![]() |
Britse soldate besig om een van meer as 30 000 plaashuise in die Boererepublieke af te brand |
![]() |
![]() |
Boerevrouens word op oop muilwaens na 'n konsentrasiekamp geneem |
Met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog) gedurende Oktober 1899 het groot getalle Hennings in die Zuid Afrikaansche Republiek (ZAR) (Transvaal), die Republiek van die Oranje Vrystaat en in die Noord-Oos Kaap gewoon. Die Transvalers en die Vrystaters is direk by die oorlog ingesleep. Die burgers van die Kaapkolonie het egter nie 'n direkte belang by die oorlog tussen Brittanje en die twee Boere Republieke gehad nie. Ten spyte hiervan het die oorlog net so 'n groot invloed op hulle as op die burgers van die twee republieke gehad. Die oorgrootte meerderheid se simpatie (en waar moontlik hulp) het by hulle volksgenote in die Boererepublieke gelê. Slegs enkele Kolonialers het werklik neutraal tot die oorlog gestaan of die Britse poging gesteun. Bykans al die Hennings in die Kaapkolonie het ten tye van die oorlog in die Noord-Oos Kaap in die distrikte Aliwal-Noord, Burgersdorp, Steynsburg, Dordrecht, Molteno, Jamestown, Colesberg, Middelburg gewoon.
Hierdie oorlog het sy tol van die Hennings, net soos van talle ander Boerefamilies, geëis. Talle Hennings is na die oorlog brandarm gelaat weens die Britse magte se Verskroeide Aarde beleid, ingevolge waarvan alle plaashuise afgebrand, alle plaasdiere, weiding en landerye vernietig en alle vrouens en kinders in konsentrasiekampe aangehou en hulle onder die mees haglike omstandighede moes lewe. Bykans 'n hele geslag Henning kindertjies is op 'n slinkse wyse om die lewe gebring. Waar bykans alle Hennings uit hierdie tydvak plaasboere was, moes hulle gevolglik almal weer van voor af 'n toekoms vir hulle uitkap, wat die ontwikkeling van die Afrikanervolk (en ook die Henning familie) dekades lank vertraag het.
'n Dankbare nageslag bring hulde aan die nagedagtenis van groot en klein wat soos koringkorrels in die aarde geval het. Vandag roep elke Henning hart in die woorde van Theo W Jandrell hulle toe:
Slaap rustig dapper helde ...
Slaap rustig vrome moeders ...
Slaap rustig liewe kleine ...
Verby is al julle leed ...
Hierdie naamlyste dien as huldeblyk aan al die Henningmans, -vrouens en -kinders wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 op die slagveld en konsentrasiekampe die lewe gelaat het; die Henning mans wat tydens die oorlog gewond is; die Henning seuns onder sestien jaar wat dapper die wapen teen die vyand opgeneem het; die Henningmans wat gedurende dieselfde oorlog krygsgevangene geneem en as bannelinge weggevoer is en die Kaapse Hennings (sogenaamde Kaapse Rebelle) wat aan hoogverraad skuldig bevind is weens die hulp en ondersteuning wat hulle aan hulle volksgenote in die Boererepublieke verleen het.
Gedurende die oorlogsjare 1899 tot 1902 is vanaf Augustus 1900, maar veral vanaf Januarie 1901, konsentrasiekampe in 65 sentra dwarsdeur die land deur die Britse militêre magte tot stand gebring, waarin die agtergeblewe vroue en kinders van die twee Boere Republieke bymekaar gebring is. In die kort tydperk van sewentien maande het 26 251 vroue en kinders en 1 676 mans bo die ouderdom van 16 jaar die lewe in hierdie kampe ingeskiet23.
“Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?
Die smarte, die angs het so baie gepla!
Die yster het gloeiend 'n merk vir die eeue
Gebrand op ons volk; en dié wond is te ná -
Te ná aan ons hart, en te diep in ons lewe
Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!”
C L Leipoldt
Verderaan volg 'n lys met name van Henningmans, vroue en kinders wat in konsentrasiekampe gesterf het. Met uitsondering van die laaste twee persone wat lede van die Georg Friedrich Henning stam (a3) was, is al die ander persone lede van die Pieter Hendrik Henning stam (a2). Berekeninge wat gemaak is, dui daarop dat die Henning familie teen die einde van die twintigste eeu meer as 2 000 lede meer sou gewees het, as al die seuntjies wat hier gesterf het, normale ouderdomme bereik het.
![]() |
![]() |
![]() |
> a2.b1.c1.d6.e2.f4. Gustaves Henning *Damfontein, Bethulie 1891, †Bethulie Konsentrasiekamp 6-1-1902 (ingewandskoors)24
> a2.b1.c1.d6.e2.f6. Hendrik Nicolaas Scheepers Henning *1896, †Bethulie Konsentrasiekamp 7-10-1901 (inflamasie)24
> a2.b1.c1.d6.e2.f7. Anna Maria Sophia Henning *1900, †Bethulie Konsentrasiekamp 12-2-1902 (larinchitis)24
> a2.b1.c1.d7. Margaretha Francina Susanna Allison (gebore Henning) *27-8-1839, †Vredefort Konsentrasiekamp 10-5-190125
> a2.b1.c1.d10.e5. Maria Magdalena Henning *Vaalklip, Thaba Nchu September 1894, †Springfontein Konsentrasiekamp 22-7-1901(longontsteking)24. Die Staatskoerant dui aan dat sy in die Norvalspont Konsentrasiekamp gesterf het. Die sterfregister se besonderhede blyk egter korrek te wees, aangesien haar sustertjie, hieronder, ook te Springfontein gesterf het.
> a2.b1.c1.d10.e6. Catharina Elizabeth Henning *Vaalklip, Thaba Nchu November 1897, †Springfontein Konsentrasiekamp 30-6-1901 (inflamasie van die longe)24
> a2.b1.c3.d2.e3. Anna Magdalena Botha (gebore Henning) *Rouxville, Februarie 1855, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 2-9-190125
> a2.b1.c6.d1.e2.f1. Aletta Johanna Henning *Maleeka, Bloemfontein 24-12-1890, †Bloemfontein Konsentrasiekamp 9-1-1902 (longontsteking en tiphoidkoors)24
![]() |
Die eggenote, kinders en ander familielede van a2.b1.c6.d14. Christiaan Rudolf Jacobus Henning *12-4-1859 in die Konsentrasiekamp, Aliwal-Noord, 1902. 1. Mev C van der Merwe; 2. Mev Jan Swanepoel; 3. C Smith; 4. Mev C Smith; 5. Ma M W Rauch; 6. David Smith; 7. Anna Maria Gertruida Henning (gebore Smith) eggenote van C RJ Henning; 8. Dr J H Rauch; 9. H J S Rauch; 10. Rachel Susanna Elizabeth Henning (a2.b1.c6.d14.e1.) *12-6-1888; 11. J Smith; 12. Christiaan Rudolf Henning (a2.b1.c6.d14.e4.) *6-9-1892; 13. Rachie Smith; 14. Hendrik Johannes Henning (a2.b1.c6.d14.e3.) *1-5-1891; 15. Michiel Wilhelm Henning (a2.b1.c6.d14.e5.) *27-10-1894; 16. Hendrik van der Merwe; 17. Willem van der Merwe |
> a2.b1.c6.d1.e2.f3. Coenraad Christoffel Henning *Maleeka, Bloemfontein 22-6-1895, †Bloemfontein Konsentrasiekamp 12-12-190125
> a2.b1.c6.d2. Dorothea Catharina Emmerentia Henning (gebore Wolmarans) *Rouxville 10-4-1850, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 17-2-1902 (chroniese disenterie en uitputting)24
> a2.b1.c6.d2.e6. Elizabeth Anna Henning *Kleinplaas, Rouxville 4-1-1884, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 19-7-1901 (dubbel longontsteking)24
> a2.b1.c6.d4.e1.f4. Maria Magdalena Henning *Heuningkrans, Rouxville 16-7-1901, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 13-11-1901 (masels en bronchitis)24
> a2.b1.c6.d4.e7. Pieter Hendrik Henning *Heuningkrans, Rouxville September 1892, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 12-8-1901 (inflamasie)24
> a2.b1.c6.d8.e2. Maria Catharina Spies (gebore Henning) *Rouxville 1-7-1879, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 11-9-190225
> a2.b1.c6.d8.e7. Jacobus Christoffel Henning *Draaibank, Rouxville Junie 1898, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 17-9-190125
> a2.b1.c8.d19.e3. Alida Francina Henning *Koranakraal, Winburg, Februarie 1899, †Brandfort Konsentrasiekamp 11-10-1901 (masels)24
> a2.b1.c8.d19.e4. Maryna Gertruida Maria Henning *Koranakraal, Winburg, Februarie 1900, †Brandfort Konsentrasiekamp 9-10-1901 (kinkhoes)24
> a2.b5.c1.d1.e1.f7. Herculaas Henning *Droogefontein, Bethulie, 1884, †Bethulie Konsentrasiekamp 1-9-1901 (masels) 24
> a2.b5.c1.d1.e2.f1. Anna Sophia Olivier (gebore Henning) *Bethulie 17-6-1875, †Bethulie Konsentrasiekamp 28-11-190125
> a2.b5.c1.d3. Joseph Johannes Philippus Henning *Colesberg 28-8-1829, †Bethulie Konsentrasiekamp 21-10-1901 (inflamasie)24
> a2.b5.c1.d3.e1.f3. Susanna Dorothea Maria Magdalena Henning *Vogelstruisfontein, Bethulie 12-10-1881, †Bethulie Konsentrasiekamp 18-10-1901 (inflamasie)24
> a2.b5.c1.d3.e11.f2. Anna Susanna Maria Henning *Kransfontein, Bethulie 1897, †Bethulie Konsentrasiekamp 5-12-1901 (bronchiale longontsteking)24
> a2.b5.c1.d3.e11.f3. Barend Johannes Henning *13-10-1900, †Bethulie Konsentrasiekamp 8-9-1901 (masels)24
> a2.b5.c1.d5.e3.f4. Jacobus Cornelis Henning *Kransvoëlvlei, Dewetsdorp 1890, †Bethulie Konsentrasiekamp 2-9-1901 (masels)24
> a2.b5.c1.d5.e4. Johanna Elizabeth Pretorius (gebore Henning) *Rooibult, Bloemfontein 13-9-1864, †Bethulie Konsentrasiekamp 6-1-190225
> a2.b5.c1.d5.e5.f4. Barend Henning *Kransvoëlvlei, Dewetsdorp 1896, †Bethulie Konsentrasiekamp 27-12-1901 (bronchiale longontsteking)24
> a2.b5.c1.d5.e6.f2. Rachel Henning *Kransvoëlvlei, Dewetsdorp 1890, †Bethulie Konsentrasiekamp 29-8-1901 (masels)24
> a2.b5.c1.d5.e6.f4. Jacobus Cornelius Henning *Kransvoëlvlei, Dewetsdorp 1897, †Bethulie Konsentrasiekamp 7-9-190125
> a2.b5.c2.d2. Cornelia Johanna Henning (gebore Henning) *2-3-1826, †Bethulie Konsentrasiekamp 23-9-190125
> a2.b5.c4.d1.e1.f1. Christina Jacoba Louisa Jacobs (gebore Henning) *Sannasfontein, Hoopstad 1877, Brandfort Konsentrasiekamp 19-1-1902 (kraamkoors)24
> a2.b5.c4.d1.e1.f4. Susanna Dorothea Henning *Gelukskraal, Hoopstad, April 1900, †Brandfort Konsentrasiekamp 19-10-1901 (masels en longontsteking)24
> a2.b5.c4.d1.e5. Maria Magdalena Pretorius (gebore Henning) *C 1865/66, †Heilbron Konsentrasiekamp 21-10-1901 (akute longontsteking)24
> a2.b5.c4.d4.e1.f4. Francina Catharina Henning *Elandskuil, Potchefstroom 1898, †Klerksdorp Konsentrasiekamp 26-10-1901 (Disenterie)26
> a2.b5.c4.d4.e1.f5. Ongedoopte seuntjie 4 maande oud †Klerksdorp Konsentrasiekamp 26-12-190126
> a2.b5.c4.d4.e2.f5. Anna Dorothea Henning *Rietfontein, Lydenburg 1897, †Belfast Konsentrasiekamp 27-3-190226
> a2.b5.c4.d4.e2.f7. Ongedoopte seuntjie 12 dae oud †Belfast Konsentrasiekamp26
> a2.b5.c5.d4.e4.f2. Susanna Jacoba Henning *Reinetskop, Smithfield 8-9-1898, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 25-11-1901 (bronchitis en masels)24
> a2.b5.c5.d7.e3.f2. Maria Susanna Henning *Klipplaatsfontein, Smithfield 16-7-1897, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 8-8-1901 (masels)24
> a2.b5.c5.d7.e3.f3. Anna Jacoba Henning *Klipplaatfontein, Smithfield 18-9-1900, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 9-8-1901 (bronchitis)24
> a2.b5.c5.d7.e4.f1. Helena Elizabeth Henning *Smithfield 26-10-1898, †Aliwal-Noord Konsentrasiekamp 6-11-1901 (stuipe en tuberkulose)24
> a2.b6.c1.d3.e3. Anna Sophia De Klerk (gebore Henning) *Albert 25-5-1857, †Springfontein Konsentrasiekamp 29-12-190125
> a2.b6.c4.d1.e5.f5. Willem Hendrik Henning *Kosterfontein, Rustenburg 13-4-1890, †Merebank Konsentrasiekamp, Durban 18-3-1902 (meningitis en ingewandskoors)24
> a2.b6.c4.d1.e5.f11. Jan Louis Henning *Kosterfontein, Rustenburg 2-5-1899, †Merebank Konsentrasiekamp, Durban 21-8-1901 (ingewandskoors)24
> a2.b6.c4.d1.e5.f12. Helena F Henning *Kosterfontein, Rustenburg Mei 1901, †Krugersdorp Konsentrasiekamp 17-8-1901 (masels)24
> a2.b6.c4.d2.e3. Hendrik Petrus Henning *Burgersdorp 24-10-1856, †Boksburg Konsentrasiekamp26
> a2.b6.c4.d3.e3.f3. Susara Wilhelmina Henning *Klipfontein, Heilbron 1894, †Kroonstad Konsentrasiekamp 30-10-1901 (witseerkeel)24
> a2.b6.c4.d3.e5. Maria Magdalena Henning (gebore Venter) * 25-2-1864, † Heilbron Konsentrasiekamp 21-6-1901. Haar moeder, Anna Sophia Venter, gebore Buys, is ook in die Heilbron Konsentrasiekamp oorlede
> a2.b6.c4.d3.e7.Susanna Magdalena Henning (gebore van der Westhuizen) * 24-9-1873 van Welgevonden, Zoutpansberg, †Pietersburg Konsentrasiekamp
> a2.b6.c4.d3.e7.f2.Susara Wilhelmina Henning 3 jaar oud van Welgevonden, Zoutpansberg, †Pietersburg Konsentrasiekamp
> a2.b6.c4.d3.e7.f3.Pieter Jacob Henning *11-8-1899 van Welgevonden, Zoutpansberg, †Pietersburg Konsentrasiekamp.
