d5.e6.f7. ANNA CHRISTINA *Louis Trichardt 20-8-1950, χJ STOLTZ

> a2.b7.c8.d5.e7. JOHN BROWN *Maclear 17-8-1902, †Confluence, Maclear 23-8-1958, χALETTA MARIA VAN STRATEN *3-6-1911, Foto 150, Foto D120

John Brown Henning was die sewende seun in 'n gesin van elf kinders. Toe hy ongeveer 8 jaar oud was sterf sy pa aan maagkanker. Sy ma, Sannie het daarna besluit om met haar kinders van hulle plaas, Mertoun in die Rhodes distrik te verhuis na die plaas Risler, in die Maclear distrik. Die gesin het met twee waens oor Naudesnek in die Drakensberge afgetrek na Maclear. Sy oudste broer, Tok (Olivier) het agtergebly op Mertoun. Sy ouer broer, Hendrik het saam met ma Sannie en die vier jongste kinders gery en broer Frans was in beheer van die ander wa met die ouer seuns van wie John Brown die jongste was. Frans het baie jare later vertel dat terwyl hulle nog so gery het, het John na hom gekom en gesê dat hy honger was. Frans het 'n gevoel van magteloosheid ervaar, want daar was geen kos by hulle op die wa nie, maar toe hy so opkyk na die berg, sien hy 'n klomp braambosse vol ryp brame. Hy het die wa net daar gestop en die klomp seuns het almal eers heerlik brame ge-eet.

Ma Sannie was 'n klein fyn vroutjie en om 11 kinders alleen groot te maak moes 'n oorweldigende moeilike taak gewees het. John en sy broers het waarskynlik dus van jongsaf geleer om selfstandig en innoverend te wees.

Toe John op ongeveer dertigjarige ouderdom getrou het, het hy reeds sy eie afdelingswinkel gehad. Die volgende storie wat John, met so 'n stoute laggie vertel het, illustreer die aard van sy huwelik met Aletta Maria van Straten goed. "Nadat ek met julle ma getroud is, het ek die winkel se naam verander na Henning&Co. Die mense vra my toe of ek 'n vennoot het. Ek sê toe: Ja, julle ma was die “company!" Sy het dan ook die damesafdeling van die winkel blykbaar baie effektief bestuur.

Later het John die plaas Confluence gekoop - 'n verwaarloosde plaas met 'n vervalle huis. Deur die jare het hy en sy vrou, Aletta die plaas met goeie sorg en bestuur tot 'n spogplaas opgebou. Die uitgetrapte veld het herstel en die erosieslote is opgevul. In die plek van die vervalle huis is 'n mooi sandsteenklip huis gebou. Die werf is omskep in 'n landskap met grasperke, terrasse, bome en struike en 'n tennisbaan waar vriende dikwels oor naweke gekuier het. Later het hy nog twee plase aangekoop.

John was ook nou betrokke by die gemeenskap van Maclear. Sy winkel is oorgeneem deur die landboukoöperasie maar hy en Aletta het aangebly as direkteure. Hy was ook baie aktief betrokke by die kerk as kerkraadslid en sondagskoolorganiseerder.

Dit was vir sy gesin 'n swaar slag toe hy op 57 jarige ouderdom aan kanker oorlede is. Hulle het as gesin na sy dood egter geen finansiele gebrek gely nie, aangesien hy sy vrou agtergelaat het met 'n plaas sonder skuld en nuwe voertuie en implimente. Aletta, wat altyd gedeel het in sy boerdery, het besluit om met die boerdery voort te gaan totdat sy seun (ook John Brown) wat 12 jaar oud was tydens sy dood, die boerdery kon oorneem.

John Brown was 'n suksesvolle besigheidsman, maar sy kinders onthou hom as 'n mens met 'n sagte hart wat dikwels hulp verleen het waar daar nood was. Hy het sy werkers met respek behandel en goeie verhoudings met hulle gehandhaaf.

> a2.b7.c8.d5.e7.f1. JOHANNA CHRISTINA *Maclear 11-2-1933, χWILLEM TOBIAS OOSTHUIZEN, Foto D075

> a2.b7.c8.d5.e7.f2. SUSANNA CATHARINA *Maclear 28-9-1935, χMaclear 20-6-1958 MARIAN JOHANNA WEYERS KILIAN *Willowmore 27-5-1934, S/v Lourens Elias Kilian en Maria Johanna Hayes, Foto D075

> a2.b7.c8.d5.e7.f3. LAETITIA *Maclear 13-2-1943, χStellenbosch 7-4-1966 HUGO DE KOCK *Stellenbosch 11-9-1941, S/v Mauritz Joseph De Kock en Magdalena Hugo

Hulle het vier kinders: Mauritz De Kock *22-8-1969; John-Henning De Kock *9-6-1971; Hugo De Kock *10-12-1973 en Aletta Maria De Kock *2-5-1976

> a2.b7.c8.d5.e7.f4. JOHN BROWN *Maclear 25-6-1946, χMARIA CATHRINA VAN DER MERWE *3-10-1944, Foto D075

> a2.b7.c8.d5.e7.f4.g1. JOHN BROWN *Confluence, Maclear 23-11-1972

> a2.b7.c8.d5.e7.f4.g2. JAN HENDRIK NICOLAAS *Confluence, Maclear 17-6-1980

> a2.b7.c8.d5.e8. ELIZABETH MAGDALENA *Maclear 25-9-1904, †Bloemfontein 25-8-1986, χWILLEM PRINSLOO MARAIS, Foto 150, Foto D120

> a2.b7.c8.d5.e9. CORNELIA SUSANNA *Maclear 29-7-1907, †24-8-2002, χMaclear 7-12-1927 AUGUST CHRISTIAN ERNST PAGEL *Keiskammahoek 7-11-1895, †Ke3mptonpark 7-9-1980, S/v Christian Friedrich Pagel en Auguste Louise Schemel, Foto 150, D075

Haar man, August se oupa en ouma het saam met die Duitse setlaars van 1858 in Suid-Afrika aangekom

> a2.b7.c8.d5.e10. JOSEPH LARMOR *Maclear 25-11-1912, †Pretoria 3-3-1997, χMaclear 30-10-1937 JOHANNA CHRISTINA VAN STRATEN *5-2-1917, † Pretoria 4-6-1990, Foto 150

> a2.b7.c8.d5.e10.f1. DOROTHEA MARIA *Ugie 17-3-1939, χBloemfontein Jan 1966 GERT HENDRIK FOURIE *Bloemfontein 22-3-1940, Foto D010

> a2.b7.c8.d5.e10.f2. OLIVIER JOHANNES *Maclear 8-3-1940,† Kemptonpark 20-4-2008 (vermoor) χSenekal 9-9-1961 ANNA SUSANNA MAGDALENA PRINSLOO *Steynsrus 13-2-1941, † Kemptonpark 27-4-2008 (vermoor), Foto D010, D061

Olivier het te Kingwilliamstown, Aliwal-Noord en Petrusburg skoolgegaan. Na skool werk hy vir Volkskas Bank en Trustbank en eindig as onder­reken­meester. Daarna het hy die versekerings­wêreld betree waar hy tot streeksbestuurder gevorder het. In 1977 begin hy sy eie besigheid as versekeringsmakelaar te Kemptonpark.

Sy eggenote, Suzette, bedryf vir langer as 30 jaar lank 'n dagsorgsentrum te Kemptonpark. Op 20 April 2008 word Olivier, sy vrou, Suzette, een van hul huiswerkers en dié se seun by die sentrum deur booswigte oorval. Olivier en die huisbediende word op die plek vermoor, terwyl Suzette 'n week later, op 27 April weens haar wonde, onder andere 'n gebreekte skedel, sterf. Olivier dien vanaf die stigting van die Henning Familiebond gedurende 1985 vir verskeie jare as Tesourier op die bestuur van die Familiebond

> a2.b7.c8.d5.e10.f2.g1. ELIZABETH HENDRINA *Potchefstroom 22-5-1963, χKempton Park 9-1-1988 FREDERIK CAREL HEFER *Senekal 24-6-1961, S/v Frederik Carel Hefer en Maria Magdalena Sevenster, D065

Hulle het vier seuns: Frederik Carel - en Henning Olivier Hefer, 'n tweeling en Nicolas Jakobus - en Jakobus Johannes Hefer

> a2.b7.c8.d5.e10.f2.g2. OLIVIER JOHANNES *Florida 17-7-1966, D065

> a2.b7.c8.d5.e10.f2.g3. AVRIL CHRISTINE *Port Elizabeth 4-4-1972, † Oos-Londen 15 8-1999 (vermoor), D065

> a2.b7.c8.d5.e10.f3. SUSANNA CATHARINA *Maclear 23-9-1942, χBloemfontein 6-4-1964 STEFANUS BARNARD *Bloemfontein 10-3-1941, Foto D010, D075

> a2.b7.c8.d5.e10.f4. JOHANNA CHRISTINA *Maclear 30-10-1944, χKaapstad 1969 WILLEM PETRUS JOHANNES ESTERHUYSE *13-3-1945, Foto D010

> a2.b7.c8.d5.e10.f5. JACOB JOHANNES *Barkly-Oos 23-12-1945, χRandburg 21-3-1970 MABEL ALETTA VAN WYK *Brakpan 30-6-1947, Foto D010, D075

> a2.b7.c8.d5.e10.f5.g1. AMÒRI *Bloemfontein 3-8-1972, †Bloemfontein 29-9-1997 (Leukomie)

> a2.b7.c8.d5.e10.f5.g2. DAVID VAN WYK *Johnnesburg 6-7-1976

> a2.b7.c8.d5.e10.f6. ELIZABETH *Maclear 6-7-1948, †Pretoria 18-11-2009, χPretoria 4-4-1970 PHILIPPUS LE ROUX BRUMMER *Somerset-Oos 19-11-1943, Foto D010, D075

Liza voltooi haar skoolloopbaan aan die einde van 1965 aan die Oranje Meisieskool, Bloemfontein. Sy studeer vir onderwyseres aan die Normaalkollege, Pretoria.

