Nr 79

Augustus 2004

Indeks:

Familiefees!

Hierdie is die laaste geleentheid wat ons het om alle Hennings deur middel van die Haantjie op te roep na die landwye familiefees, wat op 2 Oktober 2004 by die Zwartkop Lapa in Centurion gehou gaan word. Die sukses van hierdie fees gaan afhang van ieder en elk se betrokkenheid en hoe al ons lede dit in hul omgewing bekendstel. Indien u in 'n posisie is om die feeslogo, soos dit op bladsy 1 verskyn, te gebruik, kan u gerus laat weet. Ons kan dit per e-pos aan u stuur.

Die fees self beloof om 'n aangename ervaring te wees. Ons gaan nie lang toesprake en vergaderings hou nie. Daar sal egter interessante uitstallings wees en video- en rekenaar voorligtings gehou word, aandenkings te koop wees en verder net gekuier word. U is welkom om vanaf 09:00 te arriveer. U bring u eet-en drinkgoed saam. Braaivleisvure, pap-en-sous, koeldrank, koffie en tafels en stoele sal beskikbaar wees. Ons wil graag alle Hennings wat een of ander musiekinstrument bespeel of lekker kan sing, uitnooi om u gawes met ons te kom deel. Ons wil graag lekker Henning musiek maak!

Verwittig asseblief vir Mauritz Henning, sameroeper van die Feeskomitee, by die volgende telefoonnommer indien u sal deelneem, of ander hulp wil aanbied, of inligting wil hê: 012 542 5549 of selfoonnommer 082 821 0214. Hy sal ook besonderhede kan verskaf in verband met oornagplekke. Twee kaarte wat die roete na die Zwartkop Lapa aandui is aangeheg. Diegene wat dalk 'n karavaan vir die naweek wil huur, kan vir Ulma skakel by 012 643 0417

Ons Nuusbrief 20 Jaar Oud!

Die volgende uitgawe van "Ons Haantjie" (no 80) wat gedurende November 2004 verskyn, sal nie net die twintigjarige bestaan van die Henning Familiebond herdenk nie, maar ook die twintigste jaargang van ons Nuusbrief — en ons het nie 'n enkele uitgawe gemis nie. In twintig jaar se tyd het tagtig Nuusbriewe verskyn. Daar is min, indien enige, Familiebonde wat ons dit kan nadoen.

Die prentjie langsaan is gedurende 1984, met die eerste uitgawe van die Nuusbrief vir ons gemaak deur Lou Henning, baie bekende spotprenttekenaar van die Sondagkoerant RAPPORT. Twintig jaar later ... en ons Nuusbrief staan nog sterk! Kyk net na die professionele feeslogo wat VISUAL FX, firma van Stefan en Renier Henning vir ons gemaak het. Dit is Lou Henning se seuns. Die nuwe kopstuk vir Ons Haantjie, wat vanaf no 80 gebruik sal word, is ook deur Visual FX ontwerp.

Ons wil 'n beroep doen op al ons lesers om vir ons bydraes te lewer vir hierdie spesiale feesuitgawe. Kom ons maak dit iets spesiaals met interessante en waardevolle artikels. Daardie ou familiefoto's en familiestaaltjies wat ons nog nie ontvang het nie, sal nou baie goed te pas kom. Die volgende drie artikels is voorbeelde van waardevolle insette.

Henning Foto's

Rina Venter (gebore Henning) van Garsfontein, Pretoria het onlangs vir ons die foto langsaan gestuur.

"Ek het die foto van Johanna Hendrina Henning *17/6/1872 Heuningkrans, †7/12/1956 Venterstad en haar eggenote Gert Christiaan Coetzee *14/12/1867 Roosterhoek, †Julie 1952 Venterstad in die GKSA Venterstad Eeufeesalbum 1875-1975 gekry. Gedink jy sal dit dalk vir jou foto databasis wil hê."

Johanna Hendrina Henning se genealogiese nommer in die Henning geslagsregister is b6.c1.d3.e9. Die foto en addisionele gegewens sal in ons databasis bygewerk word.

