Nr 77

Februarie 2004

Indeks:

Die lewe van Henning nasate in Noorweë

Tussen bome bedek met sneeu, op die top van 'n heuwel vind ons dié luukse houthuis van Brynjar Landmark en sy vrou Olaug. Tonge van sneeu hang soos room van die dak af en 'n lig in een van die vensters sê "Welkom binne". Hier sit hulle, saam met hul seuntjie Håkon op 'n slee voor hul huis.

Past Bjarne Fowels-Landmark van Noorweë, wat ‘n nasaat van b7.c8.d1. Martha Henning *26-8-1857 en ‘n lid van die Henning Familiebond is, het vir ons die 1 Desember 2003 uitgawe van die Noorweegse tydskrif Hjemmet gestuur. Dit is ‘n tydskrif soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse Sarie of Rooirose. ‘n Pragtige artikel oor sy seun, Brynjar en sy vrou Olaug (Berg) en hul seuntjie, Håkon verskyn daarin. Die foto’s in die tydskrif is soos in ‘n sprokie en ons wil graag hierdie sprokie met al ons Hennings deel.

Brynjar is ‘n geneesheer en hulle woon te Eidsvoll in die Akershus distrik, naby Oslo. Die pragtige 700 vk m huis waarin hulle woon, dateer uit die jaar 1896 en het meer as 30 kamers. Hulle het die huis ongeveer ses jaar gelede gekoop en Olaug het al die gordyne en ander bykomstighede self gemaak. Sy maak ook haar eie klere. Kyk en geniet gerus haar handewerk, soos dit op die foto’s op die laaste bladsy verskyn.

Die Eerste en Enigste Henning Drieling in Suid-Afrika

Die drieling van b6.c3.d2.e6.f1.g2.h1. Willem Frederik Henning en sy vrou Gerda, wat op 28-3-1988 gebore is v.l.n.r. Anelmé, Elseri en Herman (Hermanus Marthinus)

Met die 1988 landwye Henning familiefees wat oor die naweek 8, 9 en 10 Oktober 1988 te Aliwal-Noord gehou is, het ons verneem dat Willie – en Gerda Henning van Burgersdorp, met hul drieling babas ook teenwoordig was. Bondsekretaris, Olivier Henning wou hulle baie graag ontmoet, dog weens die harwar met so ‘n fees kon hy ongelukkig nie met Willie en Gerda kontak maak nie.

Gedurende November 2003 het Olivier Henning Aliwal-Noord besoek vir ‘n vergadering met die Burgemeester en ander amptenare van Aliwal-Noord in verband met die Kerkplein Museum. Op pad terug het hy by Leeufontein, die plaas van b6.c3.d2.e6.f1.g2. Hermanus Martinus (Herman) Henning *15-4-1931 en sy vrou Maria (Ria) en hul seun Willem Frederik (Willie)(h1) *1-4-1958 en sy vrou Gerda, aangaan. Hy wou meer uitvind oor Willie en Gerda se drie unieke kinders.

Willie - en Gerda Henning van Leeufontein, Burgersdorp en hul drie kinders, soos hulle vandag lyk. Regs van Gerda staan Elseri, Anelmé en Herman

Dit is merkwaardig dat die plase Leeufontein, asook die buurplaas, Addon, wat ook aan ‘n Henning familie (‘n neef van Herman) behoort, deel was van die oorspronklike plaas Karel-kroon, wat aan Herman – en Willie Henning se oor-groot-oupa, b6.c3. Johannes Christiaan Henning *6-6-1806 behoort het. Hy het die plaas in 1832 by ‘n weduwee Pretorius gekoop. Hier-die plaas is dus reeds vir meer as 170 jaar lank in die besit van een familie. Dit is dus die tweede oudste Henning familieplaas in Suid-Afrika. Die oudste familie-plaas is Elandskraal in die distrik Cradock, wat vanaf 1787aan die stamvader, Pieter Hendrik Henning behoort het en vandag nog in besit van ‘n nasaat is (‘n Coetzee, wie se ma b10.c6.d3.e1.Lucya Henning was).

