Die Daniël Stephanus tak is nie net die jongste nie, maar ook die kleinste tak van die nasate van Peter Henrich (Pieter Hendrik) Henning. Waar al die ander tweede en derde geslag Hennings tussen die jare 1820 en 1840 die Cradock distrik verlaat het, het Daniël Stephanus, sy seuns en talle van sy verdere nasate op die familieplaas Elandskraal en ander naby geleë plase agtergebly. Hulle kan dus met reg die Cradock Hennings genoem word.
Al die Daniël Stephanus tak Hennings, tot diep in die twintigste eeu, was boere. Daar kan aanvaar word dat Daniël Stephanus en sy drie seuns lede van die burgerkommando’s moes gewees het, wat aan al die Xhosa-oorloë van die eerste helfte van die negentiende eeu deelgeneem het. Al die plase waarop Daniël Stephanus en sy seuns geboer het, was nie ver vanaf die Visriviergrens, wat aanvanklik die skeiding tussen die Boere en die Xhosas was.
Nadat die Xhosas verslaan is, kon die inwoners van hierdie geweste in rus en vrede verder lewe. As gevolg van die rustige tydperk wat tussen die jare 1850 en 1899 in hierdie geweste geheers het, is bykans niks van die Daniël Stephanus tak uit hierdie tydperk bekend nie.
Hoewel Daniël Stephanus se nasate met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog almal kolonialers was, kan daar duidelik gesien word dat hulle lojaliteit by die Boererepublieke gelê het. a2.b10.c6.d1. Daniël Stephanus Henning, wat as 'n Kaapse rebel aan die oorlog deelgeneem het, is byvoorbeeld deur die Britse magte gevange geneem en ter dood veroordeel - omdat hy volgens hulle oordeel as 'n eersteklas rebel hoogverraad gepleeg het. Sy vonnis is egter later na 'n £100 boete verander1.
Soos die geval met al die ander Henning takke en ander Afrikanerfamilies, moes die Daniël Stephanus tak Hennings ook gedurende die twintigste eeu hulle plase begin opsê en verstedelik. Vandag vind ons die meerderheid van hulle in die groot stede van die Transvaal. Dit is egter verstommend dat 'n nasaat van die stamvader Johannes Jacobus Coetzee, die seun van a2.b10.c6.d3.e1. Lucya Aletta Coetzee (gebore Henning) vandag nog op 'n gedeelte van die oorspronklike plaas Elandskraal, wat deur die stamvader uitgelê is, boer. Hierdie gedeelte is dus reeds vir meer as 200 jaar in die besit van een familie.
> a2.b10. DANIËL STEPHANUS *Achter de Sneeuwberg, Graaff-Reinet (Cradock) 4-3-1793, ≈9-2-1794, †Elandskraal, Achter de Sneeuwberg, Cradock 18-10-1869, χGraaff-Reinet 24-1-1813 PETRONELLA MAGDALENA BLOM
Daniël Stephanus word groot op sy ouers se plaas, Elandskraal, in die wyk Achter de Sneeuwberg in die Graaff-Reinet (latere Cradock) distrik. Op sestienjarige ouderdom (dit wil sê gedurende 1809) is hy al deur die owerhede as 'n onafhanklike boer beskou, hoewel hy nog by sy ouers gewoon het. Die opgaafrolle (belastingopgawes) van 18092 dui aan dat hy toe reeds die volgende besit het: vier aanteelperde, agt aanteelbeeste, 109 aanteelskape en 30 aanteelbokke. Die opgaafrolle van 18143 dui aan dat slegs Daniël Stephanus en sy broer Gert Frans en hul eggenotes op daardie tydstip nog by hul ouers op Elandskraal gewoon het. Hy het toe darem al 605 skape besit.
Gedurende 1819 toe die stamvader Pieter Hendrik Henning reeds 79 jaar oud was, het hy opgehou boer en onder andere sy plaas Elandskraal tussen sy twee seuns Gert Frans (b7) en Daniël Staphanus (b10) verdeel. Daniël Stephanus het kort hierna die plaas Paardekraal bekom. Gedurende 1823, die jaar toe sy vader oorlede is, het Daniël Stephanus die volgende besit4: 2 x Hottentot mans bo 16 jaar, 4 x Hottentot seuns, 2 x Hottentot vroue bo 14 jaar, 1 x Hottentot dogter, 4 x ryperde, 6 x aanteelperde, 20 x trekosse, 45 x aanteelbeeste, 1464 x skape, 41 x bokke.
