Geskiedenis |
GEORG FRIEDRICH HENNING arriveer gedurende 1765 as ’n soldaat op die skip Vredenhof vanaf Hirchberg, Silesië. Dit val vandag in die grondgebied van Pole. Volgens rekords in die Kaapse Argiefbewaarplek was hy gedurende 1773 ’n leerlooier en het gedurende 1774 ’n burger van die Kaap van Goeie Hoop geword. Hy is op 22-10-1775 met CATHARINA CORNELIA VAN BLERK getroud en is op 18-6-1797 oorlede. Tydens die navorsing na sy nasate het dit duidelik geword dat daar groot onsekerheid oor die spelling van hierdie familie se van bestaan, omdat sommige brondokumente (doop-, huwelik- en sterfregisters) die van as Henning aangee terwyl ander dokumente die van as Hennig aangee. In die geslagsregister word aangedui watter van, Henning of Hennig, sy nasate aangeneem het.
|
|