Christoffel Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a1
Voorname  Christoffel
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  
Moeder  
# ste kind van vader  0
Noemnaam  Christoffel
Geboortedatum  
Geboorteplek  
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  
Sterfplek  
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Antonetta Visser  1686-9-15  Nederland   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Anna Elizabeth Henning Vroulik  Antonetta Visser  1688  
2 Adriaan Henning Manlik  Antonetta Visser  1689  
3 Cornelia Henning Vroulik  Antonetta Visser  1691  
4 Magdalena Henning Vroulik  Antonetta Visser  1693  
5 Johannes Henning Manlik  Antonetta Visser  1694  
Geskiedenis
Hoofstuk 2 van die Henning Familiekroniek. Christoffel Henning was die eerste Henning wat by die Kaap aangekom het. Hy het vanaf Fehrbellin (naby Berlyn), Duitsland gekom. Gedurende 1683 vergesel hy vir Olof Bergh op sy ekspedisie na Namakwaland, en later op ekspedisies na die gestrande Engelse skip Joanna en die wrak van die Portugese skip Nossa Senhora de los Milagros (Mei 1686). Siam (vandag Thailand) se nuwe ambassadeurs aan Portugal, Frankryk en Engeland was aan boord van die Nossa Senhora de los Milagros. ’n Groot deel van die skeepsvrag was juwele en ander geskenke vir die koningshuise van die gasheerlande. Verskeie lede van Olof Bergh se reddingsgeselskap, onder andere Christoffel Henning, het geld en juwele by die wrak gesteel2. Vir sy aandeel is Christoffel vir vyf jaar lank na Robbeneiland verban. Gedurende 1692 is hy in ’n ondergeskikte hoedanigheid terug in diens van die Kompanjie en word vanaf 1693 in die Monsterrolle as ’n sersant vermeld. Op 15 September 1686 trou hy met Antonetta Visser van Lekkerkerk in Nederland. Hulle het die volgende kinders gehad3:

• b1. ANNA ELIZABETH Gedoop Kaapstad 27-8-1688, Getroud Kaapstad 2-10-1704 ABRAHAM HARTOGH

• b2. ADRIAAN Gedoop16-10-1689

• b3. CORNELIA *Gedoop 9-9-1691

• b4. MAGDALENA Gedoop 25-1-1694

• b5. JOHANNES Gedoop 23-1-1695, Getroud Paarl 10-11-1719 ANNA CATHARINA LORENTZ (Lourens)

Geen verdere rekord van die seun Adriaan (b2) kon opgespoor word nie en daar word vermoed dat hy vroeg — moontlik as baba of as kind — oorlede is. Dit blyk of hulle seun Johannes (b5) slegs een kind gehad het, naamlik ’n seun met die naam JOHANNES CHRISTOFFEL wat op 1 April 1721 te Paarl gedoop is. Geen rekord van enige ander kinders of verdere vermelding van Johannes Christoffel self kon opgespoor word nie. Dit blyk dus of hierdie HENNING stam uitgesterf het. Dit is wel bekend dat Christoffel Henning se dogter Anna Elizabeth (b1), wat met Abraham Hartogh getroud was nasate gehad het. Hy het dus nasate in Suid-Afrika — hulle het net ander vanne.
Nageslagte
Christoffel Henning a1
    Anna Elizabeth Henning  a1.b1.
    Adriaan Henning  a1.b2.
    Cornelia Henning  a1.b3.
    Magdalena Henning  a1.b4.
    Johannes Henning  a1.b5.
        Johannes Christoffel Henning  a1.b5.c1.