Willie Engelbrecht van Kroonstad se Henning Voorsate

Willie Engelbrecht van Kroonstad se voorsate skakel in by b1.c8.d6.e2. Sarel Gerhardus Henning *15-11-1877. Ons het oor baie min gegewens van Sarel Gerhardus en sy nasate beskik, maar het onlangs die volgende brief van Willie Engelbrecht van Kroonstad ontvang:

Hiermee uiteindelik die inligting wat ek kon versamel oor die Hennings wat 'n rol gespeel het in die lewens van my mense, nl. Die Engelbrechts van daardie tyd. Wat my veral opval is die mense se verskriklike armoede en hul vlytigheid wat seker maar 'n oorlewensboei was in hierdie swaar tye, tesame met hulle vindingrykheid. Hulle planne het net nie opgeraak nie. My vader het in die oorlogsjare (2e Wêreldoorlog) 'n gebarste motorband oorhans toegewerk met 'n rou osriem en 'n "gaiter" aan die binnekant en so weer met die band gery — ek weet nie hoe lank of hoe ver nie! Die 1934 Chev was geduldig en het selfs proesend en rokend gery op lampolie of kragparafien. Brandstof was gerantsoeneer. Ek het nou nog van die koepons in my besit.

Ek hoop die inligting is vir u van betekenis.

Ten opsigte van b1.c8.d6.e2. Sarel Gerhardus Henning *15-11-1877 en sy familie, kon Willie Engelbrecht vir ons heelwat addisionele gegewens verstrek:

Sarel Gerhardus is te Rouxville gebore op 15-11-1877; oorlede te Ngwini, Zoeloeland (naby Hluhluwe) op 24-8-1970, waar sy jongste kind Johan Georg (Jannie) en sy vrou Marie woon. Sy eerste huwelik was gedurende 1902/03 met Susanna Maria Catharina van Pletzen, gebore 16-12-1882; oorlede 12-8-1904. Sy is gebore op Wintershoek, Dordrecht en was die dogter van Carel van Pletzen en Frederika Johanna Catharina van Heerden.

Hulle het een seun, Sarel Gerhardus Susanna Henning, gebore 26-7-1904, d.w.s. twee weke voor sy moeder se dood. Sarel trou op 24-10-1905 met Hester Sophia Herbst, *16-3-1889; †Parys 30-8-1960. Dit was sy tweede huwelik. Sarel erf die plaas "Rust-en-Vrede" No 26 Rouxville van sy vader en besit die grond vanaf 1906 tot 1916 toe hy verkoop aan Gideon David De Wet. Vanaf 1916 tot 1928 woon hy en sy tweede vrou, Hester, saam met sy skoonpa, Faan Herbst, op die plaas Visgat.

Gedurende 1927 verskyn 'n advertensie in 'n Vrystaatse koerant van plase in Natal wat te koop is. Dit was plase wat oud Britse soldate ontvang het as oorlogsvergoeding, maar wat wou terugkeer na Brittanje. Faan Herbst lees die advertensie en vertrek na Natal saam met sy twee plaasknegte, die weeskinders Koos en Lou Engelbrecht. Faan se skoonseun, Sarel Gerhardus Henning gaan ook saam. Die resultaat van hierdie besoek is dat Koos Engelbrecht en Sarel Gerhardus Henning gedurende 1928 elkeen 'n aangrensende plaas koop.

Koos koop "Strathview" en Sarel koop "Rosemount" by die Britse soldate Buchanan en Mc Gregor. Sarel en Hester woon op Rosemount saam met hulle kinders vanaf 1928 tot ongeveer 1942, toe die plaas verkoop is.

Tussen 1942 en 1950 woon Sarel en Hester op verskeie plekke, soos in 'n losieshuis op Vryheid, by hul dogter Dollie en haar man Dawid op Dundee en by Sarel se susters op Rosendal, asook op Kroonstad by hul kinders, Fanie en Skanie. Gedurende 1950 verhuis hulle na Parys, waar hulle bly tot 1960, met die afsterwe van Hester. Hierna woon Sarel by sy kinders Jannie en Marie in die Sisalana Hotel naby Hluhluwe. Hulle versorg hom tot en met sy dood in 1970.