Sy en haar eggenoot, Le Roux, het drie kinders, Leriza *1972, Hannelie *1974 en Marius *1977

> a2.b7.c8.d5.e11. CECIL ANDREW *Maclear 14-12-1915, †2-11-1997, χMaclear 20-6-1942 ANNA ELIZABETH OLIVIER *27-7-1918, D/v Nicolaas Olivier en sy vrou Danielina Jacoba, Foto 150

> a2.b7.c8.d5.e11.f1. MATHYS DANIËL *30-9-1947, Ongetroud oorlede

> a2.b7.c8.d5.e11.f2. NICOLAAS *9-4-1949, †Uitenhage 3-2-2015, χAberdeen 9-10-1971 HENDRIKA WILHELMINA SWANEPOEL *Aberdeen 24-3-1951, Foto D119

Nico Henning het sy lewe lank op die familieplaas Golden Valley in die Tarkastad-distrik met skape en beeste geboer. Hy het gedurende 2008 sy plaas verkoop en 'n “professionele” stoepsitter op Tarkastad geword. Hy het darem nog afslaerswerk gedoen en 'n matskoonmaakbesigheid vanaf sy huis bedryf. Hy het die plaas verkoop bloot omdat hy op daardie stadium 'n goeie prys aangebied is en hy gedink het die risiko is minder as hy die plaas in kontant sou omskakel.

> a2.b7.c8.d5.e11.f2.g1. NICOLENE *Golden Valley, Tarkastad 26-11-1972, χTarkastad 29-6-1996 JOHANNES PETRUS SCHEEPERS *Port Elizabeth 29-7-1965, ÷Grahamstad 28-1-1999; χχTarkastad 2-3-2001 HENRY WILLIAM NIEHAUS *Bethlehem 29-8-1961, †Bloemfontein 30-1-2006; χχχTarkastad 6-6-2014 LOURENS NEUHOFF *Alberton 1-5-1974

Sy en haar eerste man het twee seuns - 'n tweeling - Johan Scheepers en Nico Scheepers *Humansdorp 1-11-1996. Sy en haar tweede man het een dogter, Charné Niehaus *Queeenstown 18-10-2002

> a2.b7.c8.d5.e11.f2.g2. CECIL ANDREW *Golden Valley, Tarkastad 17-10-1974, χTarkastad 4-12-1999 BERNADETTE DU PREEZ *Oos-Londen 9-11-1976

> a2.b7.c8.d5.e11.f2.g2.h1. ADRI *Queenstown 5-1-2002

> a2.b7.c8.d5.e11.f2.g2.h2. NICOLAAS JOHANNES *Queenstown 9-4-2003

> a2.b7.c8.d5.e11.f2.g2.h3. ELRIE *Queenstown 6-3-2008

> a2.b7.c8.d5.e11.f2.g3. ANSIE *Golden Valley, Tarkastad 31-12-1979, χTarkastad 10-11-2001 JACOBUS PETRUS LODEWIEKUS VAN STRAATEN *Winburg 23-10-1973

Sy en haar man het drie kinders: Nalize van Straaten *Queenstown 9-6-2003, Jacobus Petrus Lodewiekus van Straaten *Queenstown 26-7-2005 en Mihandri van Straaten *Queenstown 5-2-2008

> a2.b7.c8.d6. JANNETTA *Damfontein, Aliwal-Noord 26-6-1866, †Damfontein, Aliwal-Noord 10-4-1887, Ongetroud, Foto D090

> a2.b7.c8.d7. JOHN BROWN *Damfontein, Aliwal-Noord 24-12-1867, †Damfontein, Aliwal-Noord 1-8-1889, Ongetroud, Foto 148

> a2.b7.c8.d8. OLIVIER JOHANNES *Damfontein, Aliwal-Noord 11-9-1869, †Damfontein, Aliwal-Noord 28-10-1918, χMaitland, Kaapstad 8-7-1902 MAGDALENA MARIA DAISY BEETON *Kaapstad 5-1-1877, †Aliwal-Noord 25-2-1958, D/v Arthur Beeton *20-10-1839 en sy tweede eggenote, Wilhelmina Margaretha Vos *1850, haar verdere voorsate word verderaan verstrek. Foto 143, 144, 146, 151

Olivier Henning word op die plaas Damfontein, distrik Aliwal-Noord gebore. Hy word groot op die plaas en boer later saam met sy vader. Met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog 1899—1902 bly hy lojaal aan die Kaapse regering. Dit het veroorsaak dat talle mede-Afrikaners, wat stilswyend of as Kaapse rebelle die kommando’s van die Boererepublieke gesteun het, hom as 'n verraaier beskou het. Aan die begin van die oorlog het die kommando van Kommandant Willem Fouchee met groot welslae in die Noord-Oos Kaap teen die Britse magte opgetree. As gevolg van die talle Afrikaners in die gebied wat nie die oorlogspoging van die Boererepublieke ondersteun het nie, het Fouchee 'n skrikbewind onder hierdie mense begin voer. Hy het talle van hierdie mense met sy sambok afgeransel. Op 'n dag gedurende 1901 was Olivier ook in 'n onderonsie met Fouchee gewikkel, waar diè hom met sy sambok geslaan en een van sy swart plaaswerkers, wat van spioenasie vir die Britse magte verdink was, tereggestel het27.

Eers op 33 jarige ouderdom besluit hy om te trou. Gedurende 1902, dit wil sê die jaar wat die Anglo-Boere-oorlog ten einde loop, word hy in die huwelik bevestig met die Engelssprekende meisie Daisy Beeton. Onder die invloed van sy vroutjie, breek hulle weg van die ou Boere gebruik van naamgewing vir hulle kinders. Al hulle kinders kry 'n enkele Engelse naam.

Daisy, was voor haar troue 'n onderwyseres. Sy het dikwels vir talle mense wat nie kon skryf nie, as skrywer opgetree. Sy was 'n klein, fyn vroutjie, wel belese en het dikwels as solis of as pianis in konserte opgetree. Beide haar ouers, haar pa Arthur Beeton en haar ma Wilhelmina Margaretha Vos sterf as gevolg van kanker — hy kanker van die inge­wande en sy as gevolg van kanker van die lewer. Arthur Beeton se vader en moeder was Thomas Beeton *14-10-1803 en Eliza Barker *18-10-1814. Eliza Barker se ouers het saam met die 1820 Britse setlaars na Suid-Afrika emigreer en was Arthur Barker en Sarah August. Thomas Beeton se ouers was John Beeton en Elizabeth Barnett. Wilhelmina Margaretha Vos stam van verskeie bekende figure in die silwersmid en klok/horlosiemakersbedrywe aan die Kaap af. Haar ouers was Jacobus Johannes Vos *1814 en Magdalena Maria Wolhuter *1817. Verskeie van die kunswerke wat Jacobus Vos en sy voorsate vervaardig het, word in die Nasionale Kuns­historiese Museum, Kaapstad en die Hugenote museum, Franschoek ten toon gestel.

Olivier Henning sterf gedurende die groot Spaanse Griepepidemie van 1918. Sy eggenote, moes dus op haar eie die boerdery behartig, en nog sewe kinders waarvan die ouderdomme tussen 15 jaar en ses maande gewissel het, grootmaak. Teen die einde van haar lewe het sy osteoperose opgedoen.

> a2.b7.c8.d8.e1. STANLEY *Damfontein, Aliwal-Noord 26-1-1904, †Aliwal-Noord 28-6-1991, χAliwal-Noord 19-6-1928 DINA MARGARETHA JACOBA GREYLING *Dordrecht 7-11-1907, †Aliwal-Noord 11-2-1989, D/v Gideon Stephanus Greyling, Foto 141, 151, 152, D043

Stanley was slegs 14 jaar oud toe sy vader gedurende die groot griepepidemie van 1918 oorlede is. As oudste seun moes hy dus verpligtinge op die plaas oorneem, wat normaalweg nie van 'n kind van so 'n ouderdom verwag word nie. Hy en sy twee jonger broers, Len en Bill neem mettertyd die boerdery op Damfontein by hul moeder oor.

Gedurende 1928 trou hy met Dinie Greyling, 'n jong onderwyseres. Met die vernietigende droogte van 1933 trek sy twee broers weg en Stanley en sy vrou boer alleen voort op Damfontein. Hy verkoop die plaas gedurende 1951. 'n Tydperk van meer as 110 jaar wat Damfontein in besit van die Hennings was, kom dus ten einde. Hy gaan boer hierna op die plaas Toekoms, 3 km Suid van Aliwal-Noord en reg langs die bekende Aliwal-Noord warm­water­bronne. Gedurende 1980 verkoop hy die plaas en hy en sy eggenote gaan vestig hulle op die dorp Aliwal-Noord.

> a2.b7.c8.d8.e1.f1. JOHANNA *Aliwal-Noord 30-6-1929, †Brakpan 26-7-2014, χAliwal-Noord 16-4-1949 DANIËL IGNATIUS DELPORT *12-7-1928, †Brakpan 1-9-1988, Foto 152

> a2.b7.c8.d8.e1.f2. OLIVIER *Aliwal-Noord 2-12-1930, † Aliwal-Noord 2-1-2005, χAliwal-Noord 10-10-1958 ALETTA HENRIËTTA DE KOCK *Zastron 19-11-1937, D/v Josias John De Kock *30-12-1910 en Aletta Petronella De Wet *13-8-1909, Foto 152, D008, D036

Olivier (of Boet, soos hy deur al sy familie genoem is) begin sy skoolopleiding by 'n plaasskool op die plaas Nimwegen, in die distrik Aliwal-Noord en hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Tegniese Skool Oos-London. In 1948 doen hy St 9 en 10 in een jaar en word aangewys as hoofseun van hierdie groot seunsskool.

Januarie 1949 begin hy 'n loopbaan as vliegtuig werktuigkundige by die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Gedurende hierdie tyd werk hy eers in Germiston, toe Palmietfontein en daarna by Jan Smuts Lughawe. Hy bedank in Maart 1953 en gaan boer saam met sy pa op die plaas Toekoms, Aliwal-Noord distrik, vir 'n jaar lank.

In April 1954 begin hy as passer-en-draaier te werk vir die groep Frazers & Chalmers by hul uraan­my­ne te Welkom, Virginia en Orkney. Vanaf Januarie 1957 tot Junie 1958 stuur Frazers & Chalmers hom vir dieselfde doel na hulle myne in Noord-Rhodesië (nou Zambië).

In Junie 1957 ontmoet hy Letitia (Aletta Henriëtta) De Kock op sy tuisdorp, Aliwal-Noord. Hulle tree op 10 Oktober 1958 in die huwelik.