> a2.b9.c1. Pieter Hendrik Henning *Graaff-Reinet 5-11-1812, †Bloemfontein Konsentrasiekamp 13-5-190225
> a2.b9.c1.d2.e1.f3. Pieter Hendrik Henning *Slangfontein, Heidelberg, Tvl, Februarie 1898, †Kroonstad Konsentrasiekamp 16-8-1901 (bronchiale longontsteking)24
> a2.b9.c1.d2.e1.f4. Catharina Maria Henning *Slangfontein, Heidelberg 1900, †Heidelberg Konsentrasiekamp 2-6-190226
> a2.b9.c1.d2.e2.f1. Davina Stefina Henning *Tamboekiesfontein, Heidelberg 1900, †Heidelberg Konsentrasiekamp 13-8-190126
> a2.b9.c1.d2.e4.f1. Pieter Hendrik Henning *Tamboekiesfontein, Heidelberg, T, Mei 1898, †Kroonstad Konsentrasiekamp 3-8-1901 (Masels)24
> a2.b9.c1.d2.e4.f2. Maria Magdalena Henning *Tamboekiesfontein, Heidelberg September/ Oktober 1901, †Heidelberg Konsentrasiekamp 13-11-190126
> a2.b9.c1. d2.e5.f1. Cornelia Margaretha Jacoba Henning *Blesboklaagte 1898, †Johannesburg Konsentrasiekamp 31-7-190126
> a2.b9.c1.d2.e5.f2. Johanna Petronella Henning *Blesboklaagte 1900, †Johannesburg Konsentrasiekamp 15-12-1901 (disenterie)26
> a2.b1.c2.d4.e1.f1. Jacobus Nicolaas Hennig *Verlatenkraal, Bloemhof Januarie 1892, †Kimberley Konsentrasiekamp 15-8-1901 (masels en longontsteking)24
> a2.b1.c2.d4.e1.f2. Maria Johanna Hennig *Verlatenkraal, Bloemhof September 1896, †Kimberley Konsentrasiekamp 25-8-1901 (masels en longontsteking)24
Anders as in die Vrystaat waar alle sterftes in konsentrasiekampe amptelik by die Weesheer se kantoor geregistreer is en dit die opkoppeling van die oorledene met sy/haar ouers vergemaklik, is geeneen van die sterftes in konsentrasiekampe in die Transvaal amptelik geregistreer nie. Daar bestaan egter verskeie rekords van wie in watter kampe oorlede is, byvoorbeeld die argief van die amptenaar belas met die insameling van gegewens van Republiekeinse sterfgevalle; die Archives of the Director of Burgher Camps; Die Rooikruis en 'n publikasie van die Gereformeerde Kerke wat gedurende 1906 verskyn het. Al hierdie rekords dui egter slegs die afgestorwene se naam of slegs voorletters aan. Die name van die afgestorwene se ouers is nie verstrek nie. Dit het positiewe identifikasie van persone dus bemoeilik en moes daar van ander rekords (byvoorbeeld die registers van inwoners van konsentrasiekampe) en ander leidrade, soos plaasname, gebruik gemaak word om persone te identifiseer. Hieronder volg 'n lys van Henning vrouens en kinders wat nie positief geidentifiseer kon word nie:
> Andries Jacob Henning van Pretoria distrik, †Pretoria Konsentrasiekamp 19-4-1901
> 'n Ongedoopte Henning seuntjie van 26 dae oud van die plaas Damplaats, Schweizer Reneke, †Mafeking Konsentrasiekamp
> Maria Isabella Henning 5 jaar oud van Rustfontein, Louis Trichardt, †Pietersburg Konsentrasiekamp 24-1-1902
> Anna Maria Magrieta Henning 3 jaar oud van Modderfontein, Potchefstroom, †Potchefstroom Konsentrasiekamp 2-9-1901
> S C Henning, 3 maande oud, †Krugersdorp Konsentrasiekamp 16-8-1901
> Maria M Henning 2 jaar oud, †Potchefstroom Konsentrasiekamp 2-10-1901
> James Hendrik Henning 10 jaar oud van Elandskuil, Potchefstroom, †Klerksdorp Konsentrasiekamp 24-12-1901. Vermoedelik 'n seun van b5.c2.d13. Pieter Jacobus Henning en sy vrou Philipina Maria Charlotte Venter
> Maria Magdalena Henning 6 maande oud van Damplaats, Bloemhof, †Mafeking Konsentrasiekamp 23-11-1901
> Stefanus Henning een maand oud, †Belfast Konsentrasiekamp 24-11-1901
Slegs vier Henning mans het gedurende die oorlogsjare 1899 - 1902 op die slagveld gesneuwel. Al vier was lede van die Pieter Hendrik Henning stam (a2). Volle besonderhede van die insidente waartydens hulle gesneuwel het word hier onder verstrek.:
> a2.b1.c3.d12.e8. Frederik Hendrik Henning *Aliwal-Noord 31-5-1880, †Slag van Carter's Ridge, Kimberley 25-11-1899
> a2.b7.c2.d4.e9. Hans Jacob Henning *Aliwal-Noord 30-9-1880, †Slag van Labuschagnesnek, distrik Wodehouse 4-3-1900
> a2.b9.c1.d2.e2. David Stefanus Henning *Boshof 28-3-1871, †Slag van Platrand, Ladysmith 6-1-1900
> a2.b6.c4.d3.e3. Barend Mattheus Henning *Burgersdorp 8-5-1875, †Klipfontein, Vredefort 9-5-1901
Twee mans het ook in krygsgevangenekampe gesterf terwyl hulle daar aangehou is. Hulle was:
> a2.b1.c3.d5.e6. Andries Stephanus Henning *27-12-1870. Hy sterf op 26-11-1900 weens tifus in die krygsgevangenekamp te Ceylon, terwyl hy daar aangehou is33
> a2.b1.c8.d20. Marthinus Samuel Henning *7-11-1874. Hy sterf op 20-6-1902 in die krygsgevangenekamp te Madras, Indië, terwyl hy daar aangehou is.
a2.b1.c3.d12.e8. FREDERIK HENDRIK HENNING was negentien jaar oud en 'n lid van die Bloemhof Kommando onder bevel van Kommandant Tollie De Beer, in die gevegsmag van Generaal Koos van Zyl, wat aan die offensief van die Boere aan die westelike front om Kimberley deelgeneem het27.Die Republiekeinse magte het Kimberley gedurende die eerste paar weke van die oorlog beleër. As deel van hulle plan om uit te breek het die Britse garnisoen in Kimberley, onder bevel van Lt.Kol. R G Kekewich om 03:00 uur op 25 November 1899 met 'n gevegsmag van 1 124 man, 4 kanonne, 2 Maxim masiengewere en 'n gepantserde trein, 'n verrassingsaanval op sommige van die Boerestellings uitgevoer. Die Bloemhof Kommando, waarvan Frederik Henning en al agt sy broers lid was, het op Carter's Ridge, wes-suid-wes van Kimberley gelê. Die Britse aanval in die vroeë oggendure het die kommando totaal verras en dood, verwoesting en verwarring onder die burgers gesaai. Na die geveg was die Britse verliese slegs sewe manskappe gedood en vier offisiere en 25 manskappe gewond. Die Republiekeinse magte het 60 verliese gelei - nege gesneuwel, 19 gewond en 32 man (waarvan sewe gewond) deur die Engelse in die stellings van die Bloemhof Kommando gevange geneem en na Kimberley gebring, waar een - ons Frederik Henning - aan sy wonde beswyk het28. Sy lyk is later deur die Engelse na die Boere se laer te Bloemhof gestuur26.
Frederik het agt broers en 'n suster gehad. Van die nege broers het hy gesneuwel, vier is gewond, een het ernstig siek op kommando geword en twee is krygsgevangene geneem (insluitende een van die verwondes). 'n Foto van hierdie gesin verskyn hieronder.