Slegs Herman en sy vrou Ria en hul seun Willie was by die huis. Gerda werk in die dorp, en die kinders was op skool. Gerda het egter vir ons die volgende laat weet oor hul drie pragtige kinders:

Toe ek sestien weke swanger was, het ons uitgevind daar is ‘n drieling op pad. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir ons, sowel as vir die hele Burgersdorp gemeenskap, aangesien dit die eerste drieling van die dorp was.

Die eerste twee jaar het ek en Willie voltyds kinders groot gemaak. Iemand het eendag gesê dit lyk soos ‘n babafabriek by ons. Elke aand word die agtien bababottels gereed gemaak vir die volgende dag en in die yskas gebêre. Die sewentig doeke word klaar gevou en lê gereed op ‘n tafel. Roetine was baie belangrik. Die eerste ses maande het ek vanaf 6 n.m. tot 12 n.m. geslaap. Daarna was dit Willie se beurt, want daar was permanent een of twee wakker.

Voorskools het hulle alles saam gedoen, maar vanaf hulle eerste skooljaar moes hulle vinnig leer dat hulle drie verskillende individue, met verskillende talente was. Tydens hulle laerskool opleiding was dit soms baie moeilik om hulle te help met bv. ‘n mondeling, want ons is twee ouers met twee verskillende idees, maar ons moet nog inligting hê vir ‘n derde kind ook.

Ons is dankbaar om te sê al drie ons kinders is akademies baie sterk. Hulle was nog altyd onder die Top 10. In Graad 7 was al drie ook op die Leerlingraad. Hulle is ook baie sportief. Hulle is gelukkige, gebalanseerde tieners wat baie na aan mekaar is. Hulle is ons trots en ons is baie dankbaar vir so ‘n wonderlike ervaring in ons lewe.

Leliefontein in die Klein Drakenstein

Dit was aan ons bekend dat die Henning stamvader, Pieter Hendrik Henning na sy ontslag as soldaat in diens van die Hollandse Oos Indiese Kompanje gedurende 1768 vir Gerd Engelbrecht (een van die Engelbrecht stamvaders) begin werk het. Dit was ook bekend dat Gerd Engelbrecht in die Drakenstein wyk van die Stellenbosch distrik gewoon en dat Pieter Hendrik kort hierna met Engelbrecht se dogter getrou het. Ons het egter nie geweet waar in die Drakenstein wyk Engelbrecht gewoon het nie.

Onlangs het dit onder ons aandag gekom dat ‘n stukkie grond van ongeveer 2 morg in die Klein Drakenstein wyk, in 1762 aan Gerd Engelbrecht toegeken is om sy ambag as timmerman te beoefen. Dié plot het die naam Leliefontein gekry. Vandag val dit in Paarl. Dit is ook interessant om daarop te let dat Leliefontein grens aan die wynplaas Wilde Paardejagt. Die plaas wat vandag aan oud Staatspresident FW De Klerk en sy vrou Elita behoort.

Pieter Hendrik Henning het in 1768 as skrynwerker by Engelbrecht begin werk. Mettertyd het hy Leliefontein by sy skoonpa oorgeneem, dog toe hy teen ongeveer 1779 na die Oosgrens van die Kolonie (Graaff-Reinet) verhuis, het hy Leliefontein verkoop aan ‘n Daniël Gerhardus Cilliers. As Pieter Hendrik destyds maar ‘n bietjie langer uitgehou het, het een van sy nasate vandag ‘n wynplaas in een van die meesgesogde dele van die land besit.

Kerkplein Museum, Aliwal-Noord

Kerkplein Museum, Aliwal-Noord waar die Henning uitstalling gehuisves word

Ons het reeds in vorige uitgawes van Ons Haantjie berig oor die verval van die Kerkplein Museum in Aliwal-Noord, waar die Henning uitstalling gehuisves word. Hierdie gebou is sekerlik die waardevolste geskiedkundige gebou in die dorp en die Henning familie het ‘n besondere noue band met die gebou.

b1.c3. Jan Hendrik Henning *17-5-1805 het op die kerkraad van die gemeente gedien, toe daar in 1857 besluit is om ‘n nuwe kerkgebou te bou. b7.c8. Olivier Johannes G C Henning *1-12-1834 het die gekapte sandsteenblokke waarmee gebou is, met sy wa vanaf Wepener in die Vrystaat aangery. Hy was ook die eerste voorsinger in die nuwe kerkgebou — dit was in die dae voor orrels.