Vanaf Julie 1958 werk hy as werktuigkundige en werkswinkelvoorman vir onderskeidelik Manning& Patterson, die Afdelingsraad en James Weir.

In 1961 koop hy die plaas Oosterlig, digby die Aliwal-Noord warmwaterbronne. Die plaas was op daardie stadium 'n kaal stuk grond, wat hom £25 per morg gekos het. Hy boer egter deeltyds terwyl hy steeds met sy voltydse betrekking voortgaan. Vanaf Junie 1973 werk hy vir die Departement Landbou Tegniese Dienste te Aliwal-Noord — eers as werktuigkundige en vanaf 1975 as Senior Voorsieningsadministrasieklerk.

Letitia werk tot en met haar aftrede gedurende 1999 vir die Poskantoor te Aliwal-Noord.

> a2.b7.c8.d8.e1.f2.g1. ALETTA PETRONELLA *Aliwal-Noord 16-12-1959, χAliwal-Noord 8-12-1984 JOHAN JACOBUS NEL *Lady Grey 15-6-1958, ÷ Foto D079

> a2.b7.c8.d8.e1.f2.g2. STANLEY *Aliwal-Noord 20-10-1961, χBloemfontein 20-10-1984 MARY-ANN NEL *28-5-1963, Foto D011 en D177

> a2.b7.c8.d8.e1.f2.g2.h1. HEINRICH GEORGE *Voortrekkerhoogte 11-3-1988 ≈10-10-1988 te Aliwal-Noord, χMuldersdrif 11-3-2023 EDIN VAN ZIJL *Pretoria 17-3-1992, D/v Sharon van Zijl *Kaapstad 18-9-1972, Foto D011, D036 en D177

Hy is op Sondag 10 Oktober 1988 gedoop in die NG Kerk Aliwal-Noord, tydens die eerste landwye Henning Fees. Die predikant was Ds Willie Henning van Hanover. Heinrich was die vyfde geslag van sy familie wat in die NG Kerk Aliwal-Noord gedoop is - hyself, sy pa Stanley, sy oupa Olivier, sy oupagrootjie Stanley en sy groot oupagrootjie Olivier Johannes. Hy slaag matriek met vyf onderskeidings op hoër graad aan die einde van 2006.

> a2.b7.c8.d8.e1.f2.g2.h2. ANÉL *Potchefstroom 22-8-1989, Foto D011 en D177

> a2.b7.c8.d8.e1.f2.g3. ALEXANDER *Aliwal-Noord 5-5-1964, χPort Elizabeth 8-11-1987 SALOME RHEEDER *21-10-1967,÷, χχBloemfontein 17-1-2009 TANIA ROELOFSE * Aliwal-Noord 7-12-1970, D/v George Frederik Roelofse en Isabella Frederika Coetzee, Foto D079, D080

Alexander se tweede vrou, Tania, het twee kinders, Adriaan van Deventer *23-9-1997 en Clarissa Carla Botha *5-2-2006 uit vorige huwelike.

> a2.b7.c8.d8.e1.f2.g3.h1. LETITIA SALOME *Pretoria 30-11-1988, χBloemfontein 6-10-2013 WILLEM HENDRIK JACOBUS GRIESEL *Kimberley 6-10-1984, S/v Johan David Griesel en Nancy Jacoba Cronje, Foto D036, D080

> a2.b7.c8.d8.e1.f2.g3.h2. HENRIETTE PETRONELLA *Port Elizabeth 5-2-1990, χBloemfontein 31-10-2015 DEAN ANTHONY GERMISHUIZEN *Vanderbijlpark 27-4-1989, S/v Jacobus Lodewikus Germishuizen en Ronel Lorraine Du Plessis, Foto D080

> a2.b7.c8.d8.e1.f2.g4. DIANA MARGARETHA *Aliwal-Noord 18-5-1966, χ18-2-1988 THINUS JOHANNES ROOS *1-10-1967, Foto D079

> a2.b7.c8.d8.e1.f2.g5. OLIVIER *Aliwal-Noord 25-11-1971, Foto D008, D079

Hy het sy voornaam en van verander na Caleb Sindano

> a2.b7.c8.d8.e1.f3. DAISY *Aliwal-Noord 23-4-1932, †Elliott 7-4-1998 (kanker), χLEWIS JOHANNES NAUDÉ *27-10-1925, †Maclear Jul 1984, S/v Lewis Johannes Naudé *8-1-1890 en Cornelia Wilhelmina Cloete *12-8-1893, Foto 152

Hulle het vier kinders, Dina Margaretha Jacoba Naudé *20-9-1953, Cornelia Wilhelmina Naudé *11-4-1955, Louis Johanns Naudé *23-3-1958 en Magdalena Elizabeth Naudé *25-6-1963

> a2.b7.c8.d8.e1.f4. DINA MARGARETHA JACOBA *Aliwal-Noord 23-4-1934, χBENJAMIN DE BRUYN *17-11-1920, ÷ Foto 152

Sy en haar man het twee kinders, Dienelien *13-4-1965 en Benjamin *281-1968

> a2.b7.c8.d8.e1.f5. GIDEON STEPHANUS *Aliwal-Noord 10-10-1935, †Strand 12-4-2023, χKaapstad 6-4-1957 JOHANNA WILHELMINA CATHRINA DIPPENAAR *Paarl 19-2-1936, †Strand 5-11-2020, D/v Alewijn Bernardus Johannes Dippenaar *29-6-1896, †5-1-1971 en Johanna Wilhelmina Catharina Wessels *28-3-1905, †6-7-1995, Foto 152, D012, D053

Giep, soos hy genoem word, word gebore op die plaas Paardevlies, in die Lady Grey distrik as jongste van vyf kinders. Kort na sy geboorte trek sy ouers terug na die familieplaas, Damfontein, in die distrik Aliwal-Noord. Hy voltooi sy skoolopleiding te Aliwal-Noord waar hy uitblink in verskeie sportsoorte en sy junior provinsiale kleure kry in rugby en atletiek.

In 1953 begin hy sy loopbaan by die SA Vervoerdienste in Johannesburg. Na twee jaar word hy na Kaapstad verplaas as tekenaar. Hy dien bykans die res van sy loopbaan in die Kaap en vorder tot senior tekenaar.

In 1957 is hy getroud met Wena Dippenaar van die Paarl en uit die huwelik is twee seuns en ’n dogter gebore.

Giep was verskeie jare leierdiaken. Hy was ook vir etlike jare President van die Suid-Afrikaanse Instituut van Tekenaars, waarvan hy ’n lewenslange lid is. As pluimbalspeler het hy sy provinsiale kleure verwerf as veteraan (bo 40 jaar) en weer in 1987 vir die SA Meesterstoernooi (bo 50 jaar).

Hy is die derde Voorsitter van die Henning Familiebond en dien vanaf 1997 in hierdie posisie to en met sy afsterwe op Woensdag 12 April 2023.

> a2.b7.c8.d8.e1.f5.g1. STANLEY *Kaapstad 6-8-1959, χKemptonpark 10-4-1982 TERSIA ESTRELITA SMIT *27-1-1961; ÷; χχ27-7-1991 MARY-ANNE HATTINGH *20-2-1966, Foto D012, D072

> a2.b7.c8.d8.e1.f5.g1.[h1] TAMSYN LEE *21-9-1985. Dogter van Mary-Anne, wettig deur Stanley aangeneem. Foto D072

> a2.b7.c8.d8.e1.f5.g2.WILHELMINA *Somerset-Wes 31-1-1963, χNICOLAAS CHRISTIAAN GOOSEN *23-11-1957, Foto D012

> a2.b7.c8.d8.e1.f5.g3. BERNARDUS *Somerset-Wes 3-7-1964, χHESTER ALETTA DU PLESSIS *4-9-1965, Foto D012

> a2.b7.c8.d8.e1.f5.g3.h1. STEPHAN GIDEON *Strand 5-5-1993

> a2.b7.c8.d8.e1.f5.g3.h2. BERNARDO JOHANNES *Strand 9-2-1996

> a2.b7.c8.d8.e1.f5.g3.h3. LENNERT ALTUS *Strand 20-8-1998

> a2.b7.c8.d8.e2. ENID *Damfontein, Aliwal-Noord 18-6-1906, †Aliwal-Noord 20-1-1994, χAliwal-Noord 15-6-1926 BAREND JACOBUS JACOBS *Krompoort, Burgersdorp 17-6-1896, S/v Michiel Cornelius Jacobs en Anna Vorster, †Aliwal-Noord 14-10-1984, Foto 141, 151, D043

> a2.b7.c8.d8.e3. LEONARD *Damfontein, Aliwal-Noord 24-7-1908, †Brakpan 22-7-2001, χBurgersdorp 29-4-1935 JANNETTA SOPHIA HENDRINA SUSANNA KRUGER *Burgersdorp 10-5-1911, †Brakpan 11-6-1977, D/v Stephanus Rudolf Kruger *16-8-1887 en Petronella Wilhelmina Scharlotina Bester *1-7-1887, haar verdere voorsate word verderaan verstrek; χχBrakpan 7-10-1978 JOAN MURPHY (gebore Baker) *15-5-1916, †London, Brittanje 21-4-1980; χχχ Brakpan 13-7-1981 ELSIE JOHANNA EVERT (gebore Van den Bergh) *11-9-1922, †Welkom 18-6-2015, Foto 151, 154, D013, Foto D043

Leonard (Len) Henning, vader van die skrywer van hierdie boek, boer aanvanklik saam met sy twee broers op die familieplaas, Damfontein, distrik Aliwal-Noord. Gedurende die groot en vernieti­gen­de droogte van 1933, is hy en sy jonger broer, Vincent (Bill) verplig om hulle waens te pak en na ander weivelde vir hulle vee te gaan soek, want, behalwe vir die droogte, het dit duidelik geword dat drie boere op een plaas net eenvoudig nie uitwerk nie. Hulle trek na die Maclear omgewing. Nadat die droogte gebreek is, keer hy terug na Aliwal-Noord en trou kort hierna met die nooientjie Nettie Kruger. Hulle huwelik word voltrek deur Ds Dirk Postma in die Gereformeerde Kerk, Burgersdorp. Wat interessant is, is dat Nettie se ouma, wie se name sy gekry het, deur hierdie Ds Dirk Postma se oupa, wie se name hy gekry het (die eerste Prof Dirk Postma) in die huwelik bevestig is.