![]() |
a2.b1.c3.d12. Alwyn Petrus Henning *17-1-1848 en sy gesin wat ernstig deur die oorlog van 1899 - 1902 geraak is. Van hul nege seuns sneuwel een, vier word gewond, twee (insluitende een van die gewondes) word krygsgevangene geneem en een word ernstig siek op kommando. Slegs twee seuns kom ongeskonde, as bittereinders, deur die oorlog. Agter: e8. Frederik *1880, hy sneuwel; e3. Alwyn Petrus *1872, krygsgevangene; e7. Jacobus Daniël Stephanus *1878, veg tot einde van oorlog; e5. Johannes Gerhardus * 1875, word ernstig siek op kommando; e4. Johannes Hendrik *1873, gewond. Middel: e2. Olof Abraham * 1871, veg tot einde van oorlog; e1. Jan Hendrik *1871, gewond; Vader Alwyn en moeder Martha Henning; e6 Elsje *1876. Voor: e9. Christiaan Rudolf * 1882, gewond en krygsgevangene; e10. Pieter Johannes *1883, as sestienjarige gewond |
Die negentienjarige a2.b7.c2.d4.e9. HANS JACOB HENNING, sy pa en drie broers was lede van 'n kommando van 400 Kaapse Rebelle onder aanvoering van Kommandant M De Wet wat probeer help het om die Britse magte van Brig.Genl. Brabant by Labuschagnesnek, naby Dordrecht, in hul opmars na die Vrystaat te stuit. Die kommando's van Hoofkommandant J H Olivier, wat vir 'n paar maande lank in die Noord-Oos Kaap opgetree het, het stadig en al vegtende voor die magte van Generaals Gatacre en Brabant na die Vrystaat teruggeval. Brabant, met sy mag van meer as 1 800 troepe, perde, ses kanonne en drie Mexims het die rebelle, wat by Labuschagnesnek ingegrawe was, met slim taktiek ('n omvleuelingsbeweging) en brute krag verdryf. Agt rebelle het in hierdie aanslag gesneuwel, terwyl 17 gewond is. Die Britte het 43 ongevalle gely (14 gesneuwel en 29 gewond). Hoewel die rebelle die wyk moes neem, het hulle twee kanonne en 'n Maxim by die vyand afgeneem. Hulle het egter nie trekdiere gehad om die gebuite wapentuig saam te neem nie en moes dit agterlaat29.Hans Jacob is in die dorpbegraafplaas te Dordrecht begrawe. Sy pa en broers is almal na die oorlog deur die Britse militêre owerhede weens beweerde hoogverraad aangekla en skuldig bevind.
a2.b9.c1.d2.e2. DAVID STEFANUS HENNING wat 27 jaar oud was, dien onder Veldkornet Georg Meyer in die Heidelberg Kommando. Hulle neem deel aan die beleg van Ladysmith en hy sneuwel op 6-1-1900 tydens die slag van Platrand30. Sy vroutjie, wat op daardie stadium slegs 21 jaar oud was, en hul enigste dogtertjie, wat slegs een jaar oud was, is in die Heidelberg Konsentrasiekamp aangehou. Sy dogtertjie sterf ook enkele maande later in die konsentrasiekamp (verwys na die lys op bladsy 289). Nadat die Republiekeinse magte Ladysmith vir etlike weke lank beleër en die groot Britse garnisoen daar vasgepen het, het President Kruger gedurende die eerste paar dae van Januarie 1900 opdrag gegee dat die dorp ingeneem moes word. Dit sou die ongeveer 4000 burgers wat daar gelê het, vrystel om elders waar hulle broodnodig was, aangewend te word. Dit was nodig om die gebied bekend as Platrand, waar die grootste gedeelte van die Britse magte ingegrawe was, in te neem. Die aanval is beplan om gedurende die nag van 5/6 Januarie 1900 'n aanvang te neem. Bloedige gevegte het die hele dag lank geduur en die Republiekeinse magte het op meeste plekke die oorhand gehad. Vdkt Meyer van die Heidelberg Kommando en sy burgers, wat David Stefanus Henning ingesluit het, is saam met elemente van 'n paar ander kommando's getaak om 'n afleidingsaanval op die “rooiskans” op Observation Hill uit te voer. Die mag was egter so klein en talle van die burgers het so halfhartig deelgeneem, dat die Britte uit die staanspoor gesien het dat die bedoeling van die aanval was om hulle aandag van die hoofgeveg af te trek. Die afleidingsaanval het dus op 'n mislukking uitgeloop. David Stefanus Henning sneuwel tydens hierdie aanval. Weens oordeelsfoute deur leiers en uiters negatiewe gedrag deur sommige van die burgers, asook groot versterkings wat vir die Britse magte opgedaag het (8 000 voetsoldate, 1 500 perderuiters en 20 kanonne), kon die Republiekeinse magte nie Platrand (en dus Ladysmith) inneem nie. Die prys wat dit die Britte gekos het om die aanval af te slaan en Platrand te behou, was geweldig hoog. 149 man het gesneuwel, 275 is gewond en 26 van die gewondes het as gevolg van hulle wonde gesterf. Ook die Boere het swaar verliese gelei - 56 het gesneuwel (insluitende David Stefanus Henning) en 125 is gewond, van wie ses aan hul wonde beswyk het31.
a2.b6.c4.d3.e3. BAREND MATTHEUS HENNING was twee-en-veertig jaar oud, getroud en het vier kinders gehad toe hy op 9-5-1901 by Klipfontein, naby Vredefort gesneuwel het. Sy tweede jongste dogter, Susara Wihelmina, sterf vyf maande na sy dood in die Kroonstad Konsentrasiekamp. Ongelukkig is niks oor die insident waartydens hy gesneuwel het bekend nie32.
Ten spyte van die feit dat alle argivale bronne deurgesoek is vir Hennings wat tydens die oorlog gewond is, blyk dit dat verskeie gevalle nie amptelik gerapporteer is nie. 'n Hele paar gevalle, wat nêrens in amptelike bronne vermeld word nie, is deur nasate onder die outeur se aandag gebring. Dit blyk veral die geval te wees later in die oorlog, nadat die hoofstede van die twee Boererepublieke in die hande van die Britse magte geval het.
a2.b1.c3.d12.e10. PIETER JOHANNES HENNING (*7-8-1883) word as 'n sestienjarige seun tydens die slag van Magersfontein by Scholtznek op 11-12-1899 in sy linkerknie verwond33. Hy is in die hospitaal in die hooflaer te Modderrivier verpleeg34. Hy was 'n broer van Frederik Henning wat gesneuwel het. Drie van sy ander broers is ook tydens die oorlog verwond. Die slag van Magersfontein sal in die geskiedenis van Suid-Afrika bly voortleef as een van die veldslae waar die Republiekeinse magte Brittanje een van sy grootste nederlae toegedien het. Ongeveer 15 000 Britse soldate, gsteun deur 33 kanonne en 16 masjiengewere het vanuit die Suide na Kimberley toe opgeruk. By Magersfontein was ongeveer 8 200 Boere, waarvan hoogstens 6 000 gevegsgereed was, ingegrawe. Hulle is deur 5 Krupp kanonne en 5 Pom-poms (37mm snelvuur kanonne) ondersteun. Anders as by vorige gevegte, waar die Republiekeinse magte bo-op koppies en rante (hooggeleë grond) hulleself ingegrawe het, het hulle hierdie keer op die vlakte voor die Magerfontein rant ingegrawe. Die Britse aanval het om middernag 10/11 Desember 1899 begin en gevegte het tot die volgende aand geduur. Die Republiekeinse magte het 'n roemryke oorwinning behaal. Dit blyk dat die Britse bevelvoerders die werklike omvang van hulle verliese probeer verdoesel het, want verskillende bronne dui verskillende syfers aan. Dit is egter duidelik dat hulle minstens 1 000 man moes verloor het. Die syfer kan egter so hoog as 2 500 wees. Die verliese van die Boere was 71 gesneuweldes, 16 wat later as gevolg van hulle wonde beswyk het en 168 wat gewond is - insluitende Pieter Johannes Henning35. Kyk die foto van hom en sy familie hierbo by sy broer Frederik.
a2.b1.c3.d12.e1. JAN HENDRIK HENNING (*1-5-1871) is op 23 November 1899 tydens gevegte by Belmont gewond toe hy 'n koeël deur die linkerlong gekry het. Hy was van die plaas Doornbult in die Bloemhof distrik en het in die Bloemhof Kommando van Kommandant Tollie De Beer, onder Veldkornet Mausman gedien36. Hy was die oudste broer van Frederik Henning wat gesneuwel het en Pieter Johannes (e10), Christiaan Rudolph (e9) en Johannes Hendrik (e4) wat ook gewond is. Tydens die slag van Belmont was ongeveer 2 950 burgers onder bevel van veggeneraal Jacobus Prinsloo by Belmont saamgetrek, met die doel om die Britse opmars uit die Suide, onderweg na Kimberley die hoof te bied. Minder as 2 000 was egter gevegsgereed. Die Britse mag wat die aanval geloots het, het bestaan uit 10 500 offisiere, onderoffisiere en manskappe, 16 kanonne en 10 maxims. Die Britse aanval was deeglik beplan en het in die vroeë oggendure plaasgevind. Hoewel die Republiekeinse magte dapper en hewig weerstand gebied het, was die oormag en goeie beplanning van die Britse magte net te veel vir hulle. Die Britte moes egter 'n baie duur prys vir hulle oorwinning betaal. Drie offisiere en 51 onderoffisiere en manskappe het gesneuwel, terwyl 23 offisiere en 220 onderoffisiere en manskappe verwond is. Aan Boerekant het 15 man gesneuwel en is 30 gewond37 - insluitende Jan Hendrik Henning. Hy verskyn saam met sy familie op 'n foto hierbo by sy broer, Frederik.
a2.b1.c3.d12.e9. CHRISTIAAN RUDOLPH HENNING (*17-3-1882) is twee dae na sy broer Jan (hierbo) op 28 November 1899 by Tweerivieren gewond, krygsgevangene geneem en na die St Helena Krygsgevangenekamp weggestuur. Hy het, soos sy broers, in die Bloemhof Kommando onder bevel van Kommandant Tollie De Beer gedien38. Een van sy broers sneuwel en nog drie is tydens die oorlog verwond. Die Britse magte wat meedoënloos uit die Suide opgeruk het, het voor sonsopkoms op 28 November 1899 die Boeremagte wat op die vlakte in die moot tussen die Rietrivier en die Modderrivier by Modderrivierstasie ingegrawe was, aangeval - hierdie gebied het by die Boere as Tweerivieren bekend gestaan. Ongeveer 2 100 burgers was hier ingegrawe. Hulle is deur 9 tot 10 kanonne ondersteun. Die Britse magte het uit heelwat meer as 10 000 man en tientalle kanonne bestaan. Na die geveg, wat die hele dag lank geduur het, het die Boere gemaai onder die Britte en 71 gedood en 390 gewond. Die Boere het self 16 gesneuweldes en 66 gewondes, waarvan 13 krygsgevangene geneem is - insluitende Christiaan Rudolph Henning - gehad. Ten spyte van die feit dat die Boere die Britse magte 'n ernstige knou toegedien het, was die oormag net eenvoudig te veel en moes hulle weereens die wyk neem39. 'n Foto van hom en sy familie verskyn hierbo by sy broer, Frederik.
a2.b6.c4.d1.e4. WILLEM FREDERIK HENNING (*1856) word op 26 Desember 1899 tydens gevegte by Mafeking liggewond. Ongelukkig dui die amptelike rekords nie die aard van sy wond aan nie. Hy dien onder Veldkornet Eloff in die Rustenburg Kommando40. Net soos by Ladysmith en Kimberley het die Republikeinse magte Mafeking, waar 'n Britse garnisoen gestasioneer was beleër. Nadat dit gedurende November 1899 duidelik geword het dat daar nie werklik 'n bedreiging vir die Boererepublieke vanuit Rhodesië sou kom nie, is die meeste van die Republiekeinse magte na die Kimberley omgewing verskuif. Slegs 1 700 man het steeds die Noordgrens verdedig, waarvan 1 200 vir die beleëring van Mafeking gebruik is41. Die skermutseling waarin Willem Frederik verwond is, was so klein dat dit in geen literêre werk beskryf is nie. Daar is slegs in 'n ZAR staatskoerant en in rapporte van die Rooikruis oor sy verwonding gerapporteer.
a2.b6.c3.d3.e4.f2. CASPER JAN HENDRIK HENNING (*23-7-1878) word in die Tugelalinie te Tabanyama op 20 Januarie 1900 deur 'n bomskerf in sy regteronderbeen verwond42. Gedurende Januarie 1900 het die Republiekeinse magte aan die Oosfront nog die sogenaamde Tugelalinie gevorm, om die Britse magte wat vanaf Natal opgeruk het, te stuit. Die kommando waarvan Casper Jan Hendrik Henning lid was, was op die berg Tabanyama (naby Spioenkop) ingegrawe. Die Britse aanval wat om 03:00 uur op 20 Januarie 1900 begin het, was aanvanklik op Tabanyama gerig. Vanaf 08:00 uur het die Britse artillerie vir vier ure lank die Boerestellings op Tabanyama gebombardeer. Casper Henning is skynbaar tydens hierdie bombardement verwond. Die aanval op Tabanyama het tot 23 Januarie geduur, dog die Britte kon dit nie inneem nie43.
