Pieter Hendrik Adriaan Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.
Voorname  Pieter Hendrik Adriaan
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Gert Hendrik Frans Henning
Moeder  Maria Francina Cecilia Van Der Walt
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Pieter
Geboortedatum  1922-10-27
Geboorteplek  Dordrecht
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1962-7-6
Sterfplek  Pretoria
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Elizabeth Louisa Van Zyl Brooks  1948-3-30  Dordrecht  sterf 2014
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Eugene Henning Manlik  Elizabeth Louisa Van Zyl Brooks  1948-12-17  
2 Andre Henning Manlik  Elizabeth Louisa Van Zyl Brooks  1952-9-24  
Geskiedenis
Pieter het die plaasskool Brakpan in die Dordrecht distrik bygewoon. Agt van die twaalf kinders in hierdie skooltjie was kleinkinders van Pieter se oupa — ook Pieter Hendrik Adriaan Henning *7-10-1859. Hierdie skool was nie ver van sy ouers se plaas, La France geleë nie, daar sy neefs en niggies Botha en Boucher, asook sy suster Marie Henning hierdie skool bygewoon het.

In 1936 gaan hy na die Dordrechtse Hoërskool. Hy matrikuleer in 1940 en begin sy opleiding in die destydse Suid Afrikaanse Polisie Kollege te Pretoria-Wes in 1941.

Na basiese opleiding word hy by die Berede Afdeling van die SAP ingedeel. Die Berede Afdeling het tydens Staatsparades, soos die Parlementsopening, saam met Weermag komponente opgetree.

Ons tel sy spoor weer in 1946 op , toe hy na Port Noloth verplaas is. Hier ry hy kamele op patrollies in die diamant Spergebied. Hy ontmoet sy toekomstige vrou, Elizabeth (Bets) Brooks, hier in Port Noloth. Sy was ‘n onderwyseres. Hulle trou egter gedurende 1948 te Dordrecht.

Pieter en Bets vestig hulle te Sunnyside, Pretoria toe hy oorgeplaas word na die Suid Afrikaanse Kriminele Buro, Pretoria waar hy opgelei is as vuurwapendeskundige. Daardie jare was daar net twee van hulle wat die ballistiese eenheid beman het. Hy en ene Cromhout.

Pieter het hom onderskei as 'n uiters bekwame wetenskaplike. Die twee van hulle het destyds die hele Unie van Suid-Afrika, Suidwes Afrika en die Britse Protektorate bedien. Vanweë die sensitiwiteit van die sake en sy beroepsetiek is die detail van hierdie sake nooit aan huis bespreek nie.

‘n Saak in die Hooggeregshof Bloemfontein dien as voorbeeld. Die advokaat vir die verdediging het Pieter vir ongeveer twee ure onder kruisverhoor geneem. Pieter het uit verskillende gesaghebbende boeke aangehaal, met spesifieke verwysing na naam, outeur, bladsy, paragraaf, ens en dan die hele toepaslike gedeelte verbatum weergee. Dit het die Regter so beindruk dat hy spesiale erkennig aan Pieter gegee het. Selfs die FBI het hom op ‘n keer skriftelik bedank vir sy insette in ‘n saak wat hulle hanteer het.

Drie prominente sake waarin hy betrokke was, is:
1. Duncan Donald Moodie: Het sy vrou gedurende 1961 geskiet. Hy is skynbaar die enigste Suid-Afrikaner wat twee keer vir dieselfde misdaad verhoor is.
2. Marthinus Rossouw. Hy vermoor Baron Dieter Von Schauroth, Maart 1961.
3. David Pratt. Aanslag op Dr Verwoerd se lewe. Hy het nooit in die hof verskyn vir hierdie aanslag op Dr Verwoerd se lewe nie omdat hy in 'n psigiatriese hospitaal opgeneem is. Pieter het al die forensiese balistiese toetse gedoen ter voorbereiding van die Staat se saak.

