AFDELING 6b

DIE KINDERS VAN PETER HENRICH HENNING (a2)

In hierdie deel word 'n bietjie meer lig gewerp op die kinders van PETER HENRICH HENNING (PIETER HENDRIK HENNING soos ons hom verder aan sal noem) en sy vrou ELIZABETH CATHARINA. Hoewel elke seun en dié se nasate in 'n aparte deel behandel word, is dit nodig om 'n duidelike uiteensetting van al hulle kinders te gee, ten einde die dogters ook duidelik uit te lig.

Soos in Subafdeling a. aangedui is, het hulle elf kinders gehad, waarvan slegs twee jonk oorlede is. Die oorblywende nege word groot op hulle ouers se plase, Elandskraal, Roode Taaibosch en Klipplaat in die Achter Sneeuwberg wyk en die plaas Commando Drift in die Tarka wyk, waar hulle vader veeboerdery bedryf het.

Met die uitsondering van GERT FRANS (a2.b7.), het baie min persoonlike vertellinge oor die tweede geslag Hennings, wat deur oorlewering van die een geslag na die ander oorgedra is, behoue gebly. Dit is hoofsaaklik toe te skryf aan die feit dat hulle almal trekboere was, wat 'n nederige bestaan gevoer het en voortdurend aan die trek was op soek na beter weivelde. Hulle het almal slegs in een beroep — boerdery — belanggestel. Nie een het enige boekgeleerdheid gehad nie. Daar het skynbaar ook nie enige uitsonderlike dinge met hulle gebeur, wat na twee of drie geslagte deur oorlewering onthou kon word nie. Gelukkig kon daar uit die doop-, huwelik- en sterfregisters wat opgespoor is, asook die Opgaafrolle (belasting-opgawes) heelwat informasie bekom word, waaruit logiese afleidings gemaak is. Omdat sommige van hierdie kinders reeds vroeg die binneland ingetrek het — ver van die beskawing af — is alle sterftes ongelukkig nie geregistreer nie en moes daar slegs vanaf ander beskikbare bronne informasie bekom en afleidings gemaak word.

Skrywer is 'n nasaat van a2.b7. GERT FRANS HENNING. Gelukkig het verskeie geslagte op­een­volgend op die plaas wat hy in 1841 uitgelê het, gewoon, gevolglik het heelwat foto’s, persoonlike briewe, dokumente en vertellinge van vorige geslagte behoue gebly — selfs ook van GERT FRANS self.

PIETER HENDRIK, die stamvader, se ses seuns wat nasate gehad het, het vir hom 48 Henning kleinkinders geskenk — waarvan twee skynbaar as babas oorlede is. Sy drie dogters het weer op hulle beurt vir hom en sy vrou 18 kleinkinders geskenk, waarvan twee jonk oorlede is. 'n Totaal dus van 66 kleinkinders — waarvan 62 groot geword het. Hier volg 'n register van die kinders van PIETER HENDRIK HENNING en sy vrou ELIZABETH CATHARINA. Elkeen van sy seuns en hulle nasate, word egter volledig in 'n aparte deel behandel.

Vir die nasate van die dogters moet die geslagsregisters van die hulle mans se vanne geraadpleeg word.

> a2.b1. JOHANNES GERHARDUS *Achter de Sneeuwberg, Graaff-Reinet (Cradock), »Land van Waveren (Tulbach) 18-3-1770, cGraaff-Reinet 8-9-1799 MARTHA MAGDALENA NIENABER. Vir verdere besonderhede, kyk Afdeling 6, Deel c.

> a2.b2. ELIZABETH CATHARINA *Achter de Sneeuw­berg, Graaff Reinet (Cradock), »Land van Waveren (Tulbach) 15-11-1772, c28-11-1790 HERMANUS NICOLAAS ROOD, »Kaapstad 25-5-1766, S/v Daniel Roode en Anna Catharina Robberts; ccCradock 6-10-1838 MARTHINUS LOURENS VAN COPENHAGEN *18-10-1810.

Haar agt kinders by Hermanus Rood was die volgende: Daniel Jacobus Rood; Pieter Hendrik Rood; Anna Christina Rood; Elizabeth Catharina Maria Rood; Hermanus Lambertus Rood; Willem Chris­tiaan Rood; Sophia Maria Rood; Francois Johannes Rood. Sy het geen kinders by Martinus van Copenhagen gehad nie. Hy was 38 jaar jonger as sy.

Na haar eerste huwelik het sy en haar eggenote nog vir 'n hele aantal jare by haar ouers in die wyk Achter de Sneeuwberg gewoon.

> a2.b3. PIETER HENDRIK *Achter de Sneeuwberg, Graaff Reinet (Cradock), »18-4-1776. Skynbaar jonk oorlede, want geen rekord van hom kon verder opgespoor word nie.

> a2.b4. ANNA MARIA *Achter de Sneeuwberg 5-10-1778, »Land van Waveren (Tulbach) 21-3-1779, †Jakkalsfontein, Wyk Onder Seekoeirivier (latere Noupoortdistrik) 2-11-1857, c13-3-1796 ZACHARIAS BOOYSEN † 9-8-1822; ccHuwelikshof, Graaff-Reinet 2-3-1805 JAN HENDRIK VENTER »25-12-1777, † Jakkalsfontein, Wyk Onder Seekoeirivier 29-5-1859, S/v Jan Adriaan Venter en Cornelia Smit.