![]() |
a2.b7.c2.d3.e5.James Moodie Henning *31-12-1874 word gedurende die Anglo-Boere-oorlog krygsgevangene geneem en sy broer e8. Gert Alwyn Johannes *15-12-1878 word as negentienjarige gewond en krygsgevangene geneem |
a2.b7.c2.d3.e8. GERT ALWYN JOHANNES SMIT HENNING (*15-12-1878). Hy het 'n keelwond tydens gevegte aan Modderrivier aan die Wesfront (Kimberley en omgewing) opgedoen. Twee verskillende rapporte van die Rooikruis dui die datum van sy verwonding as 18 Februarie 1900 en 28 Februarie 1900 onderskeidelik aan, terwyl 'n ZAR Staatskoerant die datum van sy verwonding as 27 Februarie 1900 aandui44. Hy is krygsgevangene geneem en op 3 Maart 1900 na die hospitaal te Kimberley oorgeplaas. Hy het in die Ladybrand Kommando onder Kommandant Froneman in die gevegsmag van Generaal Piet Cronje gedien. Uit die verloop van die gevegte by Modderrivier blyk dit dat 18 Februarie 1900 die waarskynlike datum van sy verwonding was en dat hy op 27 Februarie 1900 krygsgevangene geneem is. Die Britse magte van Lord Roberts wat besig was om na Kimberley toe op te ruk, wat uit tussen 40 000 en 50 000 soldate en meer as 100 kanonne bestaan het, het op 18 Februarie 1900 met hul aanval op die Boerestellings van Generaal Cronje se magte begin. Na bloedige gevegte het Generaal Cronje op 27 Februarie 1900 by Perdeberg oorgegee en is hy en 3 919 burgers (waaronder Gert Henning) krygsgevangene geneem. Hierdie geveg, wat tien dae lank geduur het, het die Britse magte met tussen 3 000 en 4 000 ongevalle gelaat terwyl die Republiekeinse magte 414 verliese gelei het - 117 wat gesneuwel het en 297 wat gewond is45.
a2.b5.c4.d4. MARTHINUS JACOBUS HENNING (*11-3-1843) word op 23 Februarie 1900 tydens dieselfde gevegte as hierbo by Gert Alwyn Johannes Smit Henning beskrywe, by Modderrivier aan die Wesfront in sy regterarm verwond46.Ook hy is 'n paar dae later op Majubadag (27 Februarie) tydens die slag van Paardeberg, met die oorgawe van Generaal Piet Cronje, krygsgevangene geneem.
a2.b9.c3.d3. HENDRIK JACOBUS HENNING (*25-4-1843) word op 22 Februarie 1900 ook tydens gevegte by Modderrivier, by Koedoesrand, in sy linkerhand verwond en verloor drie van sy vingers47.Later in die oorlog het beide sy oordromme gebars nadat 'n bom naby hom ontplof het. Hy het onder Veldkornet Smit in die Heidelberg Kommando gedien.
![]() |
a2.b9.c3.d3. Hendrik Jacobus Henning *25-4-1843, wat twee keer gedurende die Anglo-Boere-oorlog verwond is, met sy seun, kleinseun en agterkleinseun, wat na hom vernoem is |
a2.b7.c13.d2. GERHARDUS ALBERTUS FREDERIK HENNING (*Apr 1873) word op 23 Februarie 1900 te Colenso deur 'n koeël in sy regterarm verwond48. Colenso het deel van die Tugelalinie uitgemaak, waarmee die Republiekeinse magte probeer keer het dat die Britse magte wat vanaf Natal opgeruk het, eers Ladysmith, en later Transvaal bereik. Tussen 18 en 19 Februarie 1900 het die Britte die Republiekeinse magte wat in die omgewing van Colenso ontplooi was, aangeval en hulle uit hulle stellings verdryf. Die moreel van die vlugtende burgers was baie laag toe hulle hul nuwe stellings in die kameeldoringrante tussen die Tugelarivier en Ladysmith moes inneem. Op 21 Februarie het Generaal Buller weer 'n aanval op die nuwe stellings uitgevoer, dog dié is afgeslaan. Dit het die moreel van die burgers aansienlik verhoog. Op 22 Februarie word 'n verdere aanval geloots, dog word weer afgeslaan. Na elke geveg het aansienlike versterkings vir die Britse magte opgedaag. Teen 23 Februarie was daar meer as 25 000 Britse troepe en 70 kanonne ontplooi. Die totale sterkte van die Republiekeinse magte was minder as 3 000 man (500 van Ermelo, 100 van Boksburg, 50 van Swaziland, 50 van Krugersdorp en die Kommando Middelburg). Hulle het vyf kanonne gehad. Van vroegoggend af het al 70 Britse kanonne die Boerestellings begin bombardeer. Die 5 kanonne van die Boere het egter meer ongevalle en ontwrigting onder die Britse magte veroorsaak as die 70 Britse kanonne onder die Boerestellings. Laat die middag het die infanterie aanval op die Boerestellings begin. Hierdie geveg duur tot laat in die nag en word die volgende dag voortgesit. Teen die 25 ste was albei kante so uitgeput dat Generaal Buller 'n wapenstilstand vir die Boere aangebied het, sodat beide partye hulle ongevalle kon versorg. Aan Britse kant het 174 man gesneuwel en is 920 man gewond. Aan Boerekant het 22 man gesneuwel en is 80 man, insluitende Gerhardus Albertus Frederik Henning, verwond49.
![]() |
a2.b1.c6.d3.e11. Cornelis Belsazar Henning, *17-1-1886 wat as 'n 14 jarige geveg en verwond is |
a2.b1.c6.d3.e11. CORNELIS BELSAZAR HENNING (*17-1-1886) het as 'n veertienjarige seun aan die oorlog deelgeneem en het die Rouxville Kommando vergesel. Sy naam verskyn egter nie in die kommando lys, wat met die aanvang van die oorlog opgestel is nie50. Hy was nog te jonk om as 'n amptelike lid van die kommando ingeskryf te word. Die kommando was deel van die gevegsmag van Hoofkommandant JH Olivier wat gedurende die eerste paar maande van 1900 in die Noord-Oos Kaap bedrywig was. Gedurende die eerste week van Maart het die kommando's stadig en al vegtend voor die divisies van Brig.Genl Brabant na die Vrystaat teruggeval. Cornelis Belsazar het skrapnelwonde opgedoen toe die Britse magte die Vrystaat by die Aliwal-Noord brug op 11 Maart 1900 oorgesteek het. Hy was saam met sy pa, Pieter Hendrik Henning *30-7-1840. Sy pa se perd is deur skrapnel in die hoef getref en Cornelis het dadelik sy pa saam met hom op sy perd gelaai en weggejaag, ten spyte van die feit dat hyself deur skrapnel getref is. Beide is egter deur die Britse magte krygsgevangene geneem. Sy naam kon in geen amptelike verlieslys opgespoor word nie. Die besonderhede wat deur nasate verstrek is (gestaaf deur 'n brief van die Adjudant van die Rouxville Kommando en burger P W Vogel, wat hom na sy verwonding help versorg het), pas egter baie mooi in en klop met die gebeure by die Aliwal-Noord brug, soos in verskeie literêre werke en argivale bronne uiteengesit is51. Daar bestaan dus geen rede om hierdie gegewens te wantrou nie. Sy pa is na die eiland St Helena weggevoer om daar aangehou te word. Weens Cornelis se ouderdom en die erns van sy verwonding is hy nie na een van die buitelandse krygsgevangenekampe gestuur nie, maar te Jamestown in die Noord-Oos-Kaap aangehou. Na die oorlog moes hy te voet vanaf Jamestown na sy ouerhuis, op die plaas Palmietfontein, in die Rouxville distrik terugstap. Volgens oorlewering het sy familie hom as gevolg van die ontberinge wat hy deurgemaak het, amper nie herken nie. Die wondmerke aan sy linkerslaap was tot en met sy dood op 17 November 1926 sigbaar.
a2.b1.c6.d3.e9. JOHANNES STEPHANUS HENNING (*14-7-1881) (bekend as Hans Henning) word ook op 11 Maart 1900 tydens gevegte by die Aliwal-Noord brug, soos hier bo by Cornelis Belsazar beskryf, lig verwond. Die telegram wat na die geveg aan die Staatspresident gestuur is, meld dat die geveg die hele dag lank geduur het. Die Britse voorhoede, die 1 st Brabant's Horse onder bevel van Majoor J A Henderson, het haastig oor die brug gejaag en Olivier se Kommando's op die Noordelike oewer bestorm. Britse versterkings, wat vier kanonne en 'n paar maxims ingesluit het, het intussen al langs die Suidelike oewer van die rivier posgeneem. Hulle kon egter niks teen die Boeremagte vermag nie. Volgens die telegram het die burgers hulle baie dapper gedra - veral die Boere-artilleriste wat oor twee Krupp kanonne beskik het. Een van die vyandlike kanonne is aan flarde geskiet. Tydens die geveg is vyf burgers, wat Johannes Stephanus Henning insluit, gewond. Die ander vier was Koos Watson, wat swaar gewond is, Samuel Nel, Sarel Botha en Barend Engelbrecht. Die Britte se ongevalle was vyf gesneuwel, 19 gewond en vier wat krygsgevangene geneem is52. Soos die geval by meeste veldslae gedurende die Anglo-Boere-oorlog kon die Britte skynbaar nie baie goed tel nie, want verskillende bronne dui verskillende ongevalle syfers aan. Dit is skynbaar gedoen om die omvang van hulle verliese te verdoesel.
a2.b1.c3.d12.e4. JOHANNES HENDRIK HENNING (*1-11-1873) word op 30 September 1901 tydens gevegte langs die Maricorivier gewond en gevange geneem. As gevolg van die ernstige aard van sy verwonding is hy tot aan die einde van die oorlog in die hospitaal te Johannesburg verpleeg38. Sy ouers het nege seuns en 'n dogter gehad. Van die nege seuns sneuwel een, vier word gewond, een word ernstig siek op kommando en twee word krygsgevangene geneem (insluitende een van die gewondes) en in buitelandse krygsgevangenekampe aangehou. 'n Foto van hom en sy familie verskyn elders in die hoofstuk.
a2.b1.c1.d6.e7. JOHANNES STEPHANUS GERHARDUS HENNING (*Apr 1878) word op 13 September 1901 tydens gevegte naby Vredefort deur 'n koeël in sy regtervoet verwond48.