Dit is dus duidelik dat Daniël Stephanus sedert 1814 sterk vooruit geboer het. Gedurende 1825 het hy ongeveer dieselfde bates as in 1823 besit. Die opgaafrolle dui die volgende aan5: 2 x Hottentot mans bo 16 jaar, 3 x Hottentot seuns, 2 x Hottentot vroue bo 14 jaar, 4 x saalperde, 5 x aanteelperde, 16 x osse, 42 x aanteel beeste, 1500 x skape, die plase Elandskraal en Paardekraal
Anders as al sy broers en susters het Daniël Stephanus nie ook die treklus gekry en vanaf Achter Sneeuwberg weggetrek nie. Hy en sy eggenote woon hul hele lewens hier en sterf ook hier.
Daar kan aanvaar word dat hy aan al die Xhosa-oorloë moes deelgeneem het, want sy plaas het in die gebied gelê waar al hierdie oorloë gewoed het.
> a2.b10.c1. PIETER HENDRIK BAREND *Achter de Sneeuwberg 3-12-1813, ≈ Graaff-Reinet 27-2-1814, as baba oorlede
> a2.b10.c2. ELIZABETH CATHARINA †Hartbeeslaagte, distr Somerset 6-11-1887, χCradock 8-7-1848 FRANCOIS DANIEL DU PLESSIS ≈29-4-1810, †Somerset 9-11-1881
Haar man was voorheen getroud met Hester Johanna Erasmus, wie in 1847 oorlede is. Elizabeth Catharina en haar man het twee dogters gehad: Magdalena Petronella, getroud Gert Coenraad Scheepers en Elizabeth Catharina getroud Louw Ferreira
> a2.b10.c3. PIETER HENDRIK BAREND *Achter de Sneeuwberg 29-8-1817, ≈Cradock 21-12-1817, †Allemanskraal, Cradock 27-3-1903, χCradock 4-11-1838 CATHARINA ALETTA VAN STRAATEN *13-8-1818, †Allemanskraal, Cradock 4-4-1893, D/v Abraham Stephanus van Straaten en Catharina Aletta Grobler
Pieter Hendrik Barend word op die plaas Elandskraal in die wyk Achter de Sneeuwberg wat later die Cradock distrik sou word gebore. Hy bekom mettertyd die plaas Allemanskraal, 'n paar kilometers Noord van sy ouers se plaas. Hy en sy broers het skynbaar nie die treklus, soos al hulle neefs en die meeste Oosgrensboere van daardie tyd, gehad nie, want hulle bly hulle hele lewens in daardie geweste. Daar kan aanvaar word dat Pieter Hendrik Barend, as 'n jong man aan die sesde Xhosa oorlog van 1834-1835 en aan die sewende Xhosa oorlog van 1846-1847 deelgeneem het, aangesien sy en sy ouers se plase nie ver vanaf die Visriviergrens, waar hierdie oorloë plaasgevind het, geleë is.
> a2.b10.c3.d1. DANIËL STEPHANUS *Allemanskraal, Cradock 11-10-1840, ≈6-12-1840, †Cradock 18-12-1916, χCradock 16-4-1860 ELIZABETH JOHANNA PRETORIUS *Cradock 24-6-1844, †Cradock 22-5-1921, Foto 171
> a2.b10.c3.d1.e1. PIETER HENDRIK BAREND *Agter Sneeuberg 28-9-1861, ≈Cradock 10-11-1861, †Cradock 25-4-1945, χCradock 4-5-1885 HESTER MARIA MARAIS *Cradock 15-6-1865, †Cradock 4-11-1942; χχMARTHA MARIA MAGDALENA HATTINGH (gebore Jordaan), Foto 171, 173
> a2.b10.c3.d1.e1.f1. DANIËL STEPHANUS (χ) *Paardekraal, Cradock 16-2-1886, ≈7-3-1886, †Cradock Des 1953, χHESTER JOHANNA PIENAAR *Hanover 10-3-1893, †Cradock 8-12-1972, Foto 171
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1. PIETER HENDRIK BAREND *Cradock 28-5-1912, †Cradock 19-7-1969, χLEVINA CATHARINA DE BEER *Middelburg Kaap 5-1-1913, †Molteno 22-4-1988
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h1. DANIËL STEPHANUS *Middelburg Kaap 28-9-1935, †Molteno 28-11-1993, χCradock 28-9-1957 DOREEN CONCER *Port Elizabeth 25-5-1937, D/v Robert George Concer en Johanna Christina van Rensburg
Hoewel Danie te Middelburg, Kaap gebore is, word hy groot te Cradock. Hy ontmoet sy toekomstige vroutjie, Doreen Concer by Cradock se munisipale swembad. Sy het groot geword in Port Elizabeth.
Danie het in Cradock as vakleerling motorwerktuigkundige begin werk en homself opgewerk tot Diensbestuurder. Na 23 jaar by dieselfde firma het hy sy eie motorhawe te Molteno gekoop. Mettertyd is 'n tweede motorhawe aangeskaf.
Hy dien verskeie jare lank op die Stadsraad van Molteno en die plaaslike tak van die Lions Klub. Hulle woon op 'n plaas net buite Molteno, waar hy hom oor naweke in die tuin besig hou.