Die verdere verloop van die geskiedenis van Sarel Gerhardus Henning se kinders word ook volledig uiteengesit. Dit sal alles opgeneem word in die Henning Familiekroniek en sal op die volgende Laserskyf (CD) uitgawe van die familiekroniek beskikbaar wees.

'n Henning Gedenkteken

Mauritz Henning van Theresapark, Pretoria-Noord het 'n tyd gelede vir ons die volgende laat weet:

My skoonseun het nou onlangs gaan hengel by die Bon-Acorddam en vertel van 'n Henning gedenksteen wat hy daar langs die dam gesien het. Ek wou hom eers nie glo nie en het gedink hy maak 'n grap. Nadere ondersoek en met 'n digitale kamera bewapen het egter bewys dat dit wel so is.

Meegaande foto's wys duidelik die inskripsie op die gedenksteen. Ek kon uit die Familiekroniek vasstel dat die volgende Hennings hier begrawe is:

Janet Sophia Laidlaw (gebore Adendorf) was die eerste eggenote van b6.c3.d3.e4.f4. Tjaart Johannes Henning Hester Johana Lasya Henning (gebore Steenkamp) was die tweede eggenote van b6.c3.d3.e4. Johannes Christiaan Henning en die moeder van Tjaart Johannes Henning

b6.c3.d3.e4.f4.g2. Janet Sophia Fry was die dogter van Tjaart en Janet Henning. Sy was met Eric Fry getroud. Daar is net die gedenksteen en twee ongemekte grafte op die terrein. Dit is nie omhein nie en die vissermanne het spore daardeur gery. Uit die aard van die saak is dit erg verwaarloos.

Ek ken toevallig een van die dogters van Tjaart Johannes uit sy derde huwelik — Maria Magdalena De Lange. Toe ek haar skakel, sê sy dat sy weet van die gedenksteen en dat Janet Fry 'n dergelike steen by Roedtan laat oprig het, waar haar vader en grootvader begrawe is.

Die gedenkteken wat Janet Fry vir haar ma, Janet Henning en ouma, Hester Henning opgerig het

Geldsake

Oor die afgelope drie maande het verskeie lede hul beloofde bydraes vir die jaar 2004 aangestuur — baie dankie daarvoor. Dit verseker dat die Familiebond sy verpligtinge kan nakom. Ons maak graag spesiale melding van lede wat donasies van R200.00 of meer aanstuur. Oor die afgelope drie maande val die volgende bydraes in hierdie kategorie:

Dr M E J (Tjol) Henning van Centurion — R300.00
Mnr H F (Herman) Henning van Rietfontein, Pretoria, wat 'n Lewenslange Lid is — R200.00
Mev E E (Ellen) Naudé van Rosslyn, wat 'n Lewenslange Lid is — R200.00
Mnr H G (Herbert) Henning van München, Duitsland, wat 'n goeie vriend van ons Familiebond is — R1 000.00

Ons was verplig om 'n nuwe fotostaatmasjien aan te skaf. Die masjien wat ons die afgelope 10 jaar gebruik het, het finaal die gees gegee. 'n Klein digitale kopieerder/drukker wat met ons rekenaar gekoppel word, wat ons meer as R10 000.00 uit die sak gejaag het, is aangeskaf. Die kopie koste van die nuwe masjien is heelwat laer as alle laser- en inkspuit drukkers, maar bedra steeds 14c per afskrif (sonder die koste van die papier, 5 – 6c per bladsy) Bydraes soos hierbo het verseker dat ons in staat was om so 'n masjien aan te skaf.

Herbert - en Margita Henning van Munchen, Duitsland aan huis van Olivier Henning by die Theewaterskloof Landgoed, Villiersdorp

Ongelukkig is daar nog steeds 'n hele paar lede wat geen bydrae vir 2004 gemaak het nie. Ons doen graag 'n beroep op hierdie lede om spoedig te reageer. Ons het elke Rand dringend nodig. Diegene wat hul bydraes direk in die Familiebond se Bankrekening deponeer, word graag daaraan herrinner dat hulle hul Familiebond Lidnommer (en nie genealogiese nommer nie) as verwysing moet verstrek.

