Sarel Gerhardus Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c8.d6.e2.
Voorname  Sarel Gerhardus
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Pieter Hendrik Henning
Moeder  Dorothea Johanna Catharina Jonker
# ste kind van vader  2
Noemnaam  Sarel Gerhardus
Geboortedatum  1877-11-15
Geboorteplek  Rouxville
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1970-8-24
Sterfplek  Ngwini, Zoeloeland
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Susanna Maria Catharina Van Pletzen      sterf 1904
2 Hester Sophia Herbst  1905-10-24  Rouxville  sterf 1960
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Sarel Gerhardus Susanna Henning Manlik  Susanna Maria Catharina Van Pletzen  1904-7-26  
2 Pieter Hendrik Henning Manlik  Hester Sophia Herbst  1906-7  
3 Anna Maria Henning Vroulik  Hester Sophia Herbst  1908-7-11  
4 Dorothea Johanna Catharina Henning Vroulik  Hester Sophia Herbst  1911-12-13  2000-6-11
5 Stephanus Jacobus Herbst Henning Manlik  Hester Sophia Herbst  1918-6-11  
6 Johan George Henning Manlik  Hester Sophia Herbst  1923-3-2  2000-10-12
Geskiedenis
Sarel Gerhardus is te Rouxville gebore en sterf te Ngwini, Zoeloeland (naby Hluhluwe) op 24-8-1970, waar sy jongste kind Johan Georg (Jannie) en sy vrou Marie woon. Sy eerste huwelik was gedurende 1902/03 met Susanna Maria Catharina van Pletzen, gebore 16-12-1882; oorlede 12-8-1904. Sy is gebore op Wintershoek, Dordrecht en was die dogter van Carel van Pletzen en Frederika Johanna Catharina van Heerden.
Hulle het een seun, Sarel Gerhardus Susanna Henning, wat gebore is twee weke voor sy moeder se dood.
Sarel trou hierna op 24-10-1905 met Hester Sophia Herbst, * 16-3-1889; † Parys 30-8-1960. Dit was sy tweede huwelik.
Sarel erf die plaas “Rust-en-Vrede” No 26 Rouxville van sy vader en besit die grond vanaf 1906 tot 1916 toe hy verkoop aan Gideon David De Wet. Vanaf 1916 tot 1928 woon hy en sy vrou, Hester, saam met sy skoonpa, Faan Herbst, op die plaas Visgat.
Gedurende 1927 verskyn ‘n advertensie in ‘n Vrystaatse koerant van plase in Natal wat te koop is. Dit was plase wat oud Britse soldate ontvang het as oorlogsvergoeding, maar wat wou terugkeer na Brittanje. Faan Herbst lees die advertensie en vertrek na Natal saam met sy twee plaasknegte, die weeskinders Koos en Lou Engelbrecht. Faan se skoonseun, Sarel Gerhardus Henning gaan ook saam. Die resultaat van hierdie besoek is dat Koos Engelbrecht en Sarel Gerhardus Henning gedurende 1928 elkeen ‘n aangrensende plaas koop.
Koos koop “Strathview” en Sarel koop “Rosemount” by die Britse soldate Buchanan en Mc Gregor. Sarel en Hester woon op Rosemount saam met hulle kinders vanaf 1928 tot ongeveer 1942, toe die plaas verkoop is.
Tussen 1942 en 1950 woon Sarel en Hester op verskeie plekke, soos in ‘n losieshuis op Vryheid, by hul dogter Dollie en haar man Dawid op Dundee en by Sarel se susters op Rosendal, asook op Kroonstad by hul kinders, Fanie en Skanie. Gedurende 1950 verhuis hulle na Parys, waar hulle bly tot 1960, met die afsterwe van Hester. Hierna woon Sarel by sy kinders Jannie en Marie in die Sisalana Hotel naby Hluhluwe. Hulle versorg hom tot en met sy dood in 1970.

Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899-1902 dien Sarel saam met sy pa en sy broer Johannes Petrus Jonker Henning in die Rouxville Kommando onder Kmdt (later Genl) Jan Hendrik Olivier. Hulle krygsgevangene geneem en in Ceylon aangehou.
Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Gerhardus Henning
/¯¯ Charl Gerhardus Henning
\__ Martha Magdalena Nienaber
/¯¯ Pieter Hendrik Henning
/¯¯ {vmvName}
\__ Alida Johanna Francina Olivier
\__ {vmmName}
Sarel Gerhardus Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Dorothea Johanna Catharina Jonker
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Sarel Gerhardus Henning a2.b1.c8.d6.e2.
    Sarel Gerhardus Susanna Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f1.
    Pieter Hendrik Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f2.
    Anna Maria Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f3.
        Dawid De Bruyn  
        Sarel Gerhardus De Bruyn  
    Dorothea Johanna Catharina Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f4.
        Hester Sophia Cloete  
        Rentia Dorothea Cloete  
    Stephanus Jacobus Herbst Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f5.
        Louise-Jane Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f5.g1.
        Sarel Gerhardus Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f5.g2.
    Johan George Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f6.
        Barendina Gezina Magrietha Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f6.g1.
        Hester Sophia Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f6.g2.
        Maria Magdalena Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f6.g3.
        Sarel Gerhardus Henning  a2.b1.c8.d6.e2.f6.g4.