Nettie Henning se voorsate was die volgende: Haar ouers was Stephanus Rudolf Kruger en Petronella Wilhelmina Scharlotina Bester, haar grootouers was Michiel Andries Aucamp Kruger *4-1-1858 en sy vrou Jeanetta Sophia Hendriena Susanna Kruger *29-7-1859 en Godlieb Rudolf Bester *Aug 1855 en sy vrou Elizabeth Johanna Van Heerden *29-3-1864. Nettie was 'n volbloed Kruger, want as na haar voorsate gekyk word, was haar oupa en ouma Krugers en die ouma Kruger se pa en ma was ook gebore Krugers. Sy was ook 'n nasaat van Tjaart van der Walt, beroemde Kommandant en Verde­digings­­hoof van die Swellendamse Repu­bliek, wat gedurende die derde Xhosa-oorlog van 1802 gesneuwel het.

Die egpaar vestig hulle na hulle troue op Uitenhage, waar Len op die Spoorweë werk en later op Indwe, waar hy vir Goedhals Botha boer. Gedurende 1942 keer hulle terug na Aliwal-Noord, waar hy die plaas Caledonia, 'n buurplaas van Damfontein, koop. Die plaas was egter nie groot genoeg om 'n bestaan op te maak nie. Die oorlogsjare en die droogte daarna bring mee dat hulle skuldlas al groter word. Teen 1947, toe hulle oudste dogter skool toe moes gaan, besluit hulle om ook Transvaal toe te trek. Hy kry werk op die goudmyne aan die Oosrand as 'n skrynwerker, en hulle vestig hulle op Brakpan.

Hy het helder blou oë en ligte hare gehad en was lank en skraal. Hy het op 85 jarige ouderdom vir die eerste keer in sy lewe so siek geword dat hy gehospitaliseer moes word.

Na sy aftrede met pensioen het hy homself met die maak van pragtige en stewige meubels, wat alles erfstukke sal word, besig gehou. Tot en met 16 Julie 2001 ('n week voor sy 93 ste verjaardag) het hy nog ses dae per week 'n volle werkdag se werk gedoen. Op hierdie dag het hy sy laaste stukkie hout opgewerk en is die volgende dag met bronchitis in die hospitaal opgeneem. Na twee beroerte- en 'n hartaanval in die hospitaal, is hy oorlede.

CJ Langenhoven se wens in “Ons weg deur die wêreld” wat as volg lui, was in alle opsigte op hom van toepassing: “As ek die begeerte mog waag, sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag: “Ek het hom by sy werk gekry”

> a2.b7.c8.d8.e3.f1. LEONETTA *Uitenhage 10-12-1936, χBrakpan 8-10-1960 WILLEM JOHANNES STEYN *Rustenburg 21-2-1933, S/v Barend Johannes Steyn en Magdalena Elizabetha Coetzee, ÷, †Brakpan 22-8-2010, Foto D014, D081 en D176

Kort na Leonie se geboorte op Uitenhage koop haar pa die plaas Caledonia, in die Aliwal-Noord distrik. Sy begin haar skoolloopbaan by 'n plaasskooltjie op die buurplaas, Damfontein (die Henning familie­plaas). Die skoolganery het net drie maande gehou, toe die skool sluit. Die volgende jaar is sy terug skool toe te Burgersdorp, waar sy by haar ouma Kruger tuisgegaan het. Sy voltooi egter Sub A en Sub B in een jaar. In Leonie se St 3 jaar verhuis haar ouers na Brakpan. Sy voltooi St 9 en 10 in een jaar en skryf matriek op 16-jarige ouder­dom. Sy studeer vir onderwyseres in Johannesburg en gee klas in Tik, Boekhou, Snelskrif en Ekonomie. Toe rekenaars op die voorgrond begin tree, doen sy die nodige omskakeling en sluit haar loopbaan af by die Tegniese Kollege Benoni as lektrise in rekenaar­praktyk.

Leonie is die persoon wat aanvanklik al die tikwerk vir die Henning geslagsregister, die Familiekroniek en die Henning Familiebond Nuusbriewe gedoen het.

> a2.b7.c8.d8.e3.f2. NERINA *Uitenhage 10-12-1939, †As maandoue baba oorlede

> a2.b7.c8.d8.e3.f3. WILHELMINA *Indwe 6-4-1941, χBrakpan 19-12-1964 AUBREY ARTHUR WILKINSON *Brakpan 29-8-1938, Foto D015

Wiena kwalifiseer gedurende 1961 as fisioterapeut. Aanvanklik werk sy in Pretoria en daarna vir 'n tydlank in Pinetown. Gedurende 1981 verhuis sy en haar man, Aubrey, na die Paarl, waar sy aangestel word asdie hoof van die Fisioterapie Departement van die Paarl skool vir neuraalgestremdes.

Hulle het twee kinders, *Craig Aubrey 28-4-1966 en Nerina *15-11-1967

> a2.b7.c8.d8.e3.f4. OLIVIER JOHANNES *Aliwal-Noord 14-12-1943, χBrakpan 6-4-1968 CHARLOTTE FRANCINA KLEYNHANS *Brakpan 25-6-1948, D/v Nicolaas Jacobus Kleynhans *11-12-1918 en Johanna Nickolina Struwig *19-4-1925. Haar grootouers was Nicolaas Jacobus Kleynhans *14-10-1892 en sy vrou Charlotte Francina De Wet *22-6-1898 en Charel Jacob Struwig *20-12-1894 en sy vrou Catharina Petronella Beyleveld *20-4-1895, Foto D008, D016, D017

Die skrywer van hierdie boek.

> a2.b7.c8.d8.e3.f4.g1. HANNELIE NICOLETTE *Voortrekkerhoogte 28-5-1969, χWierdapark, Verwoerdburg 18-6-1994 ESRA SWANEPOEL *Port Elizabeth 9-1-1971, S/v Esra Swanepoel *2-12-1950 en Cynthea McLeod *23-2-1951, Foto D017

Hulle het die volgende kinders: Esra Louis Swanepoel *Worcester 4-5- 1997; Esté *Worcester 1-6-1999; Olivier George Leonard *Worcester 2-1-2003

> a2.b7.c8.d8.e3.f4.g2. LEONARD *Voortrekkerhoogte 22-5-1971, χVerwoerdburg 4-2-1995 CHANTELLE AINSLIE *21-9-1971, D/v George Henry Ainslie *7-2-1951 en Almaria Coetzee *20-1-1952, Foto D003, Foto D017, D039

Hy voltooi sy skoolloopbaan te Wierdapark, Verwoerdburg, waarna hy sy nasionale diens­plig aan die Infanterieskool, Oudtshoorn begin. Hy word gekeur vir leieropleiding en voltooi sy diensplig as Tweede Luitenant by 111 Bataljon, Ermelo — die Swazibataljon. Hy sluit hierna by die Staandemag aan en word aangestel by die Kollege vir Opvoedkundige Tegnologie, waar hy waarde­volle ondervinding opdoen en 'n groot bydrae lewer in volwasse onderrig. Intussen studeer hy deeltyds in Personeelbestuur (mannekrag ontwikkeling) aan die Technicon RSA en verwerf eers 'n diploma en daarna 'n B Tech graad.

Met die rang van Kaptein bedank hy uit die Weer­mag en begin sy eie besigheid in die bedryf van plantbestuursprogramme.

> a2.b7.c8.d8.e3.f4.g2.h1. LENÉLLE *Durbanville 23-1-1998, χDurbanville 25-3-2023 MORNÉ DE VILLIERS *Kaapstad 3-4-1995, S/v Frederick Jacobus De Villiers * Worcester 26-2-1961 en Karen Warner *Bellville 5-3-1963, Foto D003, D017, D039

> a2.b7.c8.d8.e3.f4.g2.h2. HEINRICH JOHANNES *Durbanville 9-2-2004, Foto D039

> a2.b7.c8.d8.e3.f5. STEPHANUS RUDOLF KRUGER *Aliwal-Noord 1-5-1946, †Wynberg, Kaapstad 18-6-2020, χBrakpan 2-5-1970 HESTER CORNELIA KLEYNHANS *Brakpan 17-12-1950, D/v Nicolaas Jacobus Kleynhans *11-12-1918 en Johanna Nickolina Struwig *19-4-1925, Foto D018, D045

Kort na Fanie se geboorte te Aliwal-Noord verhuis sy ouers na Brakpan. Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoër Tegniese Skool Benoni en begin in 1964 as vakleerling Draaier-masjinis by die SA Spoor­weë werk. Gedurende 1971 kry hy 'n depar­tementele oorplasing na die SA Weermag, waar hy as 'n Ammunisie-passer en-keurder aangestel word. Hy doen diens te Pretoria, De Aar en Somerset-Wes. Hy tree uit diens gedurende 1997.

Fanie se eggenote, Hettie is 'n jonger suster van sy broer, Olivier se eggenote. Haar voorsate word by f4. aangedui. Hettie was orreliste van verskeie NG - en Gereformeerde gemeentes in Brakpan, Pretoria, De Aar en Bellville.

Die oggend van 16 Junie 2020 kry Fanie 'n massiewe beroerte by sy huis in Kuilsrivier en word na 2 Militêre Hospitaal, Wynberg afgevoer, waar hy op 18 Junie 2020 sterf.

> a2.b7.c8.d8.e3.f5.g1. STEPHANUS RUDOLF *Voortrekkerhoogte 17-9-1972, χPotchefstroom 16-12-1995 HENDRINA HELENA SLABBERT *Welkom 14-10-1974, D/v Gideon Johannes Slabbert en Hendrina Helena Mynhardt, ÷2006. χχBellville 1-11-2008 ELDENE CATHRION SKINNER *Parow 26-5-1972, D/v Eden John Bethridge Skinner en Elizabeth Gerber, Foto D018, D051, D067

Rudolf is die persoon verantwoordelik vir die omskakeling van die familiekroniek na die CD formaat en die ontwerp van die databasis.

