Nr 76

November 2003

Indeks:

Lou Henning ontmoet Mandela

Twee geraamde Rapport-sportprente waarin oudpres. Nelson Mandela figureer is gedurende September aan hom oorhandig.,  Van Links na Regs:  Tim Du Plessis, redakteur van Rapport, Mandela en Lou Henning

Sedert hy Staats-president geword het, het Nelson Mandela by baie blankes in statuur gestyg, weens die versoenende rol wat hy tussen die verskillende rassegroepe en kultuurgemeenskappe ge-speel het. Na sy aftrede het hy 'n ikoon geword in die oë van die hele wêreld en word hy as een van die mees vooraanstaande mense in die wêreld geag. Om hom dus persoonlik te ontmoet, is 'n voorreg, wat nie baie mense beskore is nie.

b1.c6.d11.e10.f2. Lourens Jacobus Henning (of Lou Henning soos meeste Suid-Afrikaners hom ken) is spotprenttekenaar vir die Sondag koerant, Rapport. Soos dit 'n goeie spotprenttekenaar betaam, het Lou oor die jare verskeie spotprente van Mandela gemaak. Mandela het so van Lou se spotprente van hom gehou, dat hy navraag gedoen het of hy nie die oorspronklike tekeninge van 'n paar van hierdie spotprente kon kry nie.

Gedurende September 2003 het Tim Du Plessis, Redakteur van Rapport en Lou Henning twee geraamde spotprente waarin oud-president Mandela figureer aan hom oorhandig en kon Lou hierdie ikoon persoonlik ontmoet.

Henning Bibliotekaris Presteer

Gedurende die Julie 2003 skoolvakansie het b6.c1d3.e5.f3.g3.h3. Gerhardus Lourens Henning (noemnaam Lourens), die onderwyser bibliotekaris van die Glencoe Laerskool in Natal, die 32 ste Jaarlikse Konferensie van die "International Association of School Librarianship(IASL) bygewoon as gas van ELITS (Education Library Information & Information Technology; KwaZulu Natal Department of Education and Culture)

Verteenwoordigers van dertig lande het die konferensie bygewoon en 80 lesings en voorleggings is oor 'n periode van vier dae aangebied - 'n buitengewone ondervinding! Die konferensie het begin op Maandag 7 Julie met 'n skouspelagtige opening seremonie, wat opvoerings deur die Playhouse Dance Company, 'n Zoeloe dansvertoning en musiek deur die KZN Philharmoniese Orkes ingesluit het. Die Adjunk Minister van Opvoeding, M Mangena het die amptelike opening waargeneem.

Lourens Henning, onderwyser bibliotekaris van die Glencoe Laerskool in Natal, met die trofee wat hy van ELITS ontvang het.

Die daaropvolgende dae is gevul met verrykende lesings. Van groot waarde was die interaksie met internasionale akademici. Nog 'n hoogtepunt was die konverensie middagete, waar die TV aanbieder, Vuyo Mbuli as sermoniemeester opgetree en die gaste vermaak is deur die groep Ladysmith Black Mambazo.

Die oomblik van glorie vir die Glencoe Laerskool het op Donderdag 11 Julie tydens die sluitingseremonie aangebreek toe mnr Lourens Henning 'n Skoolbiblioteek Voortreflikheidstoekenning van ELITS ontvang het. Daar was slegs 12 skole in die hele KwaZulu Natal wat so 'n toekenning ontvang het. Hierdie toekenning het 'n skenking van R10 000 se biblioteekboeke ingesluit, asook 'n handgekerfde trofee deur die beeldhouer Zamokwakhe Gumede. Die Direkteur-Generaal van Onderwys, Thamie Mseleku het die toekennings gedoen.