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h1.i1. JOHANN *Cradock 13-12-1959, χMolteno 15-12-1984 SALOMÉ VAN DER MERWE *21-1-1960
Johann is 'n Elektroniese Ingenieur by die Poskantoor.
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h1.i1.j1. CARMEN *Port Elizabeth 29-10-1990
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h1.i1.j2. MARGO *Port Elizabeth 9-5-1994
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h1.i2. ANTON *Cradock 21-12-1966, χBloemfontein 30-11-1991 LIZANNA LIEBENBERG *Pretoria 8-9-1970, D/v Jacobus Pieter Liebenberg *2-2-1936 en Catharina Helena van Niekerk *31-5-1941
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h1.i3. LINDA *Cradock 25-4-1970
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h2. MATTHEUS JOHANNES *Viljoenskroon 13-8-1937, †Howick 21-6-1987, χJOHANNA CATHRINA WESSELS *13-10-1940
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h3. PIETER HENDRIK BAREND *Cradock 9-7-1941, χJeppestown, Johannesburg 11-12-1965 JOHANNA CORNELIA BARNARD *Edenvale 12-9-1945, D/v Louis Robert Barnard en Hendrika Petronella Pretorius
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h3.i1. LOUISE *Kuruman 30-9-1967
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h3.i2. PIETER HENDRIK BAREND *Pretoria 19-4-1971, †Hazyview 15-6-1993, Foto 172
Hy is op 27 weke gebore met 'n geboortegewig van 1 lb 12 onse (28 onse) en is een van die kleinste babas wat in Suid-Afrika gebore is en bly lewe het. Hy het ontwikkel in 'n pragtige gesonde en normale seun.
Ten tyde van Pieter se dood was hy 'n sersant in die SA Polisie. Gedurende hierdie tyd het APLA, die gewapende vleuel van die Pan Africanist Congress (PAC), talle boere in Noord- en Oos Transvaal op hulle plase aangeval en vermoor. As voorsorgmaatreël is verskeie polisiemanne op plase geplaas om die boere te beskerm. Hy is in 'n piesangplantasie op die plaas Vaspan, in die distrik Hazyview deur een van hierdie terroriste in 'n lokval gelei en vermoor.
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h3.i3. RIKA *Sishen 30-11-1974
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h4. ELLA CORNELIA *Cradock 9-7-1941, χJACOBUS ANDRIES VAN ANTWERPEN *28-12-1939
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h5. JOHANNES CORNELIUS *Cradock 9-12-1944, †Venterstad 24-11-2001, χCradock 1-11-1969 ANNETTE CECILIA MEYER *Durban 3-7-1948
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h5.i1. THERESA *Cradock 15-4-1971
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g1.h5.i2. JENNIFER *Cradock 20-8-1972
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2. DAVID SCHALK *Noupoort 24-8-1915, χPhilipstown 20-3-1942 MARIA FOURIE (gebore BESTER) * Philipstown 8-8-1923, D/v Frederick Bester en Maria Magdalena Odendaal
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h1. DANIËL STEPHANUS * 21-8-1944, † 4-9-2006, χCORNELIA JOHANNA DORETHEA HARMSE * 28-6-1947
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h1.i1. DAVID SCHALK * 26-12-1970, χHEATHER NN
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h1.i2. ANNAMARIE * 15-2-1980
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h2. WILLEM BAREND FOURIE * 12-4-1946, χVALERIE DENISE JURGENS * 15-4-1950
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h2.i1. MORNE * 22-4-1977, χHANLIE POTGIETER