> a2.b7.c8.d8.e3.f5.g1.h1. RUNÉ (χ) *Durbanville 29-3-2002, Foto D051, D067

> a2.b7.c8.d8.e3.f5.g1.h2. CHANTÉ ELIZABETH (χχ) *Bellville 7-5-2010, ≈GK Bellville-Oos 27-6-2010, Foto D067

> a2.b7.c8.d8.e3.f5.g1.h3. NICOLENE (χχ) *Bellville 15-2-2013, ≈GK Bellville-Oos 5-5-2013, Foto D067

> a2.b7.c8.d8.e3.f5.g2. CORNELIA NICOLINA *Voortrekkerhoogte 14-2-1975, Foto D018

> a2.b7.c8.d8.e3.f6. SYLVIA DAISY *Brakpan 28-8-1948, χBrakpan 11-12-1971 GERT CORNELIS MARTHINUS GROBLER *Roodepoort 20-9-1949, (b5.c4.d1.e4.f5.g5.h9.i2. in die Grobler geslagsregister28), Foto D019, D052

Sylvia kwalifiseer as onderwyseres. Sy is ook intensief betrokke by die Voortrekkers. Haar eggenote, Gert is 'n Vervoer-ekonoom. Hulle het drie kinders: Cornelis Floris Johannes *28-2-1974; Nenette *3-1-1977 en Alette *17-8-1981

> a2.b7.c8.d8.e4. MONA *Damfontein, Aliwal-Noord 18-8-1910, † Mufulira, Zambië 3-12-1971 lewerkanker, χ Mufulira, Noord-Rhodesië (Zambië) 18-1-1939 GRAHAM DESPARD TWIGG, * Cedarville, Matatiele 30-12-1905, † Dover, VK 15-5-1974, S/v William Alexander Twigg * 16-2-1872 en Ethel Grace Bickley *18-12-1885. Foto 151, D041, D042

Sy en haar man het kort na hulle troue hulle te Mufulira, in die destydse Noord-Rhodesië (Zambië) ge­vestig, waar hulle drie kinders — 'n dogter, Rozanne en twee seuns, Michael en Graham — gebore is. Sy en haar man is in Zambië oorlede. Die dog­ter Rozanne het na Australië geëmigreer en Michael na Kanada waar hulle met hulle gesinne woon.

> a2.b7.c8.d8.e5. VINCENT *Damfontein, Aliwal-Noord 12-9-1911, † Maclear 21-11-2004 , χRhodes 22-7-1947 RUBINA THEUNISSA NAUDE *Rhodes 4-1-1923, †Oakleigh, Maclear 14-9-1984, D/v Pieter Andries Naudé, Foto 151, D013, D020, D025, D043

Hy het as Bill bekend gestaan en boer aanvanklik saam met sy ouer broers op die ou familieplaas Damfontein. Met die groot droogte van 1933 is hy en sy broer Leonard verplig om weg te trek. Hy vestig hom op die plaas Kerkplaas in die Pitsing gedeelte van die Maclear distrik, en trou eers op 36 jarige leeftyd met die nooientjie Rubina Naude. Hy het 'n sprankelende en mooi persoonlikheid gehad. As gevolg hiervan en sy sin vir humor was hy by almal wat hom geken het, besonder gewild.

Op Kerkplaas het Bill gemengde boerdery, met die klem op skape bedryf. Wat interessant omtrent hierdie Henning gesin is, is die feit dat hul plaas baie ver vanaf die naaste dorp, Maclear was. As gevolg hiervan was hulle plaas die middelpunt van alle aktiwiteite in die Pitsing. Die poskantoor was op hulle plaas — Rubina was die posmeester; die enig­ste petrolpomp binne 'n 80 km radius, was op hulle plaas — Bill was die pompjoggie, en aan­ge­sien daardie omgewing tot vandag toe nie oor elek­trisi­teit beskik nie, was die petrolpomp nog van die tipe wat met die hand gepomp moes word; die skool — vanaf Sub A (graad 1) tot St 6 (graad 8) — was op hulle plaas en as gevolg van die leerlingtal — nooit meer as twaalf kinders, waarvan 5 Hen­ninkies — was daar slegs een leermeester, Rubina Henning. Toe die klomp Henninkies die skool verlaat, moes die skool sluit omdat daar nie genoeg kinders oorgebly het nie.

Gedurende 1982 word die Pitsing by die Transkei ingelyf en Kerkplaas word deur die Staat uitge­koop. Bill koop 'n ander plaas, Oakleigh, nader aan Maclear waar hy tot en met 1994 woon. Hierna trek hy dorp toe as gevolg van sy ouderdom, die feit dat hy man alleen op die plaas moes woon en die gevare van strooptogte vanuit die Transkei.

> a2.b7.c8.d8.e5.f1. MELODIE MARIA *Maclear 22-4-1948, †Kokstad 17-9-2007, χMaclear 6-9-1975 LOUIS JOHANNES BUITENDAG *6-9-1949, Foto D020

> a2.b7.c8.d8.e5.f2. OLIVIER JOHANNES *Maclear 22-3-1950, †Maclear 27-1-1971, Ongetroud

> a2.b7.c8.d8.e5.f3. PIETER NAUDE *Maclear 4-11-1957, χTzaneen 22-1-1983 INGRID KAPP *Tzaneen 27-12-1959, Foto D021, D107

Pieter voltooi sy laerskoolloopbaan in die plaas-skooltjie op hulle plaas, Kerkplaas, in die Pitsing gedeelte van die Maclear distrik. Van kleinsaf het Pieter 'n liefde en aanleg vir meganiese dinge gehad. As gevolg van die feit dat daar geen tegniese skool binne honderde kilometers vanaf hulle plaas was nie, stuur sy ouers hom om by sy oom Len Henning en sy vrou Nettie te Brakpan te gaan woon, waar hy sy skoolloopbaan by die plaaslike tegniese hoërskool voltooi.

Pieter begin gedurende 1975 met sy diensplig by die Infanterieskool op Oudtshoorn en hy word vir offisiersopleiding gekeur. In hierdie tyd bars die burgeroorlog in Angola uit. Suid-Afrika raak in hierdie stryd betrokke en Pieter, wat intussen as Tweede-Luitenant aangestel is, word as pelotonleier na die operasionele gebied gestuur. Hy doen diens in Angola en neem aan gevegte teen SWAPO, MPLA en Kubaanse troepe deel.

Na voltooiing van sy diensplig begin hy Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy kwalifiseer aan die einde van 1981 as Landbou Ingenieur. Tydens sy studies ontmoet hy vir Ingrid Kapp, wat met studies in Tuinboukunde besig was. Haar ouers boer met Bloekomplantasies in die Tzaneen distrik.

Na hulle huwelik gaan vestig Pieter en Ingrid hulle op Ingrid se ouers se plaas. Pieter neem met verloop van tyd die boerdery by sy skoonpa oor. Hy het die plaas uitgebou tot een van die spogplase in die omgewing en het omvattende sakebelange in eiendomsbemarking, eiendomsontwikkeling, Ingenieurs - en Energiebedrywe, 'n sterk voetspoor in Bosbou, houtwerk en Avokadoboerdery.

> a2.b7.c8.d8.e5.f3.g1. INEKE *Tzaneen 22-10-1984, χTzaneen 6-10-2012 JACOBUS DE WET RICHTER *Germiston 10-6-1976, S/v Jacobus Marthinus Richter en Wilhelmina Susanna Nortier Foto's D021, D107, D150

Hulle het 'n seuntjie, Luan *Sandton 12-3-2019

> a2.b7.c8.d8.e5.f3.g2. AMRI *Tzaneen 9-5-1988, χTzaneen 9-10-2021 MAX WALGENBACH *Pretoria 14-6-1983, S/v John Martin Joseph Walgenbach *4-2-1958 en Anna Susanna Bosch *24-2-1958 Foto's D021, D107 en D173

Amri is die finansiële rekenmeester by hul familieplaas, Cachumi Boerdery, distrik Tzaneen. Max is die bestuurder by hulle familiebesigheid, Waltech Hydraulics in Polokwane.

Hulle het 'n seuntjie, Oliver Pieter Walgenbach * Tzaneen 20-4-2023

> a2.b7.c8.d8.e5.f3.g3. ELRIKÉ *Tzaneen 2-2-1991, χTzaneen 21-9-2019 WILHELM PETRUS ROBBERTSE *Potchefstroom 26-1-1989, S/v Wilhelm Petrus Robbertse *6-2-1954 en Ria Robbertse (gebore Robbertse) *26-2-1956, Foto's D021, D107 en D174

Elrike is 'n Chemiese Ingenieur wat as bestuurder van die Lamineerfabriek op haar pa se plaas, Cashumi Boerdery, distrik Tzaneen werk. Wilhelm is 'n Meganiese Ingenieur wat as bestuurder van die Behandelingsaanleg vir houtprodukte op Elrike se pa se plaas, Cashumi werk.

Hul eerste kind, 'n dogtertjie, Emily, is op 3 Januarie 2022 te Tzaneen gebore.

> a2.b7.c8.d8.e5.f4. MEMORY DAISY *Maclear 11-1-1960, † Maclear 27-4-2007 (breinaneurisme), χMaclear 1983 NOËL WAGENAAR *25-12-1956, Foto D022, D055, D056

Hulle woon te Maclear en het 'n seun, Stefan wat op 11-12-1990 gebore is.

> a2.b7.c8.d8.e5.f5. RUBINA THEUNISSA *Maclear 22-8-1961, χSIMON SAUER VAN STRAATEN *21-11-1960, Foto D023, D056, D057 en D149

Runa (soos sy genoem word) en haar man Sauer het twee dogters: Estie *27-9-1990 en Runé *14-11-1993

> a2.b7.c8.d8.e6. GLADYS *Damfontein, Aliwal-Noord 26-6-1913, †Aliwal-Noord 12-7-1996, χAliwal-Noord 30-6-1930 MACHIEL CHRISTIAAN JACOBSZ TRUTER *Harrismith 7-12-1898, †Aliwal-Noord April 1984, Foto 151, D037, D043, D044

Gladys word groot op die Henning familieplaas, Damfontein, in die Aliwal-Noord distrik. Sy was nog baie klein toe sy al geleer het om perd te ry en moes dikwels kos te perd neem na die lande, waar daar geploeg of geoes word. Op 'n dag, terwyl sy op 'n donkie gery het, sien sy hul buurman, Giel Tru­ter, te perd aangery kom. Nadat hy haar inge­haal het en hulle 'n ruk lank saam gery het, het hy haar gevra om met hom te trou. Hoewel stom­ge­slaan van verbasing, het sy ingestem en is hulle op 30 Junie 1930 getroud onder die lemoen­bome op Dam­fontein. Uit hulle huwelik is een seun, Theo, gebore.