Die munisipaliteit van Aliwal-Noord, aan wie die gebou deesdae behoort, weier om enige instandhoudingswerk aan die gebou te doen — skynbaar (so wil dit lyk) omdat dit ‘n “witmens” gebou is en die stadsraad wat sedert 1994 in beheer van sake is, geen aanvoeling vir museums, ou geskiedkundige geboue en toeriste wat sulke geboue lok, het nie.

Die Aliwal-Noord museums word al die afgelope 17 jaar lank beman deur vrywilligers, soos mev Madeleine Joubert en mnr Jimmy Howard wat alle uitstallings (ook die Henning uitstalling) met liefde versorg. Alle versoeke deur hulle het op dowe ore geval. Alle uitnodigings aan die burgemeester, raadslede en die dorpsbestuurder om die museums te besoek het op dowe ore geval.

Etlike maande gelede het ons van Familiebond se kant af, briewe aan die dorpsbestuurder gerig, waarin vir ‘n vergadering gevra is, om die museums te bespreek. Deur bemiddeling van die hoof van die parke-afdeling, mnr Jurie Wessels is daar uiteindelik ‘n vergadering vir 11 November 2003 belê. Familiebond Voorsitter, Gideon Henning van Strand en Bondsekretaris Olivier Henning is afgevaardig om die vergadering by te woon. Ongelukkig het Gideon Henning op dieselfde dag ‘n ander belangrike vergadering gehad en het Olivier dus alleen vertrek om die vergadering by te woon.

Wonder bo wonder daag die Burgemeester, me Edith Sokudela en die bestuurder van Tegniese Dienste, mnr Msana Zililo by die vergadering op. Die dorpsbestuurder, wat ook sou bywoon, het eenvoudig nie opgedaag nie. Verteenwoordigers van die De Wet Familiebond en die Aliwal museums was ook teenwoordig.

Gelukkig het Olivier Henning gedurende 1996 ‘n portret van die Xhosa-opperhoof Kreli (1818 – 1893) aan die Aliwal Museum geskenk. Hy kon dus gedurende die vergadering prakties uitwys dat ons ook daarop ingestel is om die geskiedenis van ander volke wat in die gebied woon, te bewaar. Dit het die burgemeester oorgehaal om te besef dat dit belangrik is om geskiedkundige geboue te bewaar en dat ons ‘n sterk saak het. Opdragte is aan die bestuurder, Tegniese Dienste gegee om fondse te vind vir instandhoudingswerk.

Nou sal ons moet sien of beloftes omgesit kan word in dade en of die 1000 kilometer rit suksesvol was of nie. Ons sal egter die situasie dophou, want nou het ons ‘n voet in die deur en (so wil dit lyk) die goedgesindheid van die Burgemeester.

Grafte op die Plaas, Waterval

Met sy besoek aan Aliwal-Noord gedurende November 2003 het Olivier Henning van die geleentheid gebruik gemaak om die plaas Waterval, in die Aliwal-Noord distrik te besoek. Hierdie plaas het sedert die middel van die negentiende eeu aan b7.c7. Philippus Arnoldus Henning *22-5-1831 en verskeie van sy nasate behoort.

Ons is bewus daarvan dat Philippus Arnoldus Henning se ouers, b7. Gert Frans Henning *1785 en sy vrou Gerbreg (gebore Olivier) op hierdie plaas begrawe is. Ten spyte van vroeëre soektogte na die grafte kon Olivier Henning nooit die grafte opspoor nie.

‘n Tyd gelede het b7.c7.d10.e4.f3. Pieter Hendrik Henning van Horison, Roodepoort vir ons laat weet dat hy (skynbaar) die grafte opgespoor het. Daar is nie grafstene nie, maar ‘n hele aantal grafte wat met klippe toegepak is, is gevind.

Met Pieter Henning se aanwysings kon Olivier die grafte vind. Sy waarneming is dat dit in alle waarskynlikheid die grafte van vroeëre inwoners van die plaas is, maar dat ons nooit verseker sal weet nie. Hy het die eienaar van die plaas, Deon Smit gepols oor Pieter Henning se voorstel dat ons ‘n gedenkplaat by die grafte opsit. Dié het egter nie veel entoesiasme getoon nie.