Ons publiseer graag Herbert Henning van München, Duitsland se brief, waarin hy van sy donasie laat weet:
Dear Oliver, we received with great joy the above NUUSBREEF with the story of the HENNING , KARNIN GERMANY. Thank you. We would like to make a donation of R1.000,- as part of the purchase of a new printer in order to secure your good work for the HENNING FAMILIEBOND in SA. Sorry we are unable to atend the FAMILIEFEES October 2., but we shall be in SA from Jan. 15. - March 15. 2005 and we do hope to meet as many HENNINGS as possible during our stay in the Cape Province or travelling through your country.

Please let me know  the bank account of the HENNING FAMILIEBOND in SA able us to make the required transfer. With kind regards HERBERT AND MARGITA HENNING

Name met 'n Bybelse Oorsprong

In ons reeks oor name met 'n Bybelse oorsprong, wat deur Henning families gebruik word, bespreek Past Bjarne Fowels-Landmark van Noorweë, wat 'n Henning nasaat en lid van ons Familiebond is, in hierdie uitgawe die naam STEPHANUS of STEFANUS

Stephanus, (Stefanus, Stefan, Steffen, Stephen, Steve. In French: Etinenne, Spanish: Esteban, Hungarian: István, Swedish: Steffan), from Greek: stephanos = crown, triumphal wreath.

Stephan was one of the seven Greek speaking Jewish-Christians elected to supervise the daily distribution in the parish (Acta 6,5). He also played an important role in shaping the theology of the church. He was a man of faith, power and the Holy Ghost. He was said to be a very gifted preacher. The wisdom and Spirit he had been given was irresistible. Therefore the Jews became confounded and tried to get him arrested and sentenced by means of false witnesses. Stephan defended himself in the High Court. In his speech he tells Israel's history from Abraham to Salomon. The speech referred to in Acta 7 is the longest in that book, and a hard attack on the Jews. His words made the court so angry that the legal procedure was interrupted and he was brought outside the town to be stoned. Thus he became the church's first martyr. Saul (Paul) is said to be responsible for the stoning. His death led to persecution of the first church. Expelled members of Stephen's nearest circle started the first pagan mission.

His death has much in common with the death of Christ. Both were accused for breaking the temple law and the law of Moses. False witnesses were used against them. Stephan saw in a vision Jesus sitting at the right hand of God. Both prayed for their murderers, and both prayed God to receive their spirit.

In Jerusalem there is a Stephan's gate in the East Wall, north of the Temple Place.

Hungary's first king was Stephen, and his crown, which was a gift from Pope Sylvester, is today kept in the Parliament Building in Budapest. He is Hungary's patron saint. Four later kings of Hungary, one king of Poland and one king of England were named Stephan. The latter was the grandson of William the Conqueror. 9 popes have taken that name.

Nederlandse Hennings

Ben (jamin) Henning en Pieter Verbundt van Nederland doen navorsing na die Henning families van Nederland. Ben vors die Protestantse been na, terwyl Pieter vir die Rooms Katolieke been verantwoordelik is.

Pieter het vir ons 'n koerantberig uit die BN/DeStem van 10 Mei 2004 gestuur oor Moedersdag, ten opsigte van vyf geslagte van een familie, waarvan twee geslagte Henning verbintenisse het. Dit is interessant om daarop te let dat dit gebruik geword het in Nederland vir vrouens wat in die huwelik tree om hul nooiensvan te kombineer met hul getroude van — die nooiensvan volg die getroude van.

In hierdie geval wens Ria Henning (gebore De Kock) haar moeder Anna De Kock (gebore Krintjes) geluk. Sy self word deur haar dogter Anita Timmermans (gebore Henning) gelukgewens. Anita word deur haar dogter Sandra Timmermans gelukgewens. Op die laaste foto hou Sandra Timmermans haar dogtertjie Myrte vas.