Geskiedenis |
Sy eerste eggenote, Susanna Lasya, se jonger suster, is met sy ouer broer Jan Adriaan Venter Hendrik se seun Johan Christiaan (b6.c3.d3.e4.) getroud. Hy het gedeeltes van die plase Kalkoenkrans (Steynsburgdistrik) en Doornhoek (Hofmeyrdistrik) besit. Hoewel hy geboer het, het hy skynbaar teen die einde van sy lewe op die dorp Steynsburg gaan woon, waar hy oorlede is. Sy tweede eggenote het voor hulle troue op die plaas Poortjie, distrik Burgersdorp gewoon.
|
|