Gladys, was haar lewe lank 'n baie kunstige en vlytige persoon, wat nooit 'n minuut lank ledig ge­sit het nie. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Afgesien van die maak van pragtige fyn orna­mente, naaldwerk en voedselvoorbereiding, was sy bedrewe met die herstel van hul motor en houtwerk. Sy het pragtige ingeboude kaste gebou en selfs alle instandhoudingswerk in hul kerkgebou behartig.

> a2.b7.c8.d8.e7. NORMAN *Aliwal-Noord 1915, †As baba oorlede

> a2.b7.c8.d8.e8. DAPHNE *Damfontein, Aliwal-Noord 7-4-1918, † Pinetown 24-6-2006, χAliwal-Noord 6-8-1938 RAYMOND IVAN HARKER ÷1946; Foto 151, D013, D024, D043

> a2.b7.c8.d9. PHILLIPUS DANIËL *Damfontein, Aliwal-Noord 26-10-1870, †Aliwal-Noord 12-6-1925 maagkanker, χAliwal-Noord MARIA ELIZABETH HUGO (gebore Bothma) *Aliwal-Noord Jun 1863, †Aliwal-Noord 28-5-1933, Foto D091

Die egpaar het geen kinders gehad nie.

> a2.b7.c8.d10. SUSANNA MAGDELINA *Damfontein, Aliwal-Noord 14-4-1874, †Sunnydale, Rouxville 30-8-1939, χAliwal-Noord Methodist Kerk 26-11-1897 PIETER BAREND HENNING *21-3-1867 (a2.b7.c5.d7.), Foto 136

> a2.b7.c8.d11. ANNIE ISABELLA *Damfontein, Aliwal-Noord 23-1-1877, †7-2-1963, χGEORGE SIDNEY FULLER, D059

Haar eggenote was gedurende die eerste paar dekades van die twintigste eeu die apteker te Aliwal-Noord. Hy was ook 'n fotograaf en was die eerste persoon wat 'n broeimasjien vir kuikens na Suid-Afrika ingevoer het.Hulle het vyf kinders gehad - vier dogters en 'n seun: Gwendoline, May *1897, Reginald James *23-10-1903, Kate en Alice. In die databasis word verdere besonderhede van hierdie kinders verstrek

> a2.b7.c9. GERBRECH LEVINA CATHARINA(χχ) *Brakrivier, Cradock 21-7-1838, ≈Cradock 8-8-1838, †Aliwal-Noord 11-6-1863, χPAUL JACOBUS PETRUS ALBERTUS POTGIETER

> a2.b7.c10. DOROTHEA MARIA (χχ) *Sterren­bergspruit (latere Aliwal-Noord) 14-3-1841, ≈Cradock 3-10-1841, χANDRIES GODLIEB SCHOOMBEE *19-7-1835 ≈Cradock 16-8-1835 S/v Jan Hercules Albertus Schoombee en Johanna Magdalena Henning (b11)

Sterrenbergspruit was die ou naam van die Storm­bergspruit. Damfontein, die plaas wat Gert Frans Henning gedurende 1841 hier uitgelê het, lê ongeveer 30 km Oos van die Stormbergspruit.

> a2.b7.c11. JOHANNA CATHARINA PHILIPPINA(χχ) *Damfontein, Aliwal-Noord 23-9-1843, ≈Cradock 8-4-1844, χAliwal-Noord 5-5-1863 THEUNIS FREDERIK JACOBUS BOTHA

> a2.b7.c12. GERTRUIDA FRANCINA MAGDALENA (χχ) *Damfontein, Aliwal-Noord 7-12-1845, ≈Cradock 12-8-1846, χHENDRIK CARL EMIL HERTZ

> a2.b7.c13. JOHANNES LODEWYK *Damfontein, Aliwal-Noord 21-9-1847, †Sterkspruit, Herchel, χLady Grey 7-11-1869 HESTER JOHANNA MAGDALENA CRUYWAGEN

Johannes Lodewyk was die jongste seun tussen vyftien kinders. Sy oudste broers en suters was reeds getroud en het kinders gehad toe hy gebore is. Hy word groot op die plaas Damfontein. Na sy troue gedurende 1869 trek hy en sy eggenote skynbaar heelwat rond in die gebied wat vandag die Transkei is, voordat hulle hul naby Sterkspruit in die Herchel gedeelte van die Transkei vestig. Ongelukkig is sy, en sy eggenote se sterftes skyn­baar nooit geregistreer nie. Dit is egter bekend dat hulle vyf seuns en twee dogters gehad het. Al vyf seuns word in die register vermeld. Ongelukkig kon die name en ander besonderhede van die twee dogters nie opgespoor word nie. Dit is slegs bekend dat die een dogter met 'n Botha getroud is.

> a2.b7.c13.d1. GERT FRANS *2-6-1871, ≈Lady Grey 19-11-1871, †1947, χJACOMINA CHRISTINA CROMHOUT *29-7-1886

Ongelukkig kon geen besonderhede van Gert Frans of sy eggenote opgespoor word nie. Vermoedelik het hulle meer as die twee kinders gehad, wat in die register aangedui word. Daar kan afgelei word dat hulle êrens in die Transkei gewoon het.

> a2.b7.c13.d1.e1. JOHANNES LODEWYK *Oos-Londen 16-1-1905, †Louis Trichardt 19-3-1963, χANDRIES ZAGARIA KOCH *6-8-1910,†Potchef-stroom 24-1-1979

Hy lewer vanaf 1940 tot 1944 tydens die Tweede Wê­reld­oorlog diens in Noord-Afrika, waar hy gedu­rende 1944 tydens intense gevegte bomskok opdoen.

> a2.b7.c13.d1.e1.f1. GERT FRANS *Potchefstroom 24-3-1929, †Vanderbijlpark 1985, χOnbekend ÷; χχSUSANNA MARIA HOLTZHAUSEN *9-11-1960's, ÷Vereeniging 1980/81; χχχApr 1985 FRIEDA MARIA LOMBAARD (gebore LEMCKE) *30-4-1937, Foto D158

Hy sluit gedurende 1945, toe hy sestienjaar oud was, by die SA Leër te Potchefstroom aan en word opgelei en daarna aangewend as instrukteur by die Potchefstroom Militêre Basis. Hy sterf in 1985, 'n maand na sy derde huwelik met Frieda (gebore Lemcke). Frieda trou hierna met Matthys Johannes Smit en hulle neem Gert se twee jong dogters uit sy tweede huwelik (Isabell Elizabeth en Adri Zelda) aan.

> a2.b7.c13.d1.e1.f1.g1. JOHANNES FRANCOIS (χ) *19-4-1951, χJEANNETTA ESTER STEYN *6-2-1956

> a2.b7.c13.d1.e1.f1.g2. RONEL (χ) *31-8-19??

> a2.b7.c13.d1.e1.f1.g3. ISABELL ELIZABETH (χχ) *Potchefstroom 11-1-1975, χChristiana 18-10-1993 JAN HENDRIK VORSTER *18-10-1970, †13-12-2008, S/v Jan Hendrik Vorster *20-2-1931 en Anna Christina van Heerden *26-4-1940; χχGhanzi, Botswana 28-4-2011 STEFANUS HENDRIK VORSTER *20-12-1961, S/v Lambertus Johannes Vorster *30-12-1931 en Anna Christina Lewis *30-8-1937, Foto D158

Sy het twee kinders uit haar eerste huwelik: Jan Hendrik Vorster *24-12-1997 en Isabella Elizabeth *14-2-2000. Sy en haar tweede man boer in die Ghanzi distrik van Botswana.

> a2.b7.c13.d1.e1.f1.g4. ADRI ZELDA (χχ) *Potchefstroom 22-12-1977, χ9-12-2000 JOHANNES STEPHANUS FREDERIK VAN RENSBURG * 5-4-1973, S/v Mattheus Gerhardus van Rensburg *1-10-1937 en Maria Catherina Coetzee *27-1-1944, ÷7-10-2008, Foto D158

> a2.b7.c13.d1.e1.f2. JOHANNA JACOBA DORETHEA *Potchefstroom 21-3-1932, χPHILLIPPUS PETRUS LOOCK *23-8-1932

Sy en haar man het nege kinders gehad. Een van die seuns was Carel Daniël Adolf Loock *19-8-1965

> a2.b7.c13.d1.e1.f3. JACOMIENA CHRISTINA *Potchefstroom 21-7-1935

> a2.b7.c13.d1.e1.f4. CAREL DANIËL ADOLF *Nelshoogte, Baberton 25-1-1940, †19-1-1995, χPotchefstroom 24-1-1959 ELSIE SOPHIA SNYMAN *Rustenburg 19-1-1942

> a2.b7.c13.d1.e1.f4.g1. SUSANNA MARIA *Potchefstroom 18-4-1960, †Potchefstroom 23-4-1960

> a2.b7.c13.d1.e1.f4.g2. JOHANNES LODEWYK *Potchefstroom 6-10-1963, χVereeniging 19-10-1991 HENDRINA JOHANNA NEL *Vereeniging 5-6-1968, D/v Hermanus Lucas Nel en Hendrina Johanna Booysen

> a2.b7.c13.d1.e1.f4.g2.h1. RYNO *Vereeniging 18-4-2001

> a2.b7.c13.d1.e1.f4.g3. ELSIE SOPHIA *Potchefstroom 27-11-1966, χVanderbijlpark 28-5-1964 HENDRIK HUGO *Vanderbijlpark 28-5-1964, S/v Hendrik Hugo en sy vrou Helena (van onbekend)

Hulle het drie kinders, Chantellè Hugo *15-1-1990, Marelize Hugo *1-9-1993 en Emile Hugo *23-4-2003

> a2.b7.c13.d1.e1.f4.g4. CAREL DANIËL ADOLF *Potchefstroom 22-12-1971

> a2.b7.c13.d1.e2. HENDRIK FREDERIK CROMHOUT *Umtata 4-8-1909,†Tzaneen 15-8-1975, χHartbeesfontein CORNELIA HENDRIKA DU TOIT *Krugersdorp 21-5-1918, Foto 153

> a2.b7.c13.d1.e2.f1. GERT FRANS *Louis Trichardt 18-12-1938, χLESYA SUSANNA MEYER *8-8-1944, D/v Hendrik Frederik Meyer

> a2.b7.c13.d1.e2.f1.g1. HENDRIK FREDERIK *Nelspruit 20-9-1966, ongetroud

> a2.b7.c13.d1.e2.f1.g2. HENDRIK PETRUS *Nelspruit 2-2-1968, ongetroud oorlede

> a2.b7.c13.d1.e2.f1.g3. GERT FRANS *Nelpruit 25-10-1969, ongetroud

> a2.b7.c13.d1.e2.f1.g4. ANDRIES FERDINAND *Nelspruit 24-12-1975, χBloemfotein 29-9-2001 MONYA DE WELZIM *2-7-1974, D/v Jan Abraham De Welzim *22-9-1944 en Yvonne Ruth Murray *24-9-1946

Hulle het geen kinders nie.