Twee van die grafte op die plaas Waterval, distrik Aliwal-Noord waarop net 'n klomp klippe sigbaar is. Met verloop van jare het inheemse bome op verskeie van die grafte begin groei. Dit blyk of daar tot soveel as 13 grafte in hierdie begraafplaas is. Indien dit 'n Henning begraafplaas is, is dit 'n raaisel waarom daar geen graf met 'n gekapte grafsteen met inskripsie is nie, omdat al die Henning families gedurende die 19e eeu reeds grafstene op grafte geplaas het.

Familiebybel, Gert Frans Tak

Toe hy gedurende 1980 met sy navorsing na die Henning families begin het, het Olivier Henning se pa (oom Len b7.c8.d8.e3.) vir hom vertel van ‘n familiebybel wat aan b7. Gert Frans Henning behoort het. Na oom Len se pa se dood gedurende 1918 het sy ma hom opdrag gegee om die Bybel te neem na sy oudste neef, b7.c8.d5.e1. Olivier Johannes Henning *16-4-1890. Dit was ongelukkig die laaste wat iemand iets van hierdie Bybel verneem het.

Olivier het oor baie jare heen, oral navraag gedoen na hierdie Bybel — sonder sukses. Tydens sy besoek aan Aliwal-Noord gedurende November 2003 het Olivier verneem dat die enigste kleinseun van b7.c8.d5.e1. Olivier Henning (ook ‘n Olivier Johannes Henning, met noemnaam Johan) nou te Aliwal-Noord woon.

‘n Besoek is by sy huis afgelê, waar net sy vrou, Sandra tuis was. Tydens die besoek het Sandra erken dat hulle in besit van die Bybel is. Olivier onderhandel tans met hierdie gesin om by die Familiebond aan te sluit en om die familiebybel aan die Familiebond te skenk, vir uitstalling in die Kerkplein Museum. Indien ons suksesvol is, sal dit een van die waardevolste items in ons uitstalling wees, omdat dit een van die min items is wat aan ‘n tweede geslag Henning behoort het en nog bestaan.

Nederlandse Hennings

Oor die afgelope tyd het ons ‘n paar interessante briewe uit Nederland ontvang:
Geachte heer,
In Nederland wordt gewerkt aan de genealogie van HENNING in Nederland.
Ikzelf onderzoek de rooms katholieke tak afkomstig van Bergen op Zoom.
Pieter Verbunt, Kleine Heistraat 16-56, 4884 ME Wernhout
De protestantse tak wordt onderzocht door Ben Henning, Kievitsweide 5, 3993 DA Houten
Wij zijn zeer benieuwd of jullie een aftakking naar Nederland bekend is. Mogen we eens iets horen van de Familiebond?
Vriendelijke groet,
Pieter Verbunt

‘n Tweede brief van Pieter Verbunt lui as volg:
Hallo Olivier,
Mijn vrouw en ik hebben genoten van je Afrikaanse taaltje. Ik moet je zeggen dat het even goed verstaanbaar is als het Vlaams en daar wonen we vlakbij op zo'n 100 meter van de Belgische grens. Ik heb een afschrift aan Ben(jamin) gestuurd en ik hoop dat hij er ook zo van geniet.
Onze stamvader Henning krijgt kinderen in 1750 in Bergen op Zoom en is dus zelf geboortig van 1725. Ik weet nog niet waar hij vandaan gekomen is maar het kan best zijn dat hij om dezelfde reden uit Duitsland vertrokken is als jouw stamvader. Tot nu toe hebben we 10 generaties, maar op die periode kunnen jullie best een generatie uitgelopen zijn.
Omdat ik behalve de mannelijke lijnen ook de vrouwelijke lijnen heb nagelopen zijn het tot op heden zo'n 75 bladzijden geworden, maar daar komen nog dagelijks naamgenoten bij. Eigenlijk wil ik wachten tot de tak Bergen op Zoom wat meer vlees op de botten heeft, voor ik jou een exemplaar wil toesturen.
Tot nu toe heb ik me voornamelijk bezig gehouden met de Friese tak die rond 1792 uit Bergen op Zoom kwam en nu op uitsterven staat. Daarom ben ik nu pas terug gegaan naar hun wortels in Bergen op Zoom.
Heb je de kaart van Nederland een beetje in je hoofd? Bergen op Zoom ligt ook in de buurt van de Belgische grens en Friesland ligt in het noorden.
Hoe dat zit met de tak van Ben weet ik niet, omdat hij nog bezig is orde in zijn aantekeningen aan te brengen, maar hij zal er zeker ook van opkijken zoveel "familie" in Zuid-Afrika te vinden, temeer omdat zijn tak protestants is en de mijne rooms katholiek.
Ik verheug me op jullie Nieuwsbrief en wie weet wat we nog voor nieuwe ontdekkingen doen. Ik weet trouwens dat er in Duitsland ook een onderzoek naar de "Henningen" loopt maar ik heb de coördinator niet onmiddellijk bij de hand; die stuur ik je wel in de volgende mail.
Met vriendelijke groeten uit het natte Nederland
Pieter en Henny Verbunt

