AFDELING 10: KRYGSGESKIEDENIS VAN DIE HENNING FAMILIES

Subafdeling e: Die Eerste Wêreldoorlog 1914 - 1919

Die Wêreldoorlog van 1914 - 1919 was 'n oorlog waarby Suid-Afrika en die Afrikaner geen direkte belang by gehad het nie. As gevolg hiervan het baie min Hennings daarin betrokke geraak. Dit word weerspieël in die klein getal insidente wat hier vermeld word.

Gesneuweldes

Slegs een Henning man het gedurende die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel. Dit was Jacobus Hercules Henning wat op 19 Julie 1918, op 27 jarige ouderdom te Meteren, Frankryk gesneuwel het. Ongelukkig kon daar nog nie bepaal word waar hy in die Henning geslagsregister inpas nie. Hy was met Dora Phyllis Thompson getroud, dog hulle het geen kinders gehad nie73. Meteren het vanaf April 1918 in Duitse hande geval. Op 19 Julie 1918 het die die 9 de (Skotse) Divisie, bestaande uit die 2 nd Royal Scots Fusiliers en die Suid-Afrikaanse Saamgestelde Battaljon, die dorp ingeneem na 'n hewige bombardement, wat bykans alle huise in die dorp verwoes het. Hy is begrawe in die Meteren Militêre Begraafplaas, Nord, Frankryk.

Gewondes

a2.b5.c1.d1.e1.f6. Jan Andries Henning *6-11-1882 wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog krygsgevangene geneem en te Ceylon aangehou is, dien gedurende die Eerste Wêreldoorlog in No1 Suid-Afrikaanse Infanterieregiment. Hy doen diens in Frankryk en Vlaandere. Op 29 September 1917 word hy tydens gevegte in die regterboud verwond. Nadat hy herstel het, keer hy terug na die gevegsfront dog word weer op 24 Maart 1918 in sy linker elmboog verwond. As gevolg van sy dapper optrede word die Britse Military Medal for Bravery in the Field aan hom toegeken. Dit het hom gemagtig om die na-naamse letters “M.M.” agter sy naam te skryf74.

Die Britse Military Medal for Bravery in the Field wat gedurende Wêreldoorlog I aan a2.b5.c1.d1.e1.f6. Jan Andries Henning *6-11-1882 toegeken is. Hy is die enigste Henning wat gedurende hierdie oorlog vir dapperheid gedekoreer is.

a2.b1.c6.d12.e3. Lourens Jacobus Henning *5-3-1895 dien gedurende die oorlog in No8 Suid-Afrikaanse Infanterie Divisie as 'n telegraafoperateur. Op 6 Julie 1917 word hy in Noord-Afrika in die linkerbeen en –voet verwond75

a2.b1.c6.d12.e3.f2.Adjudant-Offisier Lourens Jacobus Henning *5-3-1895

Voldende subafdeling: Die Tweede Wêreldoorlog 1939 - 1945