'n Toekomstige Skaakmeester

Hendrik Henning van die Hoërskool Marais Viljoen, Alberton het die Gauteng provinsie gedurende die Julie skoolvakansie in die Nasionale Skaakkompetisie verteenwoordig.

b6.c1.d3.e5.f3.g4.h6.i1 Hendrik Henning, seun van Pieter Hendrik (Piet) Henning en sy vrou Deidré het in die Julie 2003 skoolvakansie Gauteng onder 17 verteenwoordig in die Nasionale skaakkompetisie wat in die waterfront in Kaapstad gehou is.

Hendrik, wat maar 15½ jaar oud was ten tye van die kompetisie, het 54 ste uit 150 deelnemers geeindig in sy groep. Hy is 'n Graad 10 leerling (standerd 8) in Marais Viljoen Hoërskool in Alberton.

Name met 'n Bybelse Oorsprong

In ons reeks oor name met 'n Bybelse oorsprong gee Past. Bjarne Fowels-Landmark van Hjelmeland, Noorweë in hierdie uitgawe aandag aan die naam Maria, wat die mees algemene naam onder ons Henning vroue is:

The most common female name in the Henning family (used 690 times) is Maria (in English: Mary).

Mary means refractoriness in Hebrew, and is a common names among royalties, like Mary, Queen of France. But also Queen of Scotland, Queen of England, Queen of Portugal, Queen of Bohemia/Hungary, a Russian empress, a German/Roman empress, as well as Napoleon's wife. In the Bible we find 7 called Mary. The best known of them are:

1. Virgin Mary. Tradition tells us her parents were Anna and Joakim, who lived inside the walls of Jerusalem. The house is there even today. This tradition is not historical.

Mary was a pious, honest, obedient girl, living close to God in prayer and pure of heart. Some say she was born in Jerusalem. As a teenager she was engaged to the carpenter Joseph of Nazareth and moved to there. Others are of the opinion that she was born in Sepporis, Galilee, and moved to the religious and commercial centre Nazareth.

The angel Gabriel came to her and told she should become pregnant by The Holy Ghost and bring forth a son, the Son of God. From the 5th century the Catholic Church has celebrated this event on March 25th as Annuntiatio Mariae.

Mary went to her cousin Elizabeth, then 6 months pregnant, to tell her. In Scandinavia the farm wives used to visit each other on 2nd July, Visitatio Mariae.

In connection with a census Mary and Joseph left for Bethlehem, where Jesus was born, ca. 7 years before Christ (sic!) in a grotto (according to Eusebius of Caesarea), used as stable. She went to Jerusalem to sacrifice 2 doves and give thanks 40 days after her birth and 12 years later to celebrate Easter.

A matter of disagreement in interpretation among the churches is the following: Mary had at least 6 more children, 4 boys and 2 daughters (jfr. Mk 6,3; Mt 13,55f).

Mary was present at the wedding in Cana, as well as when Jesus was crucified. This has later stimulated great artists like Michelangelo (Pieta in St. Peter's Church), and the many Ave Marias (Bach/Gounod, Mozart, Schubert, Bruckner, Brahms etc).

Scientists today agree that she spent her last years in the home of John, son of Sebedee, in Jerusalem, and was buried by Gethsemane.

Pope Celestius 1st and Hippolyt however say she, due to persecution of the Christians, went with John to Ephesos, where she died 11 years later.

2. Mary Magdalene from Magdala (w. Bank of Sea of Galilee). She should have been a fallen girl and a repentant sinner. She anointed Jesus' feet. She witnessed the crucifixion, took part in the burial, and came to the Sepulchre Easter morning.

3. Mary from Bethany. Lazarus had 2 sisters, Mary and Martha. Jesus used to stay at their home when visiting Jerusalem. Mary was reflective, and sat by his feet and heard his word.
B. Fowels-Landmark.

Afsterwe van Hennings

Ons het met leedwese van die afsterwe van die volgende Hennings verneem:

'n Foto wat slegs twee jaar terug geneem is van oud-Genl. Piet Henning (96) en sy vrou Nan (93) in hul huis op Zastron.  Tannie Nan is onlangs oorlede.