> a2.b7.c13.d1.e2.f2. WILLEM JOHANNES *Louis Trichardt 19-6-1941. 2 seuns, 1 dogter

> a2.b7.c13.d1.e2.f3. HENDRIK FREDERIK *Louis Trichardt 16-1-1944, χTzaneen 9-6-1970 CECILIA ALETTA PRETORIUS *Potgietersrus 9-8-1953

> a2.b7.c13.d1.e2.f3.g1. HENDRIK FREDERIK *Tzaneen 4-2-1971

> a2.b7.c13.d1.e2.f3.g2. PIETER DANIËL *Krugersdorp 30-1-1973, χWitpoortjie, Roodepoort 18-7-1992 KAREN DU TOIT *18-1-1973, D/v Andries Jacobus Du Toit en Catharina Maria Magdalena Ayers

> a2.b7.c13.d1.e2.f3.g2.h1. KEVIN MICHAEL *Roodepoort 5-2-1993

> a2.b7.c13.d1.e2.f3.g2.h2. JACQUELINE CATHERINE *Roodepoort 11-11-1994

> a2.b7.c13.d1.e2.f3.g3. WILLEM JOHANNES *Krugersdorp 6-2-1976

> a2.b7.c13.d1.e2.f4. DINA JOHANNA *Louis Trichardt 3-9-1946, χKRUGER

> a2.b7.c13.d2. GERHARDUS ALBERTUS FREDERIK *Stutterheim April 1873, †De Loskop, Pietersburg 1-9-1956, χPietersburg MARTHA MAGDALENA LOUISA GROENEWALD *Boshof 8-2-1884, †Mafufula, Pietersburg (later Tzaneen) 9-6-1926, D/v Hermanus Bernardus Johannes Groenewald en Jacomina Elizabeth Minie, D062, D063, D073

Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899— 1902 word hy op 23-2-1900 tydens die slag van Colenso deur 'n koeël in die regterarm verwond29. Kyk hoofstuk 13. Op daardie stadium het hy te Louis Trichardt gewoon.

> a2.b7.c13.d2.e1. JACOMINA ELIZABETH *8-7-1906, ≈Pietersburg 29-7-1906, † Pietersburg 24-7-1981, χFRITZ JONGBLOED * 10-10-1911, † Pietersburg 8-1-1983, D064, D074

> a2.b7.c13.d2.e2. HESTER JOHANNA MAGDALENA *5-9-1908, ≈Pietersburg 10-1-1909, †23-2-1987, χAUWKE JONGBLOED *4-9-1899, †8-3-1954

> a2.b7.c13.d2.e3. MARTHA MAGDALENA LOUISA *11-8-1910, †Pietersburg 6-2-1969 χFREDERIK NORTJE

> a2.b7.c13.d2.e4. JOHANNES LODEWYK * Pietersburg 26-3-1913, ≈Pietersburg 31-8-1913

> a2.b7.c13.d2.e5. HERMANUS BERNARDUS JACOBUS GROENEWALD *16-11-1915, ≈Pietersburg 12-9-1915, †Tzaneen 8-3-1988. Nooit getroud, Foto D074

> a2.b7.c13.d2.e6. JESSIE SARA ELIZABETH *3-12-1920, χNORMAN DUDLEY HARSANT ÷1949, χχJOSEPHUS JOHANNES WOLMARANS ÷1968

> a2.b7.c13.d3. JOHANNES LODEWYK *1875, χANNA VAN ZYL

> a2.b7.c13.d3.e1. GERT FRANS *26-6-1897, †Pretoria 25-6-1942, χPretoria HESTER SUSARA SCHEEPERS *23-5-1900, †Pretoria 8-6-1983, D/v Cornelius Coenraad Scheepers en Susanna G M E Jansen van Vuuren, Foto D135

> a2.b7.c13.d3.e1.f1. JOHANNES LODEWYK *Pretoria 8-9-1919, †Pretoria 10-9-1967, χPretoria MARIA PETRONELLA ADRIANA NIEMAND *7-3-1924

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g1. GERT FRANS *21-10-1946, †16-12-1998, χPETRONELLA MARIA JOHANNA VAN WYNGAARDT *30-10-1948

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g1.h1. LANIE

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g1.h2. PETRUS

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g1.h3. JOHAN

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g2. MARIA PETRONELLA ADRIANA*25-11-1947, χTHEUNIS JACOBUS PETRUS LIGHTFOOT *15-7-1946

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g3. PETRUS JACOBUS

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g4. HESTER SUSARA

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g5. LORRAINE ADRIANA HENDRIENA

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g6. JOHANNES LODEWYK

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g7. CORNELIUS COENRAAD *4-5-1956, tweeling van g8.

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g8. STEPHANUS PETRUS *4-5-1956, tweeling van g7.

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g9. JAN WILLEM *15-6-1957

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g10. SUSANNA GERTRUIDA MARIA PETRONELLA

> a2.b7.c13.d3.e1.f1.g11. STEPHANUS ROELOF *31-3-1960

> a2.b7.c13.d3.e1.f2. CORNELIUS COENRAAD *Pretoria 5-12-1921, †Pretoria 17-12-1955, χPretoria ELIZABETH MAGRETHA PETRONELLA JOHANNA VAN STADEN

> a2.b7.c13.d3.e1.f2.g1. ELIZABETH MAGRETHA PETRONELLA JOHANNA

> a2.b7.c13.d3.e1.f2.g2. HESTER SUSARAH

> a2.b7.c13.d3.e1.f2.g3. GERT FRANS

> a2.b7.c13.d3.e1.f3. GERT FRANS *Pretoria 28-12-1923, †Pretoria 8-9-1993, χPretoria 29-4-1955 ISABELLA JACOBA DE BEER *Pretoria 2-5-1937, †Pretoria 1-8-2020, D/v Rudolf Arnoldus Sybrand De Beer en Johanna Magdalena Van Vuuren, Foto D137

> a2.b7.c13.d3.e1.f3.g1. GERT FRANS *Pretoria 27-10-1955, χPretoria 27-3-1980 JOHANNA MAGDALENA DE WITT *Pretoria 14-8-1950, D/v Frederik Christoffel De Witt en sy vrou Johanna Magdalena, †Pretoria 19-4-2018; χχPretoria 26-10-2019 MARGIE WELKEN *Tzaneen 14-2-1958, D/v Johannes Christoffel Welken *6-2-1934 en Magrieta Louisa Christina Cronje *13-2-1937, Foto's D136 en D137

> a2.b7.c13.d3.e1.f3.g1.h1. GERT FRANS *Pretoria 28-9-1981

> a2.b7.c13.d3.e1.f3.g1.h2. MARCO *Pretoria 19-10-1987

> a2.b7.c13.d3.e1.f3.g1.h2.i1. ZANÉ *Pretoria 18-5-2007

Zané is gebore uit 'n verhouding tussen Marco Henning en An-Lisa Chantelle Potgieter *20-8-1987

> a2.b7.c13.d3.e1.f3.g1.h2.i2. NATHAN *Pretoria 15-10-2017

Nathan is gebore uit 'n verhouding tussen Marco Henning en Jaqueline Park *9-2-1995

> a2.b7.c13.d3.e1.f3.g2. MARINDA MAGDALENA *Pretoria 20-7-1957, χCHRISTIAN XAVIER HORNSBY *30-1-1960, S/v Christian Hornsby en Melany Alma De Wet, Foto D137

Hulle het twee kinders: Michel Leigh Hornsby *6-10-1983 en Christoper Justin Hornsby *1-11-1986

> a2.b7.c13.d3.e1.f3.g3. HESTER SUSARA *Pretoria 9-11-1961, χ4-4-1981 DEON SUTHERLAND *20-6-1960; χχ24-10-1987 JOHAN ETTIENE KLOPPER *10-10-1960, S/v Andries Marthinus Louis Klopper en sy vrou Emily Cornelia, Foto D137

Sy het twee kinders: Dihan Sutherland *9-2-1984 by haar eerste man en Ilze Klopper *7-7-1991 by haar tweede man

> a2.b7.c13.d3.e1.f3.g4. ROELF ARNOLDUS SYBRAND *Pretoria 4-1-1965, χ RENE-MARIE VISAGIE *3-10-1964, D/v Hermanus Jacobus Visagie en sy vrou Mary-Ann, Foto's D137 en Foto D138

> a2.b7.c13.d3.e1.f3.g4.h1. JEANDO *Pretoria 17-5-1991, χ11-11-2013 NADINE PRETORIUS *Pretoria 30-12-1990, D/v Mathys Wynand Pretorius en Johanna Christina Smidt

> a2.b7.c13.d3.e1.f4. JAN WILLEM GERHARDUS *Pretoria 14-10-1928, †3-7-1997, χMARIA CATHERINA BRITS *21-4-1939

> a2.b7.c13.d3.e1.f5. LUKAS CORNELIUS *Pretoria 18-12-1933, †Pretoria 3-11-1991, χKempton Park 5-8-1963 ELIZABETH VILJOEN *Hanover 19-10-1928, D/v Jacobus Petrus Viljoen en Elizabeth Meyer

> a2.b7.c13.d3.e1.f5.g1. GERT FRANS *Pretoria 20-5-1964, χJANETTA JOHANNA WELTZCH *19-4-1962

> a2.b7.c13.d3.e1.f5.g1.h1. SONJA *Pretoria 19-6-1989

> a2.b7.c13.d3.e1.f5.g2. LUCAS CORNELIUS *Pretoria 8-7-1967, χLINDA LEINORA SNYMAN *Pretoria 12-1-1969, D/v Irene Eloff (getroud Snyman)