Hierna volg ‘n brief van Ben Henning, wat heelwat gegewens oor hul stamvader bevat. Met die gegewens wat Ben verstrek het, kon Olivier tot die gevolgtrekking kom dat hulle nasate is van die Hennings wat in 1305 in Silesië onstaan het (vandag deel van Pole, maar tot die 30-jarige oorlog deel van Pruise). Hy kon vir hulle ‘n afskrif stuur van die familiewapen wat aan hierdie Henning familie behoort het.

Geachte mr Henning (of Beste Olivier)

Hartelijk dank voor het toezenden van de boekjes "Ons Haantje" Dat er zoveel Henningen in Zuid-Afrika wonen was voor mij wel een verrassing. Het is mij in loop van de tijd wel duidelijk geworden dat de henningen zeer reislustig zijn en waren. Ook in Amerika en Canada komen zij voor.

Bij deze iets over mijn afkomst voor zover ik u heb kunnen achterhalen stam ik af van Friedrich Siegund Gottfried Henning die op 26 december 1732 in Riga (Letland)evangelisch Luthers werd gedoopt. Hij is met zijn ouders (namen zijn mij onbekend) naar Erfurt verhuist waar in 1741 zijn broer Christian werd geboren. Letland is tijdens de Noordse oorlogen ook Deens gebied geweest. De naam Henning is dus duidelijk uit het Deens afkomstig. In de Skandinavische landen is Henning ook nog steeds een voornaam.

Terug naar mijn basis. De beide broers Friedrich en Christian hebben zich omstreeks 1760 in Nederland gevestigd. Zij waren schilders en maakten wandschilderingen en zijn ook een tijdje beiden direkteuren geweest van de behangselfabriek van de "Vaderlandse Maatschappij" Er zijn vele nazaten van voor zover ik heb kunnen achterhalen ook in België, Frankrijk en in Argentinië Maar ook hier in Nederland zijn meerdere families Henning waar nog niet van vaststaat of zij familie van elkaar zijn.

Hierbij dus nu een berichtje uit Nederland, hopenlijk op meer contact.
Groetjes Ben Henning
Kievitweide 5, 3993 DA Houten

Ons het Ben Henning en Pieter Verbunt versoek om hul navorsing beskikbaar te stel, vir insluiting op die Henning Webwerf op Internet. Ons hoop om mettertyd so veel as moontlik geslagsregisters van Henning families wêreldwyd op ons webwerf te vertoon.

Briewe van Hennings van Oorsee

Ons ontvang gereeld briewe van Hennings van oor die hele wêreld, wat ons webwerf op Internet gesien het. Hier is so ‘n paar van die briewe:

(1)My name is Jörn Henning. I was born in the North of Germany. I am 28 and live near to the city of Stralsund. I read the Henning-history and it was very interesting. Jörn Henning

(2) Hallo, dear HENNING ORGANISATION, this is an other member of the HENNING FAMILY and I would like to join you hopefully, family members.From my nephew Prof. Dr. Peter Henning, I heard from your organisation. I do not know where I should start to introduce myself.
My family owned the estate KARNIN - NEAR STRALSUND, SINCE 1863 - my father was the last owner, I am one of his 8 children-being 71 years old - married happily since more than 40 years, traveling to SOUTH AFRICA where we were beginning of this year and again we are preparing a stay in SOMERSET WEST from JAN.20. till Febr.3.04. Hopefully we can meet or play a round of GOLF. Let me have your response and we can meet and talk of the past. Maybe we find finally some ways together. Kind regards
HERBERT GEORG HENNING
OSKAR COESTER WEG 10, 81479 MÜNCHEN TEL. O89-7916566

Herbert en Margita Henning van München, Duitsland

Olivier en Herbert Henning sal hopelik tydens sy besoek ontmoet.

