Hy boer op die plaas Modderbult, aangrensend tot sy vader se plaas Rhenosterhoek en sy broer Joseph Jooste se plaas Heuningkrans. Hy is die Henning wat die meeste kinders gehad het, waarvan ons weet. Hy het 25 kinders in totaal by al vier sy vrouens gehad. Die jongste kind is gebore toe hy reeds 73 jaar oud was.