Geskiedenis |
Pieter Hendrik Barend word op die plaas Elandskraal in die wyk Achter de Sneeuwberg, wat later die Cradock distrik sou word, gebore. Hy bekom mettertyd die plaas Allemanskraal, 'n paar kilometers Noord van sy ouers se plaas. Hy en sy broers het skynbaar nie die treklus, soos al hulle neefs en die meeste Oosgrensboere van daardie tyd, gehad nie, want hulle bly hulle hele lewens in daardie geweste. Daar kan aanvaar word dat Pieter Hendrik Barend, as 'n jong man aan die sesde Xhosa oorlog van 1834-1835 en aan die sewende Xhosa oorlog van 1846-1847 deelgeneem het, aangesien sy en sy ouers se plase nie ver vanaf die Visriviergrens, waar hierdie oorloë plaasgevind het, geleë is.
|
|