‘n Brief van ‘n Henning uit Brazilië lyk op die oog af ‘n bietjie verwarrend, maar ons kon darem uitmaak wat hy werklik sê en hom antwoord.

I´m Nilton Henning. I´m not Henning, because a register mistake.
I live in Brazil, and i don´t have many informations about the genealogy of my family. I have a 33 years old, and my english isn´t good.
My e-mail adress is saminil@ligbr.com.br and will be happy if receive any message with informations about germany imigration of Henning´s to Brazil.
Bye
Nilton Henning

Celesté Henning Presteer

b1.c3.d10.e8.f1.g1.h1. Johannes Gerhardus Henning en sy vrou Marietjie (Maria Aletta, gebore Strydom) van Erns Jansenstr 24, Heuwelsig, Bloemfontein kan deesdae hul bors sommer baie ver uitsteek. Hul dogter, Celesté, het in die afgelope Matriekeksamen die tweede beste van alle matrikulante in die Vrystaat gevaar.

Celesté, van die Sentraal Hoërskool, Bloemfontein het nege onderskeidings (agt op hoërgraad) behaal. Sy is van plan om gedurende 2004 met haar studies vir die B Rek graad aan die Vrystaatse Universiteit te begin.

Baie geluk, Celesté! Al die Hennings in Suid-Afrika is sommer baie trots op jou.

Navorsing in Duitsland

Past Bjarne Fowels-Landmark van Noorweë wat ‘n lid van ons Familiebond is, het onderneem om een of ander tyd vir ons te gaan navorsing doen in Lippstadt, Duitsland, om te sien of hy dalk enigiets kan vind wat Olivier Henning, met sy navorsing gemis het. Ons probeer nog uitvind wie Stamvader, Peter Henrich Henning se ma was en waar sy voorsate vandaan gekom het.

Bjarne (of Biff, soos sy bynaam is) het heelwat gegewens opgespoor, dog niks wat ons nie reeds gehad het nie. Die volgende opmerking van hom klink amper soos ‘n verhaal uit die “nuwe” Suid-Afrika:

Back to my trip to Germany in October:
I left Norway by ship on a Thursday and arrived in Germany on Friday, just to find that everything was closed due to a new holiday for the unification of the two Germanies. On Saturday all official offices and archives were closed. On Sunday most people are on leave. On Mondays all museums keep closed.
On Tuesday I first went to the State Archive, just to find they closed at 12. On Thursday I had to go home. Funny that I got anything out of my trip at all. But if you can use it, please do.
Biff.

Donasies

Baie dankie aan al ons lede wat reeds hul donasies vir 2004 aangestuur het. Alle bydraes word op reg waardeer, want sonder geld is dit nie moontlik om die Familiebond aan die gang te hou nie.

Spesiale dank aan ondergemelde lede wat donasies van R200.00 of meer aangestuur het Jan Andries Henning van Leraatsfontein wat R300.00 geskenk het

Leon Daneel Henning van Drieriviere, Vereeniging wat R200.00 geskenk het Pieter Hendrik Henning van Musgrave Weg het R200.00 bygedra

Sylvia Grobler (gebore Henning) van Randparkrif het R200.00 bygedra.

Op 11 November 2003 het iemand ‘n bedrag van R200.00 in die Familiebond se bankrekening gedeponeer, sonder om sy naam of lidnommer te verstrek. Dit is dus nie vir ons moontlik om te bepaal wie hierdie persoon is nie. Nogtans baie dankie aan hierdie anonieme donateur.

Ongelukkig moet ons steeds meld dat verskeie lede geen bydrae vir 2003 gemaak het nie. Ons wil weereens ‘n ernstige beroep doen op al ons lede om getrou u jaarlikse bydraes te maak — maak nie saak hoe klein u bydrae ookal is nie. As u geen bydrae kan maak nie, moet u ons asseblief dienooreenkomstig verwittig. Ons sal u nie van ons records verwyder nie. Dit word ook hoog op prys gestel as Lewenslange lede (en Erelede) van tyd tot tyd donasies aan die Familiebond maak. Hierdie geld maak werklik dat ons vooruit boer en nie net van dag tot dag oorleef nie.