![]() |
a2.b1.c3.d10.e7. Christiaan Rudolf Henning * 3-8-1877 |
a2.b1.c3.d10.e7. CHRISTIAAN RUDOLF HENNING (*3-8-1877). Hy word in die been gewond, krygsgevangene geneem en na die Diyatalawa Krygsgevangene-kamp te Ceylon gestuur. As gevolg van sy wond was hy die res van sy lewe kruppel en het as Chrisjan Houtbeen bekend gestaan. In die Krygsgevangenekamp te Ceylon was hy die koorleier van die krygsgevangene koor wat dikwels tydens konserte saam met besoekende kunstenaars opgetree het. 'n Bewys van sy bekwame leiding vind ons in 'n brief gedateer 22 November 1902 wat op Ceylon geskryf en deur 70 manne onderteken is, waarin hulle hul dank en waardering aan hul koorleier betuig53.
a2.b1.c6.d14. CHRISTIAAN RUDOLF JACOBUS HENNING (*12-4-1859). Dit is slegs bekend dat hy 'n oog gedurende die oorlog verloor het54. Hy was lid van die Rouxville Kommando en is op 1 November 1901 te Aliwal-Noord krygsgevangene geneem en te Indië aangehou.
a2.b9.c1.d4.e4. PIETER HENDRIK HENNING (*1882). Dit is slegs bekend dat hy 'n beenwond tydens die oorlog opgedoen het55.
a2.b9.c1.d4.e5. IZAK JOHANNES HENNING (*Okt 1884). Hy het 'n wond aan sy hand opgedoen en daardeur 'n vinger verloor55.
Dit is algemeen bekend dat verskeie seuns jonger as sestien jaar gedurende die Tweede Vryheidsoorlog op kommando gegaan en dapper geveg het. Dit geld ook vir verskeie Henning seuns. Die volgende gevalle is bekend:
![]() |
a2.b6.c4.d1.e5. Willem Hendrik Henning (links) en sy seun Willem Frederik was saam op kommando.Willem Frederik was slegs veertien jaar oud. Mettertyd het Willem Hendrik se twaalfjarige seun, Jan Sarel Marthinus ook by hulle op kommando aangesluit. Die drie het saam tot aan die einde van die oorlog geveg |
a2.b6.c4.d1.e5.f3. WILLEM FREDERIK HENNING *29-4- 1886. Hy was slegs veertien jaar oud toe die oorlog uitgebreek en hy saam met sy pa op kommando gegaan het. Hulle sluit by die Rustenburg Kommando aan en hy dien onder Veldkornet Eloff. Hy veg saam met sy pa tot aan die einde van die oorlog56. Sy jonger broertjie het hom ook mettertyd by hulle aangesluit en word verderaan behandel.
![]() |
a2.b6.c4.d1.e5.f4. Jan Sarel Marthinus Henning *21-4-1888 wat as 12 jarige seun saam met sy pa op kommando was |
a2.b6.c4.d1.e5.f4. JAN SAREL MARTHINUS HENNING *21-4-1888. Hy is die broer van Willem Frederik, hierbo, en was nog nie eens twaalf jaar oud toe die oorlog uitgebreek het nie. Aanvanklik moes hy by die huis bly om sy ma te help om die jonger kinders op te pas, terwyl sy pa en veertienjarige boetie op kommando gegaan het. Vanaf Augustus 1900 het die Britse magte begin met hul beleid van Verskroeide Aarde en om alle Boere vrouens en kinders na konsentrasiekampe weg te voer. Toe Britse soldate hulle plaashuis op Kosterfontein afbrand, alles op die plaas vernietig en sy ma en susters gevange neem om hulle na die Krugersdorp Konsentrasiekamp weg te voer, kruip hy in 'n sloot weg. Op 'n stadium het die Britse kolonne amper bo-oor hom deur die sloot gery, sonder om hom te sien. Met slegs die klere aan sy lyf, begin hy te voet na sy pa en broer, wat op kommando was, soek. Uiteindelik vind hy hulle en daar word besluit dat hy by hulle sal bly. Omdat hy nie 'n perd het nie, hou hy maar aan sy pa se stiebeuel vas en hardloop saam waar die kommando heen ry. Later het hulle darem vir hom 'n perd en geweer gekry en hy veg tot aan die einde van die oorlog saam met sy pa en broer57.
a2.b1.c6.d3.e11. CORNELIS BELSAZAR HENNING *17-1-1886 (hierbo onder gewondes vermeld). Hy was slegs veertien jaar oud toe hy as lid van die Rouxville Kommando op kommando gegaan het. Soos reeds beskryf, is hy gewond, deur die Britse magte gevang en tot aan die einde van die oorlog te Jamestown aangehou. Die opofferinge wat hierdie seun vir sy land en volk moes maak, verdien die heel hoogste lof. 'n Foto van hom verskyn op die vorige bladsy 58.
a2.b1.c6.d4.e6. JAN WILLEM RUDOLPH HENNING *4-5-1885.Gedurende die Anglo-Boere-oorlog dien hy as 'n vyftienjarige seun in die Smithfield Kommando onder Kmdt Coetzee. Hy is nooit deur die Britte gevang nie en dien tot aan die einde van die oorlog.
a2.b9.c1.d2.e9. FREDERIK JACOBUS HENNING *24-6-1889. Hy het gedurende die oorlog as 'n twaalfjarige seun vir 'n rukkie saam met die Heidelberg Kommando op kommando gegaan, waar hy tydens gevegte die perde opgepas het. Hy was ook vir 'n ruk lank saam met sy moeder in die konsentrasiekamp te Heidelberg59.
a2.b9.c1.d4.e5. IZAK JOHANNES HENNING *Okt 1884 (hierbo onder gewondes vermeld). Hy was slegs vyftien jaar oud toe die oorlog uitgebreek het. Ook hy word verwond en veg tot aan die einde van die oorlog. Dit getuig van 'n besondere daad van dapperheid60.
a2.b1.c6.d11.e4. JOHAN ANDRIES HENNING *12-2-1884 van die plaas Erfeniskraal in die Rouxville distrik was net ouer as sestien jaar toe die oorlog uitgebreek het. Hy sluit by die Rouxville Kommando aan, dog word krygsgevangene geneem en in die Diyatalawa Krygsgevangenekamp te Ceylon aangehou.
Die Britse owerhede het geweet dat as hulle gevange burgers in Suid-Afrika sou aanhou, daar 'n groot risiko bestaan dat hierdie burgers kon ontsnap en weer na die gevegslinie terugkeer. Die meerderheid burgers van die Boererepublieke wat deur die Britse magte krygsgevangene geneem is, is dus in buitelandse krygsgevangenekampe aangehou. Slegs 'n relatief klein getal burgers is binne die grense van Suid-Afrika aangehou.
Hoewel amptelike lyste van alle krygsgevangenes wat te Ceylon, Bermuda, St Helena en Indië aangehou is, beskikbaar is61, verskyn in die meeste gevalle slegs name en krygsgevangene nommers daarop. Dit het positiewe identifikasie van individue dus aansienlik bemoeilik - veral aangesien soveel Henningmans uit hierdie tydvak familiename soos Pieter Hendrik, Jan Hendrik, Jan Andries, Jacobus Cornelis, Willem Frederik, Gert Frans, ensovoorts gehad het. Plaasname, bevestiging deur nasate en ander leidrade moes dus gebruik word om persone te identifiseer.
Die volgende Henningmans wat in die Diyatalawa kamp in Ceylon aangehou is, kon positief geïdentifiseer word:
> a2.b1.c3.d4.e8. Jan Hendrik Henning *13-7-1868
> a2.b1.c3.d5.e6. Andries Stephanus Henning *27-12-1870 (in gevangeneskap op 26 November 1900 as gevolg van Tifus oorlede33)
> a2.b1.c3.d7.e2. Jan Hendrik Henning *16-11-1863
> a2.b1.c3.d7.e9. Nicolaas Johannes Henning *7-8-1880
> a2.b1.c3.d8.e1. Jan Hendrik Henning *12-12-1862
> a2.b1.c3.d8.e5. Alwyn Louis Henning
> a2.b1.c3.d8.e7. Pieter Hendrik Barend Henning *26-3-1883
> a2.b1.c3.d10.e3. Jan Hendrik Henning *12-3-1870
> a2.b1.c3.d10.e4. Olof Abraham Henning *30-3-1872
> a2.b1.c3.d10.e7. Christiaan Rudolf Henning *3-8-1877
> a2.b1.c3.d10.e8. Johannes Gerhardus Henning *23-5-1880
> a2.b1.c3.d10.e9. Johannes Hendrik Henning *21-1-1882
> a2.b1.c6.d2.e1. Johannes Stephanus Henning *5-12-1870
> a2.b1.c6.d2.e2. Jacobus Lodewikus Henning *15-2-1872
> a2.b1.c6.d11.e4. Johan Andries Henning *12-2-1884
> a2.b1.c8.d6. Pieter Hendrik Henning *18-7-1840
> a2.b1.c8.d6.e5. Johannes Petrus Jonker Henning *5-12-1881
> a2.b5.c1.d1.e1. Jan Andries Henning *17-6-1845
> a2.b5.c1.d1.e1.f4. Jacobus Cornelis Henning *10-11-1874
> a2.b5.c1.d1.e1.f5. Pieter Hendrik Henning *Sep 1880
> a2.b5.c1.d1.e1.f6. Jan Andries Henning *6-11-1882
> a2.b5.c1.d1.e2.f2. Jacobus Cornelis Henning *12-12-1876
> a2.b5.c1.d3.e1. Jan Andries Henning *1-3-1854
> a2.b5.c1.d3.e1.f1. Joseph Johannes Philippus Henning *20-3-1879
> a2.b5.c1.d3.e1.f2. Johannes Lodewikus Henning *7-6-1880
> a2.b5.c1.d3.e6. Joseph Johannes Philippus Henning *25-10-1862
> a2.b5.c1.d3.e8. Albertus Johannes Henning *7-10-1865
> a2.b5.c1.d3.e9. Jan Hendrik Henning *15-5-1869
> a2.b5.c1.d3.e11. Jacobus Cornelis Henning *15-2-1874
> a2.b5.c1.d5.e3. Barend Johannes Henning *5-1-1860
> a2.b5.c1.d5.e3.f1. Jan Andries Henning *10-8-1879
> a2.b5.c1.d5.e5. Jan Andries Henning *21-7-1866
> a2.b5.c4.d7.e1. Jacobus Cornelis Stephanus Henning *19-7-1872
> a2.b5.c5.d4.e4. of a2.b5.c5.d7.e6. Johannes Philippus Henning
> a2.b5.c5.d7.e3. Johannes Lodewyk Henning *12-5-1874
> a2.b7.c2.d3. Gert Frans Johannes Henning *8-8-1843
> a2.b9.c3.d3.e2. Jacobus Abraham Adriaan Henning *11-2-1866
> a2.b9.c3.d3.e3. Hendrik Jacobus Henning *Mrt 1867
a2.b7.c2.d4.e6. Johannes Benjamin Frans Henning *21-9-1876 wat in een van die rebelle-kommando's naby Aliwal-Noord gedien het, is skynbaar ook krygsgevangene geneem en in Ceylon aangehou. Sy naam verskyn nie op enige van die krygsgevangenelyste nie, maar sy nasate is oortuig dat hy in Ceylon aangehou is. 'n Horlosieketting met sy naam op en borsspeld wat hy te Ceylon uit visbeen gemaak het, word as bewys voorgehou.
Weens onvoldoende gegewens kon die volgende Henning mans wat te Ceylon aangehou is, nie positief geidentifiseer word nie:
Gert Frans Henning
Jacobus Abraham Henning. Hy het op 3 Julie 1902 in Ceylon aangekom. Nasate van b9.c3.d3.e2.f4. Jacobus Abraham Adriaan Henning *5-6-1893 beweer dat hy as 'n jong seun teen die einde van die Anglo-Boere-oorlog by sy pa in die Diyatalawakamp te Ceylon aangesluit het - dus op negejarige ouderdom. Hoe ongeloofwaardig dit ookal mag klink dat 'n negejarige kind na 'n krygsgevangenekamp gestuur sou word, dui die krygsgevangenekamprekords wel aan dat daar op 3 Julie 1902 'n Jacobus Abraham Henning by die kamp aangekom het en die outeur is oortuig dat daar geen ander persoon met hierdie name by hierdie profiel inpas nie.