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h3. MARIA DOROTHEA * 7-4-1950, χGABRIEL JACOBUS BOTES *18-1-1945, ÷
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h4. DAWID SCHALK * 30-4-1953, χLYNETTE ANN KETTERER * 1-1-1958, Foto F001
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h4.i1. LEANNE * 2-6-1982, Foto F002
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h4.i2. EUGENE * 19-8-1984, Foto F002
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h4.i3. ROBERT * 12-4-1987, Foto F002
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h4.i4. DAVID * 30-11-1993, Foto F002
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g2.h5. HESTER JOHANNA * 19-7-1965, χWILFRED JURGENS * 1-12-1961
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g3. DANIËL STEPHANUS *Cradock 11-4-1919, χMARIA VAN DER MESCHT
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g3.h1. HESTER MARIA *28-9-1942, χTHOMAS LODEWYK KILIAN *13-4-1943
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g3.h2. CHRISTINA ALETTA *2-10-1946, χANDRIES ACKERMANN *8-8-1946
> a2.b10.c3.d1.e1.f1.g3.h3. DANIËL STEPHANUS *10-9-1951, †1-6-2010, χ24-2-1973 ANNE MARIÉ MAGDALENA KOEN *2-1-1954
> a2.b10.c3.d1.e1.f2. SUSANNA BARENDINA JACOBA (χ) *Paardekraal, Cradock 10-11-1887, ≈15-6-1888, χP MINNAAR, Foto 171
> a2.b10.c3.d1.e1.f3. ELIZABETH JOHANNA (χ) *Paardekraal, Cradock 17-4-1891, ≈31-5-1891, χCAS DU PLESSIS, Foto 171
> a2.b10.c3.d1.e1.f4. HESTER PETRONELLA (χ) *Paardekraal, Cradock 29-7-1892, ≈25-9-1892, χGERT MINNAAR, Foto 171
> a2.b10.c3.d1.e1.f5. CATHARINA ALETTA (χ) *Paardekraal, Cradock 9-3-1897, ≈2-5-1897, χC BOUWER
> a2.b10.c3.d1.e1.f6. PIETER HENDRIK (c) *Paardekraal, Cradock 26-5-1898, ≈17-7-1898
> a2.b10.c3.d1.e2. HESTER JACOBA *Agter Sneeuberg Cradock 3-8-1863, ≈20-12-1863, χCradock 21-2-1881 PAUL MICHIEL BESTER
> a2.b10.c3.d1.e3. JOHANNES PETRUS
> a2.b10.c3.d2. CATHARINA ALETTA *Cradock 20-6-1844, ≈7-10-1844, †1928, χCradock 10-3-1862 HENDRIK FREDERIK FERDINANDUS GROBBELAAR *18-6-1838, †26-11-1920
> a2.b10.c3.d3. MAGDALENA PETRONELLA *Agter Sneeuberg Cradock 25-3-1853, ≈17-4-1853, χCradock 17-5-1869 DANIËL JOHANNES PRETORIUS
> a2.b10.c3.d4. ABRAHAM STEPHANUS *Agter Sneeuberg Cradock 2-3-1856, ≈28-6-1856, †Cradock 26-2-1935, χMiddelburg Kaap ELSJE CORNELIA VORSTER *Middelburg Kaap, Sept 1857, †Cradock 11-5-1935
> a2.b10.c3.d4.e1. MARTHA STELLA *Allemanskraal, Cradock 30-4-1882, ≈2-7-1882, χGERT LOURENS BESTER
> a2.b10.c3.d4.e2. PIETER HENDRIK BAREND *Allemanskraal Cradock 23-7-1885, ≈13-9-1885, †Jonk oorlede
> a2.b10.c3.d4.e3. CATHARINA ALETTA *Allemanskraal, Cradock 1-8-1888, ≈21-10-1888, χGERT JACOBUS SCHOEMAN
> a2.b10.c3.d5. SUSARA ELIZABETH *Agter Sneeuberg Cradock 29-4-1858, ≈30-5-1858. Skynbaar jonk oorlede
> a2.b10.c4. ALEWYN PETRUS *Elandskraal, Cradock 22-2-1822, ≈8-4-1822, †Wepener 24-7-1889, χCradock 29-2-1852 HEILA ENGELA ELIZABETH TROMP * 3-10-1836, D/v Floris Tromp * 15-3-1806 en Wilemina Margaretha Myburgh; χχSOPHIA ELIZABETH POTGIETER
Alewyn Petrus en sy eerste eggenote het slegs een dogter gehad. Hulle boer aanvanklik in die Cradock distrik, nie ver vanaf sy ouers se plaas Elandskraal. Na die geboorte van hulle dogter verlaat hulle hierdie gebied en gaan vestig hulle in die Oranje Vrystaat, in die distrik Wepener.