1. Johanna Susanna Henning (gebore Botha), gebore 12-10-1950, eggenote van b9.c3.d3.e3.f4.g2.h1. Jan Melchior Henning is op 29 Junie 2003 oorlede te Pretoria. Ongelukkig kon ons nie 'n foto van haar bekom nie.

2. Anna Breggie Henning (gebore Branders), gebore 15-11-1910, eggenote van b1.c3.d7.e9.f2. Pieter Hermanus Steyn Henning (*27-6-1907), is op Saterdag 9 Augustus 2003 in die Stillehawe-tehuis vir Bejaardes op Dewetsdorp oorlede. Sy was onder bykans alle Afrikaanssprekende vroue bekend as die romanskrywer "Nan Henning". 64 Liefdesverhale het uit haar pen verskyn - die laaste een toe sy 80 jaar oud was. Tannie Nan en haar man, oom Piet Henning, (die oud Generaal) wat self reeds 96 jaar oud is, het tot onlangs nog in hul huis te Zastron gewoon. Hulle was meer as sewentig jaar lank getroud en oom Piet is tans, na ons kennis, die oudste lewende Henning man in Suid-Afrika.

2004 Landwye Henning Familiefees

Al ons lede het nou al kennis geneem dat ons gedurende 2004 die twintigjarige bestaan van die Henning Familiebond feestelik gaan herdenk.

Hierdie fees gaan op Saterdag 2 Oktober 2004 by die Zwartkop Lapa in Centurion gehou word. Hierdie baie bekende piekniekplek in die Zwartkop Natuurreservaat, is geleë reg langs Daimler-Chrysler se Hoofkantoor, aan die voet van Zwartkop. Ons sal mettertyd volledige aanwysings gee om by die plek uit te kom, asook verdere gegewens ten opsigte van die program, blyplek vir mense wat van ver af kom, ensovoorts.

Ons het die hele Lapa vir die dag gehuur, dus sal slegs feesgangers daar toegelaat word. Die hele gebied is met 'n veiligheidsheining omhein en daar is volop parkeerplek.

'n Dringende beroep word op alle Hennings gedoen om nou reeds hierdie datum in u dagboeke vas te maak. Al ons lede gaan ook moet help om publisiteit aan hierdie fees te gee en om ander Hennings en aangetroudenes oor te haal om die geleentheid by te woon.

Dit gaan 'n groot feestelikheid wees, wat u nie moet misloop nie!

Geldsake

Ons rapporteer graag elke drie maande van alle donasie groter as R200.00 wat ons ontvang het.

Dr Nico Henning, bekende veearts van Lyttelton wat 'n Lewenslange Lid is, het vir die soveelste keer 'n donasie van R500.00 aangestuur.

James Steven Henning (noemnaam Steven) van Oos Rand, Benoni, wat ook 'n Lewenslange Lid is, het 'n donasie van R300.00 aangestuur.

Dit is donasies van hierdie aard wat die Familiebond werklik aan die gang hou en maak dat ons feeste, soos die 2004 fees te Centurion kan hou. Ons besef egter dat alle Hennings nie in staat is om bydraes van hierdie omvang te maak nie. Daarom is ons dankbaar vir alle bydraes - hoe klein ookal.

Ongelukkig moet ons rapporteer dat daar steeds 14 lede is wat geen bydrae vir 2003 gemaak het nie. Ons doen graag 'n beroep op hierdie lede om te poog om 'n bydrae aan te stuur. Indien dit werklik nie vir u moontlik is nie, verwittig ons asseblief, sodat ons nie u naam van ons rekords verwyder nie.

Ons doen weer 'n beroep op alle Hennings om dit tog te oorweeg om iets in hul testament aan die familiebond na te laat.