Sy het agt kinders gehad — twee seuns en twee dogters by Zacharias Booysen, en twee seun en twee dogters by Jan Hendrik Venter. Die name van haar kinders was die volgende:

Jan Booysen *1797; Elizabeth Catharina Booysen *1800 — as baba oorlede; Elizabeth Catharina Booysen *1801 (Sy is met haar neef Pieter Hendrik Henning, die seun van haar ma se broer Jacobus Cornelis Henning, getroud; Zacharias Booysen *1804.

Jan Adriaan Venter *1806 — as kind oorlede; Anna Maria Venter *1809; Cornelia Dorothea Venter; Pieter Jan Hendrik Venter.

Soos al die ander Henning kinders, het sy en haar eerste eggenote na hulle troue nog by haar ouers op die plaas Elandskraal aangebly. Mettertyd het hulle egter ook weggetrek om na grond van hulle eie te soek. Hulle vestig hulle uiteindelik op die plaas Jakkalsfontein, in die wyk Onder Seekoei­rivier. Hierdie plaas val vandag in die Noupoort distrik. Dit is 'n buurplaas van haar broer Jacobus Cornelis (a2.b5.) se plaas, Geelbeksfontein. Jacobus Cornelis se seun, Jacobus Cornelis Stephanus en sy gesin het ook op Jakkalsfontein gewoon.

> a2.b5. JACOBUS CORNELIS *Achter de Sneeuwberg, Graaff Reinet (Cradock) »Land van Waveren (Tulbach) 3-2-1782, †Oorkant die Oranjerivier (OVS) 10-7-1838, c13-9-1801 CORNELIA JOHANNA MULLER *Kaap distrik 1783, †Over de koloniale grens (OVS) 29-7-1839, D/v Jan Andries Muller. Vir verdere besonderhede kyk Afdeling 6, Deel d.

> a2.b6. WILLEM FREDERIK *Achter de Sneeuwberg, Graaff Reinet (Cradock) 5-9-1782, »16-11-1783, †Melkspruit, oorkant die Koloniale grens [latere Albert, (Burgersdorp) distrik] 4-10-1844, c 13-9-1801 HESTER JOHANNA KRUGER *Graaff-Reinet 3-4-1782 †Kal-koenkrans Albert 12-1-1862, D/v Jan (of Johan) Kruger en Maria Elizabeth Venter. Vir verdere besonderhede kyk Afdeling 6, Deel e.

> a2.b7. GERT FRANS (gedoop Gerrit Frans), *Achter de Sneeuwberg April 1785, » Land van Waveren (Tulbach) 3-12-1786, †Waterval, Aliwal-Noord 18-10-1873, cGraaff-Reinet 20-9-1809 DOROTHEA MARIA VORSTER; ccCradock 21-9-1828 GERBREG LEVIENA OLIVIER *Vreesfontein, wyk Brakrivier (Middelburg, K) 26-2-1812, †Damfontein, Aliwal-Noord 3-1-1880. Vir verdere besonderhede kyk Afdeling 6, Deel f.

> a2.b8. CAREL *Achter de Sneeuwberg, Graaff Reinet (Cradock), »2-12-1788, †Skynbaar jonk oorlede, want geen verdere rekord van hom kon opgespoor word nie.

> a2.b9. JAN HENDRIK *Achter de Sneeuwberg, Graaff Reinet (Cradock) 2-6-1790, »15-11-1790, †Boshof 15-8-1881, cGraaff-Reinet 2-2-1812 MARTHA SOPHIA VAN DER MERWE *Camdebo, Graaff Reinet 1792, †Blaawkrans (ook bekend as Patrysfontein) Victoria, distrik Beaufort 3-8-1850, D/v Isaac van der Merwe en Elsje Johanna Van Heerden. Vir verdere besonderhede kyk Afdeling 6, Deel g.

> a2.b10. DANIËL STEPHANUS *Achter de Sneeuwberg Graaff Reinet (Cradock) 4-3-1793 »9-2-1794, †Elandskraal, Achter de Sneeuwberg, Cradock 18-10-1869, cGraaff-Reinet 24-1-1813 PETRONELLA MAGDALENA BLOM. Vir verdere besonderhede kyk Afdeling 6, Deel h.

> a2.b11. JOHANNA MAGDALENA *Elandskraal, Cradock, 23-8-1797, »18-3-1798, †Cradock dorp 13-8-1847, c Graaff-Reinet 7-12-1823 JAN HERCULES ALBERTUS SCHOOMBEE *26.5.1803 =Tulbagh 24-7-1803, S.v. ANDREAS GODLIEB SCHOOMBEE en JOHANNA SOPHIA VILJOEN

Hulle het die volgende kinders gehad: Pieter Hendrik SCHOOMBEE *5-4-1827 »Graaff-Reinet 12-4-1827 Johanna Susanna Elizabeth SCHOOMBEE *5-10-1832 »Cradock 4-11-1832 Andries Godlieb SCHOOMBEE *19-7-1835 »Cradock 16-8-1835. Hy is getroud met a2.b7.c10. Dorothea Maria Henning.