Hoe om die Databasis te gebruik

Die databasis laat 'n gebruiker 'n hele paar metodes om te soek na 'n persoon se inligting. Op die hoofkeuselys bladsy van die databasis kom dievolgende opsies voor:

Vanne van persone Indien die 'Van' van die persoon waarna jy soek bekend is kan jy hier begin om te soek na 'n persoon.
Geboorteplekke van persone Indien die geboorteplek van die persoon waarna jy soek bekend is kan jy hier begin om te soek na die persoon. Sleg persone waar inligting beskikbaar is kan so opgesoek word.
Geboortejaar van persone Indien die geboortejaar van die persoon waarna jy soek bekend is kan jy hier begin om te soek na die persoon. Sleg persone waar inligting beskikbaar is kan so opgesoek word.
Voorname van mans Indien die voorname van 'n manspersoon waarna jy soek bekend is kan jy hier begin om te soek na die persoon.
Voorname van vroue Indien die voorname van 'n vrouepersoon waarna jy soek bekend is kan jy hier begin om te soek na die persoon.
Stamvader Indien die genealogiese nommer beskikbaar is van die persoon kan jy deur by die stamvader te begin navigeer na die persoon wat jy soek. Byvoorbeeld b1.c3.d5. sal beteken dat jy eers die stamvader se eerste kind sal kies, dan dié se derde kind en dan dié se vyfde kind.

Waar 'n naam onderlyn is wanneer die muis se wyser daaroor beweeg beteken dit dat jy op die naam kan kliek om na die persoon se inligting te kan navigeer.