'n Henning Sprokie

Ons het 'n brief van Leon Henning van Drie Riviere, Vereeniging ontvang, waarin hy vertel van 'n boek wat hy besig is om te lees:

Die geslagsregister van Johannes Henning *1749, wat in die boek

"Ek is besig om 'n boek te lees wat gaan oor 'n sekere Johannes Henning, 'n predikant. Die boek se naam is 'Articles of Faith'. Op die agterkant van die buiteblad is die volgende geskryf. 'This book opens in 1794, with the Dutch settlers in control of Cape Town and its hinterland. And it is to this hinterland that Johannes Henning, an upright pastor is sent, to convert the blacks, and eventually to meet personal ruin. By 1972, at the book's close, the Boers are once again firmly in control, and the Henning family, having survived earlier setback, is outwardly one of the most powerful families in South Africa.'

Die boek is geskryf deur ene Ronald Harwood en die aangehegde bladsy is 'n afskrif van die stamboom van Johannes Henning en Richard Thompson, wat later by die Hennings ingetrou het.

Ek kan nie mooi uitmaak of die boek oor die Johannes van 1749, of Johannes van Anna Henning, of net oor die Hennings van daardie tyd gaan nie.

Ek sal graag wil weet of die Henning Familiebond bewus is van hierdie Hennings en tot waar is hulle nagespoor. Wat het bv. Van Jacobus Henning geword.

Ek wil ook graag vra of u bewus is van 'n (die Henning) familie met donker velle. My oorlede pa het hulle altyd die 'swart Hennings' genoem. Is hulle ook maar familie van die ligte vel Hennings of bestaan daar twee afsonderlike families?

Ongelukkig blyk dit dat die inhoud van hierdie boek en die verhaal van die predikant, Johannes Henning, en sy nasate bloot 'n sprokie is. Nêrens, tydens sy navorsing na die Henning families van Suid-Afrika, het Olivier Henning enigiets van hierdie familie opgespoor nie. Geeneen van die bekende genealoë, wat navorsing na al die ou Kaapse families gedoen het, het ook enigiets van sulke mense opgespoor nie. Hier verwys ons onder andere na C C De Villiers in sy boek 'Geslagt-Register der oude Kaapsche Familiën' wat in 1893 verskyn het; Hoge J.: Bydraes tot die genealogie van ou Afrikaanse Families (Verbeterings en Aanvullings op die Geslacht-register der oude Kaapsche Familiën van C C De Villiers) wat in 1958 verskyn het; De Villiers C C en C Pama: Geslagsregister van die ou Kaapse Families, 1981; Redelinghuys J H: Die Afrikaner Familienaamboek, 1954; Malherbe D F du T: Stamregister van die Afrikaanse volk, 1966; Heese J A en R T J Lombard: Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, Vol 3, 1992; asook verskeie ander gesaghebbende publikasies. Nie een van die drie ou Afrikaanse Gereformeerde Kerke het ook rekord van 'n predikant of sendeling met die van Henning uit die 18e of 19e eeu nie.

Ons is darem bly om te sien dat die skrywer van mening is dat die Henning familie een van die invloedrykste families in Suid-Afrika is.

Ons glo dat verskeie lede Leon se navraag oor sogenaamde "donker vel" Hennings interessant sal vind, en ons bepaal ons slegs by die feite. Daar bestaan beslis Hennings wat in die ou bedeling as "Kleurlinge" geklassifiseer is. Ons vind hulle veral onder die nasate van Georg Friedrich Henning, wat in Hoofstuk 11 van die Familiekroniek opgeneem is. Olivier Henning is egter bewus van enkele families wat hy nie by enige van die drie stamme, soos opgeneem in die Familiekroniek (Hoofstukke 3 tot 10, Hoofstuk 11 en Hoofstuk 12), kon inpas nie, weens onvolledige informasie. Sodra meer volledige gegewens beskikbaar kom, sal hulle in alle waarskynlikheid by een van hierdie stamme ingepas kan word.

'n Brief van 'n Duitse Henning uit Nederland

Sabine Sturz (gebore Henning.