> a2.b10.c4.d1. WILHELMINA MARGARETHA ELIZABETH *Cradock 27-8-1857, ≈2-5-1858, †Droogefontein, Wepener 17-6-1923, χWepener 1-2-1875 JOHANNES PETRUS ROUX *Badfontein, Smithfield 26-12-1850, †Droogefontein, Wepener 14-4-1927 (b2.c4.d1.e3.f4.g4. in die Roux geslagsregister6)
> a2.b10.c5. SUSANNA JOHANNA MAGDALENA *Elandskraal, Cradock 23-6-1829, ≈ Cradock 5-10-1829, χCradock 8-8-1852 DANIEL JACOBUS BLOM
> a2.b10.c6. DANIËL STEPHANUS *Elandskraal, Achter de Sneeuberg, Cradock 29-6-1831, ≈Cradock 3-10-1831, †Cradock 6-5-1913, χCradock 2-5-1864 ELIZABETH JOHANNA MARAIS *1841, †Elandskraal, Cradock 5-7-1896; χχCradock 18-10-1897 ELIZABETH MARIA CATHARINA JORDAAN (gebore Du Plessis) *1839, †Cradock 7-7-1901; χχχHESTER ELIZABETH (van onbekend)
> a2.b10.c6.d1. DANIËL STEPHANUS (χ) *Waterkloof, Cradock 12-4-1867, ≈Cradock 10-6-1867, †Messina 17-8-1953, χMiddelburg Kaap 7-7-1889 ELIZABETH MARGARITHA JOHANNA KRUGER *Middelburg Kaap 1-8-1861, †Cradock 21-1-1915; χχMARTHA ELIZABETH VAN DER MERWE *De Aar 3-1-1886, †Messina 17-2-1960, Foto 174, 175 en F015
Boer te Zoekmekaar, Tvl. Hy het gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899-1902 onder Genl Kritzinger gedien en is op 5-9-1901 te Perdekraal saam met Kmdt Lotter krygsgevange geneem. Omdat hy 'n Kaapse rebel was, is hy op 20-9-1901 as 'n Eersteklas Rebel ter dood veroordeel, omdat hy 'n Britse soldaat geskiet en sy wapen afgeneem het. Hierdie vonnis is egter later na £100 boete en drie jaar tronkstraf verander. Gedurende die oorlog is hy in die gevangenis te Bermuda aangehou en na die oorlog in die Tokai gevangenis. Gedurende Maart 1903 is amnestie aan hom verleen. Hy was 'n vurige volgeling van Genl Hertzog. Hy en sy twee jonger broers is met drie susters getroud1, 7.
> a2.b10.c6.d1.e1. DANIËL STEPHANUS (χ) *Elandskraal, Cradock 17-1-1892, ≈Cradock 3-4-1892, †Brakpan 9-3-1959, χPotgietersrus 28-7-1920 CATHARINA MARIA SLABBERT *Pietersburg 5-9-1899, †Randfontein 26-3-1981, D/v Mathys Slabbert en sy vrou Catharina Maria
> a2.b10.c6.d1.e1.f1. CATHARINA MARIA HELENA *Soekmekaar 26-7-1921, χP L JOOSTE
> a2.b10.c6.d1.e1.f2. DANIËL STEPHANUS *Soekmekaar 25-4-1924, † Pretoria 25-3-1997, χPotgietersrus 7-7-1951 WILHELMINA JOHANNA CORNELIA BEYTELL *Potgietersrus 9-8-1931, †Ottosdal 25-11-1980
Hy was tot en met sy aftrede gedurende 1984 'n onderwyser en het agtereenvolgens by Kommando Laerskool, Brakpan, Phalaborwa Laerskool en Ottosdal Laerskool skoolgehou.
> a2.b10.c6.d1.e1.f2.g1. DANIËL STEPHANUS *Springs 13-8-1952, ÷ 1998, χSasolburg 25-7-1980 TERESA ANNA COX *Sinoia, Zimbabwe 2-2-1962
> a2.b10.c6.d1.e1.f2.g1.h1. STEPHEN *Sasolburg 2-12-1981
> a2.b10.c6.d1.e1.f2.g1.h2. LLEWLLYN * Pretoria 25-11-1990
> a2.b10.c6.d1.e1.f2.g2. LOURISA *Springs 11-5-1956
> a2.b10.c6.d1.e1.f2.g3. HERBUS *Springs 27-4-1961, χCHRISTA BEZUIDENHOUT
> a2.b10.c6.d1.e1.f2.g3.h1. MORNÉ * Pietersburg 22-2-2003
> a2.b10.c6.d1.e1.f3. EBEN MATTHYS *Louis Trichardt 1-7-1931, †Brakpan 20-2-1949, Ongetroud
> a2.b10.c6.d1.e2. LUCIA ALETTA (χ) *Elandskraal, Cradock 26-9-1897, ≈Cradock 5-12-1897, χHENDRIK F GROBBELAAR
> a2.b10.c6.d1.e3. JOHANNES JACOB (χ) *Elandskraal, Cradock 15-1-1907, χPretoria 16-7-1940 HEILA MAGDELENA HART *Pretoria 10-12-1918, Foto 176
Hy word groot op die plaas Spitskopvlei, distrik Cradock. Hy sluit gedurende 1925 by die Suid-Afrikaanse Berede Skutters aan, dog word nege maande later na die SA Polisie oorgeplaas. Hy dien 40 jaar lank in die Polisie. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog doen hy diens in Noord Afrika en word by Tobruk krygsgevangene geneem en te Italië en Duitsland gevange gehou.
Omdat hy laat in sy lewe eers getroud is, is hy baie rondverplaas om aflosdiens te verrrig. Hy het op 32 plekke diens gedoen. Hy het gedurende 1963 die Grens afdeling van die SA Polisie tot stand gebring en het uiteindelik as die afdelingskommissaris, Port Elizabeth afgetree.