> a2.b7.c13.d3.e1.f5.g2.h1. CHANTELLE *Pretoria 27-5-1988, χWILLEM BRODERICH VAN NIEKERK

> a2.b7.c13.d3.e1.f5.g2.h2. VICTOR *Pretoria 21-11-1989, χPretoria 14-2-2016 ANGELIQUE STOLTZ *Pretoria 29-9-1985, D/v Pieter Majoor *5-5-1964 en Teresa Stoltz *20-4-1968

> a2.b7.c13.d3.e1.f5.g2.h2.i1. VICTOR HENNIE *Pretoria 5-12-2009

> a2.b7.c13.d3.e1.f5.g2.h2.i2. ZIAN *Pretoria 9-12-2014

> a2.b7.c13.d3.e1.f5.g2.h2.i3. FRANZEL *Pretoria 24-12-2010

> a2.b7.c13.d3.e1.f5.g2.h3. CHEREE *Pretoria 16-6-1991, χLUKAS OOSTHUIZEN

> a2.b7.c13.d3.e1.f6. JOHANN *19-5-1944, †26-9-2008, χJOHANNA ELIZABETH SMUTS *13-2-1939, †2-5-1999

> a2.b7.c13.d3.e1.f6.g1. GERT FRANS *1-5-1974

> a2.b7.c13.d3.e1.f6.g2. ELIZABETH SUSANNA *12-8-1976

> a2.b7.c13.d4. ABRAHAM MARTHINUS CHRISTOFFEL *4-3-1881, †Oos-Londen 1951, χCORNELIA VAN DYK *11-11-1891, †Kokstad 1958

> a2.b7.c13.d4.e1. JOHANNES LODEWYK *Engobo, Transkei 14-5-1913, χUgie 6-6-1937 ADA BOTHA COETZER *Ugie 26-9-1906, †Kokstad 16-7-1969; χχKokstad 4-4-1970 MARIA CORNELIA COETZER *Matatiele 12-6-1920

> a2.b7.c13.d4.e1.f1. BASIL *Queenstown 25-9-1935, †Johannesburg 11-12-1967, χJOHANNA SUSANNA CALITZ

> a2.b7.c13.d4.e1.f1.g1. JOHANNES LODEWYK *9-6-1960

> a2.b7.c13.d4.e1.f1.g2. HESTER ENGELA

> a2.b7.c13.d4.e1.f1.g3. JACOBUS PETRUS *12-6-1967

> a2.b7.c13.d4.e1.f2. ABRAHAM MARTHINUS CHRISTOFFEL *Umtata 27-12-1937, χ Johannesburg GWENNETH IRIS RIGGIEN *30-6-1941

> a2.b7.c13.d4.e1.f2.g1. HEATHER IRIS *Kokstad 31-3-1964

> a2.b7.c13.d4.e1.f2.g2. BRIAN KEITH *Port Shepstone 6-6-1968

> a2.b7.c13.d4.e1.f3. JACOBUS HENDRIK *Mount Frere 29-11-1939, †Aug 1982

> a2.b7.c13.d4.e2. JACOBUS WESSEL *Umtata 19-5-1915

> a2.b7.c13.d4.e3. ABRAHAM MARTHINUS CHRISTOFFEL *Umtata 26-3-1917, χSUSANNA VERMAAK

> a2.b7.c13.d4.e3.f1.MARTHINUS JOHANNES * 4-9-1944, χCLOUDETTE DOROTHY BAIN

> a2.b7.c13.d4.e3.f1.g1. BRAHM MARTHINUS

> a2.b7.c13.d4.e3.f2. (Seun) N.N

> a2.b7.c13.d4.e3.f3. (Dogter) N.N

> a2.b7.c13.d4.e3.f4. (Dogter) N.N

> a2.b7.c13.d4.e4. CHRISTIAAN RUDOLPH

> a2.b7.c13.d5. WILLEM ADRIAAN *Umtata 4-7-1888, χWILHELMINA PETRONELLA HATTINGH *3-8-1888, Foto D094

Hy het op die plaas Groentefontein, distrik Elliot geboer.

> a2.b7.c13.d5.e1. JOHANNES LODEWYK *Ugie 29-7-1923, †Bellville 18-Jun-2003, χKaapstad 9-5-1953 MARTHINA BRINK SMUTS *Stellenbosch 13-8-1926, †Goodwood 7-4-2011, Foto's D094, D095 & D096

> a2.b7.c13.d5.e1.f1. JOHANNES *Queenstown Apr 1954, †Queenstown Mei 1954

> a2.b7.c13.d5.e1.f2. FREDERIK WILLEM *Kaapstad 2-10-1956, χParow 17-2-1990 ELIZABETH MARIA DE VILLIERS *Bellville 27-11-1967, D/v Hermanus Louis De Villiers en Hilda Maria Smuts

> a2.b7.c13.d5.e1.f2.g1. ADRIAAN JOHANNES *Graaff-Reinet 28-6-1992

> a2.b7.c13.d5.e1.f2.g2. CHRISTIAAN FREDERIK *Parow 8-2-1994

> a2.b7.c13.d5.e1.f2.g3. fRANCOIS DE VILLIERS *Parow 30-1-1996

> a2.b7.c13.d5.e1.f3. MARLENE ANNA *Kaapstad 24-12-1957, χGoodwood 18-4-1981 PAUL PETRUS NOOMÉ *28-2-1951, Foto's D092 & D093

> a2.b7.c13.d5.e1.f4. CHARLOTTE MARTHINA *Kaapstad 4-12-1960, χABRAHAM DE WIT COETSEE *7-3-1960

> a2.b7.c13.d5.e2. HELENA CHARLOTTE JERELINA *Ugie 16-5-1925

> a2.b7.c13.d5.e3. HESTER JOHANNA MAGDALENA *Ugie 6-3-1927

> a2.b7.c14. ANNA CECILIA LOUISA (χχ) *Damfontein, Aliwal-Noord 22-6-1849, ≈Burgersdorp 8-10-1849, χBurgersdorp 19-2-1866 JACOBUS EMIL WILHELM SPILMANN * Switzerland, † Dordrecht 15-6-1880

Messelaar. Later handelaar en hotelbestuurder. Hy het gedurende 1885 gehelp om die dubbelverdiepinghuis op die plaas Damfontein te bou.

> a2.b7.c15. CORNELIA HENDRINA LAVINA (χχ) *Damfontein, Aliwal-Noord 24-6-1855, χADOLF ANDREAS EMIL JEAN TACK *C1838, †Umtata 14-8-1893, Foto 155

Hulle het ses kinders, drie seuns en drie dogters, gehad. Hulle het te Isidwadwa naby Umtata ge­woon. Hy was 'n horlosiemaker van beroepen sterf tydens 'n skietongeluk by sy winkel. Volgens oorlewering is Cornelia ongeveer 'n jaar na haar eggenote van verdriet oorlede.

VOETNOTE

1. Kannemeyer D.R.: How Burghersdorp became the Capital of Albert District, p.18

2. Wagenaar E.J.C.: A Forgotten Frontier Zone — Settlements and Reactions in the Stormberg Area between 1820-60 (Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, Vyf-en-veertigste jaar — Vol II, 1984), p.127.

3. J122 Graaff-Reinet 1802 — 1804, folio 14, reël 5, Kaapse Argiefbewaarplek (KAB)

4. J131 Graaff-Reinet 1809, inskrywing 377, KAB

5. J73 Cradock 1814, KAB

6. Van der Merwe PJ: Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770 — 1842). Pretoria 1988. p.204

7. J83 Cradock, Achter Sneeuwberg, 1819, Inskr 182, KAB

8. J85 Cradock, Achter Sneeuwberg, 1820, Inskr 144, KAB

9. J85 Cradock, Achter Sneeuwberg, 1821, Inskr 143, KAB

10. J87 Cradock, Achter Sneeuwberg, 1823, KAB

11. J182 Cradock 1825, Brakrivier, Inskr 17, KAB

12. The Friend, 21 Oktober 1875

13. Raubenheimer D.: Familia Raubenheimer. Pretoria 1978, b1.c13.d2.e1.

14. Goodman I.M. en H.Reitz: Die Nasionale Boek. 1931. p.497

15. Viljoen H.C.: Viljoen-familieregister. Pretoria, RGN Gen-9, 1978, b4.c2.d5.e1.f6.g5.h2.

16. Verlieslys no 85, Staats Courant der Z A Republiek, 9 Mei 1900

17. Verlieslys no 64, Staats Courant der Z A Republiek, 14 Maart 1900, p.203

18. Ferreira O.J.O.: Viva Os Boers! Boeregeïnterneerdes in Portugal tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899 — 1902, Pretoria, 1994, p.247)

19. Botha C.J.F.: Krygsoptrede van Boer en Brit in Noord-oos Kaapland gedurende die Anglo-Boere oorlog 1899 — 1902. Verhandeling ter aanvulling van die vereistes vir die MA graad aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat, Bloemfontein 1986

20. Persoonlike lêer en personeelrekordkaart no 327528V: GF Henning by Afdeling Mannekragreserwes, SA Nasionale Weermag

21. Du Plooy F.J.: Aliwal-Noord Eenhonderd jaar. Aliwal-Noord 1977, p 134

22. Gedenkboek van die Ossewatrek 1838 — 1938. Kaapstad 1940, p. 349

23. Hans Sauer se moeder, was die suster van Cornelia Susanna Kotze, eggenote van Olivier Henning. Hans Sauer se broer J W Sauer was teen die einde van die negentiende eeu Minister in die Kaapse regering. JW Sauer se seun Paul Olivier Sauer was weer Minister in die Unieregering vanaf 1948 tot 1963. Sy tweede naam “Olivier” is na sy oom vernoem.

24. Sauer H.: Ex Africa... London, p.23

25. De Potchefstroomer, Handels- en Familieblad, 20 Junie 1883

26. Nuusbrief van die Peter Henrich Henning Familiebond, no 39/1994, p.2

27. Oosthuizen A.V.: Rebelle van die Stormberge. Anglo-Boere-oorlog 1899 — 1902. Pretoria, 1994, p. 197.

28. Grobler C.L.: Die Grobler — Grobbelaar Geslagsregister, Potchefstroom, 1987, p.1.7. (b5.c4.d1.e4.f5.g5.h9.i2.)

29. Argief van die Rooikruis, RK 123, Transvaalse Argiefbewaarplek