![]() |
a2.b9.c3.d3.e2. Jacobus Abraham Adriaan Henning *11-2-1866 en sy broer, Hendrik Jacobus *Mrt 1867 dien beide in die ZAR Polisie. Hulle word op 9 Augustus 1900 te Pretoria krygsgevangene geneem en na Ceylon gestuur om in die konsentrasiekamp daar aangehou te word. |
![]() |
a2.b9.c3.d3.e2.f4. Jacobus Abraham Adriaan Henning *5-6-1893 wat as 'n negejarige seuntjie op 3 Julie 1902 by sy pa aangesluit het in die Diyantalawa Krygsgevangenekamp, Ceylon |
![]() |
Die Bulskop, Dewetsdorp Hennings wat met die oorgawe van Genl Prinsloo by Witsieshoek deur die Britse magte krygsgevangene geneem en in die Krygsgevangenekamp te Ceylon aangehou is. Voor: a2.b5.c1.d3.e11. Jacobus Cornelis Henning *15-2-1874, a2.b5.c1.d3.e1.f1. Jozeph Johannes Philippus Henning *20-3-1879,a2.b5.c1.d3.e1.f2. Johannes Lodewikus Henning *7-6-1880 en a2.b5.c1.d3.e1. Jan Andries Henning *1-3-1854 Agter:a2.b5.c1.d3.e8. Albertus Johannes Henning *7-10-1865, a2.b5.c1.d3.e9. Jan Hendrik Henning *15-5-1869, Gert Grobler, man van a2.b5.c1.d3.e4. Catharina Jacoba Henning en a2.b5.c1.d3.e6. Joseph Johannes Henning *25-10-1862 |
![]() |
*'n Kykie in die lewe van die Boere krygsgevangenes in die Diyatalawa krygsgevangenekamp, Ceylon. Die inwoners van hut 37. Heel links met boek op skoot a2.b1.c3.d10.e4. Olof Abraham Henning; Tweede van links, staande met pet op a2.b1.c3.d10.e3. Jan Klaarwater Henning; Heel regs, sittende met wit hemp en pet op kop a2.b1.c3.d10.e9. Hennie Henning; Heel regs, staande a2.b1.c3.d10.e8. Johannes Gerhardus Henning |
![]() |
Die Rouxville en Zastron Hennings in die Diyatalawa Krygsgevangenekamp, Ceylon op 8 Maart 1901. Herkenbaar op die foto: Voorste ry, heel links a2.b1.c3.d10.e8. Johannes Gerhardus (Hans) Henning *23-5-1880; Voorste ry, middel a2.b1.c3.d7.e9. Nicolaas Johannes Henning *7-8-1880; Middelste ry, heel links a2.b1.c3.d10.e3. Jan Hendrik (Jan Klaarwater) Henning *12-3-1870; Middelste ry, tweede van regs a2.b1.c3.d10.e7. Christiaan Rudolf (Chrisjan Houtbeen) Henning *3-8-1877; Middelste ry, heel regs a2.b1.c3.d10.e4. Olof Abraham (Oelf) Henning *30-3-1872; Agterste ry, heel regs a2.b1.c3.d10.e9. Johannes Hendrik (Hennie) Henning *21-1-1882 |
![]() |
'n Groep Vrystaatse burgers in die Diyatalawa Krygsgevangenekamp, Ceylon. a2.b5.c4.d7.e1. Jacobus Cornelis Stephanus Henning *19-7-1872 heel regs, middelste ry |
Die volgende Henning mans is te Bermuda aangehou en kon positief geïdentifiseer word:
> a2.b1.c3.d7. Daniël Stephanus Albertus Henning *20-7-1838
>a2.b6.c1.d5.e1.f3. Pieter Hendrik Henning *13-5-1874
> a2.b6.c3.d3.e4. Johannes Christiaan Henning *28-6-1858
> a2.b6.c3.d11.e2. Johannes Christiaan Henning *5-11-1867. Hy is in 'n gewone hof ter dood veroordeel, weens die feit dat hy 'n Kaapse Rebel was. Die vonnis is egter later na gevangeneskap verander. Hy is dus op Bermuda as 'n gevangene aangehou
a2.b10.c6.d1. Daniël Stephanus Henning *12-4-1867. Hy is in 'n gewone hof ter dood veroordeel weens die feit dat hy 'n Kaapse Rebel was. Die vonnis is later na gevangenestraf verander. Hy is dus op Bermuda as 'n gevangene aangehou.
Die volgende Henning mans wat te Bermuda aangehou is, kon nie positief geidentifiseer word nie:
Gert Frans Henning
Jacobus Cornelis Stephanus Henning
Joseph Johannes Henning
Pieter Hendrik Henning
Die volgende Henning mans wat te St Helena aangehou is, kon positief geidentifiseer word:
> a2.b1.c3.d12.e3. Alwyn Petrus Henning *8-6-1872
> a2.b1.c3.d12.e9. Christiaan Rudolph Henning *17-3-1882
> a2.b1.c6.d3. Pieter Hendrik Henning *30-7-1840
> a2.b5.c2.d13. Pieter Jacobus Henning *5-8-1852
> a2.b5.c4.d3.e2. Stephanus Gerhardus Henning *13-5-1875
> a2.b5.c4.d4. Marthinus Jacobus Henning *11-3-1843
> a2.b5.c4.d4.e1. Jacobus Cornelis Stephanus Henning *2-9-1865
> a2.b5.c4.d4.e4. Marthinus Jacobus Henning *1-7-1871
> a2.b5.c5.d5. Pieter Hendrik Henning *14-7-1845
> a2.b5.c5.d8.e2. Gert Frans Henning *31-10-1876
> a2.b5.c5.d9.e2. Gert Frans Henning *11-11-1875
> a2.b6.c4.d7.e1. Willem Frederik Henning
> a2.b7.c2.d3.e5. James Moodie Henning *31-12-1874
Weens te min informasie kon die volgende Henning man wat te St Helena aangehou is, nie positief geidentifiseer word nie:
Lodewyk Johannes Henning
Daar was ook 'n aantal burgers met die van HENNIG wat te St Helena aangehou is. Hulle is nasate van Georg Friedrich Henning (a3). Die twee broers wat hier vermeld word, was lede van die Bloemhof Kommando en is beide op 27 Februarie 1900 tydens die slag van Paardeberg krygsgevangene geneem:
> a3.b1.c2.d4.e1. George Frederik Hennig *13-11-1863
> a3.b1.c2.d4.e5. Johannes Hendrik Hennig *11-10-1870
![]() |
Die oorgawe van Paardeberg op 27 Februarie 1900, toe Generaal Piet Cronje met bykans 4 000 man oorgegee het. Die pyltjie dui a2.b9.c1.d2.e3. Izak Jacobus Henning aan. Sy naam kom op geen van die krygsgevangenelyste voor nie, maar daar word vermoed dat hy te St Helena aangehou is. |
Die volgende Henning mans wat in die Ahmednagarkamp in Indië aangehou is, kon positief geïdentifiseer word:
> a2.b1.c1.d6.e7. Johannes Stephanus Gerhardus Henning *April 1878
> a2.b1.c6.d3.e9. Johannes Stephanus Henning *14-7-1881
> a2.b1.c6.d4.e5. Willem Hendrik Henning *Augustus 1879
> a2.b1.c6.d6.e7. Theunis Jacobus Petrus Henning *9-8-1882
> a2.b1.c6.d8. Frederik Johannes Henning *10-10-1847
> a2.b1.c6.d14. Christiaan Rudolf Jacobus Henning *12-4-1859
> a2.b1.c8.d20. Marthinus Samuel Henning *7-11-1874. Hy is in gevangeneskap op 20 Februarie 1902 oorlede
> a2.b5.c4.d4.e2. Frans Engelbertus Henning *Junie 1867
> a2.b5.c5.d5.e5. Cornelius Jacobus Henning *12-3-1879
> a2.b6.c4.d3.e7. Johannes Christiaan Henning *5-2-1872
> a2.b7.c2.d4.e1. Marthinus Christoffel Henning *16-3-1866
![]() |
a2.b1.c3.d8. Veldkornet Pieter Hendrik Barend Henning wat in die Belleview Krygsgevangenekamp te Simonstad aangehou is |
Dit is bekend dat a2.b1.c3.d8. Pieter Hendrik Barend Henning *27-10-1840 ook krygsgevangene geneem is, maar dat hy nie na een van die buitelandse kampe oorgeplaas is nie. Hy is tot aan die einde van die oorlog in die Bellevue Krygsgevangenekamp te Simonstad aangehou. Hy was 'n Veldkornet in die Rouxville Kommando.
a2.b1.c1.d6.e2. Petrus Johannes Henning *15-8-1862 was 'n kommandant in die Vredefort Kommando. Hy is deur die Britse magte gevang en in 'n gewone tronk te Kimberley aangehou. Hoewel hy en sy familie vir baie jare in die omgewing van Vredefort gewoon het, het hy ten tye van die oorlog te Divandale, Brits Bechuanaland gewoon. Op grond hiervan is hy as 'n Britse Burger beskou en dus tot gewone tronkstraf gevonnis.
a2.b5.c1.d3. Joseph Johannes Philippus Henning *28-8-1829 gaan as 70-jarige op kommando, maar word op 6-12-1900 op sy plaas, Vogelstruisfontein, in die Bethulie distrik krygsgevangene geneem. As gevolg van sy hoë ouderdom word hy nie na een van die buitelandse kampe gestuur nie, maar word in die konsentrasiekamp in Bethulie gevange gehou. Hy sterf dan ook op 21-10-1901 in hierdie kamp weens inflamasie.
![]() |
Die Belleview Krygsgevangenekamp, Simonstad, waar a2.b1.c3.d8. Pieter Hendrik Barend Henning aangehou is |
Gedurende die oorlog het 'n groot groep Boere (talle met hulle gesinne), asook verskeie Kaapse Rebelle, in die ZAR voor die oprukkende Britse magte uitgevlug en in Mosambiek gaan probeer skuilhou. Hoewel die Portugese owerheid die Boererepublieke goedgesind was, was Brittanje hul oudste bondgenoot en het daar militêre verdrae tussen hierdie twee lande bestaan.
Die Portugese owerheid in Mosambiek was dus verplig om die Boere wat na Mosambiek uitgewyk het, te interneer. Op aandrang van Brittanje is hulle na Portugal verskuif.
Onder hierdie groep Boere was daar ses Henning mans, wat almal in die klooster te Alcobaca gehuisves is62:
> a2.b6.c4.d7. Frederik Henning * 17-7-1855 en sy seun a2.b6.c4.d7.e3 Jan Adriaan Henning * 9-1-1979
> a2.b7.c2.d4. Johannes Benjamin Frans Henning *22-2-1847 en sy seun b7.c2.d4.e1. Marthinus Christoffel * 16-3-1866
> a2.b7.c2.d18. Marthinus Christoffel * 27-10-1878 (broer van Johannes Benjamin Frans)
> Pieter Hendrik Henning, 'n 30-jarige man, wat ons nog nie kon identifiseer nie.
Frederik Henning en sy seun Jan Adriaan was lede van die Colesberg Kommando (Kaapse Rebelle) wat diens gedoen het in die Ooste van die ZAR. Frederik Henning en twee ander Boere het op 'n stadium aan die Portugese owerhede voorgestel dat hulle klasse in Timmerwerk (houtwerk) aan hul medegeïnterneerdes aanbied. Hierdie voorstel is goedgekeur. 'n Foto van Frederik Henning en sommige van die waentjies wat hy in hierdie tyd gemaak het, verskyn hieronder.