> a2.b10.c6.d1.e3.f1. JOHANNES *Brakpan 23-5-1941, χPretoria 6-3-1965 HEILA CATHARINA ADRIANA COETZEE *Zeerust 21-6-1943, Foto F013
> a2.b10.c6.d1.e3.f1.g1. ANDRÉ *Discovery 19-8-1967, χRoodepoort 7-2-1998 BEVERLEY ROWE *18-8-1973, Foto F013
> a2.b10.c6.d1.e3.f1.g1.h1. CONNOR * Roodepoort 24-10-2001, Foto F013
> a2.b10.c6.d1.e3.f1.g1.h2. JORDYN * Roodepoort 24-5-2007
> a2.b10.c6.d1.e3.f1.g2. CHRIS *Discovery 13-10-1968, χRoodepoort 25-9-1999 BRIDGET ANNE MANSON *Oos-Londen 6-12-1972, Foto F013
> a2.b10.c6.d1.e3.f1.g2.h1. DEVON *Roodepoort 25-8-2000, Foto F013
> a2.b10.c6.d1.e3.f1.g2.h2. SHANNON *Roodepoort 29-9-2003, Foto F013
> a2.b10.c6.d1.e3.f1.g3. RENÉ *Discovery 15-7-1971, χRoodepoort 26-9-1998 JACQUES VERNON DYZELL *Bloemfontein 10-1-1971, Foto F013
Hulle het twee kinders, Jaryd *6-10-2000 en Ashleigh * 14-5-2003
> a2.b10.c6.d1.e3.f2. LEON *Bellville 17-1-1958, χFlorida 26-9-1981 JOY LORRAINE PRITCHARD *Florida 24-7-1959, χχRoodepoort 26-10-1991 DALENE VAN DEN BERG * Durban 22-4-1957
> a2.b10.c6.d1.e3.f2.g1. DARYL * Roodepoort 10-5-1992
> a2.b10.c6.d1.e4. ELIZABETH JOHANNA (χ) *Elandskraal, Cradock 19-4-1910, χBEN DE LANGE
> a2.b10.c6.d1.e5. STEPHANUS FRANCOIS (χχ) *Driefontein, Soekmekaar 16-7-1921, † 26-5-2006, χQueenstown 4-1-1942 GERTIE ANNIE VAN VUUREN *9-12-1921 ÷1-7-1969; χχMooreesburg 12-7-1969 LOUISA JOHANNA CORNELIA GOOSEN *Kleinzee 15-3-1941, Foto F014
> a2.b10.c6.d1.e5.f1. MARTHA ELIZABETH (χ) *Stanger 8-3-1945, †Okt 1950
> a2.b10.c6.d1.e5.f2. STEPHANUS FRANCOIS (χ) *Durban 6-4-1947
> a2.b10.c6.d1.e5.f3. CARL (χ) *Huntleigh 22-9-1949
> a2.b10.c6.d1.e5.f4. LOUISA (χχ) *Bellville 21-6-1970
> a2.b10.c6.d1.e5.f5. STEPHANIE (χχ) *Bellville 2-5-1972
> a2.b10.c6.d1.e6. CARL (χχ) *Soekmekaar 12-10-1924, χLouis Trichardt 3-11-1951 MAGDALENA GEZINA ALETTA (gebore DU PREEZ, gedoop JOUBERT) *Potgietersrus 26-2-1930, D/v Pieter Daniel Du Preez
> a2.b10.c6.d1.e6.f1. BAREND FREDERIK *Messina 20-7-1953, †Messina 18-9-1953
> a2.b10.c6.d1.e6.f2. MARTHA ELIZABETH *Messina 9-3-1956, χGIDEON JOUBERT, ÷1976; χχGEORGE COETZEE *10-10-1942
> a2.b10.c6.d1.e6.f3. CARL *Messina 3-5-1960, χMessina 1982 MAGRIETHA JOHANNA ERASMUS *13-3-1965
> a2.b10.c6.d1.e6.f3.g1. LELANIE *13-5-1986
> a2.b10.c6.d1.e6.f4. BAREND MATTHEUS *Messina 19-11-1964, χMopanie 14-5-1988 UNA BOLDWYN UALA *18-3-1969
> a2.b10.c6.d1.e6.f4.g1. BAREND MATTHEUS *12-7-1990
> a2.b10.c6.d1.e6.f5. DANIËL STEPHANUS *Messina 18-2-1966, χLouis Trichardt 18-8-1987 ELIZABETH CATHARINA KRUGER
> a2.b10.c6.d1.e6.f5.g1. DANIEL STEPHANUS *10-8-1990
> a2.b10.c6.d1.e6.f5.g2. MARENTJIA *Newcastle 22-10-1992
> a2.b10.c6.d2. STEPHANUS FRANCOIS (χ) *Waterkloof, Cradock 24-10-1870, ≈Cradock 8-1-1871, †Elandskraal, Cradock 26-2-1957, χLUCYA ALETTA KRUGER *Cradock, 18-6-1875, †Cradock 28-3-1938, Foto F009
Hy en twee van sy broers is met drie susters getroud.