Kollegas van Pieter het hom onthou vir sy uitstekende geheue vir detail, sy besondere netjiese handskrif en nougesetheid in die uitvoering van sy werk. Hy was ook pynlik netjies. Pieter het ook ander mooi eienskappe gehad: Hy het baie mooi en kunstig geskilder en gehou van klassieke musiek. Hy was 'n kranige tennisspeler.

Hy was maar net nege-en dertig jaar oud toe hy gesterf het en is met volle militêre eerbewys begrawe.
Voorgeslagte
/¯¯ Gert Hendrik Frantz Henning
/¯¯ Pieter Hendrik Adriaan Henning
\__ Lucassina Susara Meyer
/¯¯ Gert Hendrik Frans Henning
/¯¯ Marthinus Johannes Bekker
\__ Christina Elizabeth Helena Bekker
\__ Cecilia Johanna Strydom
Pieter Hendrik Adriaan Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Jan Harm Steenkamp Van Der Walt
\__ {mvmName}
\__ Maria Francina Cecilia Van Der Walt
/¯¯ {mmvName}
\__ Maria Elizabeth Van Heerden
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Pieter Hendrik Adriaan Henning a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.
    Eugene Henning  a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h1.
        Eugene Henning  a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h1.i1.
        Antoinette Henning  a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h1.i2.
    Andre Henning  a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h2.
        Heino Henning  a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h2.i1.
        Surette Henning  a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h2.i2.
        Drian Henning  a2.b7.c1.d3.e1.f1.g1.h2.i3.
Fotos

D100. n Foto wat in 1935 geneem is van die 12 kinders in die Brakpan plaasskool in die Dordrecht distrik. Agt van die twaalf kinders is kleinkinders van b7.c1.d3.e1. Pieter Hendrik Adriaan Henning *7-10-1859 en sy vrou Christina Elizabeth Helena (gebore Bekker). Agterste ry van drie kinders, v.l.n.r. 1.Simon Botha, 2. Winifred Boucher, D/v Daniel Boucher en sy vrou b7.c1.d3.e1.f3. Christina Elizabeth Helena Henning *1-4-1898, 3.n Meyer
kind. Middelste ry van ses kinders: 1.Gert Botha, 2. n Meyer kind, 3.nog n Meyer kind, 4. b7.c1.d3.e1.f1.g2. Maria Elizabeth Henning *8-6-1925, 5. n Rossouw kind, 6. b7.c1.d3.e1.f1.g1. Pieter Hendrik Adriaan Henning *27-10-1922.
Voorste ry van drie kinders: 1. Kitty Botha, 2. Lucy Botha en 3. Theuns Botha. Hierdie drie kinders se ouers was Simon Botha en b7.c1.d3.e1.f2. Lucassina Susara Meyer Henning *3-11-1893
Beskou lys van mense op foto


b7.c1.d3.e1.f1.g1. Andre Henning *1952-9-24 en sy twee seuns, Heino *1976-5-27 (h1)( links) en Drian *1984-9-19 (regs) by Andre se pa, Pieter Hendrik Adriaan Henning *1922-10-27 en ma se graf. Sy is na sy dood weer met ’n Portwig getroud, maar haar as is in sy graf geplaas
Beskou lys van mense op foto


b7.c1.d3.e1.f1.g1.Pieter Hendrik Adriaan Henning *27-10-1922 in die uniform van die Suid-Afrikaanse Polisie Beredepeloton wat tydens parlementsopenings aan die openingseremonie deelgeneem het.
Beskou lys van mense op foto


b7.c1.d3.e1.f1.g1. Pieter Hendrik Adriaan Henning *27-10-1922 en sy bruid, Elizabeth Louisa van Zyl Brooks *13-8-1920 op hul troudag 30-3-1948 by die NG Kerk Dordrecht
Beskou lys van mense op foto