Van tyd tot tyd ontvang ons interessante briewe uit die buiteland van mense wat die Familiebond se webwerf besoek het. Sabine Sturz se brief val in hierdie kategorie:

Hoi Olivier!

Ik ben Sabine Sturz, maar mijn meisjesnaam is Henning. Mijn vader is op Karnin (the castle in eastern germany) geboren, hij was een zoon van Wilhelm Henning.

Per toeval heb ik jouw homepage gevonden. ( Ik hoop, het is ok, als ik je tutoyer!) De homepage is lekker interessant en goed gemakt.

Ik ben ook een nicht van Peter Henning uit Karlsruhe. Momenteel woon ik met mijn echtgenoot en mijn twee kinderen in Nederland, nabij der duitse grens. Ik spreek en beetje Nederland en hoop, dat jij me begrijpt, want ik moet nog veel leren en oefenen. Misschien kunnen we onz eens schrijven.

Met vriendelijke groeten
Sabine Sturz

Laszlo Sturz.

Sabine en haar eggenote, Laszlo Sturz woon tans te Zevensterweg 8, NL - 6291 CD Vaals in Nederland. Sy is op 20 Januarie 1970 gebore in Hannover, Laer Sakse en hy op 4 Maart 1969 te Budapest, Hongarye. Hy is 'n fisikus en sy 'n Arbeidsterapeut. Op die oomblik is sy egter vir twee jaar lank op kraamverlof weens die geboorte van hul twee seuns, Geza en Paul. Laszlo werk vir 'n firma wat nou verbonde is aan die Universiteit van Aachen.

Sabine en Laszlo is gedurende 1999 te Aachen getroud en hul twee seuns is ook hier gebore. Beide seuns se tweede name is vernoem na hul oupas aan beide kante - Geza Hubertus Josef na Sabine se pa (Henning) en Paul Hans Nicolaus na Laszlo se pa Sturz).

Sabine se pa, Hubertus Henning, is die broer van Hans-Juergin Henning, oor wie ons al verskeie kere berig het. Hulle is die laaste geslag Hennings wat in die Henning kasteel te Karnin, Duitsland gewoon het. Sabine verwittig dat hulle Henning familie ook elke tweede jaar 'n familiesaamtrek hou. Hierdie jaar (27 September) is dit te Karlsruhe, Duitsland gehou. Sy onderneem om vir ons foto's te stuur.

In 'n latere brief skryf Sabine die volgende oor Afrikaans: "The next letter I will try to write in nederlands, I have to train it. The Afrikaans is good to understand and easy to read."

Hennings in Ernstige Ongeluk

Nico Henning van Grahamstad het vir ons laat weet dat hy die volgende berig in 'n plaaslike koerant gelees het:

Badly burnt boy opens his eyes

Sep 11 2003 Port Elizabeth - A Somerset East boy who has third-degree burns after a freak accident on Sunday, has opened his eyes for the first time.

Doctors at the Dora Nginza Hospital said Kobus Henning, 11, should have either been in a coma or have died in the accident, but he talked to his family and nursing staff on Wednesday.

Kobus, his dad, Kobus sen, and gardener Monwabisi Blou were burnt when the father was welding a petrol tank. Fumes in the tank caught alight and, within seconds, the child was engulfed in flames.

Doctors predicted Kobus jun would be in a coma within 48 hours and would die shortly afterwards. Against all odds, he remained alive and is making excellent progress. Kobus jun was excited on Wednesday to find that he could open his eyes, which had swollen shut after the accident.

His aunt, Mari du Preez, said: "It was prayer that kept him alive. Everyone in Somerset East and those who read about the accident have been praying for him."

A prayer meeting was held at lunchtime on Wednesday to pray for his recovery and residents also started an emergency fund to help pay for his hospital costs and medical treatment.

Du Preez said specialists treating Kobus in the hospital's burn unit, decided on Wednesday that he was so much stronger he could be transferred to the Children's Red Cross Hospital in Cape Town.