Jan Adriaan Henning is tydens hul verblyf as onderwyser vir geïnterneerde kinders aangestel. Hy was ook voorsitter van die Bybelvereniging wat onder die Boere gestig is.
![]() |
a2.b6.c4.d7. Frederik Henning *17-7-1855 by sommige van die waentjies wat hy as 'n geïnterneerde krygsgevangene te Portugal gemaak het |
Terwyl meer as die helfte van die totale blanke bevolking van al die Noord-Oos Kaapse distrikte Afrikaanssprekend was, was hierdie groep opsigself erg verdeeld in hul lojaliteit. Slegs 'n klein gedeelte van hierdie groep kon werklik as rebels getipeer word. Die meerderheid was in 'n mindere of meerdere mate die saak van die Boere Republieke simpatiekgesind, hoewel baie se lojaliteit ook maar volgens omstandighede gewissel het. Dan was daar 'n gedeelte wat passief lojaal en selfs lojaal aan die Britse owerhede was.
Na die oorlog is alle burgers van die Kaapkolonie wat enigsins hulp aan die twee Boere Republieke verleen het of selfs net simpatie met hul volksgenote in hierdie lande betoon het, in 'n spesiale hof van hoogverraad aangekla. In al die gevalle was hulle vonnis dat hulle vir 'n tydperk van vyf jaar vir geen openbare amp verkies mag word, of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. Die lys hieronder is van al die Henning mans wat so skuldig bevind is en dus as Tweede Klas Rebelle geklassifiseer is63. Waar 'n swaarder vonnis opgelê is - Eerste Klas Rebelle - word dit by die betrokke persoon aangedui.
Skuldigbevindings in Spesiale Howe weens Hoogverraad
> a2.b1.c3.d2.e2.f1. Johannes Gerhardus Henning *5-10-1875
> a2.b1.c3.d2.e2.f2. Jan Hendrik Henning *11-1-1880
> a2.b1.c3.d2.e2.f3. Johan Barend Botha Henning *27-2-1882
> a2.b1.c3.d11. Zarel Stephanus Henning (Snr) *23-1-1846
> a2.b1.c3.d11.e1. Jan Hendrik Henning *9-3-1869
> a2.b1.c3.d11.e3. Zarel Stephanus Henning (Jnr) *6-9-1872
> a2.b1.c3.d11.e6. Johannes Gerhardus Henning *6-9-1879
> a2.b1.c3.d11.e8. Daniël Stephanus Albertus Henning *23-7-1883
> a2.b6.c1.d3.e1. Pieter Hendrik Henning *21-1-1853
> a2.b6.c1.d3.e4.f2. Joseph Jooste Henning *13-10-1883
> a2.b6.c1.d3.e5. Joseph Jooste Henning *15-1-1862
> a2.b6.c1. d3.e8. Douw Gerbrand Henning *28-11-1868
> a2.b6.c3.d2.e7. Johannes Christiaan Henning *11-5-1874
> a2.b6.c3.d3.e4.f1. Jan Adriaan Henning *1-12-1876
> a2.b6.c3.d3.e4. Johannes Christiaan Henning *28-6-1858
> a2.b6.c3.d3.e5. Jan Adriaan Henning *22-8-1860
> a2.b7.c1.d2.e8. Francois Alwyn Henning *8-3-1873
> a2.b7.c1.d2.e9. Johannes Gerhardus Henning *28-1-1875
> a2.b7.c1.d3.e1. Pieter Hendrik Adriaan Henning *7-10-1859
> a2.b7.c1.d3.e6. Gert Hendrik Frans Henning *15-2-1870. Hy is as 'n Eerste Klas Rebel geklassifiseer en is permanent van sy stemreg ontneem, plus ses maande tronkstraf
> a2.b7.c2.d4. Johannes Benjamin Frans Henning *22-2-1847
> a2.b7.c2.d4.e1. Marthinus Christoffel Henning *16-3-1866
> a2.b7.c2.d4.e4. Jacobus Nicolaas Henning *6-12-1871
> a2.b7.c2.d4.e6. Johannes Benjamin Frans Henning *21-9-1876
> a2.b7.c2.d18. Marthinus Christoffel Henning *27-10-1878
> a2.b7.c7. Philippus Arnoldus Henning *22-5-1831
> a2.b7.c7.d6. Jan Jacobus Henning *2-7-1867
> a2.b7.c7.d8. Cornelis Hermanus Henning *19-12-1869
> a2.b7.c7.d10. Philippus Arnoldus Henning *21-9-1877
Die name van twee Henning mans wat nie positief geïdentifiseer kon word nie, verskyn ook op die amptelike lyste, naamlik:
> Jan Hendrik Henning van die plaas Powers Court in die Wodehouse distrik
> Christoffel Henning van die plaas Joubertskop in die Wodehouse distrik
Dit is bekend dat ander Kaapse Hennings gedurende die oorlog voor Britse Krygsrade gedaag is om van hoogverraad aangekla te word.
![]() |
a2.b6.c1.d3.e4. Andries Gerhardus Henning *31-10-1859 wat as 'n Kaapse Rebel vir drie maande lank in die tronk gesit is. Hy en sy familie is op verskeie wyses geintimideer om nie hulp aan die Boeremagte te verleen nie |
a2.b6.c1.d3.e4. Andries Gerhardus Henning *31-10-1859. Hy is vir drie maande opgesluit voordat hy op £9 000 borgtog vrygelaat is, maar is later vrygespreek64.
Andries Gerhardus en al sy seuns is skriftelik deur die Britse magte beveel om die openbare teregstelling van nog 'n Kaapse rebel, Petrus Klopper op Burgersdorp by te woon. Dit moes as afskrikmiddel dien vir Kaapse Burgers wat enigsins van plan was om die Boeremagte te help.
a2.b6.c3.d11.e2. Johannes Christiaan Henning *5-11-1867. Hy is op 7 Junie 1901 op die plaas Ruigtevallei, Steynsburg deur die Britse magte gevange geneem. Op 17 Junie is hy ter dood veroordeel omdat hy 'n Britse soldaat geskiet het en weens wapendiefstal. Sy vonnis is later na drie jaar tronkstraf verander. Gedurende die oorlog is hy te Bermuda aangehou en na die oorlog in die Tokai gevangenis. Gedurende Maart 1903 is amnestie aan hom verleen65.
a2.b10.c6.d4. Johannes Petrus Henning *7-7-1875. Gedurende die oorlog het hy op die plaas Paardekraal, Cradock gewoon. Hy is op 18 September 1901 op sy plaas krygsgevangene geneem en is op 16 Desember 1901 ter dood veroordeel weens wapendiefstal. Die vonnis is egter na drie jaar tronkstraf verminder. Na die oorlog is amnestie gedurende Maart 1903 aan hom verleen67.
![]() |
a2.b10.c6.d1. Daniël Stephanus Henning *12-4-1867 |
a2.b1.c2.d2.e8. Petrus Ignatius Maree Henning *1877. Hy is op 21 Januarie 1902 te Calvinia tot 18 maande harde arbeid gevonnis, weens wapendiefstal. Die vonnis is later na 12 maande verminder.68
![]() |
Die kommando van Kaapse Rebelle onder leiding van Kmdt Gustav van Aardt. a2.b1.c3.d2.e2.f1. Johannes Gerhardus Henning *5-10-1875 is in die tweede ry, eerste van links - die ry wat op hul hurke sit |
![]() |
'n Groep Kaapse rebelle uit die Noord-Oos Kaap. a2.b7.c2.d4.e6. Johannes Benjamin Frans Henning *21-9-1876 van die plaas Meerdewyk, Aliwal-Noord verskyn vierde van links in die agterste ry |
![]() |
Sommige burgers van Graaff-Reinet, Cradock en Middelburg wat lede van die Lötter Kommando gedurende die Anglo Boere-oorlog was. Hulle was dus almal Kaapse Rebelle. (1) W Vorster, Middelburg, (2) J Naude, Petrusberg, (3) A Roode, Graaff-Reinet. (4) JJ Posthumus, Cradock. (5) JC Coetzee, Cradock. (6) JD Marais, Zamenkomst, Cradock. (7) BJ Bester, Liliekloof, Cradock. (8) A Olivier, Elandskraal,Cradock. (9) HJ Engelbrecht, Maraisburg. (10) JB Hough, Leeuwkuil, Cradock. (11) B Bischoff, Middelburg. (12) R van Heerden, Roodeberg, Aberdeen. (13) H van der Merwe. (14) H Haarhoff, Middelburg. (15) E Brezelle, Stafelbergkraal, Cradock. (16) JC Troskie, Baviaanskrantz, Cradock. (17) PJ Marais, Cradock. (18) CJ van Heerden, Zevenfontein, Tarkastad (19) a2.b10.c6.d1 Daniël Stephanus Henning *12-4-1867, Middelburg. (20) W Vorster Sen., Middelburg. (21) H Kruger, Elandskraal, Cradock. (22) SF Marais, Langkloof, Cradock. (23) GZ Olivier, Elandskraal, Cradock. (24) SC Schoeman, Doornrivier, Cradock. |
Dit is bekend dat die Britse Magte gedurende die tweede fase van die oorlog met 'n groot propaganda veldtog en allerlei beloftes probeer het om burgers van die twee Boere Republieke oor te haal om hul rug op hul volksgenote te keer en by die Britse Magte aan te sluit. Veral Krygsgevangenes is met hierdie propaganda toesprake en beloftes bestook. Burgers wat hieraan gehoor gegee het, is in die “National Scouts” opgeneem.
Slegs een Henning wat in hierdie kategorie val, is aan ons bekend - 'n Jacobus Cornelis Henning. Weens te min gegewens en die feit dat daar gedurende die oorlog verskeie mans met die naam Jacobus Cornelis Henning aan Boerekant geveg het, is dit nie moontlik om die spesifieke persoon te identifiseer nie. Ons weet slegs dat hy gedurende November 1901 vier-en-twintig jaar oud was en te Bloemfontein woonagtig was.
Hierdie Jacobus Cornelis Henning is krygsgevangene geneem en in die Simonstad Krygsgevangenekamp aangehou. Hier het hy en 39 ander burgers gedurende November 1901 te hore gekom dat “a corps of Volunteers has been raised by our own Countrymen in the two late Republics”. Hulle het die Britse bevelhebber, Kitchener uit hul eie versoek om aan Britse kant te veg. “We are convinced”, het hul aangevoer, “that they (the Boers in the field) by their prolonged resistance against the inevitable, are only ruining the country, and inflicting untold misery and suffering upon thousands of helpless women and children and seeing that they will not accept the generous terms which have from time to time been offered them by His Majesty's Government, we wish to assist as far as lies in our power in compelling them to come to a peaceful settlement”. Hierdie versoek is toegestaan en op 23 Februarie 1902 het 49 persone die kamp verlaat om by die National Scouts aan te sluit69.
Slegs een burger van die Kaapkolonie, wat moontlik as 'n Britse informant gekategoriseer kan word, is bekend.
Aan die begin van die oorlog het die kommando van Kommandant Willem Fouchee met groot welslae in die Noord-Oos Kaap teen die Britse magte opgetree. Hy het daadwerklik gepoog om alle Afrikaners in die gebied te oorreed om die oorlogs-poging van die Boere Republieke te ondersteun. As gevolg van die talle Afrikaners wat nie openlik, of in die geheim, die oorlogspoging van die Boere ondersteun het nie, het Fouchee 'n skrikbewind onder hierdie mense begin voer. Hy het talle van hulle met sy sambok afgeransel.