Name met ‘n Bybelse Oorsprong

Hier volg nog ‘n bydae in ons reeks oor name met ‘n Bybelse oorsprong deur Past Bjarne (Biff) Fowels-Landmark. Die naam Petrus (en Pieter) word behandel:

Peter means stone, rock. His name was originally Simon = hearing. (So Simonstown and St. Pietersburg has got something in common).

Simon was the son of Johannes (Jonah). He was born in Betsaida. He was the brother of Andrew (Andries), and partner of the Zebedee sons, James and John. By trade he was fisherman by the Sea of Galilee. He lived close to the synagogue in Capernaum. His mother tongue was Aramaic, but he probably also spoke Greek. He was unskilled. His brother presented him to Jesus, who said: “Thou shalt be called Cephas”, (Aramean = a stone). In Greek: Petros. They were called to become fishers of men.

He was one of the first and closest disciples. He was present at the wedding in Cana, and belonged among Jacob and Johannes to the inner circle. Jesus used his house as a head quarter by the Sea of Galilee.

Peter was married, for Jesus cured his mother-in-law for fewer. He lived an honest life, with his many mistakes. He was self-confident, enthusiastic, a man of action, impulsive, unafraid, but also discouraged. He walked on the water, - and nearly drowned. He was the first to admit Jesus was Messiah. Jesus said: “Blessed art thou… Thou art Peter, and upon this rock I will build my church”. 3 times Jesus asked him: - Do you love me?

Peter felt asleep in Gethsemane, but followed to the high priest’s palace and witnessed Jesus’ sufferings. 3 times he denied his Master, regretted bitterly and cried. He came to the empty tomb Easter morning, and some hours later he met the resurrected Jesus.

He became the leader of the church. He suggested to elect a replacement for Judas. He was the first apostle to preform miracles in the name of Jesus. He healed a lame man by the temple door. He was his own advocate in the High Council. He judged Ananias and Sapphira. He was commanded not to preach and given 39 lashes, but still proclaiming the gospel in the temple afterwards. He did many miracles and gave The Holy Spirit to many. In Joppa Peter rised Dorcas (Tabitha) from the dead, and baptized the roman centurion Cornelius and all his house in Caesarea, etc. etc. In the Acts we read about his thrilling life in the first chapels.

He preached in Antioch and Corinth in Turkey. The first epistle general of Peter is written by him to the church congregations in northern Asia Minor, to comfort them in times of persecution. He probably went to Rome.

Peter knew he got to suffer the martyr’s death. According to the Roman Catholic tradition, he was appointed the first bishop of Rome. Eusebius and Origen say Peter arrived in Rome, where he finally was cruzified upside down in the year 64, under Nero’s reign. He is supposed to be buried, under what today is the high altar of St. Paul’s Church in the Vatican.

Henning Fees, 2 Oktober 2004

Ons herinner alle Hennings weer aan die landwye fees wat op 2 Oktober 2004 by die Zwartkop Lapa in Centurion gehou gaan word. Dit sal, soos alle vorige feeste, ‘n groot vrolikheid wees. Kom kyk hoe lyk familielede wat u nog nie ontmoet het nie. Dit sal wonderlik wees as ons by hierdie fees die grootste opkoms van Hennings kan hê, omdat die terrein reg in die middel van die gebied geleë is, waar die oorgrootte meerderheid Hennings woon.

Ons sal mettertyd ‘n roetekaart versprei hoe om by die terrein uit te kom.

Nog Foto’s van Noorweegse Henning Afstammelinge

Brynjar Landmark, sy vrou Olaug en hul seuntjie Håkon in tradisonele Noorweegse drag, in hul studeerkamer Brynjar en Olaug in hul trou klere in hul eetkamer. Behalwe vir Brynjar se baadjie, het Olaug al hul trou klere self gemaak
Hierdie pragtige rok het Olaug oor 'n naweek gemaak. Hulle staan in hul slaapkamer Die ingangsportaal na die Landmark huis gedurende die afgelope Kersfees