Hospital staff said, however, there wasn't enough money for the flight and he would have to wait until enough money could be raised. Du Preez said: "When Kobus heard us talking about Cape Town, he asked if he could go with. I said yes, but we first had to go to hospital and once he was better, we could go to the beach. He is so excited about the prospect that he cannot wait." Henning and Blou also are being treated for their burns and are in a stable condition.

Nico het sedertdien vir ons laat weet dat Kobus jnr en die handlanger, Blou intussen oorlede is. Ons het 'n poging aangewend om hierdie gesin te identifiseer, dog was nie suksesvol nie. Indien enigiemand weet wie hulle is, laat weet asseblief vir ons.

Driekie Alberts en haar Nasate

Tannie Driekie Alberts (90) en die oudste van vier geslagte van haar nasate.

In die vorige Haantjie het ons berig oor b9.c1.d4.e6.f1. Frederika Wilhelmina (Driekie) Alberts (gebore Henning) wat op 30 Junie 2003 negentig jaar oud geword het. Al haar nasate het die dag feestelik saam met haar gevier.

Tannie Driekie was die oudste van vyf kinders - ALMAL DOGTERS. Sy en haar oorlede man het vier kinders - ALMAL DOGTERS. Tussen die vier dogters het sy 12 kleinkinders, 13 agterkleinkinders en een agter-agterkleinkind - ALMAL DOGTERS.

Oom Bill word 92

b7.c8.d8.e5. Vincent Henning (of oom Bill soos almal hom ken) van Maclear, in die Noord-Oos Kaap en sy jongste suster, Daphné Harker is die enigste twee Hennings van die vyfde geslag wat nog leef.

Op 12 September 2003 het oom Bill 92 jaar oud geword. Kyk hoe lekker sit hy met 'n glas whiskey (sommer in 'n wynglas) in sy hand.

Oom Bill het ses broers en susters gehad en van die sewe leef nog net hy en sy jongste suster. Al sewe hierdie Hennings het hul eggenotes oorleef en ses van die sewe het ouer as 80 jaar geword. Oom Bill is die tweede een wat ouer as 90 jaar geword het. Sy ouer broer Leonard is twee dae voor sy 93ste verjaardag oorlede. Op 12 September 2004, wanneer hy 93 word, sal oom Bill die langste geleef het van al sy broers en susters.

Oom Bill geniet nog relatief goeie gesondheid. Baie geluk Oom Bill!

Henning Aandenkings

Eersdaags is dit weer tyd vir Kersgeskenke en ma wonder altyd wat sy vir pa kan koop. Wat van 'n pragtige stel Henning mansjetknope ... of 'n Henning Laserskyf ... of die boek: Die Henning Familiekroniek!

En as pa wonder wat hy vir ma kan koop - wat van 'n Henning suikerlepel en ses Henning teelepels ... of 'n Henning skryfblok. Vir die kinders is daar lapelwapens of ook 'n laserskyf.

Pryse van die onderskeie items is as volg:

1. Mansjetknope - R50.00 per stel (Posgeld en verpakking [P&V]) = R15.00)

2. Lapelwapens - R18.00 elk (Indien alleen bestel word is P&V R6.00. Indien bestel word saam met mansjetknope, is daar geen addisionele P&V nie)

3. Teelepels en suikerlepels (goud) - R20.00 elk (P&V R6.00 vir 3 of minder items. Meer as drie items - R15.00 tot die gewig van 1 Kg bereik word. Mansjetknope, teelepels en suikerlepels kan dus saam in een pakkie van R15.00 gestuur word.

4. Skryfblokke - R24.00 elk (blok van 50 bladsye) P&V - R6.00

5. Henning Laserskywe (CD) - R150.00 plus P&V R6.00

6. Henning Familiekroniek - R250.00 plus P&V R29.00 (Versekerde pos)