> a2.b10.c6.d2.e1. LUCYA ALETTA *Elandskraal, Cradock 10-3-1896, ≈Cradock 3-5-1896, χCOERT JOHANNES VORSTER
> a2.b10.c6.d3. PIETER BAREND (χ) *Waterkloof, Cradock 14-7-1874, ≈Cradock 13-9-1874, † Cradock 5-12-1945, χJOHANNA MARIA MAGDALENA KRUGER *Cradock 1-8-1869, † Cradock 19-9-1943, Foto F005, F006, F007
Hy en sy twee ouer broers is met drie susters getroud. Hy het op die familieplaas, Elandskraal, geboer. In sy tyd is die plaas verdeel en het sy dogter, Lucya Aletta, en haar man op die gedeelte wat Bo-Elandskraal genoem was, geboer terwyl sy seun, Daniël Stephanus, op die oorblywend ou gedeelte van die plaas geboer het.
> a2.b10.c6.d3.e1. LUCYA ALETTA *Elandskraal, Cradock 28-2-1894, †Cradock 30-4-1945, χFREDERIK JOHANNES COETZEE *3-1-1888
Sy was die laaste Henning wat op die gedeelte, Bo-Elandskraal, geboer het. Haar seun, Johannes Jacobus Coetzee en sy eggenote Maureen (gebore Potgieter), het na haar dood nog daar geboer en toe hy te oud geword het, het hy die plaas verkoop.
> a2.b10.c6.d3.e2. DANIËL STEPHANUS *Elandskraal, Cradock 15-4-1898, ≈1-5-1898, †Graaff-Reinet 24-3-1981, χHESTER MARIA VAN HEERDEN *Cradock 26-5-1899, †Graaff-Reinet 27-6-1989, Foto F006, F007, F008
Hy was die laaste Henning wat op die ou gedeelte van Elandskraal geboer het. Hy het die tweede opstal op die plaas in 1920 opgerig. Na `n geweldige droogte kon hy nie meer die mas opkom nie en was genoodsaak om die plaas te verkoop. Elandskraal was tot op daardie stadium vir meer as 200 jaar in besit van die nasate van Peter Henrich Henning.
> a2.b10.c6.d3.e2.f1. MIRIAM *Cradock 30-3-1924, †Graaff-Reinet 3-9-2013, χCradock JACOBUS NICOLAAS PETRUS SNYMAN *Stutterheim 16-3-1918, †Stutterheim 16-11-1965, S/v Jacobus Nicolaas Petrus Snyman *2-6-1877 en Cornelia Elizabeth Botha *10-7-1884; χχGraaff-Reinet 16-8-1975 WILLEM LODEWICUS JANSEN HENNING *23-8-1921, b7.c5.d1.e4.f5. Foto F006, F007, F008, F0010, F016, F017
> a2.b10.c6.d3.e2.f2. PIETER BAREND *Cradock 20-10-1929, †Pretoria 25-1-2016, χPort Elizabeth 21-11-1956 SARAH LOUISA FERREIRA *9-3-1921, D/v Paul Jacobus Ferreira en sy vrou Annie Louisa, χχJOHANNA MARIA BOTES * 6-2-1937, Foto F005, F006, F007, F010, F011, F012
Pieter het op Elandskraal, die plaas in die gebied agter Sneeuberg, wat deur die Henning stamvader, Peter Henrich Henning, aan die einde van 1786 tot stand gebring is, grootgeword. Pieter se vader, Daniel Stephanus Henning, was die vierde en laaste geslag nasaat van die stamvader wat op Elandskraal geboer het.
Daniel Stephanus het in 1920 die tweede opstal op die plaas vir sy jong bruid, Hester Maria van Heerden, opgerig en die bekende drie palmbome daarvoor geplant.
Nadat hy gematrikuleer het, het Pieter in Cradock by die Landbank as klerk begin werk. Tydens sy loopbaan by die bank is hy, soos die gebruik by banke was, verskeie kere na verskillende takke van die bank verplaas. Hy was dus oor baie jare op verskillende dorpe in die land woonagtig. Hy is eers na Port Elizabeth verplaas waar hy in 1956 in die huwelik tree met Sarah Louisa Ferreira. Hierna is hy terugverplaas na Cradock. In 1966 is hy verplaas na Nylstroom, daarna in 1968 na Cradock, in 1972 na Kroonstad, in 1974 na Rustenburg en in 1975 na Bloemfontein. In 1977 word hy as bestuurder na Kroonstad verplaas, daarna in 1979 na Pretoria, in 1982 na Vryburg waar hy op 60 jarige ouderdom aftree en na Pretoria verhuis. In Pretoria is sy wederhelf op 2 September 1993 oorlede.