![]() |
a2.b7.c8.d8.Olivier Johannes Henning *11-9-1869 |
Slegs een geval van 'n Henning wat in hierdie kategorie val, is bekend. Dit was die oupa van die outeur, a2.b7.c8.d8. Olivier Johannes Henning *11-9-1869. Hy het op die plaas Damfontein, in die distrik Aliwal-Noord gewoon. Reeds voor die oorlog het hy bevriend geraak met 'n jong Engelssprekende onderwyseres, met wie hy kort na die beeindiging van die oorlog getroud is.
Op 'n dag gedurende 1901 was Olivier Henning in 'n onderonsie met Kommandant Fouche gewikkel, waar dié hom met sy sambok afgeransel en een van sy arbeiders, wat van spioenasie vir die Britse magte verdink was, terreggestel het. Daar is 'n briefie by die arbeider gevind, wat aan die Britse garnisoen te Aliwal-Noord gerig was70.
Gedurende die vroeë gedeelte van die oorlog het die regerings van die twee Boere Republieke hul Kommandante, Veldkornette en Assistant-Veldkornette aangesê om die name van hulle burgers wat hulle op die oorlogsveld onderskei het, aan te teken en na hoër hoofkwartier deur te stuur. 'n Medalje of kruis sou na die beeindiging van vyandelikhede toegeken word. Aangesien die Republiekeinse magte verslaan is, het die nuwe regering, die veroweraar, Brittanje, slegs dekorasies en medaljes aan sy eie soldate toegeken.
Meer as agtien jaar na die oorlog, op 21 Desember 1920, het die Unieregering 'n dekorasie vir offisiere, 'n medalje vir manskappe en 'n lint vir verwondings vir burgers van die Boere Republieke goedgekeur.
Die tragedie was egter dat burgers wat aan die neergelegde vereistes voldoen het, self vir hierdie toekennings aansoek moes doen. Baie was toe reeds oorlede. Baie het gesneuwel of het aan hul wonde beswyk. Baie het in verre lande waar hulle krygsgevangenes was, begrawe gelê en baie het nooit eens van die toekennings verneem nie - sowat 95 000 man het elkeen vir 'n tydlank in die Republiekeinse magte gedien, hoewel daar nooit meer as 40 000 gelyktydig in die veld was nie. 20 782 het na die Vrede van Vereeniging wapen neergelê, terwyl slegs 14 594 persone aansoek vir een of meer van die toekennings gedoen het en slegs 13 751 goedgekeur is.
Die vereiste vir die toekenning van 'n dekorasie of medalje was dat 'n aansoeker moes bewys dat hy teen die Britse magte geveg het, sonder om oor te gee, parool te neem of die eed van getrouheid voor 31 Mei 1902 af te lê. Vir die Verwondingslint moes hy ook bewys voorlê.
Hierdie vereistes het natuurlik groot getalle Henning burgers wat aan die oorlog deelgeneem het, uitgeskakel. Nie een van diegene wie se name op die lyste van krygsgevangenes of Kaapse Rebelle verskyn, het gekwalifiseer nie. Ons is ook bewus van verskeie Hennings wat bittereinders was, wat tot aan die einde van die oorlog geveg het, wat nie eens aansoek gedoen het nie. Hieronder tel Hennings wat verwond is, byvoorbeeld a2.b1.c3.d12.e10. Pieter Johannes Henning *7-8-1883, wat as 'n sestienjarige seun tydens die slag van Magersfontein verwond is.
![]() |
Die Anglo Boere-oorlog 1899 - 1902 medalje wat eers in 1920 aan vegtende burgers toegeken is. Op die een sy van die medalje verskyn die wapen van die Zuid-Afrikaansche Republiek en op die ander sy die wapen van die Republiek van die Oranje Vrystaat. Middel links word die medaljes vertoon wat aan Burger a1.b5.c4.d4.e5. Gerhardus Philippus Engelbertus Henning *17-5-1877, Burger a1.b5.c5.d8.e2. Gert Frans Henning *31-10-1876 en middel regs Burger a1.b1.c1.d6.e7. Johannes Stephanus Gerhardus Henning *April 1878 toegeken is. Laasgenoemde het vir die verwondingslint in aanmerking gekom, maar hy het nie daarvoor aansoek gedoen nie. a1.b1.c3.d12.e10. Pieter Johannes Henning *7-8-1883, wat as 'n sestienjarige seun tydens die slag van Magersfontein verwond is en 'n bittereinder was het nie eens vir die medalje aansoek gedoen nie, al het hy selfs ook vir die verwondingslint gekwalifiseer.Heel regs word die medalje met die verwondingslint vertoon. Burgers aan wie die Verwondingslint toegeken is, was gemagtig om die letters LVW agter hulle name te skryf |
Die De Zuid-afrikaanse Republiek en Oranje Vrijstaat oorlogs-medalje 1899 - 1902 is aan die volgende Hennings en Hennigs toegeken. Waar die Lint voor verwonding opgedaan gedurende de Anglo-Boeroorlog 1899 - 1902 ook toegeken is, word dit met die letters LVW agter 'n persoon se naam aangedui71.
> a2.b1.c1.d6.e7. Burger Johannes Stephanus Gerhardus Henning *April 1878, Kroonstad Kommando. Hoewel hy tydens die oorlog verwond is, dit amptelik deur die Rooikruis en in 'n Staatskoerant gerapporteer is en dit op sy aansoekvorm vermeld word, het hy nie vir die Verwondingslint aansoek gedoen nie.
> a2.b1.c3.d2.e2.f2. Burger Jan Hendrik Henning *11-1-1880, Kaapse Rebel, Aliwal-Noord Kommando
> a2.b1.c3.d5.e7. Burger Johannes Izak Frederik Henning *27-12-1870, Rouxville Kommando
> a2.b1.c3.d8.e7. Burger Pieter Hendrik Barend Henning *26-3-1883, Rouxville Kommando
> a2.b1.c3.d10.e3. Burger Jan Hendrik Henning *12-3-1870, Rouxville Kommando
> a2.b1.c3.d10.e8. Burger Johannes Gerhardus Henning *23-5-1880, Rouxville Kommando
> a2.b1.c3.d12.e2. Korporaal Oloff Abraham Henning *1-5-1871, Bloemhof Kommando
> a2.b1.c3.d12.e4. Burger Johannes Hendrik Henning *1-11-1873, Pretoria Kommando, LVW
> a2.b1.c3.d12.e5. Burger Johannes Gerhardus Henning *26-5-1875, Bloemhof Kommando
> a2.b1.c3.d12.e9. Burger Christiaan Rudolph Henning *17-3-1882, Bloemhof Kommando, LVW
> a2.b1.c6.d6.e7. Burger Theunis Jacobus Petrus Henning *9-8-1882, Rouxville Kommando
> a2.b1.c6.d12. Burger Stephanus Johannes Petrus Henning *1855, Rouxville Kommando
> a2.b5.c1.d3.e1.f1. Burger Joseph Johannes Philippus Henning *20-3-1879, Wepener Kommando
> a2.b5.c1.d3.e6. Burger Joseph Johannes Philippus Henning *25-10-1862, Bethulie Kommando
> a2.b5.c2.d13.e1. Burger Pieter Hendrik Henning *19-9-1871, Rustenburg Kommando
> a2.b5.c4.d3.e2. Burger Stephanus Gerhardus Henning *13-5-1875, Potchefstroom Kommando
> a2.b5.c4.d4.e1. Burger Jacobus Cornelis Stephanus Henning *2-9-1865, 3de Regiment, 5de Berede Brigade
> a2.b5.c4.d4.e5. Burger Gerhardus Philippus Engelbertus Henning *17-5-1877, Lichtenburg Kommando
> a2.b5.c5.d5.e5. Burger Jacobus Cornelius Henning *12-3-1879, Klerksdorp Kommando
> a2.b5.c5.d6.e3. Opperwachtmeester (Sersant-majoor) Gerrit Frans Henning *Junie 1877, ZAR Staatsartillerie
> a2.b5.c5.d8.e2. Burger Gert Frans Henning *31-10-1876, Boshof Kommando
> a2.b6.c4.d1.e9. Burger Jan Adriaan Henning *Maart 1869, Pretoria Kommando
> a2.b6.c4.d7. Burger Frederik Henning *17-7-1855, Colesberg Kommando
> a2.b9.c1.d2.e1. Korporaal Pieter Hendrik Henning *Februarie 1870, Heidelberg Kommando
> a2.b9.c1.d2.e4. Burger Johannes Jacobus Henning *22-3-1874, Heidelberg Kommando
> a2.b9.c1.d2.e7. Burger Jan Hendrik Henning *2-1-1882, Heidelberg Kommando
> a2.b9.c3.d3. Burger Hendrik Jacobus Henning *25-4-1843, Heidelberg Kommando, LVW
> Burger Francis Hayden Henning *1878, Pretoria Dorp Kommando. Geen verbintenis tussen hom en enige van die bekende Henning stamme in Suid-Afrika kon opgespoor word nie.
Die medalje is ook aan die volgende HENNIG mans toegeken. Hulle was almal broers van mekaar.
> a3.b1.c2.d4.e1. Burger George Frederik Hennig *13-11-1863, Bloemhof Kommando
> a3.b1.c2.d4.e2. Korporaal Frederik Johannes Hennig *8-9-1865, Bloemhof Kommando
> a3.b1.c2.d4.e5. Burger Johannes Hendrik Hennig *11-10-1870, Bloemhof Kommando
> a3.b1.c2.d4.e11. Burger Petrus Ignatius Hennig *18-10-1882, Bloemhof Kommando
Die aansoeke van twee Henning mans is nie deur die owerhede goedgekeur nie. Hulle was:
a2.b1.c3.d11.e1. Jan Hendrik Henning *9-3-1869. Hy het as 'n Kaapse Rebel in die Aliwal-Noord Kommando van Kommandant Gustav van Aardt gedien. Hoewel hy aan verskeie gevegte, onder andere die slag van Labuschagnesnek, Birdsrivier en die geveg by die brug by Aliwal-Noord deelgeneem het, het hy gedurende April 1900 die wapen neergelê, nadat die Kaapse regering die rebelle met ernstige optrede gedreig het.
Carl Henning was 'n Duitse burger met geen verbintenis met enige van die Suid-Afrikaanse Henning stamme nie. Hy het vanaf die aanvang van die oorlog gedurende Oktober 1899 tot en met die oorname van Pretoria deur die Britse magte gedurende Junie 1900, Britse krygsgevangenes by die Pretoria renbaan opgepas. Hy is hierna deur die Britse magte gevang en omdat hy 'n Duitse burger was, het hy parool geneem. Op grond hiervan is sy aansoek afgekeur.
Die Oudstrydersbond, 'n vereniging wat na die belange van oudstryders omgesien het, het gedurende die 1920's ook probeer om een of ander toekenning vir die baie Boerevrouens en jong meisies wat vrywillige werk in konsentrasiekampe en hospitale verrig het, goedgekeur te kry. Hierdie poging was egter onsuksesvol.
Skrywer is bewus van 'n mej Henning wat as 'n onopgeleide verpleegster vir Dr Webb in die Springfontein Konsentrasiekamp bygestaan het. Sy was een van sewe Boerevrouens wat hier diens verrig het. Ongelukkig dui die Britse Imperiale Blouboeke waarin hierdie gegewens verstrek is, nie haar volle name nie, gevolglik kan ons haar nie identifiseer nie72. Al weet ons nie wie sy was nie, dien hierdie hoofstuk ook as huldeblyk aan haar en ander Henning vrouens wat in hierdie opsig hulle deel bygedra het.
![]() |
a2.b5.c5.d6.e3. Opper Wachtmeester Gerrit Frans Henning *Jun 1877 (links), die enigste Henning wat 'n beroepsoldaat in die ZAR Staatsartillerie was. Regs op die foto is Jan Grabe en agter Natie (Ignatius Johannes Jacobus) Muller |
Voldende subafdeling: Die Eerste Wêreldoorlog 1914 - 1918