Na sy vrou se dood, het hy weer in die huwelik getree en wel met Johanna Maria Botes. Hulle het vir etlike jare tot sy dood in Sinoville gebly.> a2.b10.c6.d3.e2.f2.g1. PIETER DANIËL *Cradock 26-12-1957, χCARINE KINNEAR *20-10-1969
> a2.b10.c6.d3.e2.f2.g2. ANNETTE *Cradock 10-6-1959, χWILLEM ABRAHAM VORSTER OESCHGER *18-5-1958
> a2.b10.c6.d3.e2.f3. JOHANNA *Cradock 29-7-1934, χHERMANUS ALBERTUS ROSSOUW *17-1-1934, Foto F007, F008, F010
> a2.b10.c6.d3.e3. JOHANNES JACOB *Cradock 27-6-1907, † Cradock 27-3-1987, χCHRISTINA SUSANA ELIZABETH GERBER *Humansdorp 22-6-1907, † Cradock 7-1-2000, Foto F005
> a2.b10.c6.d3.e3.f1. PIETER BAREND *Cradock 2-9-1928
> a2.b10.c6.d3.e3.f2. EUGENE JOHANNES *Cradock 17-11-1940, χCradock 6-2-1965 ELLIE SOFIA ERASMUS *Cradock 24-1-1943, Foto F003
> a2.b10.c6.d3.e3.f2.g1. JOHANNES JACOB *Cradock 30-1-1969, χKimberley 2-4-1994 BEULAH VAN RENSBURG *24-3-1969, D/v Justus Johannes van Rensburg *Kimberley 20-8-1940 en Bernice Greipel *Worcester 6-11-1941
> a2.b10.c6.d3.e3.f2.g1.h1. JOHANNES JACOB *Kaapstad 26-4-2008
> a2.b10.c6.d3.e3.f2.g2. MORNÉ *Cradock 28-8-1971
> a2.b10.c6.d3.e3.f2.g3. EUGENE *Beaufort-Wes 23-5-1977, χIMKE LOMBARD *Vredenburg 10-3-1977, D/v Pieter Zacharias Lombard *31-7-1948 en Elsa Potgieter *31-3-1948, Foto F004
As 'n skolier aan die Pietersburg Hoërskool presteer hy goed in redenaarskompetisies waar hy vir etlike jare die provinsiale of nasionale kompetisies wen. Hy was ook Onder-Hoofseun van die Pietersburg Hoërskool. Na matriek studeer hy in die Regte aan die Universiteit van Stellenbosch en word vir die jaar 2001 as Ondervoorsitter van die Studenteraad verkies. Hy verwerf uiteindelik die grade B Com, LLB en MBA en praktiseer as prokureur waar hy as regsadviseur vir Bidvest in die VK dien. Na sy terugkeer na Suid-Afrika werk hy as regsadviseur in die finansiële sektor en word aangestel as die Hoof-Uitvoerende Beampte van rugby se "My Players" organisasie.
> a2.b10.c6.d4. JOHANNES PETRUS (χ) *Waterkloof, Cradock 7-7-1875, ≈5-9-1875, †Pretoria, χCradock 28-10-1895 ANNA SUSANNA DU RAND *Somerset-Oos Mrt 1877, †Johannesburg 2-5-1938, D/v Bart Du Rand en sy vrou Anna, ÷; χχHESTER SUSANNA CATHARINA BOTHA
Gedurende die Anglo-Boere-oorlog het hy op die plaas Paardekraal, Cradock gewoon. Hy is op 18 September 1901 op sy plaas krygsgevangene geneem en omdat hy as 'n Eersteklas Rebel beskou was, is hy op 16 Desember 1901 ter dood veroordeel weens wapendiefstal. Die vonnis is egter na drie jaar tronkstraf verminder. Na die oorlog is amnestie gedurende Maart 1903 aan hom verleen.8
> a2.b10.c6.d4.e1. DANIËL JOHANNES FREDERICK *7-7-1919, †1940, Ongetroud
> a2.b10.c6.d5. RACHEL MARGARETHA (χ) *Waterkloof, Cradock 18-5-1878, ≈4-8-1875, χCradock 23-5-1898 PAUL WILLEM MICHAU
1. Redelinghuys J.H.: Die Afrikaner-Familienaamboek. p112-113.
2. Kaapse Argiefbewaarplek (KAB): J131 Opgaafrol Graaff-Reinet 1809, inskrywing 380.
3. KAB: J73 Opgaafrol Cradock 1814.
4. KAB: J87 Opgaafrol Cradock 1823.
5. KAB: J182 Opgaafrol Cradock 1825, Achter Sneeuwberg no 127.
6. Van der Bijl J.: Die familie Roux. Pretoria 1978, b2c4de3f4g4